South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 328
| Noteup
| LawCite
Kleinsmit en n Ander v S [2008] ZAWCHC 328; ; 189/07 (4 December 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknr: 189/07
RUZE KLEINSMIT …...................................................................Beskuldigde 1
MONTIVERDI ENGELBRECHT …..............................................Beskuldigde 2
en
DIE STAAT …..................................................................................Respondent
UITSPRAAK gelewer op 4 Desember 2008
Inleiding
1. Die beskuldigdes Ruze Kleinsmit en Montiverdi Engelbrecht, het tereggestaan in die Streekhof te Atlantis op verskeie klagtes van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.
2. Die klagtes teen beide die beskuldigdes was as volg:
(a) Aanklag 1: Roof met verswarende omstandighede ten opsigte van die klaer, Michael Cloete
(b) Aanklag 2: Poging tot moord ten opsigte van Michael Cloete;
(c) Aanklag 3: Roof met verswarende omstandighede ten opsigte van Jakobus Raulse;
(d) Aanklag 4: Moord ten opsigte van Jakobus Raulse;
(e) Aanklag 5: Moord ten opsigte van Dirk Jaers;
(f) Aanklag 6: Roof met verswarende omstandighede ten opsige van Elrico Davids;
(g) Aanklag 7: Poging tot moord ten opsigte van Elrico Davids;
(h) Aanklag 8: Moord ten opsigte van 'n onbekende oorledende;
3. Beskuldigde 1 was verteenwoordig deur prokureur Cook. Beskuldigde 2 was verteenwoordig deur prokureurs Rhode en Bennett in opdrag van die Regshulpraad. Mnr Loots net voor my verskyn namens beskuldigde 2. Die aanklaer was Me F Venter en voor my het verskyn Me Swarts.
4. Op 12 Oktober 2005 het beide beskuldigdes onskuldig op alle aanklagtes gepleit. Beide het alle beweringe in die klagstaat ontken en beide net verder op pleit stadium geswyg. Die Staat net elf getuies geroep en verder dokumentere getuienis en reele getuienis in die vorm van foto's voor die verhoorhof geplaas. Staatgetuies was vroue sersant Lisbey Loubscher, konstabel Samuel Sampson, die klaer ten opsigte van klagtes 1 en 2 - Mnr Michael Cloete; die niggie van beskuldigde 2 en die moeder van beskuldigde 1 se kind - Me Atina Dampies; 'n makker van die beskuldigdes - Mnr Alfredo Nathan Kies; konstabel Elderitz Christiaan Haupt; die klaer ten opsigte van klagtes 6 en 7 -Mnr Elrico Davids; die jeugdige getuie Ronwyn Pedro; 'n gewese Suid-Afrikaanse Polisie Diens lid, Mnr Albert Ungerer; Me Melissa Pieters -die voormalige meisie van Elrico Davids; en inspekteur Johan Daniels, die ondersoek beampte.
5. Nadat die Staat se saak gesluit is. het die beskuldigdes ook hul saak gesluit sonder om enige getuienis te lei.
6. Die beskuldigdes is op 27 Junie 2007 skuldig bevind op alle aanklagtes behoudens klagtes 3 en 8. Ten opsigte van aanklag 3 is die beskuldigdes skuldig bevind aan diefstal ('n bevoegde uitspraak) en ten opsigte van aanklagte 8 (moord) is hulle onskuldig bevind.
7. Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die agt klagtes voormeld, het plaasgevind op 23 en 24 Januarie 2004. Die Staat het aangevoer dat beskuldigdes 1 en 2 verskeie persone in Vredenburg se strate met skerp voorwerpe aangeval het. Na bewering was beskuldigde 1 en 2 saam deel van 'n groep wie in daardie nag van straat tot straat beweeg het en hul slagoffers aangeval, geroof of gedood het. Beskuldigde 1 en 2 was na bewering die hoofdaders wie bewapen was en wie hul wapens ook op die slagoffers gebruik het. Daar is deur die Staat aangevoer dat daar 'n verband bestaan tussen beskuldigde 1 en beskuldigde 2 deurdat hulle vriende was en beskuldigde 2 se niggie die moeder van beskuldigde 1 se kind was. Voormelde niggie is Me Atina Dampies.
8.
Alhoewel
soos reeds vermeld die beskuldigdes nie getuig het nie, het
die
verhoorlanddros daarop gewys dat hul verwere geblyk het uit
die
stellings wat namens hulle gemaak is gedurende die verloop van
die
verhoor:
(a) eerstens dat hulle nie teenwoordig was op enige van die misdaad tonele nie aangesien hulle daardie tyd (elders) in Vredenburg was;
(b) beskuldigde 1 het ook, alternatiewelik, beweer dat hy of hulle onder die invloed van drank en dwelmmiddels was en dat hulle laasgenoemde middels vroeerdie dag of die nag gebruik het.
9.
Die
verrigtinge is na die skuldigbevindings deur die
verhoorlanddros
gestaak in terme van artikel 52(1)(b)(i) van
Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997 en na die Hooggeregshof verwys
vir bekragting
van die skuldigbevindings en vir die oplegging van
vonnisse.
10. Daar is slegs namens beskuldigde 1, verteenwoordig deur Mnr Cook, aangevoer dat sy skuldigbevindings nie bekragtig moes word nie.
11. Uit hoofde van wat aan my voorgedra was in die skriftelike betoog van Mnr Cook het ek op die eerste verskynmgsdatum, 17 September 2008. waartydens die saak voor my gedien het, ten aansien van sekere aspekte, redes van die agbare verhoorlanddros versoek.
