South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 283
| Noteup
| LawCite
Martin v S (A308/2004) [2008] ZAWCHC 283 (31 October 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A308/04
DATUM: 31 OKTOBER 2008
In die saak tussen:
HENDRIK
MARTIN Appellant
en
DIE ST A AT Respondent
UITSPRAAK
VAN REENEN, R:
Hierdie appel was aanvanklik gerig deur beide die beskuldigdes, Hendrik Martin en Ruben Sokkies Jantjies. Mnr Ruben Bokkies Jantjies het nie sy appel voortgesrt nie en mnr Ballem, wat vir die Staat verskyn, het versoek dat die appel in soverre dit hom betref van die rol geskrap moet word. Daardie versoek is aan voldoen. Die gevolg is dat die enigste persoon as appellant voor hierdie Hof staan, mnr Hendrik
Martin is, wat as die eerste beskuldigde in die saak wat in die landdroshof van George voorgekom het op 15 Maart 2003 tereggestaan het.
Die hoofinhoud van die aanklag teen die beskuldigdes was dat bulle wederregtelik in besit van vermoedelik gesteelde goedere gevind was, naamllk 'n tuinslang, ter waarde van R78P00 sonder dat hulle in staat was om 'n redelike verduideliking vir sodanige besit te gee. Hulle was beide onverteenwoordigd en het onskuldig gepleit. Hulle is, nadat die Staat slegs een getuie naamlik inspekteuf Claasen geroep het, en beide van hulle getuig het na my mening heel korrek skuldig bevind op ft klagte van oortreding van artikel 36 van Wet 62 van 1955.
Nadat huEle vorige veroordelings bewys is - en dit moes vanwee die leng£e daarvan nogal h langdurige proses gewees het - is beide die beskuldigdes ingevolge die bepalings van artikel 286(1) van die Strafproseswet, 150 van 1977, na die streekhof vir vonnis verwys. Ek kan net meld dat die landdros gevoel het dat hulle tot gewoontemisdadigers verklaar moes word.
Toe hulle op 28 November in die streekhof te George verskyn het, is die skuldigbevindings bekragtig en is die beskuldigdes daarna elk tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appel van beskuldigde t was gerig slegs teen die skuldbevinding en nie ook teen die vonnis nie. Beskuldigde 1 se advokaat het vandag te kenne gegee dat die korrektheid van die skuldigbevinding toegegee word en het voortgegaan om die Hof toe te spreek oor die kwessie van vonnis.
Mnr Ballem het die standpunt ingeneem dat omdat daar nie appel teen die vonnis aangeteken was nie, hierdie Hof nie in staat is om met die vonnis in te meng nie. Hy is reg, maar hierdie Hof het die bevoegdheid om in die uitoefening van sy gemeenregtelike hersieningsbevoegdheid - indien van mening dat die verrigtinge in die Hof a quo nie geheel en al ooreenkomstig die reg was nie - daarmee in te meng.
Die felte van die omstandighede wat tot die klagtes waaraan die beskuldigde skuidig bevind is gelei het, is dat hulle op 10 Februarie 2003 en te George in die rigting van hulle blyplek geloop het. Ongelukkig vir hulle, het inspekteur Henry Hermanus Claasen Yi rapport ontvang dat daar twee persone besig was om met "n tuinslang te loop en as gevolg daarvan het hy met ft polisievoertuig waarvan die ligte afgeskakel was, gery om te kyk of hy nie die persone kon teenkom nie.
Op n plek waar daar 'n draad tussen die spoorlyn en die straat waarlangs hy gery het is, het hy twee persone by die grensdraad opgemerk. Toe hy dit waarneem, het hy die ligte van sy voertuig aangeskakel en toe die llg op die twee persone val, het hy gesien dat hulfe die tuinslang oor die draad gooi, dit wil se tot op die spoorwegeiendom. Hy het toe sy voertuig gestop; hulle genader; en homself aan hulle voorgestel. Hulle het ontken dat hulle enigiets met die tuinslag te doen gehad het en hy het oor die draad geklim en dit gaan optel. Toe hy vir hulle vir 'n verduideliking vraP het die een in die een rigting en die ander in die ander rigting beduie. Omdat hy hulle verduideliking onaanvaarbaar gevind het, het hy hulle gearresteer en aangehou. Die pyp wat betrokke was, is h tuinslang wat bestaan uit h gelaste ou en nuwe gedeelte maar die polisiebeampte se dat dit in 'n bruikbare toestand was.
Die beskuldigdes se verweer dat hulle niks van die tuinslang weet nie en valslik van die besit daarvan beskuldig was en dat die polisieman nooit in hulte besit daarvan kon gesien het nie, is tereg deur die landdros verwerp. Na my mening is hulle korrek skuldig bevind, soos wat die advokaat wat vir beskuldigde 1 verskyn het, tereg toegegee het aangesien na my mening die elemente van die misdryf, soos ulteengesit, onder andere, S v DU PREEZ 1998(2} SASV 133 (K) TE 136i-137a bewys was om teenwoordig te wees.
Dit is geykte reg dat h Hof op appel kan inmeng met "n vonnis wanneer daar 6f h wesenlike mistasting begaan is wat betref die oplegging daarvan of dit sulks is dat wat betref die aard en duur daarvan, dit h reaksie van skok ontlok.
In die onderhawige geval het beide die beskuldigdes weliswaar 'n indrukwekkende lys van vorige veroordetings, meeste waarvan, indien nie almal nie, betrekking het op misdrywe met n element van oneerlikheid en het dan ook dit in gemeen met die misdryf waaraan hulle skuldig bevind is. Maar howe moet versigtig wees om nie te swik voor die versoeking om Yi beskuldigde te straf vir die misdade wat hy in die verlede gepleeg het en waarvoor hy alreeds geboet het nie.
Indien daar na die omstandighede van hierdie misdryf onbevange gekyk word, is ek van mening dat dit nie 'n vonnis geregverdig het, wat - selfs al word die vorige veroordelings van die beskuldigdes as aanduidend van hulle karakters gebruik - 'n vonnis van meer as agtien maande gevangenisstraf geregverdig het nie. Die verskil tussen die vonnis wat ek sou opgele het en die vonnis wat die streekhof opgele het, is na my mening so disproporsioneel dat dit nie anders kan as om h gevoel van skok te verwek nie.
In die lig daarvan is ek van mening dat dit nie gese" kan word dat die verrigtinge voor die streekhof geheel en al ooreenkomstig die reg was nie en derhalwe staan dit hierdie Hof vry om in die uitoefening van sy inherente hersieningsbevoegdheid die opgelegde vonnis van vier jaar ten opsigte van elkeen van die beskuldigdes deur te haal en dit te vervang met 'n vonnis van AGTIEN (18) MAANDE GEVANGENISSTRAF ELK. Dit word gelas dat die vonnis wat vandag opgele is, geag sal word opgele te gewees het op 23 November 2003, dit synde die datum waarop die beskuldigdes aanvanktik gevonnis is.
Dit word versoek dat die uitslag van hierdie appel deur die griffier van hierdie hof oorgedra word aan die gevangenisowerhede sodat hulle onmiddellik vrygelaat kan word tensy enigeen van hulle regmatiglik vir een of ander rede verder aangehou mag word.
VAN REENEN, R
WALTERS. WnR: Ek stem saam.
WALTERS, WnR