South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 221

| Noteup | LawCite

Appels v S [2008] ZAWCHC 221 (21 July 2008)

Download original files

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER A721(B)/2005


DATUM: 21 JULIE 2008


In die saak tussen

TIAAN APPELS Appellant

en


DIE STAAT Respondent




UITSPRAAK




THRING, R



Die appellant in hierdie appel is aanvankiik in die streekhof van verkragting aangekla. Daar is beweer dat hy op Vrydag 29 Desember 2000, en te of naby Ladismith, Kaap, n vroulike kind van tweejarige ouderdom sou verkrag het. Op hierdie aanklag het hy onskuldig gepleit. Tydens beide sy verhoor en die daaropvolgende vonnisverrigtinge is hy deur 'n prokureur verteenwoordig.


Op 13 September 2002 is die appellant in die streekhof skuldig bevind, soos aangekla. Sy saak is ingevotge artikel 52(1) van die Strafregwysigingswet, No. 105 van 1997 ("die Wet") na die Hooggeregshof vir vonnis verwys.





In die Oostelike Rondgaande PlaasMke Afdeling van hierdie Hof is die appellant se skuldigbevinding bekragtig, en hy is daarna tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Dit is die vonnis wat deur artikel 51(1) van die Wet, saamgeJees met Deel I van Bylae 2 daarvan, voorgeskryf word. Die vonnis is op 20 Mei 2003 opgele. Op 29 Junie 2004 is 'n aansoek namens die appellant geloods om kondonasie vir sy versuim om betyds 'n kennisgewing van appel teen sy skuldigbevinding te liasseer, asook om verlof om teen sy skuldigbevinding te appelleer. Daar is ook aansoek in terme van artikel 316(5) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, gedoen om verlof om sekere verdere getuienis voor die Hof te plaas.



Op 8 Desember 2004 is albei aansoeke deur die Hof a quo toegestaan, en is verdere getuienis namens beide die appeflant en die staat voor die geleerde Verhoorregter getei. Hierdie is nou die appel van die appellant.


Die vernaamste getuie vir die vervolging was ene Marie (Maria) fsaacs, die moeder van die beweerde slagoffer van die misdaad. Sy het by die verhoor getuig dat haar dogter, Granice, op 6 Februarie 1998 gebore is. Ten tye van die tersaaklike gebeurtenisse in Desember 2000 was sy dus ongeveer twee jaar en tien maande oud. Die appellant is nie haar vader nie. Vanaf September 2000 het Marie Isaacs en die appellant ft saamleefverhouding met mekaar gehad. Hulle het in 'n huis te Ladismith saamgewoon. Die dogtertjie het ook saam met hulle gebly. Volgens haar (Marie) is die drie van hufle op Vrydag 29 Desember 2000 dorp toe. Ongeveer twaalf middag was hulle na die appellant se huis toe terug. Sy se die appellant was gedrink, hy het 'n bietjie wyn in hom gehad. Marie Isaacs se dat sy self nugter was. Hulle het toe gaan slaap.



Die dogtertjie het op ft bedjie geslaap wat haar moeder vir haar op die vloer opgemaak het. Ongeveer 5:30 n.m. het Marie Isaacs wakker geword. Vroeer die dag, voor hy gaan slaap het, het die appellant volgens haar vir haar gevra om, wanneer sy sou opstaan, vir hom tabak te gaan soek. Sy het toe uit die huis gegaan en tabak by mense net oorkant die straat gaan koop. Die mense se van is Festus.

Sy se dat sy slegs 'n kort tydjie weg was, Terwyl sy by die bure was, net sy gehoor hoe haar kind huil. Sy is onrmddellik na die appellant se huis terug. Toe sy in die huis ingegaan hetP het sy gesien dat haar dogter geweldig huil. Sy het op die vloer op 'n kombers gele. Sy het toe na die kind afgebuk en gesien dat haar onderbroekfe tot by haar kniee afgetrek is. Sy het ook gesien dat die kind van tussen haar beentjies uit haar vagina gebloei het. Sy vra toe vir die appellant wat makeer haar kind. Hy het eers gemaak asof hy nog geslaap het. Toe het hy met toe oe vir haar gese dit is Vt stok wat haar kind seergemaak het. Hy het haar toe uit die huis gesit en die kind tater vir haar ook aangegee.



Marie Isaacs se dat sy toe na haar niggie, Gertruida Baadjies, toe gegaan het en sy het vir haar vertel wat met die kind gebeur het. Sy het die aand by haar niggie se huis geslaap. Die kind, se sy, het die hele nag lank van die pyn gehutl. Die volgende oggend, Saterdag 30 Desember 2000, het sy die kind na 'n dokter toe geneem, waarskynlik dr Denkemann, wat later in die saak getuig het.