12. Die verhoorlanddros het volledig op my versoek geantwoord en voeg ek die tersaaklike gedeeltes van haar antwoord seriatim by my versoek
in:
Vraag 1: "Op welke gronde is die kruisondervraging van die staatsgetuies ten opsigte van die weergawes van David Bailey en Roslyn Carelse, soos dit vervat was in verklarings deur hulle gemaak, nie toegelaat nie?"
Antwoord: "Die Suid Afrikaanse bewysregreels en verskeie regspraak dui aan dat die hof nie kruisondervraging onder die omstandighede kon toelaat nie. Gesag: In S v Tshabalala 1999(1) SASV 163(7) is beslis (par.3.2)
'As verklarings van ander persone as die getuie gebruik word, kan dit alleen provisioneel gebruik word as die verklaarder wel vir die staat of die beskuldigde gaan getuig.'
Edele, nie David Bailey of Rosyn Caretse was deur 6f die staat of die verdediging, as getuies, geroep nie. Hulle het dus nie later getuig oor die korrektheid van die inhoud van hut poiisieverklarings en/of dat dit onder andere vrywillig afgele is nie, en daarom kon hul verklarings nie in kruisondervraging van ander staatsgetuies gebruik word nie.
Vraag 2: "Moes die Hof nie ingevolge artikel 186 van die Strafproseswet, 51 van 1977 die getuies, David Bailey en Roslyn Carelse in belang van regspleging geroep nie?"
Antwoord: "Die genoemde persone is nie geroep in terme van artikel 186 van die Strafproseswet 51/77 nie want hul getuienis het beslis nie vir die hof as noodsaaklik geblyk vir die regverdige beregting van die saak nie. Die kwantiteit en kwaliteit van die bewysmateriaal wat voor die hof geplaas was namens die staat was voldoende om die saak regverdig te bereg, naamlik: 11 persone wie viva voce getuienis afgele het, dokumentere bewysmateriaal en reele getuienis wat onder andere in terme van artikel 232 toegelaat is. Die Staatsaanklaer in die saak was duidelik ervare en voorberei en het dit bygedra daartoe dat die hof geen leemte na staatsaak ervaar het nie.
Beskuldigde se keuse om na die verdoemende bewysmateriaal teen hulle, nie te getuig nie en geen beskikbare getuies te roep nie, het immers die staatsaak versterk en het die hof geen twyfel gehad dat die staat nie net hul van hul bewyslas gekwyt het nie, maar dat die staat elke element van beide beskuldigdes se skuld in alle klagtes waarvan hul skuldig bevind is, bo redelike twyfel bewys het."
Vraag 3: "Op welke gronde is die verklarings 01 en 02, van beskuldigde 1 toegelaat?"
Antwoord: "Voile redes is verskaf op bladsy 552 tot 556 van die oorkonde toe die hof sy redes vir sy bevinding in 'n verhoor binne 'n verhoor verskaf het
Kortliks het die hof onder andere bevind:
(i) Die verklarings afgele deur beskuldigde 1 is relevant want dit weehe beskuldigde 1 se alibi dat hy nie op die misdaadtoneel was nie - Artikel 210 Wet 51 van 1977 lees dat relevante getuienis toegelaat moet word -natuurlik onderworpe daaraan dat aan sekere vereistes voldoen word;
(ii)
Die
hof het egter die riglyne gevolg (regskriteha toegepas) wat gestel
was deur die Grondwetlike Hof wanneer daar beslis moes
word of
bewysmateriaal wat ongrondwetlik is, toegelaat moes word (Regspraak
Key
v Attorney-General Cape of Good Hope Provincial Division
1996(2)
SACR 3 bladsy 113. Die hof het bevind dat die inbreukmaking op
beskuldigde se reg
deur 'n voog bygestaan te word nie
regverdigbaar was in die omstandighede
van die saak nie, maar het
bevind dat die toelating van beskuldigde een se
verklarings nie
die verhoor onbillik sal maak nie want dit weerle sy alibi en dit
dui op beskuldigde een se geloofwaardigheid.
Een persoon se regte is
verder absoluut nie. En beskuldigde een se reg tot bystand was
opgeweeg teen die oorledene se reg tot
lewe toe Artikel 36 van die
Grondwet inaggeneem was.
(iii) Die hof het egter verder die 2 verklarings toegelaat want die hof het bevind beskuldigde een het dit vrywillig afgele;
(iv) Dis verder toegelaat want openbaarmaking van bewysmateriaal wat op die waarheid dui sal tot voordeel van die regspleing wees;
(v) Die hof het dit verder toegelaat want dit kom nie neer op 'n bekentenis nie;
(vi) Buitegeregtelike erkennings van een beskuldigde is verder ook teen 'n ander toelaatbaar;
(vii) (Ten opsigte van die argument dat dit hoorse getuienis was) - Hoorse getuienis is toelaatbaar waar die Staat (soos in hierdie geval) dit bloot aangebied het as bewys dat die getuie iets relevant met sy eie sintuie waargeneem het(Gesag op die punt: Regspraak: Miller 1939 AD 106.)
Vraag 4: "Het die Hof in die verband ag geslaan op die S v Orrie 2005(1) SASV 63(K)?"
