South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 264

| Noteup | LawCite

Booysen and Another v S (A207/2008) [2008] ZAWCHC 264 (12 September 2008)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: A207/08


DATUM: 12 SEPTEMBER 2008


In die saak tussen:




JENINO BOOYSEN

MAGADIEN GRAVENHORST Appellante

en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




THRING, R:



Die twee appeilante in hierdie aangeteentheid het in die streekhof voorgekom waar hulle aan moord skuldig bevind is, nadat hulle albei op die aanklag onskuldig gepleit het. Albei van hulle is deur h regspraktisyn tydens hulle verhoor verteenwoordig. Na skuldigbevinding is hulfe albei tot 16 jaar gevangenssstraf gevonnis. Die streeklanddros het aan die eerste appellant verfof toegestaan om na hierdie Hof teen beide sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, en aan die tweede appellant om slegs teen sy vonnis te appelleer.



Mej Joubert, wat namens die twee appellante voor ons vandag verskyn, het die skuldigbevinding van die eerste appellant op appel nie juis aangeval nie. Sy het wat dit betref haar hoofsaaklik op 1n aansoek om hersiening verlaat. Hierdie aansoek word deur die eerste appellant voor hierdie Hof gebring vir 'n bevel ingevolge waarvan sy skuldigbevinding ter syde gestel moet word en die saak na die streekhof terugverwys moet word vir die aanhoor van verdere getuienis deur albei appellante of, alternatiewetik, 'n bevel dat die eerste appellant se skuldigbevinding ter syde gestel word en dat die saak na die streekhof terugverwys word vir verhoor de novo.



Ek handel eerstens met hierdie aansoek. Die aansoek word onder artikel 304(4) van die Strafproseswet, No.51 van 1977, gebring. Hierdie sub-artikel gaan oor hersienings. Dit lui soos volg:



"Indien dit in 'n strafsaak waarin 'n landdroshof 'n vonnis opgele het, wat nie in die gewone loop ooreenkomstig artikel 302 aan hersiening onderhewig is nie of waarin 'n streekhof Yi vonnis opgele het onder die aandag van die provinsiate of plaasiike afdeling wat regsbevoegdheid het of 'n regter daarvan gebring word dat die verrigtinge waarin die vonnis opgele is, nie ooreenkomstig die reg was nie, het bedoelde hof of regter dieselfde bevoegdhede ten opsigte van daardie verrigtinge asof die oorkonde daarvan ingevolge artikel 303 of hierdie artikel aan die hof of regter voorgele is."



Sub-artikel 304(2)(c) van die Wet verleen dan aan hierdie Hof die bevoegdheid, onder andere, om 'n skutdigbevinding nietig te verklaar of ter syde te stel en om h saak na die landdroshof terug te verwys met 'n opdrag om met die aangeleentheid op h wyse te hand el wat hierdie Hof mag goed vind. Dit is essensieel wat die eerste appellant hier vra.



Namens die eerste appellant word deur me] Joubert betoog dat hierdie Hof moet bevind dat die verrigtinge by die verhoor van die appeilante nie ooreenkomstig die reg was nie. Albei appeilante het beedigde verklarings ter stawing van die aansoek voor die Hof geplaas. Hierdie verklarings is baie onlangs afgele: hulle is op 18 Junie 2008 gedateer. In hierdie verklaring se hulle dat die tweede appellant aanvanklik op die aanklag van moord skuldig wou pleit. Toe die aanklag deur die aanklaer aan die begin van die verhoor aan die twee appellante gestel is, het hy immers wel skuidig gepleit, soos op die rekord ook verskyn. Op aandrang van sy regsverteenwoordiger, se hy, is sy pleit egter na onskuldig verander nadat die regsverteenwoordiger stilletjies aan horn gese het "dat ek onskuldig moet pleit want hy sal ons altwee kan help". Woeer het die regsverteenwoordiger aan die appellante meegedeel, se" die tweede appellant, dat "nie een van ons twee moet skuldig pleit nie want hy sal ons altwee loskry". Ek haas om by te voeg dat die regsverteenwoordiger wat tydens die verhoor namens beide appellante verskyn het, nie mej Joubert was nie.



