South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 164
| Noteup
| LawCite
Botha v Fruit & Veg City Knysna (14944/2007) [2008] ZAWCHC 164 (13 March 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER 14944/2007
DATUM: 13 MAART 2008
In die saak tussen:
ALETTA HELENA JOHANNA BOTHA Eiseres
en
FRUIT & VEG CITY KNYSNA Verweerder
UITSPRAAK
FOURIE, R:
Die eiseres, 'n 69-jarige gekwalifiseerde verpleegster, vorder skadevergoeding van verweerder vir 'n besering wat sy aan haar regtervoet opgedoen het. Sy beweer dat sy kort na 8:00 voormiddag op 30 Desember 2003 verweerder se winkeF te Knysna besoek het om inkopies te doen. Terwyl sy daar was het 'n trollie, gelaai met aartappelsakkies, haar voet raakgery met die gevolglike besering van haar regtervoet wat, weens die gevolge daarvan, haar geregtig maak op die betaling van skadevergoeding. Die partye het ooreengekom dat indien bevind sou word dat eiseres in verweerder se winkel beseer is, soos deur haar beweer, die verweerder middeJIik aanspreeklik teenoor haar sal wees op die grondslag dat sy die besering opgedoen het weens die optrede van 'n werknemer van verweerder, wat in diens van die verweerder was en binne sy diensbestek met verweerder opgetree het.
By die aanvang van die verhoor het ek, op versoek van die partye, ingevolge Reel 33(4) gelas dat die meriete van eiseres se aksie, insluitende haar beweerde bydraende nalatigheid, vooraf beslis word en dat die kwantum van haar skadevergoedingseis oorstaan vir latere beregting, indien nodig.
Ek het die verhoor van die aksie tydens die siviele rondgang te Mosselbaai aangehoor en aangesien daar verskeie ander sake is wat nog my aandag verg, is ek nie voornemens om in hierdie uitspraak in enige detail na die pleitstukke te verwys of uitgebreide redes vir my bevinding te verskaf nie. Ek gaan dus voort om 'n bondige opsomming van my redes te verskaf.
Dit word nie betwis dat eiseres die besering, waaroor sy getuig het, aan haar regtervoet opgedoen het nie. Die volgende vraag is waar en op watter datum sy beseer is. Sy beweer dit was op 30 Desember 2003 toe sy verweerder se winkel te Knysna besoek het. Haar onbetwiste getuienis is dat sy op hierdie datum die verweerder se winkel te Knysna besoek het net na 8:00 voormiddag om inkopies te doen. Haar getuienis dat sy die winkel besoek het om versuikerde vrugte te koop vir 'n funksie op 31 Desember 2003 by die aftree-oord waar sy werksaam was, is ook nie betwis nie.
DieseEfde geld vir haar getuienis dat sy op gemelde datum en tyd inderdaad hierdie items aangekoop het, dit laat weeg het by 'n skaal in verweerder se winkel en daarvoor betaal het by die betaalpunt. Haar getuienis in hierdie verband word in ieder geval ook gestaaf deur haar eggenoot wat getuig het dat sy horn meegedeel het dat sy die items hierdie betrokke dag by verweerder se winkel sou gaan koop vir die oujaarsfunksie by die betrokke aftree-oord,
Eiseres se getuienis aangaande die datum en pEek waar sy beseer is, is aanvanklik deur verweerder bevraagteken. Verweerder het deur middel van sy lid en bestuurder, mnr Hanekomr aangevoer dat eiseres eers aan die einde van Februarie 2004 die voorval aan horn gerapporteer het en hy ook van oordeel was dat dit onwaarskynlik is dat 'n trolfie volgepak met aartappelsakkies oor haar voet kon ryp soos deur haar beskryf.
Tydens kruisverhoor het Hanekom egter toegegee dat hy nie kan betwis dat eiseres wel die besering aan haar regtervoet, soos getoon op die foto's voor die Hof, opgedoen het, asook nie kan betwis dat die betrokke besering inderdaad op 30 Desember 2003 deur haar opgedoen is nie. Wat hy egter betwis, het Hanekom getuig, is dat eiseres hierdie besering in verweerder se winkel te Knysna opgedoen het.
Die wesenlike geskilpunt, na afhandeling van die getuienis, was dus of eiseres die betrokke besering op die wyse, soos deur haar beskryf, in verweerder se winkel te Knysna opgedoen het.