Antwoord: "Die saak S v Orrie 2005(1) SASV 63(K) is nie net inaggeneem nie, die hof het daama verwys op bladsy 491 (in 23), van die oorkonde. Die hof het die gesag ondergeskik gevind aan die gesag van die grondwetlike hof op dieselfde punt gebied in die regspraak Key v Attorney-General Cape of Good Hooe Provincial Division. In die Key v Attorney-General saak is beslis deur die Grondwetlike Hof:
'What the Constitution demands is that the accused be given a fair thai Ultimately fairness is an issue which has to be decided upon the facts of each case and the thai Judge or the Magistrate is the person best placed to take that decision. At times fairness may require that evidence unconstitutionally obtained, be excluded. But there will be other times where fairness require that evidence, although obtained unconstitutionally nevertheless be admitted.'
Vraag 5: "Het die feit dat die verklarings toegelaat is, beskuldigde 1 benadeel?"
Antwoord: "Beskuldigde 1 is nie onbillik benadeel deur die toelating van sy polisieverktarings nie hy is bloot as ongeloofwaardig ontbloot, want in sy eie polisie verklarings word sy verweer, wat in die hof aangebied was, weerl6. Dit was egter nie die enigste bewysmateriaal teen beskuldigde 1 nie. Sy kind se moeder Atina Dampies (Staatsgetuie 4) het horn ook in 'n afgewaterde weergawe op die misdaadtoneel geplaas. Verder het Alfredo Kies ook getuig oor beskuldigde 1 se misdadige optrede die aand. Die verdediging het dit aan Alfredo gestel dat hy valslik teen beskuldigde getuig het omdat beskuldigde 1 vir horn, Alfredo, impliseer in sy polisieverklaring. Met die toelating van beskuldigde 1 se polisieverklaring het die hof egter agter gekom dat dit 'n valse stelling was, want Alfredo Kies was nooit deur beskuldigde 1 in sy polisieverklarings by misdaad geinkrimineer nie. Die toelating van beskuldigde 1 se polisieveri<larings was dus nodig vir die regverdige beregting van die saak.
Hoe dit ookal sy, of beskuldigde benadeel was, is beslis nie (op sigself) as 'n kriteria gestel vir die nie-toelaat van relevante bewysmateriaal in die bogenoemde grondwetlike saak van Key nie. Beskuldigde se potensiele benadeling sal egter altyd, en was inaggeneem toe die hof beslis het om die toelating van sy polisieverklarings billik sal wees (sien bladsy 554 van die oorkonde)."
Vraag 6: "Het die Hof die verklarings inaggeneem in die uitspraak?"
Antwoord: "Ja Edele, want die hof moes. In S v Jochems 1991(1) SASV 208(A) is beslis:
'The that court is obliged to consider the evidence as a whole.' Dit sluit die totale bewysmateriaal in wat voor die hof geplaas is, sowel as beskuldigde se stilswye en sy wens om geen getuienis te roep nie en sy keuse om geen ander bewysmateriaal voor die hof te plaas nie.
Die hof het egter nie veel gewig (in isolasie) aan beskuldigde 1 se polisieverklarings geheg nie. Die inhoud daarvan was bloot geoorweeg saam met die inhoud van die ander bewysmateriaal (getuies van onder andere Atina en Alfredo) wat dit staaf, nl: dat beskuldigde 1 op die misdaad toneel was, met wie hy vroeer gekuier het en dat 'n mes onder andere gebruik was toe iemand noodlottig beseer was.
In die saak R v Mtembu 1950 (1) SA 670 (A) op 679-680 is beslis dat die feit dat 'n aantal onderfing onafhanklike feite, almal in dieselfde rigting dui, is hier van groot belang. Moontlik kan elkeen afsonderiik nog versoen word met onskuld, maar die gesamentlike oortuigingskrag moet beoordeel word. Toegepas op die saak, beskuldigde 1 se polisieverklarings en ander viva voce getuienis plaas beskuldigde op die misdaadtoneel(e). Die feit dat hy verklaar het aan die polisie dat hy van die misdade bloot waargeneem het, kan op sy onskuld dui, maar gesamentlik met ander bewysmateriaal van bv. 2 messe, beplanning, die saam beskuldigde 2 wees terwyl hy erge misdaad pleeg, dui nie meer op beskuldigde 1 se onskuld nie.9
Vraag 7: "Is dit korrek om ten aansien van klag 3 te verwys na die 'boedel' van die oorledende?"
Antwoord: "Daar is korrek verwys na die boedel van die oorledende, want iemand wat gedood is, kan nie agtema beroof word nie. Hoewel aanklag 1 lees Moord ten opsigte van Jakobus Raulse en aanklag 3 lees Roof ten opsigte van Jakobus Raulse het die bewysmateriaal wat voor die hof geplaas was getoon die oorledende was eers gedood. Daarna is sy besittings wederregtelik geneem.
In ln roofaanklag is dit 'n element van die misdryf dat die Staat moet bewys geweld is deur die beskuldiges gebruik om die slagoffer se saak te neem of dreigemente van geweld is gebruik om die besitter van die saak te oorreed om te berus in die wegname van die saak.
Die bewysmateriaal wat voor die hof geplaas was ten opsigte van die oorledende, Jakobus Raulse het vir die hof getoon dat hy nie geweld aangedoen is om horn te besteel nie. Hy kon ook nie met geweld oorreed word om horn te berus dat sy saak (skoene) gesteel gaan word nie, want hy was reeds dood (noodlottig gewond) voor hy besteel is.
