South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 242
| Noteup
| LawCite
Francis v S (A107/2001) [2008] ZAWCHC 242 (15 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.107/2001
DATUM: 15 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
WINSTON FRANCIS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
CLEAVER. R:
Die appellant is op 22 Januarie 2001 skuldig bevind aan twee aanklagte, eerstens die van diefstal deurdat hy op 23 Julie 1999 'n adres in Nuweland, Kaapstad, 'n BMW voertuig gesteel het en, tweedens, dat hy daardie voertuig gedurende die loop van daardie dag roekeloos bestuur het. Hy kom nou in hoer beroep skynbaar teen beide skuldigbevindings en die vonnisse wat horn opgele is. Op die aanklag van diefstal is hy kragtens artikel 286 van die Strafproseswet tot h gewoontemisdadiger verklaar en op die aanklag van roekefose bestuur is hy tot ses maande gevangenisstraf gevonnis wat in die geheel opgeskort is vir 'n periode van vyf jaar.
Die feite van die saak is kortliks die volgende: Die klaer, ene mnr Bushinsky, was die betrokke oggend besig om sy BMW motor uit sy motorhuis te neem. Terwyl hy die deur van sy motorhuis toegemaak het, het hy gesien dat lemand in sy motor sit. Hy het met horn gepraat maar die persoon het weggejaag met die kar. Dit is gemene saak dat die persoon wat in die kar was, nie die beskuldigde was me.
Die Staat het getuienis aangebied, onder andere, van superintendent Vorster. Hy se dat hy die betrokke dag aan diens was. Hy was in sy polisie-uniform geklee en was die bestuurder van 'n ongemerkte polisievoertuig. Ongeveer tien voor drie die middag het hy op die N2 snelweg gery in Yi rigting van oos na wes na Kaapstad. Die betrokke BMW het met n hoe spoed by horn verbygery. Hy het opgemerk dat die bestuurder onverskiilig bestuur het deur van baan tot baan te verander en ander padverbruikers afgesny het. Hy het toe op sy polisieradio vasgestel dat die BMW daardie oggend gesteel is. As gevotg daarvan het hy die blou ligte wat in sy kar gehad het op die dak gesit en aangeskakel en die BMW agtervolg.
Hy se die BMW het voortgery op 'n onverskillige manier . Hy het nader gekom, sy toeter geblaas met die wentelende blou ligte nog aan, maar die bestuurder van die BMW het nie ag geslaan op sy pogings om horn tot stilstand te bring nie.
Naby Nyanga het die BMW van die sneJweg afgegaan. Hy het dit agtervolg. Kort na dit, se hy, dat die BMW skieTik voor hom ingedraai het met die gevolg dat sy kar die agterkant van die BMW getref het. Nleteenstaande hierdie botsing, se hy, het die BMW nie stilgehou het nie, maar voortgejaag. Kort daarna het die BMW in 'n stilstaande motor vasgery waarna hy sy motor tot stilstand gebring het en die bestuurder gearresteer, die appellant synde die bestuurder van die BMW. Hy het vir hom gevra waar hy aan die kar kom en die enigste antwoord wat die appellant vir hom gegee het, is dat dit nie sy kar was nie.
Die appellant se weergawe is dat hy die betrokke oggend in Heideveld in die bed was. By sy huis was sy vrou en sy skoonsuster. Na aanleiding van 'n stelling deur sy regsverteenwoordiger, hy was trouens reg deur die verhoor verteenwoordig deur n prokureur, het hy aangedui dat hy omtrent nege-uur die oggend deur een van die dames gese is dat n persoon opgedaag het en horn wou sien. Die persoon, het hy getuig, was ene Chicken.
In sy pieitverduideliking aan die begin van die saakt wat hy bevestig het, het hy gese dat die persoon vir hom kom vra het of hy die motorvoertuig wat hy na hom gebring het, kon herstel. Ook het hy in sy pieitverduideliking aangedui dat hy vir die persoon gevra het of hy die kar kon gebruik want hy wou iets daarmee doen.