Op Maandag 1 Januarie 2001 is sy met die kind hospitaal toe. Op Dinsdag 2 Januarie 2001 is die kind na die operasieteater toe geneem waar haar beserings onder narkose ondersoek en Marie Isaacs het getuig dat toe sy op die betrokke middag uit die huis was om tabak vir die appellant te gaan koop, die enigste persone wat in die huis agtergebly het, die appellant en haar dogtertjie was. Hulle was ook die enigste mense in die huis toe sy etlike minute daarna teruggekeer het. Sy het ook geen ander persone naby die huis gesien nie. Sy het ook getuig dat daar geen stok by die huis was nie. Toe sy daar weg was het haar kind nog geslaap, se" sy.



Getruida Baadjies het ook namens die staat getuig. Sy het Marie Isaacs se weergawe in sekere essensiele opsigte bevestig in sover as wat dit haar geraak het. Sy het gese dat haar niggie, Marie Isaacs, ongeveer 7:00 namiddag op die betrokke aand by haar aangeklop het. Die kind was by haar. Sy was nugter. Sy was geskok en het gehuil. Die kind was ook geskok en het begin huil. Die kind het daarna die hele aand geskree. Marie Isaacs het slaapplek vir die aand gesoek. Sy het ook vir die getuie vertel dat die appellant die kind verkrag het, maar dat hy later vir haar vertel het dat dit hn stok is wat die kind gesteek het. Gertruida Baadjies het gesien hoe die kind uit haar privaatdeel bloei.



Inspekteur E E Pienaar is die ondersoekbeampte in die saak. Hy het getuig dat op Maandag 1 Januarie 2001 hy met die saak belas was. Saam met Maria Isaacs het hy die toneel besoek en daar, se hy, het hy op h kombersie beslag gele waarop daar bloedmerke was. Dit is die kombers waarop die kind, volgens Marie Isaacs, gele en slaap het toe sy op die betrokke aand die huis verlaaf het om tabak vir die appellant by die bure te gaan koop.



Dr J F Denkemann is namens die staat geroep. Hy is 'n distriksgeneesheer te Ladismith. Hy het getuig dat hy op Dinsdag 2 Januarie 2001 die betrokke kind in die hospitaal te Ladismith ondersoek het. By haar privaatdeel het hy verskeie beserings waargeneem wat, volgens hom, drie tot vier dae oud was. Dit was kneusings en skeure. Die kind se maagdevlies was geskeur. Daar was ook Yi ringvormige besering van die groot labia. Hierdie besering sou, volgens hom, met gewelddadige seksuele omgang met die kind inpas. Hy het gese dat dit hoogs waarskynlik was dat penetrasie van haar vagina plaasgevind het.



Onder kruisondervraging het dr Denkemann die votgende belangrike toegewings egter gemaak:



"Dokter, u het nou getuig hler oor penetrasie. Ek wil die stelling maak dat die penetrasie wat u waargeneem het of die beserings wat u waargeneem het, kan wees as gevolg van 'n penetrasie van goed soos u getuig het, moontlik Vi penis, maar ook n vinger, 'n stok, enige ander stomp voorwerp, sou dieselfde beserings na alle waarskynlikheid veroorsaak het. Sal u saamstem? -Edelagbare, ek sal gedeeltelik saamstem daarmee, ek twyfel of ft vinger die beserings sou veroorsaak het. n Vinger se omtrek is nie groot genoeg om werklik die kneusings te beskryf nie. 'n Stok van die dikte van omtrent h besemstok sou dieselfde besering kon veroorsaak het. Dit is korrek. Met ander woorde enige voorwerp met min of meer dieselfde deursnit as n penis sou presies dieselfde resultaat gee? --- Dit is korrek."



Toe hy later in die verrigtinge teruggeroep is, het dr Denkemann op hierdie toegewings soos volg verder uitgebrei:



"U Edele, in medisyne is daar ongelukkig niks wat absoluut kan wees nie, behalwe miskien die dood. Dit is moontlik dat indien alle toestande korrek teenwoordig was, dat n stok dit wel kan veroorsaak het. Ek sou net se dit is baie onwaarskynlik maar dit is tog moontlik."