Die res van die bewysmateriaal in die saak toon verder, dat ander persone dieselfde aand roekeloos en opsetlik gedood is deur dieselfde beskuldigdes sonder dat hulle geroof is. Hierdie hof kon dus nie aflei dat hierdie oorledende geweld aangedoen is bloot om horn te besteel nie.
Indien die beskuldiges egter na hierdie ooriedende gedood is (ofnadat hulle voorsien het, hy is dood), horn van lets waardevol 'besteel' het, het hulle bloot sy boedel benadeel."
Vraag 8: "Het die Staat kousaliteit bewys op aanklag 4, gedagtig aan die feit dat die identiteit van die oorledene nie deur hetsy Alfredo Kies of Konstabel Haupt bepaal kon word nie?''
Antwoord: "Kousatiteit ten opsigte van die dood van Jakobus Raulse is bewys onder andere deur 2 getuies. Vier ooreenkomste tussen die getuienis het, in totatiteit, daarop gedui dat hier na die oortedene, Jakobus Raulse verwys word (sien bladsy 719 van uitspraak - lyn 1 tot 11).
Die identiteit van die oorledende hoef egter nie as 'n element van die misdryf moord, deur die Staat bewys te word nie, want verskeie regskrywes onder andere Snvman (4e uitgawe bl 435) defineer die misdaad moord as volg:
'Moord is die wederregtelike en opsettike veroorsaking van die dood van 'n ander mens.'
'n Onbekende persoon kan dus gedood word solank dit bo redelike twyfel bewys was sy/haar dood is wederregtelik en opsetlik veroorsaak deur die beskuldigde(s)."
Vraag 9: "Moes die uitspraak op aanklag 2 nie aanranding met die opset om emstig te beseer gewees het nie in plaas van poging tot moord nie, gedagtig dat die besehngs nie potensiele fatale besehngs was
nie?"
Antwoord: "Dis hierdie hof se submissie dat die klagte korrek as poging tot moord genotuleer was, want uit die totaliteit van die bewysmateriaal wat voor die hof geplaas was oor die 2 beskuldigdes se erge misdadige optredes die aand kon die hof aflei en dus die enigste afleiding wat die hof kon maak, hulle 2 gepoog het of probeer het om die oorledende te dood.
Die hof het onder andere in ag geneem dat ander van hul slagoffers ook opsetlik gedood was, hoe wreed vermoor was,
Waarmee hulle aangeval was (tipe wapen)
Hoeveel keer hulle gewond was;
Waarop die liggaam bv. naby hul lewensorgane gewond was;
• Hoeveel persone gedood is;
• Op dieselfde dorp, in dieselfde tyd (periode) en op dieselfde manier (modus operandi).
Die 2 beskuldigdes se woordgebruik, voor en tydens misdaadpleging, hul wapenverkryging en hul mate van beplanning, het die hof bo redelike twyfel oortuig, die klagte moes poging tot moord wees.
Wat u verwysing na nie-potensiele beserings betref: verwys ek u na die regskrywer Snyman se skrywe; Strafreg, 4e uitgawe bl 452. Dit lees met betrekking tot aanranding met die opset om ernstig te beseer:
'Ernstige liggaamlike beserings hoef nie inderdaad toegevoeg te wees nie (by 'n Aanranding nie), slegs die opset om dit toe te voeg, word vereis.' Die beskuldigdes se opset word uit die omringende omstandighede afgelei.'
Dieselfde kan. sonder twyfel, ten opsigte van n klagte van moord, oorbetoog word.
In die bovermelde omstandighede, waar vele persone die nag gedood is deur dieselfde beskuldigdes. op n soortgelyke manier was daar bo redelike twyfel bewys, dat hulle ook hierdie persoon opsetlik wou dood, maar nie heeltemal daarin geslaag het nie. Die Staat hoef nie eens 'n direkte opset te bewys het nie..."
13. Die vraag of die skuldigbevinding ooreenkomstig geregtigheid geskied het, wat die toets is wat toegepas moet word ooreenkomstig artikel 52, wentel om die vraag of daar inbreuk gemaak was op beskuldigde 1 se reg tot 'n regverdige verhoor. Die beantwoording van daardie vraag wentel weer, op sy beurt, om die vraag of daar op beskuldigde 1 se regte inbreuk gemaak was
(a) toe hy sy twee getuieverklarings afgele het deurdat
sy regte geensins aan horn verduidelik was nie, en of,
(ii) in iedere geval, sy ouers horn nie moes bystaan nie; en
(b) sy regsverteenwoordiger se kruisverhoor kortgeknip was toe hy
wou kruisverhoor met verwysing na die inhoud van die getuie verklarings van Carelse en Bailey wie nog deur die vervolging nog deur die verdediging geroep sou word?
Die toelaatbaarheid van die getuieverklahngs
14. Die laaste staatsgetuie was inspekteur Johan Daniels. Sy bydrae \e daarin dat hy aanvanklik met die ondersoek van die saak getuie verklarings van beskuldigde 1 bekom het waarin beskuldigde 1 homself op die misdaad tonele geplaas het Ten opsigte van klagtes 3 en 4 in die eerste verklaring, en klagte 8 in die tweede verklaring. Hierdie verklarings is toegelaat nadat 'n verhoor binne 'n verhoor plaasgevind het.
15. Die kritiek teen inspekteur Daniels was omdat beskuldigde 1 'n jeugdige was, sy ouers of voog horn na die polisie stasie moes vergesel of by moes wees toe hy die verklarings afle.
