South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 265
| Noteup
| LawCite
Gabriel v S (A142/2008) [2008] ZAWCHC 265 (12 September 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.142/2008
DATUM: 12 SEPTEMBER 2008
in die saak tussen:
DONELE GABRIEL Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
GRIESEL, R:
Die appellant is in die landdroshof te Atlantis skuldig bevind op 'n aanklag van strafbare manslag voortspruitende uit 'n motorbotsing wat op 5 Februarie 2005 op die R27 deurpad, beter bekend as die Weskuspad, gebeur net, by die aanslurting met Dassenbergrylaan na Atlantis.
Hy is daarop gevonnEs tot twee jaar gevangenisstraf. Met verlof van hierdie Hot toegestaan op petisie, kom die appellant trans in hoer beroep teen die skuldigbevinding sowet as die opgelegde vonnis.
Die oorledene was 'n passasier in ft voertuig wat deur ene Lee- Roy Collins bestuur is. Sy het op die agterste sitplek reg agter die bestuurder gesit. Collins was besig om met die Weskuspad te ry in 'n noordelike rigting. Dit was reeds donker. Hy het spoed verminder om by die aansluiting regs te draai na Atlantis. Skielik het hy net Vi harde slag aan die agterkant van sy voertuig gehoor toe die botsing plaasvind. Dit blyk dat dit die appellant se voertuig was wat met Collins se voertuig gebots het.
Die appellant was op pad vanaf Atlantis met rn wit Hilux minibus. Volgens horn het hy by die aansluiting van die Weskuspad spoed verminder, maar nie dood gestop nie, aangesien hy geen ander verkeer sien aankom het van links of regs nie. Hy het gevolglik oor die stopstraat "gerof", soos hy dit eufemisties gestel het, links gedraai om in die rigting van Kaapstad te beweeg en met Coliins se voertuig gebots. Sy verduideliking was dat Collins se voertuig se iigte nie aangeskakel was nie, anders sou hy ongetwyfeld die voertuig gesien het.
In sy uitspraak het die landdros bevind dat die appellant teen Vi hoer spoed as 20 kilometer per uur, soos deur hom getuig, die stopstraat verontagsaam het; dat hy oor beweeg het in die baan van aankomende verkeer toe hy na links draai waar hy Collins se motorvoertuig getref het. Daarna het hy die toneel verlaat 'wetende dat die ongeluk niemand anders as sy skuld was nie".
in die Mg van hierdie bevindings het die landdros tot die gevolgtrekking gekom "dat die beskuldigde se optrede grens aan roekeloosheid en dat hy grof nalatig was in sy optrede".
Op appel voor ons het advokaat Smit. namens die appellant, in 'n deeglike betoog die verhoorhof se uitspraak gekritiseer en het hy betoog dat dit onseker is oor hoe presies die ongeluk plaasgevind het en tot watter mate die appellant nalatig was. Hy het veral klem gele op die feit dat die landdros die appellant se prokureur verhoed het om een van die staatsgetuies, ene Cornelia Sam, te kruisverhoor aangaande beweerde afwykings tussen haar getuienis in die verhoorhof en in haar verklaring aan die polisie.
Hierdie punt is tereg toegegee deur advokaat Broeksma. wat namens die Staat verskyn.
Volgens my oordeel kom die landdros se benadering in hierdie opsig op 'n onreelmatigheid neer. Die appellant se prokureur was myns insiens ten voile geregtig om die inhoud van die verklaring as prima facie bewys te aanvaar van wat die getuie vir die polisie sou gese het en om tydens kruisondervraging die beweerde afwykings aan haar te stel. Indien sy sou ontken dat dit is wat sy aan die polisie gese het, werp dit twyfel op die saak en kom daardie twyfel op die Staat se rekening, soos aangetoon deur CONRADIE, R, (DESAI, R saamstemmend) in die saak van THOMAS EN 'n ANDER v S. Kaapse Provinsiale Afdeling, saaknommer A2090/96 gelewer op 2 Mei 1997, ongerapporteer. Dit is 'n uitspraak wat deur advokaat Smit onder ons aandag gebring is en waarmee ek eerbiediglik saamstem.