Die appellant het in sy verdediging getuig. Hy het ontken dat hy die kind verkrag of aangerand het. Hy het ges# dat Marie Isaacs en haar kind eers omtrent 7:00 n.m. op die betrokke aand by sy huis opgedaag het, terwyl hy geslaap het. Daar was geen fout wat hy met die kind kon sien nie: sy was, volgens hom, op daardie stadium rustig. Volgens hom het Marie Isaacs vir haarself en die kind by hom slaapplek gesoek. Sy was egter nie by hom wetkom nie, want hy het haar verdink dat sy vroeer sy geld gesteel het. Hy het desnieteenstaande vir die kind se ontwil ingestem dat sy en die kind by sy huis daardie aand kon oorslaap. Sy het toe ti bed op die vloer van die huis vir die kind gemaak. Later, se hy, is sy uit die huis uit om vir hom tabak te gaan soek. Dit was ongeveer tussen 8:00 en 9:00 n.m.



Hy se dat sy slegs twee of drie minute weg was. In die tyd het sy die kind in die bed agtergelaat. Die kind het toe rustig gele en slaap, se hy. Sy het nie gehuil nie. Sy het op die kombersie gele wat Marie Isaacs later aan die poEisie uttgewys het waarop daar, volgens inspekteur Pienaar, bloedmerke gevind is. Toe sy teruggekom hetT het sy gevra of die appellant met sy vinger in die kind se privaatdeel gekrap het en sy het toe uitgehardloop. Hy het die kind toe vir haar by die deur aangegee en sy is met die kind daar weg.

Namens die appellant is ene SaJly Rabte as h getuie geroep. Haar getuienis het hoofsaaklik oor 'n erkenning gegaan wat sy getuig het ongeveer vyf maande na die insident deur Marie Isaacs in haar teenwoordigheid gemaak sou gewees het, naamlik, dat die appellant onskuldig was en dat hy haar kind nie verkrag het nie.




Die laaste twee getuies vir die appellant, wat op hierdie stadium van die verngtinge geroep is, was ene Jansen en ene Morkel. Albei van hulie is amptenare by die Departement van Korrektiewe Dienste te Ladismith. Hulle het getuig dat 'n vrou wat haar naam volgens die gevangenisrekords as M Baadjies en R Baadjies gegee het, op 25 Januarie 2001 en op 4 April 2001 die appellant in die gevangenis besoek het. Morkel het hierdie persoon blykbaar in die Hof as Marie Isaacs uitgeken. Marie Isaacs is toe deur die appellant vir verdere kruisondervraging teruggeroep. Sy het erken dat sy die appellant op 25 Januarie 2001 in die gevangenis gaan besoek het. Sy het gese dat dit in verband met sekere van haar klere was wat sy van hom wou terugkry. Sy het ontken dat sy hom weer op 4 April 2001 besoek het.

Op een stadium het sy gese dat sy haar nooiensvan, wat blykbaar Baadjies is, aan die amptenare gegee het. Haar bynaam is of was op h stadium biykbaar Rientjies.



Beide die landdros en die geleerde Regter a quo het Marie Isaacs as 'n geloofwaardige, eerlike getuie beskou, en haar getuienis is deur beide van hulle as die waarheid aanvaar. Die landdros het in sy uitspraak gese dat sy alle vrae spontaan beantwoord het, en hy het bygevoeg dat -



"Die klaagster se getuienis toon objektiwiteit want sy het sekere punte toegegee wat tot voordeel van die beskuldigde is. Met ander woorde sy het gese toe sy dan weer teruggeroep is, dit is korrek, sy het die beskuldigde gaan besoek, maar die rede het sy dan vir die Hof gese."



Van haar het die geleerde Regter a quo, LOUW, R, wat haar ook in die getuiebank gesien het, die volgende gese:



uMev Maria Isaacs, die klaagster se moeder, is teruggeroep. Sy is klaarblyklik In eenvoudige en ongesofistikeerde persoon. Sy het haar getuienis met groot nadruk afgele en het vir my geheel en al geloofwaardig voorgekom, behalwe dat haar getuienis tot n mate beTnvloed is (deur) die feit dat sy klaarblyklik vir Marco Opperman wil beskerrn, maar soos sy dit gestel het, sy doen dit omdat dit die beskuldigde is wat haar kind verkrag het."



Daar bestaan myns insiens geen rede om hierdie geloofwaardigheidsbevindings van beide die streekhof en die geleerde Regter a quo in twyfel te trek nie.



Die ianddros het ook met betrekking tot Gertruida Baadjies positiewe geloofwaardigheidsbevindings gemaak. Hy het haar as n onafhanklike getuie beskou en gese dat daar geen aanduiding was dat haar getuienis gefabriseer was nie. Weereens is daar, myns insiens, geen rede om hierdie bevtndings te betwyfel nie.



Die mediese getuienis van dr Denkemann is ook deur die landdros aanvaar.