Die eerste appellant ontken dat hy aan die moord van die oorledene skuldig is. Hy se nou in sy beedigde verklaring dat slegs die tweede appellant daarvoor verantwoordelik is. En sy beedigde verklaring wil die tweede appellant nou daardie bewering onderskraag. Hy, die tweede appellant, erken nou dat hy skuldig is daaraan dat hy die oorledene met 'n mes doodgesteek het. Hy en die eerste appellant wil nou albei getuienis voor die verhoorhof afle om hulle jongste weergawe voor daardie Hof te le of by wyse van 'n heropening van hulle saak of by wyse van 'n nuwe verhoor.

Ek handel eers met die vraag of die skuldbevinding van die eerste appellant ooreenkomstig die reg was al dan nie. In die eerste plek is daar nie voor ons betoog dat daar enige onreelmatigheid op die rekord van die verrigtinge in die streekhof sigbaar is nie, onderworpe aan een uitsondering waarmee ek later sal handel. Daar is ook geen sodanige onreelmatigheid in die rekord wat ons kan bespeur nie. Indien daar 'n onreelmatigheid plaasgevind het, het dit in verband gestaan met die kommunikasies wat tussen die twee appelfante, aan die een kant, en hulle destydse regsverteenwoordiger, aan die anderkant, gewissel is, en dit kon atleenlik daaruit gespruit het.



Nou al kommunikasies van hierdie aard wat deur die appeilante in hulle beedigde verklarings genoem word, is die regsadviseur se advies aan hulle om onskuldig te pieit, want hy sal hulle kan 'helpn en hulle altwee "loskry". Dit is natuurlik nie onreelmatig of setfs oneties vir 'n regspraktisyn om sulke advies aan sy klient te gee nie. Al beskou hy homself as skuldig aan die aanklag horn ten laste gele, staan dit enige beskuldigde vry om desondanks onskuldig te pleit in die hoop dat die vervolging nie daarin sal kan slaag om sy skuld bo redeiike twyfel te bewys nie. Of sulke advies in hierdie geval wys of dit korrek was, is nie belangrik vir doeleindes van die vraag of daar 'n onreelmattgheid plaasgevind het, al dan nie. Soos in S v BENNET. 1994(1) SASV 392 (K) beslis is:



"Where an accused has not taken any steps to withdraw his counsel's mandate and expressed no disagreement with the conduct of his case until after the verdict has been given he is not entitled to challenge the correctness of the verdict on appeaE on the ground that his counsel had been negligent in the conduct of his defence." (Kopstuk)




Op 398g-399b van daardie beslissing, het die geleerde Regter hom soos volg uitgelaat:



"There is an addition, a further principiat reason why conduct of the type complained about in the instant case should not be permitted to found a submission that there's been a fatal irregularity in the trial. It is that if complaints such as the appellant makes about the incompetence of counsel could found a complaint of a fatal irregularity, there would be no finality in any criminal trial until the proficiency of counsel who represented the accused and which is complained about after the event, had also been adjudicated upon. Regrettably one of the events which sometimes follows a conviction is recrimination from the convicted person who seeks to attribute his misfortune at having been convicted not to his own guilt, but to his counsel. In this regard, the following passage from the judgment in S v Mkhise; S v Masia; S v Jones: S v Le RouxT 1988(2) SA 868 (A) at 875C-E is, in my view, apposite: 'Secondly, when considerations of public interest are paramount, hardship in a particular case, should it arise, is to be regretted but cannot be avoided. Thirdly, it would be wholy impracticable to attempt to determine ex post facto (that is, at some later stage when the irregularity comes to light) whether counsel concerned was "a fit and proper person" in the sense that this term is applied and understood in the Act, ie whether he is generally a person of integrity and reliability. See {Cf Kaplan v Incorporated Law Society. TransvaaJ. 1981(2) SA 762 (T) at 782H-783H.) If, on the other hand, these words are taken to refer to his competence in the actual conduct of the case the difficulty Is, if anything compounded. It would be even more impracticable, if not impossible, for the Court to attempt to determine, by applying some norm of competence (and by way of an enquiry into the merits of the case and counsel's conduct thereof) whether he in his defence of the accused has been proficient."