Soos in daardie saak, het die landdros in die huidige saak die bewyslas eintlik omgekeer deur te vereis dat die verdediging die polisieman moes geroep het om die onbetroubaarheid van die verklaring aan die kaak te stel. CONRADIE, R het daardie benadering verwerp en die vofgende gese:
"Ek meen egter dat die Staat eerder, as daar twyfel was, die polisieman moes geroep het om die twyfel uit die weg te ruim. Dit was immers twyfel wat in die staatsaak ontstaan het en nie twyfel wat in die beskuldigde se saak ontstaan het nie."
Die landdros se benadering in die huidige saak dat dit vir die verdediging nodig was om eers die verklaring te bewys by wyse van 'n binneverhoorT alvorens die getuie daaromtrent gekruisverhoor kon word, is dus fundamenteel verkeerd. In die lig van die feit dat die getuients van Cornelia Sam nie behoorlik deur kruisverhoor getoets kon word nie, moet die saak derhalwe benader word op die basis asof sy gtad nie getuig het nie, soos aan die hand gedoen deur advokaat Broeksma. Sien in hierdie verband ENGLES v HOFFMAN 1992(2) SA 650 (K) te 6511-J.
Selfs indien hierdie benadering gevolg sou word, sou dit myns insiens geen verskil aan die uitslag maak nie. Op die oorblywende getuienis, insluitende die appellant se eie weergawe, is drt myns insiens durdelik dat die appellant minstens grof nalatig was. Op sy eie weergawe het die appellant die betrokke aand nie soos Yi redelike en versigtige bestuurder opgetree nie. Hy het versuim om by die stopstraat stil te hou. Hy het 'n aansluiting met Yi besige deurpad binnegegaan sonder om behoorlik te kyk vrr aankomende verkeer en op n tydstip toe dit onveilig was om dit te doen. Hy het in a lie waarskynlikheid die draai te wyd geneem en het in die proses in Collins se baan beland waar die botsing plaasgevind het, soos aangedui op die polisieplan en soos gestaaf deur die posisie van Collins se voertuig onmiddellik na die botsing. Daarna het hy die ongelukstoneel verlaat en homself uit die voete gemaak, strydig met sy wetiike verpligtinge om te stop, die omvang van skade vas te stel en hulp te verleen of te ontbied, indien nodig. Die afleiding is onvermydeiik dat hy die ongelukstoneel weens 'n skuldgevoel, en nie weens skok, verlaat het.
Teen hierdie agtergrond is daar, volgens my oordeel, geen gronde om met die skuldigbevinding in te meng nie.
Ek kom nou by die opgelegde vonnis. Aangesien selfs ft Eigte graad van nalatigheid ernstige gevoige kan meebring, is dit veral die graad van nalatigheid van die oortreder wat deurslaggewend is by vonnisoplegging. Sien in hierdie verband byvoorbeeld S v NxUMALO 1982(3) SA 856 (A) te 861A-862A.
Met verwysing na die huidige saak, het advokaat Smit betoog, dat die opgelegde vonnis eerder die gevolg as die graad van nalatigheid straf. Hierdie betoog is egter gebaseer op die veronderstelling wat ek reeds verwerp het, nl. dat dit onseker is oor hoe presies die ongeluk plaasgevind het en tot watter mate die appellant nalatig was. Indten dit een maal aanvaar word, soos tereg deur die landdros bevind, dat die appellant inderdaad grof nalatig was, verval die vernaamste steunpilaar vir die appellant se argument ten opsigte van vonnis.
Utt die gewysdes is dit naamlik oorvloediglik duidelik dat direkte gevangenisstraf, selfs vir h eerste oortreder, dikwels 'n gepaste straf is. Reeds in 1960 in R v BREDELL het RAMSBOTTOM, AR die volgende gese:
"It may be that the time has come when it is the duty of judicial officers to exercise greater severity in passing sentence in the cases of the negligent use of motor vehicles. A motorcar is a most dangerous instrument if negligently handled and it may be that the only way to remind drivers of their duty to use proper care, is to magistrate sand judges to make more frequent use of the deterrent effect of prison sentences."
