South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 270
| Noteup
| LawCite
Faro v S (A113/2008) [2008] ZAWCHC 270 (10 October 2008)
Download original files |
UITSPRAAK
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAK NO: A113/2008
DATUM: 10 OKTOBER 2008
In die saak tussen:
EVAN FARO APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
UITSPRAAK
BLOMMAERT, AJ:
Die appellant is op die 31ste Julie 2007 in dre Streekhof skuldig bevind op 'n aanklag van moord en gevonnis tot twaalf jaar direkte gevangenisstraf.
Appellant appefleer teen die skuldlgbevinding sowel as die vonnis. Geen getuienis is gedurende die verhoor gelel nie en appellant het 'n bekentenis afgele sowel as sekere Artikel 220 erkennings soos deur sy regsverteenwoordiger aan die Hof gemaak.
Aangesien hierdie appel grotendeels handel oor die bekentenis sowel as die Artikel 22 erkennings haal ek die toepaslike gedeeltes aan. In sy bekentenis se appellant die volgende;
"Ons vriende wat saam met ons gedrink het, net later geloop en sy het volgehou sy wil ook na haar keref toe. Ek het saam met haar geloop. Teen die pad het ek haar gese kom ons gaan huis toe, maar sy het volgehou sy gaan na horn toe. Ons het mekaar rondegeruk daar in die pad, toe haal sy haar mes uit. Ek het haar mes gevat, toe het ek haar begin steek met haar mes. Toe sy gele het, het ek haar in die boord ingetrek en seks met haar gehad. Toe los ek vir haar daar. Toe gaan ek huls toe."
Die belangrikste van die Artikel 22 erkennings is dat die appellant se messteek die oorsaak van die dood van die oorledene was. Hy was egter nie bereid om te erken dat hy verantwoordelik was vir al die beserings soos in die nadoodse verslag aangedui nie. Dit is so dat appellant se regsverteenwoordiger in die verhoorhof van meet af selfverdediging gepleit het. Dit is geykte reg dat ten einde 'n verweer van selfverdediging te fundeer daar 'n dreigende aanval moet wees. Burchell Principles of Criminal Law. 3rd Edition, verduidelik op bladsy 231 die sogenaamde "Choice of Evils Doctrine" as volg;
"The Choice of Evils Doctrine also gives rise to the requirement that the person who is attacked should retreat, avoid or (fee from the attack before resorting to force (especially deadly force) since flight is the lesser evil."
Aangaande die "Proportionality" benadermg definieer Burchell die moderne benadering van ons howe as volg, op bladsy 241;
"Because of the difficulty of consistent application of the principle of proportionality, modern legal systems do not insist upon strict proportionality between the attack and the defence, believing rather that a proper consideration is whether taking all the factors into account the defender acted reasonably in the manner in which he defended himself or his property. This test aliows the Court to assess the defence and the context of factors such as the relative strengths and relationship of the parties, in respect of age, gender, size and strength, nature and persistence of the attack, the interests threatened and its value, the location of the incident, the means available to avert the attack, and the nature and the means used in the defence, and the extent of the harmful results of the defence. There is no closed list of factors that can be considered in determining proportionality issue." Sien ook Coetzee v Fourie 2004 JDR bladsy 0225 SCA.
Uit bogenoemde aanhaling uit applikant se bekentenis is dit nie eers duidelik of daar inderdaad Yi aanval was nie. As ons aanvaar dat daar wel 'n aanvaE was is dit verder duidelik dat die oomblik wat appellant die oorledene van haar mes ontneem het enige gedreigende gevaar wat daar moontlik kon wees weggeval het. Na my mening kan 'n verweer van selfverdediging geensins hier ter sprake wees nie.
Verder word dit deur die appeJIant betoog dat die Staat in die gevaE nie die nodige mens rae bewys het nie, Wat wel duidelik is, is dat appellant erken dat hy die messteek wat volgens die nadoodse verslag tot dwarsdeur die oorledene se hart gegaan het veroorsaak het. Verder is dit so dat hy erken dat hy begin steek met haar mens. Hieruit, na my mening, kan 'n mens moontlik aflei dat daar meer as een messteek was. Dit is inderdaad so dat beskuldigde nie gedwing kan word om te getuig nie. Wat egter duidelik is, is dat indien 'n prima facte saak deur die Staat bewys is dat afleidings gemaak kan word van die beskuldigde se stilswye.