16. Die feitlike agtergrond het geblyk in die verhoor-binne-verhoor. Inspekteur Daniels, 'n ervare inspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens gestasioneer te Vredenburg, het reeds 26 jaar dienservaring, 18 daarvan as 'n speurder. Inspekteur Daniels het verduidelik hoe hy 'n getuie ondervra en eers duidelikheid kry oor die inhoud van die verklaring voordat hy die verklaring afneem. Indien 'n getuie homself begin inkrimineer sal hy hom waarsku en sy regte (outomaties) aan hom verduidelik. Inspekteur Daniels het getuig dat, in die normale gang, sal verdagtes gearresteer word en daarna gewaarsku word van hul regte.
17. Inspekteur Daniels het getuig dat na die vele rooftogte en moorde die nag was klopjagte uitgevoer en was beskuldigde 1 aanvanklik as ln getuie of 'n sameloper van beskuldigde 2 beskou. Dis hoekom hulle aanvanklik, ongeveer 4 uur die oggend, nie sy ouers versoek het om hom saam na die polisiestasie te vergesel nie.
18. Beskuldigde 1 is die oggend van 27 Januarie 2004 by sy woning gaan haal. Daar was 'n hele aantal persone wat saam met beskuldigde 1 opgetel was in die klopjag. Op die stadium wat die klopjag uitgeoefen was, was beskuldigde 1 nog nie onder redelike verdenking dat hy betrokke was by die misdrywe nie. Toe hy by sy woning gaan haal was, is hy nie gearresteer nie. Beskuldigde 1 en sy ouers is meegedeel dat die polisie besig was met 'n ondersoek na drie moord en roof gevalle waarvan beskuldigde 2 verdink was en dat die polisie inligting ontvang het dat beskuldigde 1 saam met beskuldigde 2 was toe die voorvalle plaasgevind het. Hy sou na die polisiestasie geneem word, waar hy ondervra sou word en waarna die polisie weer met sy ouers in verbinding sou tree.
19. Op hierdie stadium het die polisie reeds vasgestel dat beskuldigde 1 vyftien jaar oud was (dit blyk dat sy geboorte datum 24 April 1988 was). Sy ouers was nie saamgeneem na die polisiestasie nie aangesien inspekteur Daniels beskuldigde 1 vir ondervraging geneem het en hy nie 'n verdagte was nie. Inspekteur Daniels het toegegee dat dit onbillik is om 'n 15 jaar oue kind sonder sy ouers te ondervra. Die enigste verduideliking is dat hulle baie besig was en dat "die gemeenskap was baie ontevrede'.
20. Beskuldigde 1 is toe gevra of hy weet wie saam was en of hy enige iets van die moorde geweet het. Daar is twee verklarings by beskuldigde 1 afgeneem. Die eerste verklaring (A2-01) is om 8h30 die oggend afgeld en die tweede verklaring (A3-02) is om 9h30 afgele. Inspekteur Daniels het verduidelik dat die tweede getuieverklaring bekom was omdat daar daar verskillende saak dossiere was. Beskuldigde 1 het eers 'n verdagte geword nadat van die ander getuies ondervra was. Alfredo Kies se verklarings is om 7h10 (op 7 Februarie 2006) en om 9h40 (op 27 Januarie 2004) afgele. Mnr Carelse se verklaring is om 9h15 geneem terwyl beskuldigde 1 se twee verklarings om 9h30 geneem was. Dit is gemene saak dat beskuldigde 1 nie gewaarsku was ten opsigte van sy twee verklarings nie. Op die stadium dat hy die tweede verklaring afgeneem het was inspekteur Daniels nog nie bewus van Mnr Carelse se verklaring nie.
21. Die waarskuwingsverklaring (A5) is om 11h30 die oggend afgele. Dit was geneem nadat beskuldigde 1 geimpliseer was as 'n verdagte. Die waarskuwingsverklaring dui nie daarop dat beskuldigde 1 se regte ten aansien van ouerbystand aan hom verduidelik was nie.
22. Daar is geen verduideliking van inspekteur Daniels hoekom hy nie met die neem van die waarskuwingsverklaring nie die ouers geroep het nie. Inspekteur Daniels was onseker of hy iemand gestuur het om die ouers in te lig van die arres van beskuldigde 1.
23. Getuieverklaring 01 plaas beskuldigde 1 op die toneel van aanklag 8. Ek verpoos om aan te stip dat beskuldigde 1 onskuldig bevind was op aanklag 8. Die getuieverklaring 02 verbind beskuldigde 1 tot die toneel by klagtes 3 en 4 - die roof en moord van Jakobus Raulse.
24. Die benadeling wat voortspruit uit die toelating van die twee getuieverklarings kan slegs direk verband hou met aanklagtes 3 en 4 (verklaring 02), aangesien beskuldigde 1 onskuldig bevind is op aanklag 8 ten opsigte waarvan verklaring 01 'n rol gespeel het.
25. Die verhoorlanddros het bevind dat die verklarings toelaatbaar was. Dit is dienlik om ag te slaan op die inhoud van haar bevindinge.
26. Beskuldigde 1 het homself nie in enige van die twee getuieverklarings geinkrimineer nie en het hy in sy waarskuwingsverklaring bloot gese dat hy volstaan met dit wat hy in sy vorige verklaring(s) gese het.
27. Beskuldigde 1 plaas homself egter op die toneel van die misdrywe - en soos die landdros tereg uitgewys het, was dit self-inkriminerend gewees. Die twee verklarings was juis aangebied om die alibi van die beskuldigdes te weerle.
