South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 315

| Noteup | LawCite

Carolissen v S (A644/07) [2008] ZAWCHC 315 (31 December 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

Saaknommer:A 644/07

In die saak tussen:

ALLAN CLIVE CAROLISSEN Appellant

en

DIE STAAT Respondent



UITSPRAAK: 29 FEBRUARIE 2008


VAN ZYL R:


[1] Die appellant is skuldig bevind op 'n aanklag van aanrandlng en tot 4n boete van R400,00 of veertig dae gevangenisstraf gevonnis. Hy kom, met verlof van hierdie hof, teen die skuldigbevinding in hoer beroep. Mnr P Arendse het namens die appellant opgetree en Me J van der Merwe namens die respondent. Die hof spreek sy dank teenoor hulle uit vir hul onderskeie aanbiedinge.


[2] Dit is gemenesaak dat die appellant die eienaar was van 'n sekerheidsmaatskappy en dat die appellant as sekuriteitsbeampte vir horn gewerk het. Een aand was hy me te vind by die perseel waarnatoe hy uitgeplaas is nie. Hy kon ook nie per radio bereik word nie. Volgens die klaer het die appellant horn die volgende oggend, 17 September 2006, na sy kantoor ontbied en, deur bemiddeling van 'n tolk, ene Mazizi Ntulo wat ook vir die appellant gewerk het, probeer vasstel waar hy was. Toe hy verduidelik dat hy, as gevolg van reen, binne in die gebou, wat hy moes oppas, skulling gesoek het, het die appellant horn nie geglo nie en het horn teen die been geskop. Hy het uit die kantoor gevlug met die appellant agterna. Die het horn weer aangerand deur horn in die gesig te klap. In die proses het sy enkel seergekry en is hy hospitaal toe. Na behandeling is hy dieselfde dag ontslaan.

[3] Die appellant, wat in persoon opgetree het, het dit aan die klaer gestel dat hy (die kiaer) nooit In sy kantoor was nie en dat hy nooit Ntulo sou gevra het om te tolk nie aangesien hy 4n gereelde tolk in sy diens gehad het. Hy het dit eweneens gestel dat hy horn nooit aangerand het nie. Volgens horn het die klaer na die polisie gegaan omdat hy (die appellant) horn nie betaal het nie. Die klaer het geantwoord dat. toe hy (n oproep van die appellant kry om op 15 September 2006 sy geld te kom haal, hy so bang vir horn was dat hy die polisie gevra het om horn na die appellant te vergesel. Die appellant het dit aan horn gestel dat dit nie strook met sy relaas dat hy eers op 17 September 2006 aangerand is niet twee dae na die betaaldag. In ieder geval sou hy nooit 'n werknemer bel om sy geld te kom haal nie.


[4] Ntulo, wat volgens die klaer die dag sou getolk het, het ten eerste getuig dat hy nie meer vir die appellant werk nie aangesien die horn weggejaag het. Hy het die klaer se weergawe bevestig ten opsigte van die bewering dat hy deur die appellant ontbied is om te tolk. Volgens die klaer kon niemand horn op sy radio bereik nie aangesien die batterye daarvan pap was. Ntulo het voorts getuig dat die appellant die klaer om die skouers gevat het, teen die muur gestamp het en geslaan het. Hy het bom met sy "oop" hande in die gesig geklap en teen die been geskop. Hy het horn inderdaad gewurg en oral op sy liggaam geslaan. Daarna het hy bom gevra om werk toe te kom. Toe het hy en die klaer gaan werk.


[5] In kruisondervraging deur die appellant het Ntulo op sy weergawe in hoof enigsins ukgebrei. Volgens horn het die appellant op die hoek van die tafel gesit voordat hy "sommer opgestaan en gevlieg het" na die appellant. Anders as die klaer, het Ntulo nie getuig dat die appellant horn (die klaer) buite die kantoor aangerand het nie. Ten spyte van die erns van die aanranding het nog die klaer nog Ntulo dit aan enigeen gerapporteer. Dit het voorts geblyk dat Ntulo ook nie sy geld gekry het voordat hy ontslaan is nie. Hy het egter ontken dat dit die rede is waarom hy teen die appellant kom getuig het.