Tydens betoog egter het mnr Van der Merwe, namens verweerder, toegegee dat eiseres wel bewys het dat sy die besering aan haar voet op 30 Desember 2003 in verweerder se winkel te Knysna, en nie elders nie, opgedoen het. Hy het egter betoog dat eiseres as enkelgetuie van die betrokke voorval, nie op Vi oorwig van waarskynlikhede bewys het dat die betrokke voorval plaasgevind het soos deur haar beskryf me.
Dit is wel so, soos betoog deur mnr Van der Merwe, dat Yi enkelgetuie se getuienrs met versigtigheid benader moet word.
Dit is in wese n reel van die logika en in S v SAULS EN ANDERE 1981(3) SA 172 (A) word dit as volg gestel te 180E-G:
"There is no rule of thumb, test or formula to apply when it comes to a consideration of the credibility of a single witness. The trial judge will weigh his evidence, will consider its merits and demerits and having done so, will decide whether it is trustworthy and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth has been told. It has been said more than once that the exercise of caution must not be allowed to displace the exercise of common sense."
Dit volg dus dat die enkelgetuie se getuienis beoordeel moet word aan die hand van die getuienis as h geheel en teen die agtergrond van die waarskynlikhede van die saak. In Vi artikel wat NICHOLAS, AR in die SA LAW JOURNAL geskryf het, stel hy dit as volg veral met verwysing na die beslissing in R v KRISTUSAMY 1945 AA 549 te 556:
'The question is not whether a witness is wholly truthful in all that he says, but whether the Court can be satisfied beyond a reasonable doubt in a criminal case or on a balance of probabilities in a civil matter, that the story which the witness tells is a true one in its essential features.1'
Let 'n mens nou op die eiseres se weergawe, is dit relatief eenvoudig. Sy het by die skaal gestaan waar die versuikerde vrugte wat sy gekoop hetf geweeg is, toe 'n trollier wat hoog gepak was met aartappelsakkies, haar van agter genader en oor haar regtervoet, wat naaste aan die gangetjie was waarlangs die trollie aangekom het, beweeg het. Haar regtervoet het in die proses onder die pallet op die trollie, waarop die aartappelsakkies gepak was, vasgekiem geraak en is sy beseer.
Dit is gemene saak dat die uitleg van die betrokke area in verweerder se winkel, wel is soos eiseres dit beskryf het. Soos ek reeds gemeld hetr bevestig haar eggenoot ook dat sy die oggend versuikerde lekkers in verweerder se winkel gaan koop het. Dit volg dus dat sy haar wel in die betrokke area in die winkel, waar sy se die voorval plaasgevind het, sou bevind het. Die uitlegplan, Bewysstuk A, toon dan ook dat die skaal, prakties gesproke, gedeeltelik in die gangetjie was waardeur "n trollie sou moes beweeg.
Dit volg derhalwe dat eiseres, wanneer sy by die skaal sou staan terwyl haar items geweeg word, gedeeltelik in die gangetjie sou staan waarlangs so 'n trollie sou beweeg het.
Die volg, opsommenderwys, na my mening, dat eiseres se weergawe oor hoe die voorval plaasgevind het, geheel en al versoenbaar is met die objektiewe ligging van die betrokke area in verweerder se winkel.
Dit moet verder in ag geneem word dat Hanekom in sy getuienis toegegee het dat eiseres se voet wel beseer sou kon gewees het soos deur haar beskryf in haar getuienis, naamEik dat haar voet onder die gemelde pallet beland het en die bewegende pallet haar voet sou vasgeklem en beseer het.
Dit volg dus dat eiseres se weergawe oor die meganiese wyse waarop haar beserfng veroorsaak is, ook versoenbaar is met die objektiewe waarskynlikhede.
Mnr Van der Merwe het egter gesubmitteer dat eiseres 'n onbetroubare getuie was en nie daarin geslaag het om te bewys dat die voorval inderdaad plaasgevind het soos deur haar beskryf nie. Mnr Van der Merwe was in hierdie verband genoop om te argumenteer dat dit waarskynlik is dat eiseres die oggend op 'n ander wyse self haar voet in verweerder se winkel beseer het, byvoorbeefd, deur die voet teen 'n rak of trollie te stamp en mettertyd, nadat haar mediese koste geeskaieer het, die blaam voor verweerder se deur wil ie ten einde met In eis vir skadevergoeding te slaag.