Weliswaar het altwee appeilante na sEuiting van die staatsaak in die getuiebank gaan staan en getuig. Daar bet albei van hulle onder eed gese dat alhoewel hulle op of naby die toneel van die moord was, en dat die oorledene tot op 'n sekere stadium in hulle teenwoordigheid was, hy skielik uit die voertuig gespring het waarin hulle gesit het en weggehardloop het, en dat hulle geen kennis dra van hoe dit gebeur het dat hy later doodgesteek is, of deur wie nie.



IndEen wat die appeilante nou in hulle beedigde verklarings se, die waarheid is, was hierdie verontskuldigende relaas leuenagtig. Hulle wil nou aan die Hof te kenne gee dat hulle atbei baie goed weet hoe die oorledene doodgesteek is, en dat slegs die tweede appellant daarvoor verantwoordelik is. Volgens hulle jongste weergawe het die eerste appellant trouens probeer om te keer dat die tweede appellant die oorledene steek deur tussenbeide te tree.



Nerens in hulle beedigde verklarings verskaf enigeen van die appeilante enige aanvaarbare of selfs verstaanbare verduideliking van die rede waarom hulle, volgens hulle jongste weergawe, in die streekhof meineed gepleeg het nie. Hulle se, byvoorbeeld, nie dat hulle gedreig of mislei is deur enigiemand om so te doen nie, of selfs dat huile destydse regsverteenwoordiger hulle aangese of aangemoedig het om dit te doen nie.



Die enigste afEeiding wat redelikerwyse hiervan gemaak kan word, is dat die appellante vrywilliglik, welwetend en doelbewus besluit het om te getuig soos hulle wef getuig het, en dat niemand hulle gedwing of beinvloed het om dit te doen nie. Dit was natuurltk hulle goeie reg om in hulle verweer te
getuig.
Dat hulle dit gedoen het, kan nie as 'n onreelmatigheid bestempel word nie. Vir die inhoud van hulle getuienis was hulle self verantwoordelik. Hulle kan in hierdie omstandighede immers nie nou aangehoor word om te kla dat die inhoud van hulle gefuienis onreelmatig was nie. Hulle se in elk geval nie in hulfe beedigde verklarings dat dit so is nie.



In soverre as wat dit betoog is dat hulle by die verhoor getuig het soos hulle wel getuig het omdat hulle regsverteenwoordiger hulle beTnvloed het, is dit insiggewend, na my oordeel, dat toe die vernaamste staatsgetuie, ene Charles Davids, in die getuiebank was en besig was om deur die regsverteenwoordiger gekruisondervra te word, daar op geen stadium aan horn uitdruklik gestel is wat presies die twee appellante se weergawe sou wees van hoe die oorledene doodgesteek was nie. Daar is dus nooit aan hom gestel dat die beskufdigdes in die getuiebank later sou se dat hulle geen kennis gedra het van hoe die oorledene doodgesteek was nie. Indien, soos nou betoog word, die storie wat die beskuldigdes in die streekhof opgedis het, die idee van die regsverteenwoordiger was, sou Vi mens verwag het dat hy daardie idee ook aan die staatsgetuie sou gestel het. Dit het hy egter nie gedoen nie.



Daar is verder deur mej Joubert betoog dat die optrede van die regsverteenwoordiger van die appellante onreelmatig of onwenslik was deurdat hy versuim het om aan Charles Davids sy polisieverklaring te stel in die sin dat, volgens die betoog, hy die verklaring as bewysstuk voor die Hof behoort in te gehandig het. Die regsverteenwoordiger het wel vir Davids sekere vrae oor sy verklaring gevra, maar hy het dit toe daar gelaat. Ons weet nie waarom die verklaring nie ingehandig is nie: miskien was daar goeie redes waarom die regsverteenwoordiger besluit het om dit nie te doen nie. Dit is natuurlik nie verpligtend om so ft verklaring voor die Hof te plaas nie. Al was dit moontlik takties onoordeelkundig van die regsverteenwoordiger, was sy versuim klaarblykltk nie 'n onreelmatigheid nie.