In S v Boesak 2001(1) SACR 16C op bladsy 24 word die posisie as volg uiteengesit;
"The right to remain silent has application at different stages of criminal prosecution, and means a person is entitled to remain silent and may not be compelled to make any confession or admission that could be used against that person. It arises again at the trial stage when the accused has a right to be presumed innocent, to remain silent and not to testify during the proceedings. The fact that an accused person is under no obligation to testify does not mean that there are no consequences attaching to a decision to remain silent during the trial. If there is evidence calling for an answer and an accused person chooses to remain silent in the face of such evidence a Court may well be entitled to conclude that the evidence is sufficient in the absence of an explanation to prove the guilt of the accused. Whether such a concEusion is justified will depend on the weight of the evidence."
Dit dien opgelet te word dat in hierdie geval het appellant aansoek gedoen vir ontsfag en die geleerde verhoorlanddros het teen appellant bevind, en ontslag geweier. Dit is dus vir die appellant op daardie stadium reeds duidelik dat daar 'n prima facie saak teen horn was. Hy moes dus deeglik besef het wat die gevolge van sy gebrek om te getuig tot gevolg sou he.
Kan daar in die onderhawige geval gese word dat die Staat nie genoegsaam die nodige mens rae bewys het nie, na my mening is die feit dat appellant die oorledene met die mes gesteek het en soos blyk uit die nadoods verslag seersekerlik nie net skrams nie, gepaardgaande met die feit dat die appellant nie die Hof in sy vertroue geneem het om sy weergawe van presies wat gebeur het te vertel nie, duidelike bewys van die nodige mens rae. Dit dien verder daarop gelet te word dat appellant se gedrag na die voorval deur eenvoudig die oorledene in die boord in te sleep en met haar seksuefe omgang te he en haar net daar te los, nie getuig van iemand wat of in selfverdediging, of sonder die nodige mens rae opgetree het nie.
Die SKULDIGBEVINDING AAN MOORD WORD PUS 8EKRAGTIG. Wat vonnis betref is dit geykte reg dat die Hof van Appel slegs sal inmeng met die vonnis diskresie van die verhoorhof indien daar in wese h mistasting begaan is, en as die vonnis as ongepas beskryf kan word. Sien S v Pillav 1977(4) SA 531A; S v Whitehead 1971(4) SA 613 Appefhof; S v Kabido 1998(2) SACR 312A bladsy 216 g-h.
In die onderhawe geval skryf Wet 105 van 1997 'n verpligte minimum vonnis van vyftten jaar gevangenls voor, ten sy daar wesenlike en drlngende omstandighede bestaan wat 'n afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig. Die landdros het tydens vonnisoplegging bevind dat daar wel omstandighede bestaan wat ti afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig. Die verhoorlanddros het al die faktore wat hom in staat gestel het om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk versigtig oorweeg. Hy het in aanmerking geneem dat daar drank gebruik was deur die appellant in die aanloop tot die misdaad, en hy het verder a) die persoonlike omstandighede van die appellant versigtig oorweeg, sowel as die feit dat die appellant geen vortge veroordelings het nie.
Daar is geen faktor wat hy buite rekening gelaat het nie. Hy het geensins die erns van die misdaad oorbeklemtoon nie, en in die lig hiervan kan nie gese word dat die verhoorfanddros sy diskresie nie na behore uitgeoefen het nie. Daar kan in die lig van die bepalings van Artikel 105 van 1997 nie gese kan word dat die vonnis buitensporig swaar is nie spreek vanself.
In die omstandighede is hierdie Hof nie bemagtig om horn in te meng met die vonnis deur die verhoorhof opgele nie. Die APPEL WORD DERHALWE VAN DIE HAND GEWYS EN DtE VONNIS BEKRAGTIG.
BLOMMAERT, AJ
Ek stem saam,
THRING, J