Wat die appellant betref, was die landdros nie deur horn as getuie gunstig be'indruk nie. Van horn het hy in sy uitspraak onder andere gese:



"Kyk die Hof daarenteen na die getuienis van die beskuldigde, hy kom en hy pas sy weergawe aan, spesifiek met die verhouding, die saamleefverhouding, die mededeling wat die klaagster aan hom gemaak het die volgende oggend wat die dokter gese het dat die klaagster na bewenng vir hom by die tronk gaan besoek het en vir hom gese het dat hy onskuldig is, dat sy weet wie dit is waar die kind seergekry het, ook nooit aan die klaagster gestel sodat sy daarop kan antwoord nie. Hy neem nie sy eie regsverteenwoordiger in (sy) vertroue nie."




Die landdros kom dan tot die gevolgtrekking dat -



"Die getuienis van die beskuldigde in geheel gesien kom neer op valsheid, leuenagtigheid. Die Hof is tevrede dat die verdediging se getuies se weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie. Dit as vals verwerp moet word.''



Ook die appellant se getuie, Sally Rabie, se getuienis is deur die landdros as leuenagtig verwerp.



Hierdie geloofwaardigheidsbevindings van die landdros is ook myns insiens nie vir enige gegronde kritiek op die rekord vatbaar nie.

Soos ek reeds gese" het, nadat die Hof a quo vonnis opgele net, is aan beide die appellant en die staat verlof ingevolge artikel 316(5) van die Strafproseswet verleen om verdere getuienis te lei, en dit is ook gedoen.



Namens die appellant is ene Neville Guantiney as getuie geroep. Hy het beweer dat hy gesien het hoe ene Marco Opperman, wat toe h 12-jarige seun was, om ongeveer 4:00 of 5:00 n.m. op 29 Desember 2000 by hulle ouma se huis met n besemstok aangerand het deur dit in die dogtertjie se privaatdeel in te druk. Hy se dat hy vir byna drie jaar lank daarna stilgebly het omdat hy deur sy ouma, Lena Baadjies, gedreig was. Hy het ook getuig dat hy gehoor het dat sy ouma vir Marie Isaacs se dat sy na die appellant se huis toe met die kind moet gaan, dat sy die kind daar moet neersit en dat sy hom daarna by die polisie van verkragting moet gaan aankla.



Hierdie getuie het by die geleerde Regter a quo glad nie n gunstige indruk geskep nie. Van hom het die geleerde Regter gese:



"Neville Quantiney ly aan tering en die swak indruk wat hy in die getuiebank gemaak het kan waarskynlik tot h mate aan die siektetoestand

toegeskryf word. Dit is dus nie gerade om bloot op sy opt rede as getuie te oordeel of hy rn geloofwaardige getuie is nie. Hy is egter nie 'n eerlike persoon nie. Hy is reeds twee maal aan diefstal van sy familie se goed skuldig bevind en is by altwee geleenthede gevangenisstraf opgele. Sy weergawe van wat die betrokke Vrydagmiddag na bewering by mev Lena Baadjies se huis sou gebeur het hang saam met sy bewering dat hy en Marco Opperman op daardie stadium (29 Desember 2000) reeds vir n gerufme tyd by haar ouma mev Lena Baadjies ingewoon het. Hierdie bewering word nie net deur sy ouma self betwis nie, maar ook deur Marco Opperman, en sy ouers ontken dat Marco toe al by sy ouma gewoon het hoewel sy stiefpa se dat Marco soms met toestemming naweke by sy ouma oorgebly het. Neville Quantiney se weergawe van die gebeure die middag by sy ouma se huis en sy weergawe oor waarom hy nie vroeer met sy weergawe na vore gekom het nie, is na my mening h versinsel. Dit word deur sy ouma, Marco Opperman en die klaagster se moeder ontken. Sy weergawe bots ook met die beskuldigde se weergawe dat die klaagster en haar moeder die aand by sy huis was.1'


Namens die appellant is ene Fransina Ntselungo ook geroep. Sy is die appellant se niggie. Sy het gese dat sy en die appellant in Desember 2000 saam op "n bouprojek gewerk het by 'n reservoir. Gedurende die oggend van 29 Desember 2000, se syP het Marie Isaacs vir die appellant kos by die werk gebring. Hulle het toe met mekaar woorde gewissel. Sy se dat sy gehoor het hoe Marie Isaacs vir die appellant se dat sy daardie aand vir hom gaan wys wat sy gaan maak.