Mej Joubert het ons ook na die ongerapporteerde besissing van die Hoogste Hof van Appel verwys in die saak van TANDWA EN ANDERE v S. (HHA) 28 Maart 2007, saaknommer 538/06. Op bladsy 5 na 6 van daardie uitspraak het die Hof die volgende gese:



"When an accused therefore complains about the quality of legal representation, the focus is no longer as before the Constitution only on the nature of the mandate the accused conferred on his legal representative, or only on whether an irregularity occurred that vitiated the proceedings: the enquiry is into the quaiity of the representation afforded."



Ons is glad nie in hierdre geval oortuig dat die kwaliteit van die regsverteenwoordiging van die twee appeilante van so 'n aard was dat daar gese kan word dat die verrigtinge as gevolg daarvan nie ooreenkomstig die reg was nie.



Daar is ook sekere ander aspekte van die eerste appellant se aansoek wat, na my oordeel, hoogs problematies is. Party van hulle oorvleuei tot Yi mate met wat ek reeds gese het. Hy wil he dat hierdie Hof moet gelas dat die streekhof die verdere getuienis van die twee appeilante nou moet aanhoor om sy skuld of onskuld te bepaal. Voordat die verhoorhof sulke getuienis egter sou kon aanhoor, sou daardie Hof moet tevrede wees dat daar aan ten minste twee vereistes voldoen is, naamlik, eerstens, dat die nuwe getuienis as waar vermoedelik aanvaar sal word en, tweedens, dat daar 'n redeiik aanvaarbare verklaring is vir die versuim van die appellante om die nuwe getuienis tydens die verhoor voor die Hof te plaas. (Vergelyk artikel 309B(5)(b) van die Strafproseswet) Aan hierdie vereistes word myns insiens in hierdie aansoek nie voldoen nie. Eerstens, die verdere getuienis wat die twee appellante nou voor die Hof wil plaas, bots (ynreg met die getuienis wat hulle albei onder eed reeds tydens die verhoor afgeie het. In hulle getuienis het hulle getuig dat hulle geen kennis daarvan gedra het van hoe die oorledene beseer of vermoor is nie. Nou wil hulle blykbaar onder eed se dat hulle heelwat kennis daarvan dra. Hulle se nou dat hulle albei teenwoordig was en dat die tweede appellant die oorledene met n mes doodgesteek het, terwyi die eerste appellant niks daarmee te gehad het of daarby betrokke was nie; inteendeel, volgens hulle jongste weergawe het hy gepoog om tussen die oorledene en die tweede appellant tussenbeide te tree.



Daar bestaan na my oordeel geen vermoede hoegenaamd of selfs vooruitsig dat laasgenoemde stelling as waar deur "n Hof aanvaar sal word nie. Tweedens, daar word in die ondersteunende beedigde verklarings van die appellante geen redelik aanvaarbare verklaring verskaf vir hulle versuim om die getuienis wat hulle nou wil afie voor die afsluiting van die verhoor af te le nie. Hulle is altwee eenvoudig begerig om hulle weergawe van die relevante gebeure wat hulle by die verhoor in groot detail onder eed opgedis het in wesenlike opsigte nou te verander en aan te pas omdat dit hulle nou beter sal pas. Wat hulle eintlik wil he is dat die Hof moet bevind is dat hulle vroeer meineed gepleeg het. Hulle maak egter geen poging in hulle beedigde verkiarings om te verduidelik waarom hulle vroeer vals getuig het nie. Soos ek reeds gese het, daar word geen bewering gemaak dat hulle gedwing of mislei is deur enigiemand in hierdie verband nie.



Daar is ook uit die aard van die saak geen sprake daarvan in hierdie geval dat die getuienis wat hulle nou voor die Hof wil plaas, nie vroeer aan hulle beskikbaar was nie. Dit is immers hulle eie getuienis. GEVOLGLIK WORD DIE AANSOEK VAN DIE HAND GEWYS.



Ek gaan nou oor na die appel self. Dit is gemene saak dat die twee appeilante en 'n derde persoon, ene Nasief, op die betrokke aand, 13 Desember 2005, die oorledene by sy moeder se huis in Mitchell's Pfain gaan haal het. Hy is saam met hulle in 'n motorvoertuig daar weg. Daar was blykbaar een of ander probleem met iemand se selfoon wat vermis was.

