South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 207
| Noteup
| LawCite
Selungu v S (A292/2008) [2008] ZAWCHC 207 (23 May 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.292/2008
DATUM: 23 MEI 2008
In die saak tussen:
RICHARD
SELUNGU Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VAN REENEN. R:
Geriefshalwe word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die beskuldigde net in die streekhof te Ladismith tereggestaan op 'n aanklag van moord. Die hoof inhoud van die klagte teen hom was dat hy op 5 Augustus 2006 naby die Laingsburgpad, Ladismith wederregtelik en opsetlik vir Heinrich Bell (na wie ek hierna as "die oorledene" sal verwys) gedood het deur hom met 'n mes of ander skerp voorwerp te steek. Dit was beweer dat die bepalings van artikel 51 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing was.
Die beskuldigde, wat deur n prokureur verteenwoordig was, net onskuldig gepleit en het in 'n formele pleitverd u id el iking erken dat hy die oorledene een keer in die nek gesteek het met n skroewedraaier wat van draad gemaak was en dat die lykskouingsverslag en die gevolgtrekking daarin vervat korrek was; dat die identiteit van die oorledene korrek was; en sy liggaam geen verdere letsels opgedoen het van dat dit gevind is totdat die lykskouing daarop uitgevoer is nie.
Nadat die Staat getuies aangebied het en die beskuldigde self getuig het, is hy skuldig bevind, soos aangekla, en h vonnis van agt jaar gevangenisstraf opgele. Die beskuldigde appelleer nou na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding met vertof van die verhoorhof.
Dit is insiggewend vanuit die oorkonde dat die verhoorianddros die aansoek om verlof toegestaan het omdat hy, onder andere, van menlng was dat daar 'n redelike moontlikheid bestaan het dat h hof van appei moontlik sou kon bevind dat die beskuldigde eerder aan strafbare manslag as moord skuldig is.
Die gebeure wat die onderwerp van hierdie appel vorm, het plaasgevind gedurende die aand van 5 Augustus 2006 by die huis van Ivan Afrikaner, ook bekend as Pinok. Dit was 'n Saterdagaand. Daar was 1n danspartytjie en, soos te verwagte, was daar gedrink en dagga gerook. 'n Aanduiding van hoe jolig dit daar gegaan net, blyk daaruit dat die oorledene se bloedalkoholinhoud 0,46 gram per 100ml was.
By die partytjie was daar, onder andere, die beskuldigde, die oorledene, Mariaan Rossouw (na wie ek hierna as "Mariaan" sal verwys) en Ryno van der Berg. Die laasgenoemde twee persone was as getuies geroep. Die beskuldigde is die pa van 'n kind waarvan Mariaan die moeder is en verwek was terwyl hulle nog in 'n verhouding met mekaar verkeer het, Die oorledene blyk 'n mansvriend van Mariaan te gewees het ten tyde van sy oorlye. VanweS die feit dat die dansery aan die buitekant van die huis plaasgevind het en die beligting swak was - daar was slegs n buitelig by die voordeur - en die getuies se waarnerningsvermoe daardeur nadelig be'r'nvloed moes gewees het en hulle boonop waarskynlik almal beskonke was, word die gebeure wat die oorledene se dood voorafgegaan het, slegs in bree weergegee en slegs tot die mate dat dit deur getuies bevestig was of deur waarskynlikhede begunstig word.
Dit skyn gemeensaak te wees dat die beskuldigde na Pinok se huis was om 'n tuisgemaakte skroewedraaier van draad, ongeveer 24 sentimeters lank, te gaan haal om sy bandspeler reg te maak. Daar het op n stadium h argument tussen Mariaan en die beskuldigde ontstaan oor goedere wat hy vir hulle kind gekoop het en vroeer die dag aan haar oorhandig het ter nakoming van sy onderhoudverpligtinge, maar dat sy op die betaling van meer geid aangedring het.
Die argument blyk op 'n stadium in die kombuis van Pinok se huis voortgesit te gewees het. In die kombuis was Mariaan, haar kind, die oorledene, die beskuldigde en 'n ander vrou genaamd Irene.
As gevolg van iets wat die beskuldigde vir Mariaan sou gese het, het die oorledene vir horn gese dat 'n mens nie so met n vrou praat nie. Die beskuldigde sou toe vir die oorledene gese het dat dit nie sy probleem was nie. Hy het toe die oorledene van horn af weggestoot sodat hy gesteier het. Die beskuldigde het toe na buite om die hoek van die huis gegaan om te gaan ontlasT waar daar geen ander persone teenwoordig was nie, en die oorledene het horn toe agtervolg.
