South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 173
| Noteup
| LawCite
Abrahams v S (A146/2007) [2008] ZAWCHC 173 (11 April 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A. 146/2007
DATUM: 11 APRIL 2008
In die saak tussen:
ABRAHAM ABRAHAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
THRING. R:
Die appeflant net in die Streekhof op drie aanklagte tereggestaan. Aanklag 1 was die verkragting van sy eie biologiese dogter toe sy tussen tien en 12 jaar oud was. Haar naam is Amarushia Abrahams. Aanklag 2 was verkragting van die appellant se stiefdogter toe sy tussen tien en 17 jaar oud was. Haar naam is Chandice Abrahams. Aanklag 3 was ft oortreding van artikel 17(a) van die Wet op Gesinsgeweld,
No.166 van 1998 deurdat die appellant na bewering die bepalmgs van 'n gesinsgeweldinterdik oortree net deurdat hy sy gemelde stiefdogter, Chandice, agiervolg het en gedreig het om haar dood te maak. Op aldrie van hierdie aanklagte het die appellant onskuldig gepleit. By sy verhoor is hy deur 'n prokureur verteenwoordig.
Aan die einde van die verhoor het die streeklanddros horn soos volg skuldig bevind: op aanklag 1 is hy aan onsedelike aanranding skuldig bevind en gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf ten opsigte daarvan. Op aanklagte 2 en 3 is hy skuldig bevind, soos aangekla. Op aanklag 2, die aanklag van verkragting van Chandice, is hy tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, en op aanklag 3, die verbreking van die gesinsgeweldinterdik, is hy tot drie maande gevangenisstraf gevonnis. Die landdros egter gelas dat die vonnisse op aanklagte 1 en 3 samelopend met die op aanklag 2 deur die appellant uitgedien moet word. Effektieweiik is die appellant dus tot gevangenisstraf vir tien jaar gevonnis
Op 22 Augustus 2006 het die appellant by die landdros aansoek gedoen om verlof om teen sy skufdigbevindings en vonnisse te appelleer, en sodanige verlof is toegestaan.
in die aansoek om verlof om te appelleer is die gronde van die voorgenome appel op ft uiters kriptiese wyse uiteengesit, naamlik soos volg:
"Ad skuldiabevindinq
Dat die agbare Hof het fouteer deur te bevind dat die staat hul saak bo redelike twyfel bewys het.
Die agbare Hof het fouteer deur nie die klaagsters se getuienis met die nodige versigtigheid te benader nie.
Die agbare Hof het fouteer deur te bevind dat die klaagsters geloofwaardige getuies was.
Die agbare Hof het fouteer deur te bevind dat appltkant n ongeloofwaardige getuie was.
Ad Vonnis
1. Die agbare landdros het die persoonlike omstandighede van die applikant onderbeklemtoon.
Hierdie manier om gronde van appel voor ft hof te plaas, is onvoldoende en onaanvaarbaar. Dit is byna niksseggend. Heelwat meer besonderhede as dit word vereis. Die Hof van appel, die landdros en die staat moet deur middel van die gronde van die voorgenome appel in ft posisie geplaas word om te weet wat presies die spesisfieke gronde is waarop die appel gebaseer gaart word. Vae algemene stellmgs is nie aanvaarbaar nie. (Sien artikel 309B(3}(a) van die Strafproseswet, No.51 van 1977 en 5 v McKENZIE. 2003(2) SA 616 (K) op 618j-619b.) Na heelwat huiwering het ons egter besluit om die appellant se advokaat toe te laat om die appel desnieteenstaande voort te sit en om dit nie van die rol te skrap nie.