Die staat se saak is grootliks op die getuienis van die gemelde Charles Davids gebaseer. Hy is met al twee van die appellante bevriend. Hy het getuig dat hy later dieselfde aand gesien het hoe een van die twee appellante die oorledene uit die voertuig gehaal het. Die oorledene het probeer om weg te hardloop. Die twee appellante het horn egter ingehaal en teen die grond platgetrek. Die tweede appellant het horn toe met 'n mes gesteek. Die eerste appellant het volgens Davids die oorledene ook een of twee houe met een of ander voorwerp toegedien. Die getuie het nie gesien wat dit was nie. Dit alles het Charles Davids gesien, volgens horn.



Die landdros het laasgenoemde se getuienis as die waarheid aanvaar. Van horn, as getuie, het sy in haar uitspraak die volgende gese:



"As witness, the Court find him to be a good witness and very credible. He had a slight problem with understanding questions put to him, but once the questions were explained to him, he gave very simple but direct answers. What makes his evidence more credible is that most of it is corroborated, corroborated by the accused because what he is saying is that the accused were at Lincoln Street at 20:30 on that day and that is exactly what the accused was saying. He said that it was after 20:00 and looking what the accused is saying, it confirmed that it is also after 20:00. He says they were driving a patched car. Accused 1 confirms he was driving this car and it was patched, the body of the car. It was blue but the door was raw. He pointed out to the court it was abeige colour."



Daar is myns insiens geen goeie rede om hierdie geloofwaardigheidsbevinding in twyfel te trek nie. Die landdros het ook bevind dat die weergawe van die appeilante nie redelik moontlik waar kon wees nie, en sy het dit as vals verwerp. Dat die appeilante albei leuenagtige getuies was, wie se weergawe in die streekhof vals was, word ook nou in hulle eie aansoek om verdere getuienis voor die Hof te plaas, erken en bevestig. Daar bestaan by my nie die minste twyfel dat hulle heeltemal korrek deur die landdros aan moord skuldig bevind is nie.



Wat die vonnis van die tweede appellant betref: die minimum vonnis wat deur artikel 51{2}{a) van die Strafregwysigingswet, No. 105 van 1997, gelees met Deel II van Bylae 2 daarvan, vir die appeilante voorgeskryf word, is 15 jaar gevangenisstraf. Die landdros het myns insiens heeltemal tereg bevind dat daar geen weseniike en dwingende omstandighede hier bestaan het wat die oplegging van 'n mindere vonnis as dit sou geregverdig het nie; inteendeel sy het bevind dat 'n swaarder vonnis as dit van pas sou wees. Ek stem met haar saam. Die oorledene is deur die twee appellante uit sy huis onder valse voorwendsels gelok, in 'n motorvoertuig gelaai en kort daarna is hy koelbloedig en sonder enige goeie rede met Vi mes of messe of ander skerp voorwerpe doodgesteek, omdat daar blykbaar een of ander dispuut oor 'n selfoon tussen die oorledene en die appellante bestaan het. Daar is bitter min indien enige versagtende omstandighede.



Mej Joubert het betoog dat die appeliante geprovokeer is deurdat die oorledene na bewering hierdie selfoon vroeer sou gesteel het. Ai sou 'n mens dit as provokasie kon beskou, is dit na my oordeel nie van so 'n aard dat dit die afkeurenswaardigheid van hierdie misdaad tot enige groot mate verminder nie. Hierdie tipe misdaad word a! hoe meer algemeen in die Wes-Kaap. Dit is "n aanduiding van hoe goedkoop die menslike lewe in sekere gedeeltes van die gemeenskap hier geword het.



Die vonnisse is, na my oordeel, heeltemal van pas en geen fout kan daarmee gevind word nie. Die landdros het ook geensins misgetas nie. Gevolglik word die eerste appellant se aansoek VAN DIE HAND GEWYS. en die appel van albei appellante WORD OOK VAN DIE HAND GEWYS.

THRING, J






Ek stem saam.

WEINKOVE, WnR