28. Artikel 50(4) van die Strafproseswet vereis dat die ouer of voog van 'n persoon onder die ouderdom van 18 jaar kennis gegee word van so 'n persoon se arres deur 'n polisiebeampte.
29. Beskuldigde 1 was 15 jaar oud toe hy die getuieverklarings afgele het en was dit in sy beste belang dat sy ouers teenwoordig sou wees. Die verhoorhof bevind dat daar inderdaad 'n skending van beskuldigde 1 se regte ingevolge die Grondwet was en, in besonder dat inbreuk gemaak was op sy regte, ingevolge artikel 28(2) van die Handves van Regte (Hoofstuk 2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1966 (Wet 108 van 1996):
"In elke saak waar daar 'n kind betrokke is, moet daar in die beste belang van 'n kind opgetree word."
30. In Key v Attorney-General, Cape Provincial Division, and Another [1996] ZACC 25; 1996 (4) SA 187(CC) het die Grondwetlike Hof by monde van Kriegler R, te195F-16B beslis dat:
"[13] In any democratic criminal justice system there is a tension between, on the one hand, the public interest in bringing criminals to book and, on the other, the equal great public interest in ensuring that justice is manifestly done to all, even those suspected of conduct which would put them beyond the pale. To be sure, a prominent feature of that tension is the universal and unceasing endeavor by international human rights bodies, enlightened legislatures and courts to prevent or curtail excessive zeal by State agencies in the prevention, investigation or prosecution of crime. But none of that means sympathy for crime and its perpetrators. Nor does it mean a predilection for technical niceties and ingenious legal stratagems. What the Constitution demands is that the accused be given a fair trial. Ultimately, as was held in Ferreira v Levin1, fairness is an issue which has to be decided upon the facts of each case and the trial Judge is the person best placed to take that decision. At times fairness might require that evidence unconstitutionally obtained be excluded. But there will also be times when fairness will require that evidence, albeit obtained unconstitutionally, nevertheless be admitted."
31. Die hof het inderdaad steun geplaas op Key v The Attorney-General. supra, waar die Grondwetlike Hof beslis het dat billikheid soms vereis dat bewysmateriaal, alhoewel ongrondwetlik bekom. soms toelaatbaar is.
32. Die verhoorlanddros het op die Key beslissing gesteun. Mnr Cook daarenteen het gesteun op S v Orrie and Another 2005(1) SASV 63
(C), 'n uitspraak van Bozalek R. Bozalek R het ook na Key se saak verwys en daaraan toegevoeg (te 74D-F), die beslising van Cameron R in Sv Marx and Another 1996 (2) SASV 104 (W) te 149f:
"It should be borne in mind always that the matter is one of fundamental fairness. As Kentridge AJ said in the Zuma case, the question is always whether the criminal trial is conducted in accordance with notions of basic fairness. Basic fairness does not require formalistic repetition. Basic fairness likewise does not require inappropriate or undue formalism. Mere formalism,.., may indeed constitute a clog on the proper and efficient performance of police duties."
33. Bozalek R het daarop gewys (te 75B-D) dat die aanvanklike ondersoek egter moet wees of die getuienis wat verkry is. strydig met die beskuldigde se konstitutionele regte, indien dit toegelaat sou word, die verhoor onregverdig sou maak. Bozalek R verwys na S v Naidoo and Another 1998 (1) SASV 479 (N) waar, indien die getuienis aldus toegelaat, die regverdigheid van die verhoor sou aantas, dit die regspleging sou aantas en derhalwe, in die algemeen gesproke, uitgesluit sou word. Bozalek R het as volg voort gegaan te 75H-76E
"It now remains to consider whether the failure to advise the accused that his statement could be used against him rendered his trial unfair. Here, it appears to me, notwithstanding the exculpatory nature of the statement, the considerations are much clearer. The right not to be compelled to incriminate oneself in criminal matters is a hallowed one and a fundamental tenet of a fair trial (as discussed in Ferreira v Levin NO and Others; Vrvenhoek and Others v Powell NO and Others 1996(1) SA 984(CC) in paragraphs [91-100]). Furthermore, although a statement may on the face thereof appear exculpatory it may, nevertheless have prejudicial consequences for the statement maker, for example, where the statement maker has furnished a false exculpatory explanation. In these circumstances I can see no reason why statements of such a nature should not, for the purpose of deciding on the admissibility following a breach of the statement makers constitutional hghts, be determined on the same basis as confessional statements. In both cases the suspect or the accused is conscripted to give evidence against him- or herself. The keen tussle around the admissibility of the statement in the present matter is in itself an indication of the weight which it may carry. This in the present instance, although the disputed statement is apparently not confessional in nature, I must assume that it compromises the accused in some way.
In my opinion, the admission of such a statement obtained without a warning that it may be used against the maker will inevitably taint the fairness of any subsequent trial. The statement in question was obtained from the accused in violation of the constitutional duty to inform him that any statement he made could be used against him in later proceedings. As such I hold it to be inadmissible against the accused. Again, the conclusion which I have reached renders it unnecessary to consider the question of the effect of the admission of the statement on the administration of justice."