Dte vernaamste getuies vtr die staat was die twee jong dogters, wat die klaagsters was. Die appellant se biologiese dogter, Amarushia (aanklag 1), was 14 jaar oud toe sy voor die fanddros getuig het. Haar halfsuster, die appellant se stiefdogter, Chandice (aanklagte 2 en 3), was destyds 18 jaar oud. In sy uitspraak het die landdros hulle getuienis met die nodige versigUgheid as kinders en enkelgetuies benader. Hulle albei het horn as intelligente en bevredrgende getuies beindruk. Hulle getuienis lees op die rekord oortuigend en daar is niks op rekord wat 'n mens die landdros se indrukke in twyfel laat trek nie. Hy het hulle getuienis as die waarheid aanvaar. Dje enigste kritiek wat moontlik teen die klaagsters, as getuies, ingebring kan word is dat hulle eers in Junie 2001 oor die appellant se langdurige voorafgaande opt rede met hulle gekfa het. Hulle het hulle versuim egter verduidelik deur te se dat hulle vir die appellant bang was. Die landdros het hierdie verduideliking aanvaar. Ek kan geen fout daarmee vind nie. Chandice het trouens getuig dat die appellant haar herhaaldelik met die dood gedreig het indien sy enigiets aan enigiernand oor sy seksuele opt rede met haar sou vertel. Amarushia het getuig dat sy stilgebly het omdat sy te bang, te skaam en te hart seer was om met enigiernand daaroor te praat.
Die landdros het die appellant se ontkenning dat hy op enige stadium enige onsedelike daad met enigeen van die twee dogters sou gepleeg het as bo redelike twyfel vals en leuenagtig verwerp. Ek kan geen fout met die landdros se geloofwaardigheidsbevindings vind nie. Na my oordeel is die skuldigbevinding van die appellant op aanklagte 1 en 3 volkome korrek en in orde.
Op aanklag 2, egter, waarop die appellant aan die verkragting van Chandice skuldig bevind is, het die landdros, na my oordeel, misgetas. Chandice het op geen stadium in haar getuienis duidelik gese dat die appellant haar ooit werklik gepenetreer het nie. Op die beste vir die staat beskou, is haar getuienis in hierdie opsig dubbeisinnig en kom dit eintlik, myns insiens, daarop neer dat die appellant nie verder gegaan het as om te probeer om haar te verkrag nie. In haar hoofgetuienis het sy die volgende gese:
"En toe kom hy in die kamer in en toe my neergesit op die bed en hy het my skool skirt opgelig en my panty afgetrek en vir horn uitgetrek en toe is dit wat hy mos nou bo-op my gele het en my ... (tussenbeide)
En wat het hy gedoen? — Hy het probeer om sy penrs in my vagina in te forseer.
Ja? —- En toe het hy op en af bewegings gedoen."
Aan die einde van haar getuienis in antwoord op vrae van die landdros, verskyn ook die volgende passasie in die rekord:
"Nou toe op daardie stadium toe hy die op en af bewegings maak, waar was sy privaatdeel gewees? -— Teenaan myne.
Se weer? --- Teenaan myne.
Teenaan of binne-in? — Dit was half binne-in
my.
Want ek het die indruk gekry na aanleiding van die vrae deur die prokureur dat hy het, jy weet, seks is - die prokureur het jou gevra - seks is wanneer die man mos sy privaatdeel binne-in die vrou se privaatdeel, dit is mos wat algemeen aanvaar word. Verstaan u dit, dit is die enigste omskrywing. Mej Van Wyk het jou gevra daaromtrent en jy het gese hy het dit probeer insit, maar jy het horn weggestoot. Dit was te seer, toe haal hy dit uit en toe le hy nog bo-op jou en toe maak hy op en af bewegings? --- Ja.
Wat presies het daar gebeur? Hy het probeer om mos nou sy penis te forseer in my en toe het ek vir horn weggestoot. Toe sit hy dit weer in. Toe het hy dit nie weer probeer in te forseer nie en daai is wat hy toe die op en af bewegings doen.
Nou wanneer daarna het dit vir die eerste keer plaasgevind waar hy sy manlike deel ten voile in jou gesit het of het dit ooit gebeur waar hy sy manfike deel ten voile in jou geplaas het? —- Nee, nie eintlik nie, want hy het meeste dan forseer hy maar dan kry ek nie kans om vir horn weg te stoot nie want ek kry seer en ek het net gehuil.