Hierdie getuie het ook 'n swak indruk by die geleerde Regter a quo gelaat. Hy het gese:



"Mev Ntselungo het 'n swak indruk gemaak as getuie. Sy is klaarblyklik ft intelligente persoon maar na my mening beskryf die woord 'slinks' haar as getuie. Sy het haar getuienis aangepas en geploot en het na my mening gfad nie probeer om die waarheid te praat nie. In haar verklaring wat sy op 26 September 2003 aan mnr Knipe gemaak het, se sy dat op grond van feite waarvan sy persoonlik kennis dra asook van stories wat aan haar oorgedra is, sy oortuig is dat die klaagster se moeder die beskuldigde valslik van verkragting beskuldig het. Sy meld daarna rn aantal insidente in haar verklaring maar vermeld nie die beweerde dreigement wat Maria Isaacs die oggend van die beweerde voorval reeds aan die beskuldigde sou gerig het nie. Haar poging in die getuiebank om te verduidelik waarom hierdie insident nie in haar verklaring vermefd word nie en waarom sy dit nie vroeer aan die beskuldigde se prokureur oorgedra het nie, Is nie geloofwaardig nie. Voorts meld sy in haar verklaring dat Maria Isaacs, die klaagster se moeder die dag na die voorval {Saterdag 30 Desember 2000) aan haar gese het dat die klaagster deur h stok beseer is toe sy geval het en h stok haar pnvaatdeel gepenetreer het. Hierdie weergawe, beweer sy in kruisverhoor, is egter nie die Saterdag nie, maar eers Maandagaand (toe die klaagster reeds volgens die hospitaalrekords in die hospitaal was) aan haar vertel."



Hierdie opmerkings van die geleerde Regter a quo word deur die rekord gestaaf. Daar is geen rede om hulle in twyfe! te trek nie.



Die laaste getuie wat namens die appellant gedurende hierdie stadium van die verrigtinge geroep is, was ene Rolene Blignaut. Sy het beweer dat Quantiney, wat sy ken, by

Quantiney se ouma, Lena Baadjies, in Ladismith tussen 1997 en 2003 gewoon het, en daarna by die getuie gewoon het. Hierdie getuienis was egter vir die Hof a quo nie aanvaarbaar nie Van haar het die geleerde Regter gese:



"Rolene Blignaut het h goeie indruk gemaak as getuie. Sy is die suster van Neville Quantiney se vriendin. Ek meen egter nie dat haar getuienis dat mnr Neville Quantiney eers in 2003 by hulle aan huis gekom woon het, betroubaar is nie. Dit bots met die getuienis van mev Lena Baadjies en trouens ook met die getuienis van Neville Quantiney wat getuig het dat hy reeds in 2001 skynbaar vir Tn ruk by hulle kom woon het."



Hierdie bevindings is na my oordeei gegrond en nie vir kritiek vatbaar nie.



Die staat het op hierdie stadium vir dr Denkemann en Marie Isaacs teruggeroep. Hulle het die saak nie juis veel verder geneem nie. Hulle het beide hul vroeere getuienis in sekere opsigte net bevestig.



Die staat het ook Marie of Lena Baadjies geroep. Sy is die ouma van beide Marco Opperman en van Neville Quantiney.

Sy is ook Marie Isaacs se tante. Sy het getuig dat Quantiney se getuienis vals was. Sy se dat in Desember 2000 nog hy nog Marco Opperman by haar woonagtig was. Geeneen van hulle was op 29 Desember 2000 by haar huis nie. Marie Isaacs en haar kind was op daardie dag ook nie by haar huis nie en die kind is nie tot haar kennis deur Marco met h stok beseer nie. Die Hof a quo het 'n gunstige indruk van hierdie getuie gevorm. Die geleerde Regter het van haar die volgende gese:



"Mev Lena Baadjies is beide Marco Opperman en Neville Quantiney se ouma en is Maria Isaacs se tante. Sy het 'n goeie indruk gemaak as h getuie. Sy was klaarblyklik bekommerd daaroor dat haar kleinseun Marco Opperman beskuldig word van 'n baie ernstige misdaad en dit het waarskynlik haar getuienis beinvloed, Ek het egter nie die indruk gekry dat sy doelbewus Yi leuenagtige weergawe gee nie en haar ontkenning van Neviile Quantiney se weergawe het vir my geloofwaardig voorgekom."



Die staat het ook die beweerde aanrander van die kind, Marco Opperman, geroep. Hy is op 26 Augustus 1988 gebore, en hy was dus slegs 12 jaar oud ten tye van die tersaaklike gebeure toe die kind beseer is. Hy het getuig dat hy van kleins af tot November 2004 by sy moeder, Doortjie Jantjles, gewoon het, toe hy vir die eerste maa! by sy ouma, Lena Baadjies, gaan woon het. Op 29 Desember 2000 het hy nog by sy moeder gebfy, se hy. Voor November 2004 het hy nooit by sy ouma gewoon nie. Neville Quantiney is sy neef, maar hulle het nog nooit in dieselfde huis saamgebly nie. Hy het ontken dat hy op 29 Desember 2000 by sy ouma se huis was, of dat hy te enige tyd die kind van Marie Isaacs aangerand het. Op daardie dag, se hy, was hy by 'n vriend se huis, ene Jeffrey Lottering, tot na 7:00 n.m., en hy is toe huis toe. Ongeveer 12:00 middag op daardie dag, se hy, het hy gesien hoe die appellant Marie Isaacs en laasgenoemde se kind na die appellant se huis toe stap. Dit is natuurlik onversoenbaar met die appellant se weergawe dat hy tot laat die middag by die werk was. Marco se getuienis strook egter wel met Marie Isaacs se weergawe dat sy en die appellant en die kind saam van die dorp af ongeveer 12:00 middag teruggekom het.