34. In S v Manuel & Andere 1997 (2) SASV 505 (K) het Brand R (soos hy toe was) as volg bevind te 515e-516i:
"Wat minderjariges betref, is die konsekwensies van die benadering wat uit die voorgaande blyk, die wat uiteengesit word in die volgende dicta van Eksteen AR in S v M 1993 (2) SASV 487 (A) op 490d-g:
'It seems to be that as a matter of general principle a young person in such circumstances ought to be afforded the assistance of a parent wherever this is reasonably possible. Our common law has always recognised the inherent intellectual immaturity and inexperience of youth, and made allowances for them . . Section 73(1) of the Act entitles any person who has been arrested to have the assistance of his legal adviser as from the time of his arrest and ss (3) of the same section allows an accused who is under the age of 18 years to be assisted by his parent or guardian at criminal proceedings. In fact s 74 goes on to make it imperative for the parent or guardian to be warned to attend such criminal proceedings whenever he or she "can be traced without undue delay", and makes it an offence for them to fail to attend and to remain in attendance unless excused by the court. The conjunction of ss (1) and (3) of s 73 in the same section would seem to indicate that a person under the age of 18 years would at least be entitled to the assistance of his parent or guardian as from the time of his arrest in the same way as an adult would be entitled to the assistance of his legal adviser In S v Gibson NO and Others 1979 (4) SA 115 (D) at 138B-C, Milne J had occasion to remark on the "unwisdom of allowing a 17 year old unrepresented accused, who is not assisted by his parents or guardian, to plead to serious chminal charges'".
Dit bring my by die regsbeginsels aangaande die tweede basis waarop mnr Tyler vir sy aanvegting van die toelaatbaarheid van die bekentenis steun. Hierdie gronde synde - soos reeds aangedui - dat die toelating van die bekentenis in stryd sal wees met beskuldigde se konstitusionele reg op 'n billike verhoor".
35. Brand R het as volg (te 516C-517D) gehandel met die toelaatbaarheid van 'n bekentenis wat afgele was deur 'n jeugdige in die afwesigheid van sy moeder:
"Toepassing
Dat jeugdiges oor die algemeen makliker as volwassenes gei'ntimideer kan word, spreek eintlik vanself. Wanneer 'n sestienjarige deur n polisieman gekonfronteer word met veridarings wat horn direk met ernstige misdade verbind, is dit hoogs waarskynlik dat hy hierdeur befnvloed sal word om maar liewer 'oop kaarte te speel'. Dat hierdie tipe beinvloeding nie noodwendig onbehooriik is nie, spreek eweneens vanself.
War volgens mnr Tyler se argument die beinvloeding in die onderhawige geval onbehooriik maak, is dat beskuldigde se moeder by haar seun se ondervraging uitgesluit is. Soos uit die aangehaalde gesag blyk, is die teenwoordigeheid van 'n jeugdige se ouer vanaf die oomblik vanaf sy arrestasie van groot belang Die redes hiervoor is die aanvaarding van die feit dat jeugdiges oor die algemeen, weens hulle gebrek aan oordeel en lewenservaring, nie oor dieselfde vermoe beskik om besluite te neem nie. Dit moet veral so wees waar die minderjarige van besondere lae intelligensie is soos die beskuldigde in hierdie saak. Toe die beskuldigde hom bereidwillig verklaar het om 'n bekentenis af te l§, het hy in wese twee eleksies uitgeoefen. Eerstens, die eleksie om afstand te doen van sy swygreg en, tweedens, die eleksie om nie 'n regsadviseur te raadpleeg alvorens hy die eerste eleksie uitoefen nie. Die stelling dat die uitoefening van hierdie twee eleksies vir die jeugdige beskuldigde van die allerhoogste belang was, behoef nouliks enige motivehng. Indien hy in die hof hierdie eleksies moes uitoefen sou geen regsprekende amptenaar hom vra om dit te doen sonder dat redelike stappe geneem is om die teenwoordigheid van die jeudigde se ouer of voog te verseker nie (vlg S v Gibson NO and Others 1979(4) SA 115 (D) op 137-9). Dit is nouliks denkbaar dat die regsprekende amptenaar, waar die ouer of voog wel beskikbaar is, die ouer of voog sal uitstuur juis wanneer die jeugdige gevra word om hierdie belangrike besluite te neem. Soos uit die gesag blyk, is die algemene reel dat dit wat nie tydens die vertioor toelaatbaar is nie, ook nie vooraf toegelaat kan word nie. Op die basis het Magalis se optrede om beskuldigde se moeder weg te stuur voordat hy die beskuldigde ondervra. dus die beinvloeding onbehooriik gemaak.
Dit is so dat beskuldigde se moeder wel teenwoordig was toe hy die bekentenis voor die landdros afgel§ het. Na ons oordeel, kan dit egter nie bo redelike twyfel bevind word dat die onbehooriike beinvloeding in die polisiestasie op daardie stadium geen rol meer gespeel het nie. 'n Oningeligte beskuldigde wat hom reeds voor 'n polisieman tot die afle van 'n bekentenis verbind het, mag bes moontlik glo dat hy maar net sowel kan voortgaan om die bekentenis voor n landdros afte le.
Soos uit die aangehaalde gesag blyk, is dit nie eintlik sinvol om te probeer vasstel wat inderdaad sou gebeur indien beskuldigde se moeder wel teenwoordig was toe hy gevra is of hy 'n bekentenis wil maak en indien sy op daardie stadium behoorlik van beskuldigde se regte verwittig was nie. Wat ons egter wel weet is dat die beskuldigde se moeder by die eerste geleentheid waarop sy meegedeel is van die moontlikheid dat beskuldigde op Staatskoste van 'n regsverteenwoordiger voorsien kan word, gevra het dat hy voorsien word van 'n regshulp prokureur. In die tig hiervan kan nie geargumenteer word dat die beswaar teen die afwesigheid van beskuldigde se moeder tydens sy ondervraging, 'n bloot tegniese beswaar is nie.