Daar moet natuurlik, soos betoog deur mnr Mouton, namens eiseres, onmiddellik daarop gelet word dat hierdie hipotese nooit aan eiseres gestel is nie. Dit kom ook op suiwer spekulasie neer, sonder enige basis wat daarvoor gele is in die getuienis. Dit sal onthou word dat Hanekom inderdaad pertinent daaroor was dat eiseres nie hierdie besering in verweerder se winkel opgedoen het nie. Dit is seker so dat hy hierdie steliing gemaak het aan die hand van sy siening aangaande eiseres se beskrywing oor hoe die voorval sou gebeur het, maar is die probleem steeds dat die gemelde hipotese nie aan eiseres gestel is ten einde haar in staat te steE om in haar getuienis daarmee te handel nie.
Hoe dit ook al sy, is ek in ieder geval nie oortuig dat hierdie hipotese aan die hand van die getuienis as 'n geheel 'n meer aanvaarbare alternatief as die eiseres se weergawe van hoe sy beseer is, daarstel nie. Soos dit al dikwels deur ons howe gestel is, sal ft litigant sy of haar onus in ft siviele saak kwyt deur die Hof te oortuig dat die afleiding wat hy of sy voorstaan, die mees voor-die-hand-liggende en aanvaarbare afleiding is van 'n aantal moontlike afleidings.
Die afleiding wat verweerder dus voorstaanr is dat eiseres haarself, sonder skuld van die verweerder of sy werknemers, beseer het en nou verweerder aanspreeklik wil hou vir die finansiele gevolge van die besering. Die behels natuurlik verder die aanname dat eiseres nie alleenlik 'n valse eis teen verweerder ingedien het nie, maar klaarblyklik ook meineed gepleeg het deur onder eed te getuig dat sy beseer is deur 'n trollie wat deur verweerder se werknemer gestoot is.
Eiseres is ti statige dame van 69 jaar wat my beindruk het. Sy het haar deurtastende kruisverhoor goed deurstaan en was bereid om, waar nodig, toegewings te maak. Die kern van haar weergawe het egter konstant gebly en het die logiese en duidelike wyse waarop sy haar getuienis afgele het, my gunstig beindruk. Die huiwerigheid of vaagheid wat dikwels by bejaarde getures waargeneem word, was in haar geval heeltemal afwesig. Soos ek reeds gemeld het, is eiseres se weergawe versoenbaar met die objektiewe ligging van die area waar sy se die voorval plaasgevind het en word die wyse waarop sy s^ sy beseer is, ook deur Hanekom van verweerder as redelik moontlik aanvaar.
Ek is bewus daarvan dat die blote optrede van ft getuie in die getuiebank nie as die grondslag kan dien vir die aanvaarding van sodanige getuienis nie, maar dien dit in hierdie geval we! as onderskraging vir my mening dat eiseres se weergawe as die waarskynlike weergawe van die betrokke gebeure aanvaar behoort te word. Anders gestel, dien eiseres se optrede in die getuiebank as onderskraging vir my gevolgtrekking dat haar weergawe by verre die mees voor-die-hand-liggende of aanvaarbare weergawe is, veral as dit getoets word teen verweerder se ongesubstansieerde hipotese. Inteendeel, vind ek dit uiters onwaarskynlik dat hierdie bejaarde dame, welwetende volgens hierdie hipotese dat daar geen getuienis of geen getuie hoegenaamd van so ft voorval is nie, dit sou fabriseer en met soveel oorfeg ten aansien van tyd, plek en wyse, dit op bedrieglike wyse as die waarheid sou voorstel. Dit, in omstandighede waar die getuienis toon dat sy geen motief hoegenaamd gehad het om juis verweerder se winkel te teiken nie.
Mnr Van der Merwe het betoog dat eiseres se weergawe in ieder geval as onbetroubaar verwerp moet word, in besonder aan die hand van die volgende: Eerstens, weens, wat hy beskryf het as eiseres se "verskeidenheid van verduidelikings" oor hoe sy beseer is. In hierdie verband het mnr Van der Merwe ook verwys na paragraaf 4 van eiseres se besonderhede van vordering waarin beweer word dat eiseres beseer is "when an unknown person employed by defendant pushed a trolley loaded with potatoes over plaintiffs foot".