Die Hof a quo is deur Marco Opperman as getuie gunstig beTndruk. Die geleerde Regter het van hom die volgende gese:



"Marco Opperman het my beindruk as n intelligente seun van net oor die 16 jaar oud. Ek was dus ietwat verbaas om te sien hoe swak hy volgens sy skoolrekords op skool gevaar het. Ek kan net dink dat hy op een of ander manier leergestrem is en dat hy klaarblyklik reeds van vroeg af op n skool vir leergestremde kinders moes gewees hetT soos sy moeder trouens wou gehad het. Bloot op wat ek van horn in die getuiebank gesien het en te oordeel ook op die getuienis van sy moeder en stiefpa, vind ek dit baie onwaarskynlik dat hy op die ouderdom van 12 jaar in 2000 vir die klaagster sou aangeval het soos deur Neville Quantiney beskryf. Dit is so dat hy later, volgens mnr Jan Jantjies sy stiefpa, met die gereg gebots het en dat hy volgens sy skoolhoof in die laaste jaar in die laerskool (2003) gedragsprobleme openbaar het. Ek het egter sy getuienis dat hy nie indertyd in Desember 2000 by sy ouma, Lena Baadjies, gewoon het nie en nie vir die klaagster met h stok aangerand het nie, geloofwaardig bevind."



Die staat het ook vir Jan en Doortjie Jantjies geroep. Hulle is die stiefpa en -moeder van Marco Opperman onderskeidelik. Hulle het beide bevestig dat hulle vanaf Desember 1999 in h sekere huis te Ladismith gewoon het en dat Marco Opperman pal by hulle gewoon het totdat hy hulle huis in November 2004 verlaat het en by sy ouma gaan bly het. In Desember 2000 het hy by hulle gewoon en nie by sy ouma nie. Neville Quantiney, wat hulJe ken, het in Desember 2000 nie by sy ouma Lena Baadjies gewoon nie. Hy het eers ongeveer Desember 2004 daar begin bly.



Van Jan Jantjies het die geleerde Regter a quo die volgende gese:



"Mnr Jan Jantjies is Marco Opperman se stiefpa. Hy het n bare goeie indruk gemaak en hy is waarskynlik die mees onbetrokke getuie, aangesien die ander lekegetuies (behalwe Rolene Blignaut, maar sy is die suster van Neville Quantiney se vriendin) een of ander familieverwantskap met mekaar of die beskuldigde het. Daar is aanduidtngs dat hy Marco Opperman wil beskerm waar hy voorgee om te onthou wat hy op Tn betrokke dag vier tot vyf jaar gelede gedoen het. Sy getuienis oor sy lewe saam met sy vrou en sy stiefkinders is egter na my mening geloofwaardig."



Van Doortjie Jantjies het die geleerde Regter a quo soos volg gese:

"Doortjie Jantjies is Marco se moeder. Sy was teenwoordig in die Hof toe hy getuig het. Sy is klaarblyklik bekommerd oor die 'aanklag' teen Marco Opperman. Sy het egter 'n baie goeie indruk gemaak as getuie en haar getuienis is na my mening geloofwaardig."



Na my mening bestaan daar geen goeie rede om van enige van die geloofwaardigheidsbevindings wat die streeklanddros en die geleerde Regter a quo gemaak het af te wyk nie, en moet hierdie appel grootliks op die basis daarvan beslis word.



Gevolglik moet, myns insiens, aanvaar word dat die staat by die verhoor daarin geslaag het om bo rede tike twyfel die volgende bewys: toe Marie Isaacs om ongeveer 5:30 namiddag op 29 Desember 2000 haar dogtertjie alleen met die appellant in laasgenoemde se huis gelaat het, het die kind niks makeer nie. Die getuienis van Quantiney dat die kind vroeer die middag deur Marco Opperman beseer is, is vals en leuenagtig. Toe Marie Isaacs etlike minute later na die huis teruggekeer het, was die dogtertjie in haar privaatdeel beseer. Sy het gehuil en gebloei. Haar onderbroekie is tot by haar kniee afgetrek. Daar was bloedmerke op die kombers waarop sy gele het.