Omdat niemand anders gesien het wat presies daarna gebeur het nie en die oorledene nie meer in die land van die lewendes is nie, is n mens aangewese, hoe onbevredigend dit ook al mag wees, op slegs die beskuldigde se weergawe van wat daar gebeur het.
Daarvolgens het die oorledene die beskuldigde genader terwyl hy besig was om die band van sy broek los te maak; met h mes na hom gesteek het; en in die steekbeweging vorentoe geval het. Die beskuldigde het toe na regs utt sy pad gespring. Die oorledene het daarna nog 'n steek uitgevoer en - dit is wat die beskuldigde se: udit is toe wat ek dink maar ek gaan die skroewedraaier vat om my te verdedig" - (rekord bladsy 82, reels 18 tot 22) en "omdat daar twee keer na my gesteek is, sien Edelagbare, toe dink ek die beste is ek moet -gaan nou dieselfde doen want hier het ek die skroewedraaier" (rekord bladsy 26 reels 4 tot 6).
Die beskuldigde het getuig dat hy in reaksie sy hand met die skroewedraaier daarin "so geswaai het" en nie besef dat hy die oorledene raak gesteek het nie en dat die oorledene toe om die draai is en weggeloop het. Dit is duidelik dat dit die beskuldigde se weergawe is dat hy na die oorledene gesteek het omdat hy gedink het dat hy "hy sou miskien weer rn poging aangewend het om ie steek" (Rekord bladsy 98, reels 4 tot 6).
Wat ook al die beskuldigde met die skroewedraaier gedoen het, skyn as 'n voorbehoudende aanval - die Engelse ekwivalent waarvan 'n "pre-emptive strike" is - bedoet te gewees het. Daardie opt rede van die beskuldigde moet beoordeel word in die lig van die volgende feite: Die oorledene was op die beskuldigde se weergawe besonder beskonke. Hy getuig dat die oorledene nie in staat sou gewees het om weg te hardloop nie en dat toe hy horn probeer steek het, hy agter die mes aan geval het.
Die beskuldigde het ook getuig dat hy die oorledene vroeer in die kombuis van horn af weggestamp het en dat hy toe weggesteier het. InteensteMing met die oortedene, was die beskuldigde nog in staat om na regs te spring toe die oorledene die eerste keer na horn gesteek het en die beskuldigde was op sy eie erkenning groter van Mggaamsbou as die oorledene gewees.
Ek is bereid om ten gunste van die beskuldigde te aanvaar dat daar n wederregtelike aanval op 'n beskermingswaardige belang van die beskuldigde, naamlik sy liggaamsintegriteit gemaak was en dat toe hy tot teenoptrede oorgegaan het, die aanval nie ooglopend alreeds verby was nie.
In die omstandighede sou enige afweershandeling van sy kant geregverdig gewees het indten dit aan die vereistes voldoen het wat daarvoor deur die reg gestel word, naamlik, dat dit teen die aanvaNer self gerig was; noodsaaklik was om die bedreigde reg te beskerm; en daar fn redelike verhouding tussen die aanval- en die afweershandeling bestaan het.
Die vraag wat in die onderhawige geval ontstaan is of dit vir die beskuldigde noodsaaklik was om 'n swaaibeweging met die skroewedraaier u it te gevoer het ten einde die aanvalshandeling af te weer. Sonder om n onrealistiese leunstoelhouding in te neem, wii dit tog voorkom dat die beskuldigde, sonder om homself aan die risiko van verdere beserings bloot te gesteJ het, van die oorledene kon weggekom het. Die gebeure het in die buitelig plaasgevind en gevolglik was hy nie in n engte vasgekeer nie. Vanwee die oorledene se beskonkenheid kon die beskuldigde sonder probleme tot buite sy bereik beweeg het, want volgens hom sou die oorledene nie in staat gewees het om hom met enige ratsheid daarvan te weerhou of te agtervolg nie. Alhoewef C R SNYMAN, STRAFREG, 5de Uiigawe te 105 en verder ander beskouings daaroor nahou, skyn die steeds geldende benadering van ons howe te wees dat h aangevallene moet vlug tensy daar gevaar in ontvluging gelee is. {Sien byvoorbeeld R v PATEL 1959(3) SA 121 (A) te 123E-H.)