Die kritiek hierteen is dat die bewering voorgee dat dit die trolfie en, by noodwendige implikasie, die wiel van die trollie is wat haar beseer het, terwyl sy getuig het dat dit inderdaad die pallet op die trollie was wat haar voet beseer het. As egter gelet word op eiseres se getuienis, is dit so dat sy na die trollie verwys het wat haar voet beseer het. Toe dit egter in kruisverhoor aan haar verduidelik is dat dit 'n pallet is wat op hierdie tipe vurkhysertrollie rus, soos gesien kan word op die foto's , was dit duidelik dat sy na die geheel van die vurkhysertroElie en pallet as 'n trollie verwys het. Daar kan dus, na my meningr geen nadetige afleiding teen eiseres gemaak word weens haar verwysing na 'n trollie as die voorwerp wat haar beseer het nie.
Daarbenewens het eiseres, volgens my waarnemingr nie haar skuldig gemaak aan "n beweerde verskeidenheid van verduidelikings, soos betoog deur mnr Van der Merwe nie.
Tweedens, het mnr Van der Merwe verwys na die getuienis van mnr Botha, die eiseres se eggenoot. In besonder het hy verwys na die feit dat mnr Botha getuig het dat eiseres vir horn gese het dat die betrokke trollie haar van voor af genader het en nadat sy daardeur raakgery is, het dit agter haar tot stilstand gekom.
Toe eiseres hieroor in kruisondervraging gekonfronteer is, het sy getuig dat sy vir haar man gese het dat die trollie van die voordeur se kant af gekom het. Die uitlegplan toon dan ook dat indien die trollie vanaf die voordeur se kant gekom het, dit die eiseres van agter, en nie van voor, sou genader het.
Daar bestaan dus na my mening die redelike moontlikheid dat daar 'n misverstand tussen eiseres en haar man was, naamlik dat sy vir horn gese het dat die trollie haar van die voordeur, en nie van haar voorkant af nie, genader het. Dit is ook insiggewend dat eiseres bygevoeg het dat haar man, soos gebruiklik, weer nie behoorlik gelet het op wat sy horn vertel het nie. Ek is dus van oordeel dat hierdie getuienis van mnr Botha nie ft nadelige afleiding teen eiseres regverdig nie; inteendeel, soos ek reeds aangedui het, word eiseres se weergawe in wesenlike opsigte gestaaf deur haar eggenoot se getuienis.
Derdens, het mnr Van der Merwe sterk gesteun op verweerder se getuie, mnr Loggenberg. Dit moet natuurlik steeds in gedagte gehou word dat verweerder geen getuie geroep het wat eerstehands kon getuig oor die gebeure in verweerder se winkel op 30 Desember 2003 waarby eiseres betrokke was nie.
Loggenberg het wel getuig oor 'n geleentheid in Februarie 2004, toe eiseres hom sou genader het en met horn gepraat het oor die voorval waarin sy beseer is. Volgens hom sou eiseres hom gevra het dat hy moet se dat hy die persoon is wat die trollie gestoot het, sodat sy haar vergoedingseis kon afhandel. Eiseres het so 'n gesprek ontken.
Ek moet dadelik se dat ek nie beindruk was met Loggenberg se getuienis nie. Eerstens was hy vaag oor belangrike aspekte van sy weergawe. Hy gee voor dat die geleentheid hom helder voor die oe staan, maar kan nie se of dit die voor-of namiddag was wat eiseres met hom sou gepraat het nie. Volgens hom onthou hy spesifiek dat dit in Februarie 2004 was, maar kan nie eers onthou of dit vroeg of laat in Februarie 2004 was nie.
Daarbenewens getuig hy dat hy besef het dat wat eiseres hom vra om te doen, verkeerd is en hy haar toe versoek het om hom na die kantoor te vergesef sodat hy dit aan Hanekom kon oordra. Hy se dat eiseres geweier het om hom te vergesel, maar val dit vreemd op dat hy nie daarna dit oorweeg het om eiseres se vreemde bedrieglike optreder volgens hom, we! aan Hanekom te rapporteer nie.