Die mediese getuienis bewys dat die dogtertjie ten minste onsedelik aangerand was, en waarskynlik verkrag was. Dit moes plaasgevind het terwyl Marie Isaacs uit die appellant se huis was toe sy besig was om vir hom tabak by die bure te gaan koop. Gedurende daardie tydperk was daar niemand in die appellant se huis behalwe hy self en die dogtertjie nie. Daar was ook niemand anders in die onmiddellike omgewing van die huis nie.



Toe Marie Isaacs die appellant gevra het wat makeer die kind, bet die appellant eers gemaak asof hy nog aan die slaap was. Toe het hy gese dat dit Vi stok was wat die kind beseer het. In sy getuienis het die appellant erken dat daar wel In besem in sy huis was.



Hierdie is altes natuurlik omstandigheidsgetuienis. Voordat 'n afleiding van skuid aan die kant van die appellant op grond hiervan gemaak kan word, moet die afleiding, eerstens, met al die bewese feite vereenselwigbaar wees. Tweedens moet dit die enigste afleiding wees wat redeSik moontlik van die bewese feite gemaak kan word (sien R v BLOM. 1939 A.D. 188 op 202-203.)



In hierdie geval word daar, na my oordeel, aan beide gedeeltes van hierdie toets voldoen. Dat dit die appellant is en niemand anders nie wat die dogtertjie aangerand het, strook met al die bewese feite, as n mens die vals getuienis van die appellant, Quantiney en Ntselungo buite rekening laat. Die bewese feite sluit, myns insiens, ook alle ander afleidings bo redelike twyfel uit, behalwe dat dit die appellant moes gewees het, en niemand anders nie, wat die dogtertjie aangerand het. Gevolgiik kan en moet hierdie afleiding van die getuienis veilig gemaak word.



Dit beteken egter nie noodwendig dat daar afgelei moet word dat die appellant die dogtertjie verkrag het nie. Volgens dr Denkemann is dit moontlik, dog hoogs onwaarskynfik, dat die kind beseer is deurdat h voorwerp soos 'n besemstok deur iemand in haar vagina ingedruk is. So h moontlikheid kan, vofgens hom, nie uitgesluit word nie.



Alhoewel hierdie punt nie in die appellant se kennisgewing van appel as 'n grond van appel genoem is nie, het die geleerde Regter a quo vir een of ander rede aan hom verlof toegestaan om teen sy skuldigbevinding te appelleer op grond daarvan dat:

"Indien bevind sou word dat dit wel die beskuldigde is wat die klaagster beseer het, daar n redelike vooruitsig is dat n ander Hof mag bevind dat die beskuldigde slegs skuldig bevind kan word aan onsedelike aanranding en nie aan verkragting nie."



Na my oordeel behoort die appellant op die basis van die toegewings wat dr Denkemann gemaak het, wat ek reeds aangehaal het, die voordeel van hierdie twyfel vergun te gewees het. Die streeklanddros en die Hof a quo het na my oordeel gefouteer deur dit nie te doen nie.



Dit gese, moet myns insiens ook gese word dat die waarskynlikhede baie sterk is dat die appellant die dogtertjie wel verkrag hetp soos dr Denkmann ook dink. In ons reg is daardie waarskynlikheid in n strafsaak egter nie voldoende om op sigself die basis van n skuldigbevinding te wees nie. Voor dit kan gebeur, moet dit bevind word dat alle redelike moontlikhede behalwe verkragting uitgesluit kan word. Hier kan dit myns insiens nie as redelike moontlikheid uitgesluit word dat die appellant die slagoffertjie slegs onsedelik aangerand het deur n stok of soortgelyke voorwerp in haar privaatdeel in te druk. Hy kan homself as baie gelukkig beskou dat dit wel die gevolgtrekking is wat hierdie Hof moet bereik, want die waarskynlikheid dat hy die kind wei verkrag het is baie sterk, soos ek reeds aangedui het.

Gevolglik kan die appellant se skuldig bevind ing aan verkragting, na my oordeel, nie ondersteun word nie, en moet dit met n skuldigbevinding aan onsedeiike aanranding vervang word.