Dit is nou vir my (onduidelik). Kyk, die manlike deel word - kyk net gou hier - die manlike deel word mos nou in die vagina ingesit. Verstaan u dit, dan word dit mos nou gepenetreer en dan is dit soos jy nou se die man maak mos nou die op en af bewegings, ne? —- Ja.
Se nou vfr my hy het dit nooit werkfik in jou vagina gedruk nie en dan die op en af bewegings gemaak nie of het hy slegs net met u gepenetreer tot voorlangs en dan uitgehaal of dan net so op en af bewegings gemaak? — Ja.
Wat het gebeur? --- Hy kon nooit sy penis heeltemaf by my ingesit het nie.
Goed, ek wil nie he daar moet onduidelikhede wees nie, verstaan, want ek wil nie he jy moet weer terugkom nie, ek gaan dit nou op rekord plaas, is dit jou getuienis dat hy het nooit sy privaatdeel ten voile in jou vagina geplaas nie? — Ja.
Het hy of het hy nie? —- Hy het dit in - hy het dit nie."
Soos ek reeds gese het, van hierdie getuienis kan daar, na my oordeel, nie bo redelike twyfel bevind word dat die appellant op enige stadium daarin geslaag het om die klaagster Chandice te penetreer nie. Die mediese getuienis is wel tot die effek dat Chandice se maagdevlies nie meer intak was nie. Toe sy medies ondersoek is, was sy egter reeds 16 jaar oud en dit volg natuurlik nie noodwendig dat haar maagdevlies deur enige optrede van die appellant verwyder of beskadig is nie.
Die punt dat die staat nie daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat Chandice deur die appellant gepenetreer is nie, is nie op appel pertinent geneem nie. Dit is glad nie in die aansoek om verlof om te appeileer of in die gronde tot daardie aansoek genoem nie. Dit is ook nie En die appellant se advokaat se hoofde van argument genoem nie.
Hierdie Hof het metemin inherente hersieningsmagte ingevolge artikel 304(4) van die Strafproseswet, No.51 van 1977. Ons is van voornemens om daardie magte in hierdie aangeleentheid uit te oefen en om die skuldigbevinding op aanklag 2 na poging tot verkragting te verander wat wel, na my oordeel, bo redelike twyfel op die getuienis bewys is. Dit sal moontlik n effek op vonnis he.
Wat vonnis op aanklagte 1 en 3 betref, is die vonnisse wat die landdros opgele het, myns insiens, heeltemal vanpas. Hy het geensins misgetas nie en ek kan geen fout daarmee vind nie. Verswarende faktore is die volgende: die klaagsters was albei jong kinders van omtrent tten jaar oud toe die appellant met sy mishandeling van hulle begin het. Hy het met sy optrede oor n tydperk van jare volhard. Hy het sy vertrouensposisie as hul pa en stiefpa, onderskeidelik, misbruik. in heelwat gevalle is die klaagsters in hulle eie huis deur die appellant misbruik, waar hulle behoort veilig te kon gevoel het, en die appellant het op gewetenlose wyse sy spore probeer toevee deur Chandice met die dood te dreig indien sy enigiernand oor sy dade sou vertel het.
Versagtende omstandighede Is die feit dat die dogters nie ernstige fisiese leed opgedoen het nie en die appellant se byna skoon rekord.
Op aanklag 2 staan dit hierdie Hof natuurlik nou vry om enige vonnis op te le wat die Hof mag goeddink. Ek dink dat die vonnis op hierdie aanklag minder as tien jaar gevangenisstraf behoort te wees. Die gevolg daarvan is natuurlik om die kumulatiewe effek van die vonnisse te verminder.
Gevolglik word die appel teen die appellant se skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 1 en 3 van die hand gewys. Op hersiening word die appellant se skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 egter ter syde gestel en met die volgende skuldigbevinding en vonnis vervang:
"Aanklag 2: SKULDIG aan poging tot verkragting. Vonnis: SEWE (7) JAAR GEVANGENISSTRAF."
Daar word gelas dat drie jaar van die vonnis op aanklag 1 gelyktydig met die vonnis op aanklag 2 uitgedien moet word.
THRING, J
N C ERASMUS, R: Ek stem saam.
N C ERASMUS, R