Dit is verder vreemd dat hy die optrede van eiseres nie aan enige van sy kollegas genoem het nie. Volgens hom het hy eers daaraan gedink om dit te rapporteer toe hy in Mei 2004 ft berig oor die besering wat eiseres in die winkel sou opgedoen het, gelees het.
Dit is verder van belang om daarop te let dat Loggenberg getuig het dat eiseres ook aan hom sou gese het dat die trollie by die blindings van die stoorkamerdeur uitgestoot is voordat sy beseer is. Dit sou beteken dat die trollie vir eiseres van voor en nie van agter nie, soos deur haar getuig, genader het voordat sy beseer is Wat egter insiggewend is, is dat dit nie aan eiseres gestel is dat Loggenberg hierdie getuienis sou afle nie. Wat verder insiggewend is, is dat Hanekom nie getuig het dat Loggenberg dit vir hom gese het nie, toe hy wel die voorval met eiseres in Mei 2004 aan Hanekom gerapporteer het.
In hierdie omstandighede bevind ek dat ek nie in die afwesigheid van onafhanklike stawing met veiligheid kan staatmaak op die getuienis van Loggenberg nie, veral vir soverre hy getuig het oor wat eiseres vir hom sou gese het.
Mnr Van der Merwe het ook gesteun op die onwaarskynlikheid dat slegs een persoon, soos getuig deur eiseres, die betrokke trollie vol aartappelsakke sou gestoot het. Volgens Hanekom, was dit die opleiding en beleid in die winkel dat twee persone, een voor en een agter, "n volgepakte trollie moes stoot. Dit is egter gemene saak dat 30 Desember 2003 een van die besigste dae van die jaar in die verweerder se winkel was en kan die redelike moontlikheid dus nie uitgesluit word dat die ander werkers besig was en een werker alleen die trolfie sou gestoot het, met gevolg dat dit nie met veiligheid beheer kon word nie en met eiseres gebots het.
Verweerder se getuie, mnr Wynand, het wel getuig dat 'n trollie volgelaai met aartappelsakke te swaar is vir een persoon om te stoot, maar bygevoeg dat hy nooit probeer het om so 'n trollie alleen te stoot nie. Ons weet dus nie as Yi feit dat Yi trollie wat volgepak is met aartappelsakkies, te swaar is vir een persoon om te stoot nie. Daar is ook nie duidelikheid oor die hoeveelheid sakkies wat op 30 Desember 2003 op die betrokke trollie sou gewees het nie. Eiseres het wel getuig dat dit hoog gelaai was, maar kon daar net sowei minder as die maksimum hoeveelheid sakkies op die trollie gewees het. Dit sou tot gevolg gehad het dat die troflie makliker gestoot kon gewees het as 'n volgepakte trollie en dat een persoon dit sou kon hanteer het. Alles in ag genome, kan ek nie bevind dat dit onwaarskynlik is dat slegs een persoon die betrokke trollie gestoot het nie.
Samevattend is ek van oordeel dat eiseres wel die toets van h bevredigende enkelgetuie deurstaan het en op ft oorwig van waarskynlikhede bewys het dat sy inderdaad op 30 Desember 2003 deur Yi trollie, gestoot deur rn werknemer van verweerder, beseer is op die wyse soos deur haar beskryf.
Daar is verder geen bewys dat eiseres enigsins bydraend nalatig was ten aansien van die plaasvind van hierdie voorval nie. Dit volg dus dat eiseres moet slaag met die meriete van haar aksie. As suksesvolle party is sy uiteraard ook op haar gedingskoste geregtig.
Bygevolg word die volgende bevel gemaak:
1. Dit word verklaar dat verweerder aanspreekMk is vir die betaling van sodanige skadevergoeding as wat eiseres mag bewys sy op geregtig is voortspruitende uit die besering wat sy aan haar regtervoet opgedoen het in verweerder se winkel te Knysna op 30 Desember 2003.
2. Verweerder word gelas om eiseres se ooreengekome of getakseerde gedingskoste ten aansien van die beregting van die geskilpunt oor die meriefe van haar eis, te betaal, tesame met rente op soda nig e kostebedrag teen 15,5% per jaar, bereken vanaf 'n datum 14 dae na datum van die takseermeester se allocatur of die datum waarop die part ye op die kostebedrag ooreengekom het.
FOURIE, R