Yi Vonnis van minstens tien jaar gevangenisstraf word deur artikel 51 (2)(b)(i) van die Wet, gelees met Deel III van Bylae 2 daarvan, voofgeskryf vir n eerste oortreder wat aan onsedeiike aanranding op 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar skutdig bevind word, waarby die toediening van liggaamlike leed betrokke is, tensy die Hot bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die ople van h mindere vonnis as dit sou regverdig. Vir n tweede oortreder word 'n vonnis van minstens 15 jaar gevangenisstraf deur die Wet voorgeskryf. Dalk moet die appellant as Yi tweede oortreder hier beskou word, aangesien hy in 1992 reeds aan verkragting skuldig bevind is, maar die Hof is bereid om hom ook die voordeei van hierdie twyfel te vergun en om hom as n eerste oortreder te behandel, wat onsedeiike aanranding betref. Gevoiglik is die minimum vonnis wat volgens die Wet op hom van toepassing isf slegs tien jaar gevangenis.





Die misdaad waaraan die appellant skuldig is, is baie ernstig. Die slagoffer was 'n baie jong weerlose kind van twee jaar en tien maande. Sy was feitlik nog h baba. Sy is seksueel aangerand, waarskynlik met 'n besemstok of soortgelyke voorwerp, wat in haar vagina ingedruk is. Alhoewel haar fisiese beserings gelukkig nie permanent of baie ernstig was nie, is daar waarskynlik heelwat sielkundige skade van h meer duursame en ernstige aard deur die aanranding aan haar veroorsaak. Vir'n volwasse man, soos die appellant, om so n weerlose klein kind op so "n wyse vir sy eie seksuele bevrediging aan te rand, is walglik, afstootlik en nie in enige ordentlike samelewing aanvaarbaar nie. n Swaar vonnis word gevolglik vir sulke optrede deur die publiek vereis, en dit Is ook in die openbare belang dat die Howe swaar vonnisse vir soortgelyke misdade ople.



Ten tye van sy arrestasie op 1 Januarie 2001 was die appellant 36 jaar oud. Hy het n lang lys vorige veroordeltngs wat so ver terug as 1977 strek. Dit sluit in aanranding met die opset om ernstig te beseer in 1987, crimen injuria in 1990, verkragting in 1992, gewone aanranding in 2000 en die verontagsaming van n gesinsgeweldinterdik, ook in 2000. Die ernstigste van sy vorige veroordelings is natuurlik die van verkragting in 1992, ten opsigte waarvan hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis is. Die geleerde Regter a quo het tot die gevolgtrekking gekom dat die appellant h gevaar vir die gemeenskap is, en in die omstandighede stem ek met daardie bevindmg saam.



Die appellant het geen berou hoegenaamd in enige Hof op enige stadium vir sy optrede getoon nie; inteendeet, hy het tot vandag toe volhard dat hy heeltemal onskuldig is. Hy is natuurlik heeltemal geregtig om hierdie houding in te neem, indien hy dit verkies, maar die gevolg daarvan is dat dit horn dan nie vrystaan om hom later op berou as strafversagtende faktor te beroep nie.



Ter versagting kan miskien gese word dat daar nie bewys is dat die misdaad deur die appellant vooraf beplan is nie, en dat daar n aanduiding is dat hy ten tye van die pleging van die misdaad tot n geringe mate onder die invloed van drank kon gewees het. Dit was die getuienis van Marie Isaacs. Oie geleerde Regter a quo het egter myns insiens korrek bevind dat "waiter drank daar ook mag gewees het, sou daardie tyd waarskynlik al lankal afgewerk gewees het".



Na my oordeel is daar nie alleenlik hier geen omstandighede hoegenaamd teenwoordig wat die ople van 'n mindere vonnis sou regverdig as die wat deur die Wet voorgeskryf word nie: inteendeel, h swaarder vonnis as dit is in die omstandighede van hierdie saak inderdaad vanpas. Dit is nodig, na my oordeel, om beide die appellant self en ook ander enersdenkende persone voldoende te ontmoedig om sulke misdade te pleeg, en om hulle daarvan af te skrik.



Toe hy op 20 Mei 2003 in die Hof a quo gevonnis is, was die appelant reeds vir byna 2Vz jaar as h verhoorafwagtende in hegtenis, andersins sou ek n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf as vir die appellant gepas beskou het. Daarvan dink ek egter moet die bogemelde 2!4 jaar afgetrek word om die tydperk wat hy in hegtenis as verhoorafwagtende prisonier deurgebnng het, in berekening te bring.



Gevolglik word die appel gehandhaaf. Die skuldigbevinding van die appellant word ter syde gestel, en met h bevinding van SKULDIG AAN ONSEDELIKE AANRANDING vervang. Die vonnis word ook ter syde gestel en met n vonnis van TWAALF-EN-h HALF JAAR (12]/2) JAAR GEVANGENISSTRAF vervang.



Dit word gelas dat die vonnis vanaf 20 Mei 2003 in werking getree het.

THRING, R

Ek stem saam.

YEKISO, R


Ek stem saam.


GOLIATH, R