Hy het verder getuig dat hy vryskut spuitverfwerk doen en ook as 'n paneelklopper optree. Presies wat daar gebeur het die oggend met Chicken se aankoms, is me baie duidetik me. In sy getuienis se hy die vofgende:
"Okay, nou kan jy vir die Hof se wat het hy by jou kom maak? --- Hy het my gese dat hy het h vriend van hom wat graag wil he dat ek sy kar moet 'uit-check'.
So, die motor wat u moet uit-check', soos u nou se, is nie dfeselfde motor wat hy nou in gekom het nie? — Nee, dit is me dieselfde motor nte, dit is n Volkswagen Golf VR6."
Sy getuienis was toe verder dat hy vir die persoon by name Chicken gevra het of hy toe nie die kar, die BMW, kon leen nie, want hy wou sekere onderhoudsgelde in Eersterivier gaan betaal. Die antwoord, soos ek dit verstaan, was dat die man gese het dat hy eers saam met hom na Mitchell's Plain moes ry. Sy getuienis is dan dat hy saam met die man na Mitchell's Plain gery het en toe teruggekom het.
Nadat hulle teruggekom het, het sy skoonsuster vir hulle ete aangebied. Hulle het geeet en hy vra toe weer vir Chicken of hy die kar kon leen. Hy is toe weg na Eersterivier om die onderhoudsgeld te betaal. Hy gee toe dat hy op n baie hoe spoed gery hetT trouens hy se hy het teen 160 kilometer per uur gery want dit was 'n baie kragtige kar. Hy se met die terugkom, het hy besluit om rn kort pad te vat by Nyanga. Hy was salig onbewus van enige polisiekar agter hom. Hy het dit eers gesien nadat hy afgedraai het en hy het ook nooit die blou lig agter hom gesien nie. Hy was wel daarvan bewus dat daar iemand agter hom was nadat hy afgedraai het, maar hy het weggery want hy se hy het gewonder wat die man wou doen. Hy beweer dat hy nie met die polisievoertuig gebots het nie, soos Vorster getuig het. Hy se dat die polisievoertuig hom gestamp het van agter teen die stilstaande kar.
Hy beweer dat hy aan Vorster gese het dat die kar nie syne was nie en dat dit aan ene Jason Lucas behoort het, wat hy se se werklike naam van "Chicken" was. Hy is daarna na die Claremont polisfestasie geneem waar hy h waarskuwingsverklaring afgele het.
Soos te verwagte is hy uitgevra oor die verskillende verduideMkings wat hy gegee het oor wat die sogenaamde Chicken by hom kom soek het. Die verduideliking tydens sy pleit strook glad nie met sy getutenis nie. Wanneer hy uitgevra word oor hierdie verskille, is sy verduideliking totaai onverstaanbaar en haal aan wat aan hom gestel is:
"Chicken het met u kom praat om die BMW reg te maak en dit is wat u gaan kom se? --- Ons het in 'n gesprek gegaan met die BMW, ja.
Dat die BMW moet regmaak? --- Ja.
Maar dit is die eerste woord wat ek vandag hoor, vandag was u weergawe nooit dat hy met u kom praat het om die BMW reg te maak nie, dit was net om die VR6 reg te maak."
Maar dan se hy met betrekking tot die verwysing na die VR6 "Maar dit is mos toe hy my been getrek het, my Edele, vir my net getoets het". Die verduideliking is, soos ek se,
onverstaanbaar.
In sy kruisondervraging herhaal hy dat hy tydens die gesprek met Chicken die oggend nie geweet het wat sy naam was nie en se hy dat hy eers later, nadat hy in hegtenis geneem is, van sy familie uitgevtnd het wat Chicken se korrekte naam is. Hierdie getuienis strook glad nie met sy getuienis dat hy vir Vorster gese het dat Chicken eintlik Jason Lucas was nie. Wat kenmerkend van sy verduidelik is, is dat hy nie vir Vorster gese het dat die kar deur Chicken na hom gebring is en op sy weergawe dat Chicken nog by sy huis in Heideveld was nie.