Aangesien die beskuldigde eerder dan om homself uit die voete te gemaak het, die aanval met gebruikmaking van die skroewedraaier probeer afweer het, het sy afweershandeling myns insiens nie aan die vereistes wat deur ons howe gestel word, voidoen nie en het die landdros tereg die beskuldigde se verweer van noodweer verwerp.
Die verhoorhof het die beskuldigde aan moord skuldig bevind op sterkte van 'n bevinding dat hy die enkele steekwond, wat die oorsaak was dat die oorledene homself doodgebloei het, met opset by moontlikheidsbewussyn toegedien het. Daardie bevinding was gebaseer op die aard van die wapen wat gebruik was asook die Itgging van die wond. Daardie bevinding sou geregverdig gewees het indien dit op die feite bevind kon geword het dat die beskuldigde dit doelgerigd toegedien het. Die feite stry egter daarteen.
Op die enigste weergawe voor die Hof, naamlik die van die beskuldigde, het hy Yi swaaibeweging na die oorledene uitgevoer en was hy nie seker daarvan of hy horn getref het al dan nie. Myns insiens dui die beskuldigde se weergawe op n afwesigheid van 'n wilsgerigte toediening van die steekwond en in die omstandighede was die afleiding dat die beskuldigde subjektief inderdaad die moontlikheid voorsien het dat sy
optrede die dood van die oorledene kon veroorsaak en roekeioos omtrent die intrede daarvan gestaan het, nie geregverdig gewees nie. (Sien S v SIGWAHLA 1967(4) SA 566 (A) TE 570B-)
Na my menrng sou die redelike man in die beskuldigde se posisie dit egter as "n redelike moontlikheid voorsien het en gevolglik moes die beskuldigde ook gedoen net, dat sy handefinge die oorlede se dood kon veroorsaak en dienooreenkomstig opgetree het. Aangesien hy dit nie gedoen het nie, het die beskuldigde myns insiens skuld in die vorm van culpa gehad. {Sien S v NAIDOQ AND OTHERS 2003(1) SASV 437 (HHA) te 356a-357e.) Gevolglik, moes die beskuldigde, na my mening, aan strafbare manslag in plaas van moord skuldig bevind gewees het. Die beskuldigde se optrede na die gebeure deurdat hy die ambulans wou gaan ontbied het, rym met daardie gevolgtrekking.
In die omstandighede behoort die skutdigbevinding van die beskuldigde aan ft klag van moord ter syde gestel en vervang te word met rn skuldigbevinding aan strafbare manslag wat ingevolge die bepatings van artikel 258 van Wet 51 van 1977 geoorloofde uitspraak op 'n klagte van moord is.
Alhoewe! daar nie teen die vonnis geappelleer word nieh is dit onteenseglik so dat 'n skuldigbevinding aan moord (waarvan die skuldvereiste dofus) is, moreel meer taakbaar is as 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag (waarvoor die skuld in die vorm van culpa naamlik, onagsaamheid 'n vereiste is). Daar is dan ook nie sprake van n voorgeskrewe minimum vonnis nie. Dit het tot gevolg dat dit vir hierdre Hof geoorloof is om van meet af aan te besin oor wat 'n gepaste straf sou wees met inagneming van die misdryf, die oortreder en die belange van die gemeenskap.
Gedagte aan al die feite wat voor die verhoorhof geplaas was en al die ander feite en omstandighede wat deur hom in sy uitspraak oor vonnis aangestip is, is ek van mening dat n gepaste vonnis in die onderhawige geval 71/2 jaar gevangenisstraf is waarvan 21/2 jaar gevangenisstraf op gepaste voorwaardes opgeskort word.
Gevolglik word die skuldigbevinding van die beskuldigde aan moord ter syde gestel en vervang met 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag en word die vonnis wat hom opgele is deurgehaal en vervang met 'n vonnis van SEWE-EN-'n-HALF JAAR (1/2) JAAR GEVANGENISSTRAF waarvan twee-en-n-half jaar (214) jaar opgeskort word vir 'n periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuidig bevind word aan 'n oortreding van moord of strafbare manslag gepteeg gedurende die tydperk van opskorting nie en wat die toediening van liggaamlike geweld aan 'n menslike wese behels nie.
Die vonnis wat vandag opgele word, sal geag word opgele te gewees het op 19 Maart 2007, dit synde die datum waarop die beskuldigde oorspronklik gevonnis is.
Ten slotte wil ek net beide advokate vir hulle baie volledige en hulpvaardige betoogpunte bedank.
VAN REENEN, R
ZONDI, R: Ek stem saam.
ZONDI, R