[6] Die appellant het *n volledige pleitverduidehking voorgele voordat die Staat met sy getuienis *n aanvang geneem het. Hy het egter wel ene Pietersen, wat in 'n kantoor naby syne gewerk het, as getuie geroep. Die het getuig dat die appellant we I die klaer ontbied het omdat hy die perseel verlaat het waar hy diens verrig het. Hy was egter nie bewus van enige aanranding nie. Die klaer het net geloop nadat die appellant met horn klaar gepraat het en het die volgende dag nie weer kom werk nie. In hierdie verband het hy ook opgelet dat die appellant Engels met die klaer gepraat het. Daar was dus geen rede waarom hy van 'n tolk gebruik sou gemaak het nie.

[7] In sy uitspraak het die verhoorhof opgemerk dat beide Staatsgetuies moontlik "n motief kon he om die appellant vals te beskuldig, aangesien beide uit hulle werk ontslaan is. Hy was egter tevrede dat die Staat ;n prima facie saak uitgemaak het waarop die appellant moes geantwoord het. Hoewel die klaer niks van wurg gepraat het nie terwyl Ntulo wel daarvan getuig het, het die hof hulle getuienis aanvaar as aanduidend van "n redelik logiese verloop van gebeure". Hy het dus die appellant aan aanranding skuldig bevind.


[8] In sy betoog namens die appellant het Mnr Arendse aan die hand gedoen dat die klaer en Ntulo mekaar wesenlik weerspreek het ten opsigte van die aard van die beweerde aanranding, die volgorde van gebeure en die aard van die beserings deur die klaer opgedoen. Daarbenewrens was Pietersen. die appellant se getuie, digby en het niks van enige aanranding opgemerk nie terwyl hy ook seker was dat die appellant Engels met die klaer gepraat het en nie Afrikaans nie. Dit was dus, volgens Mnr Arendse, waarskynlik dat die die klaer en Ntulo saamgesweer het om die appellant vals te beskuldig. In ieder gevaL het hy betoog, het die hof onreelmatig opgetree deur nie die appellant, wat onverteenwoordig was, behoorlik by te staan nie.


[9] Me van der Merwe het in haar betoog namens die respondent betoog dat die staatsgetuienis wel bevredigend was en nie deur Pietersen se getuienis versteur is nie. Verder het die hof, volgens Me van der Merwe, reg deur die verhoor die appellant bygestaan deur versigtig sy regte aan horn te verduidelik, en om horn daarop te wys dat sy pleitverduideliking nie getuienis daarstel nie.


[10] Hoewel daar "n suspisie mag wees dat die appellant inderdaad die klaer kon aangerand het, was die Staatsgetuienis ter ondersteuning hiervan werklik nie bevredigend nie. Die klaer se suggestie dat hy twee dae voor die beweerde aanranding reeds so bang vir die appellant was dat hy die polisie versoek het om horn na die appellant se perseel te begelei, is louter onsin en aanduidend van niks anders as blatante leuenagtigheid nie. Daar het in daardie stadium geen gronde vir enige vrees bestaan nie. Ek stem met Mnr Arendse saam dat die weersprekings in die klaer en Ntulo se getuienis wesenlik van aard was, terwyl die moontlikheid van (n motief vir 'n valse aanklag teen die appellant hulle getuienis sodanig gekleur het dat dit nie as betroubaar aangemerk kon word nie. Mnr Pietersen se getuienis is geensins deur die Staat in kruisondervraging aangetas nie sodat dit nie gese kan word dat daar wel 4n prima facie saak was waarop die appellant moes antwoord nie.

[11] In die Ug van hierdie omstandighede is ek van mening dat die verhoorhof gefouteer het deur te bevind dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Bygevolg moet die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel word.

D H VAN ZYL

Regter van die Hooggeregshof





Ek stem saam



W R E DUMINY

Waarnemende regte van die Hooggeregshof