Namens die appellant is aangevoer dat hierdie getuienis wat ek so pas opgesom net, nie genoegsaam was om te voldoen aan die toets in S v BLOM dat die afleiding wat die Staat gevra gemaak moes word die enigste redelike afleiding is op grond van die bewese feite. Die bewese feite is dat die kar hom 08:30 die oggend gesteel is; tweedens dat dit vanaf 09:00 by die appellant was; derdens, dat die appellant weggery het en nie gehoor gegee het aan Vorster se pogings om dit tot stilstand te bring nie.
Die streeklanddros was, na my mening, heeltemal korrek om te bevind dat sy weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie, trouens sy getuienis is so deurspek met weersprekings en onwaarskynlikhede dat dit totaal en al verwerp kan word. Die landdros was korrek, na my mening, om Vorster se getuienis te aanvaar en as 'n mens op grond van die appellant se erkenning dat die kar vanaf 09:00 daardie oggend by hom was en in ag neem wat die afstand is van Nuweland, waar die kar gesteel is, na Heideveld, is daar na my mening geen twyfel dat die enigste redelike afleiding wat ons van die bewese feite kan maak, is dat hy moes geweet het en het geweet dat die kar gesteel was. Op grond hiervan is daar, na my mening, geen rede waarom ons moet inmeng nie en die skuldigbevindings op beide aanklagte - want Vorster se getuienis was ook deur die landdros met betrekking tot die tweede aanklag aanvaar -word bekragtig.
Wanneer ons kom by die vonnis, is dit duidelik van die oorkonde dat baie min gese is deur die streeklanddros voordat sy hom gevonnis het. Sy meld wel besonderhede van sy ambag en hoe ver hy op skool gevorder het. Sy noem in haar uitspraak dat hy nie berou het nie, en dan se sy "U was al gewaarsku en gevolglik het die Hof geen ander keuse as om vandag te bevind dat u so gereetd met gereelde reelmaat misdrywe van oneerlikheid pleeg en dat u n gevaar vir die samelewing is". Gevolglik is hy gevonnis kragtens artikel 286.
Nou met die nuwe grondwetlike bedeling is daar 'n aantal sake wat leiding bied oor hoe ft hof te werk moet gaan voordat die bepalings van artikel 286 in werking gestel word. Ek verwys byvoorbeeld na die saak van S v MASISI 1996(1) SASV 147 (O) en S v DYANI 2004(2) SASV 365 (OK). Uit hierdie sake en ander sake blyk dit dat aangesien die verklartng tot rn gewoontemisdadiger 'n swaar straf is en in die lig van ons grondwetlike bedeling en die regte wat elke persoon vandag het, dit noodsaaklik is om eerstens ondersoek in te stei na die omstandighede van die vorige veroordelings om te sien of daar informasie is wat vir die Hof sal help om te bepaal of die vorige oortredings by wyse van gewoonte gepleeg is en meer belangrik is dit ook raadsaam en noodsaaklik om vir die beskuldigde te waarsku dat hy of sy in gevaar staan om onder hierdie artikel gevonnis te word en dan hom of haar die gefeentheid te bied om die Hof daaromtrent toe te spreek.
In hierdie aangeleentheid, al was die appellant regsverteenwoordig, is daar geen aanduiding dat enige van hierdie twee optredes gevolg is nie. Hierdie Hof is nie in staat om 'n behoorlike ondersoek te doen nie want die beskuldigde is nie voor ons nie. In die omstandighede moet dit na die streeklanddros terugverwys word vir 'n behoorHke ondersoek.
Gevolglik word die vonnis op aanklag 1 tersyde gestel en die aangeleentheid word na die streeklanddros terugverwys vir behoorlike ondersoek en optrede, soos aangedui.
Die vonnis op die roekelose bestuur klagte word bevestig.
CLEAVER, R
OOSTHUIZEN. WnR