In S v NAICKER 1996(2) SASV 557 (A) is die appellant op 'n aanklag van strafbare manslag gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf. Op appel het die appelhof genoop gevoel om met hierdie opgelegde vonnis in te meng aangesien die verhoorhof se bevinding dat "it was the gross negligence of the accused, if not the recklessness which caused the initial collision" nie deur die getuienis gestaaf is nie. In daardie omstandighede het F H GROSSKOFF, AR homself soos volg u itgelaat:
"Without attaching any label to it, I am satisfied that the appellant's negligence, as set out above, was not of such a high degree as to warrant a sentence of direct imprisonment."
Met verwysing na R v 8REDELL. waarna ek reeds vroeer verwys het, en ander ouer sake, het GROSSKOPFF, AR die volgende gese;
"Correctional supervision did not exist as a sentencing option in 1960 and what was done in cases decided in the pre-correctional supervision era should be treated with caution when looking to them for guidance in regard to sentence.1'
In daardie omstandighede het die appelhof die opgelegde vonnis ter syde gestel en die saak na die verhoorhof terugverwys vir die oorweging van korrektiewe toesig as vonnisopsie, na voldoening aan die bepalings van artikel 276A(1)(a) van die Strafproseswet.
Uit hierdie uitspraak kan die beginsel afgelei word dat waar die graad van die nalatigheid van genoegsame erns is, 'n vonnis van direkte gevangenisstraf wel geregverdig kan wees. Hierdie benadering is meer onlangs deur die Hoogste van Appei herbevestig in S v NYATI 2005(2} SASV 273 (HHA), waar die appellant op ses aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind is in omstandighede ten opsigte waarvan die Hot verklaar het dat "it is hard to conceive of an instance of road related conduct that could be considered more dangerous".
Na n volledige oorsig oor toepaslike regspraak in die jongste verlede, het CONRADIE, AR horn soos voig uitgelaat:
"Now that the National Road Traffic Act, 93 of 1996, has increased the maximum imprisonment for negligent driving from one year to three years and for reckless driving from three years to six, it should surprise no one if there is an upward pressure on the custodial penalties imposed for road accident related culpable homicide offences."
Die opgelegde vonnis van vyf jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar opgeskort ts, is gevolglik op appel bekragtig.
In die huidige saak het die landdros in sy uitspraak oor vonnis nie verwys na korrektrewe toesig as 'n vonnisopsie nie. Dit beteken natuurlik nie dat hy dit nie nogtans oorweeg het nie. Hoe dit ook al sy, in die llg van die graad van nalatigheid aan die kant van die appellant kan die landdros, myns insiens, nie daarvoor verkwalik word dat hy direkte gevangenisstraf as gepaste vonnisopsie beskou het nie. Dit is nie die funksie van hierdie Hot om self te besluit welke vonnis 'n gepaste een sal wees nie. Daardie funksie berus by die verhoorhof. Dit is geykte reg dat n hof van appel nie ligtelik met die uitoefening van daardie diskresie sal inmeng nie. In die uitoefening van daardie diskresie moet die verhoorhof self besluit welke faktore Tn roi behoort te speel en watter gewig aan elkeen van daardie faktore geheg behoort te word. Soos dit gestel is in S v PIETERS 1987(3) SA 717 (A):
"Daar is rurmte vir hierdie Hof om 'n verhoorhof se vonnis te verander alieenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het."
Op die feite van die huidige saak is ek nie oortuig dat die verhoorhof se diskresie op 'n onbehoorlike of 'n onredelike wyse uitgeoefen is nie. Weens die redes deur my uiteengesit, sou ek derhalwe die APPeL TEEN BEIDE DIE SKULDIGBEVINDING EN DIE VONNIS VAN DIE HAND WYS.
STEYN, WnR: Ek stem saam.
STEYN, WnR
GRIESEL, R: Dit word so beveel.
GRIESEL, R