Ons is gevolglik van oordeel dat die Staat nie bewys het dat die beskuldigde die bekentenis afgele' het sender dat hy onbehooriik daartoe beinvloed is, soos wat in art 217 van die Strafkode vereis word nie. In elk geval, sou die toelating van die bekentenis, na ons oordeel. in alle omstandighede onversoenbaar wees met beskuldigde se konstitusionele reg op billike verhoor."
36. Die volgende vraag wat die hof oorweeg het, was of die inbreukmaking op beskuldigde 1 se regte regverdigbaar was want, soos die hof uitgewys het, regte is nie absoluut nie. Die hof het verwys na die bepalinge van artikel 36(1)(a), (b), (c), (d) en (e) en bevind dat die inbreukmaking van beskuldigde 1 se regte was nie geregverdig of geoorloof of "justifiable" ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse reg nie.
37. Artikel 35(5) van die Handves van Regte (Hoofstuk 2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1966 (Wet 108 van 1996) lui as volg:
'Getuienis wat verkry is op n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend moet uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die vertioor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou wees."
38 Die hof het derhalwe die vraag gestel of die toelating van die bewys materiaal die verhoor onbillik sou maak. Die hof bevind dat indien die getuieverklarings toegelaat word om die alibi van die beskuldige weerle, dan sou dit nie onbillik wees nie, omdat dit slegs op beskuldigde 1 se ongeloofwaardigheid dui (#554).
39.
In
die proses het die verhoorlanddros aangevoer dat daar 'n
opweging
van regte moet plaasvind en wel as volg:
(a) die reg van die beskuldige op die bystand van sy ouers teenoor die reg van die oorledende op sy lewe;
(b) die hof verwerp die getuienis in die verhoor binne die verhoor dat beskuldigde 1 gedreig was om 'n getuieverklaring af te le;
(c) die verdere vraag wat die verhoorlanddros aan haarself stel is of die toelating van die bewysmateriaal die regspleging nadelig sou raak. Sy bevind dat dit nie die geval sou wees nie aangesien die openbaarmaking van bewysmateriaal wat op die waarheid dui, tot voordeel van die regspleging en nie tot nadeel is nie.
40.
Ek
meen egter dat die reel dat die ouers teenwoordig moet wees
wanneer
'n minderjarige ondervra word of n verklaring afle. voorrang
moet
geniet bo die vraag wat die waarheid sou wees. Dit is juis om
die
waarheid te verseker dat daar veiligheids-meganismes in die
ondervragings of ondersoekings proses vasgele word. Die verhoorhof
het inderdaad gevind dat die verklaring inkriminerend mag wees en
val dit dan na my mening binne die trefwyde van die S
v Orrie & another
2005
(1) SASV 62 (K) 76A-C.
41. Dit wil my derhalwe voorkom dat die verklaring nie voldoen het aan die vereistes wat gestel word deur Brand R in Manuel se saak nie.
42. Verdermeer oorskadu die oorwegings uiteengesit in Key se saak deur die Konstitusionele Hof nie sondermeer die beginsels wat Bozalek R uiteengesit het in Orrie se saak nie.
43. Mnr Cook het aangevoer dat, as n direkte gevolg van die toelating van die verklarings, beskuldigde 1 nie getuig het nie, en dat hy derhalwe benadeel was in die voer van sy verhoor.
44. Mnr Cook het aangevoer dat die verklarings 'n botsing daar stel, nie net tussen die verweer wat geopper was - synde n alibi - maar ook met sy instruksies. Ek moet bieg dat ek laasgenoemde punt nie verstaan nie - indien daar 'n teenstrydigheid ten aansien van Mnr Cook se instruksies bestaan, is dit Mnr Cook se verpligtmg om die etiese reels wat toepassing vind, na te kom. So n teenstrydigheid speel geen rol met die besluit van beskuldigde 1 om te getuig, al dan nie. Dit staan egter nie 'n gedingsparty vry om aan te voer dat, aangesien daar 'n teenstrydigheid tussen sy verweer en die getuienis voor die hof was, hy derhalwe kan kies om nie te getuig nie en dan aanvoer dat die verhoor onregverdig is was nie
45. Dit is gevolglik geen antwoord om te se dat die beskuldigde nie kon gaan getuig het nie, aangesien sy verklarings sy alibi weerspreek het en dit sy geloofwaardigheid sou ondermyn tydens sy getuienis.
46. In die onderhawige saak gaan dit egter verder: Mnr Cook, het in sy kruisverhoor sy klient op die toneel geplaas van die aanklagte ten opsigte van Mnr Cloete. Verdermeer het Mnr Cook verkeerdelik aangedui dat beskuldigde 1 vir Mnr Kies in sy verklaring geTmpliseer het en dat Mnr Kies vir daardie rede teen beskuldigde 1 getuig het. Die verhoorlanddros uit laasgenoemde tereg in oorweging geneem by die vraag of die verklarings toegelaat moet word.
47. Dit is geykte reg dat 'n ontoelaatbare bekentenis toelaatbaar word indien 'n beskuldigde steun op 'n gedeelte daarvan wat vir hom gunstig is. (Hiemstra's Criminal Procedure, los band, te 24-50). Mnr Cook het verkeerdelik aangevoer dat die beskuldigde vir Mnr Kies gemkrimineer het in sy verklaring.
48. Alhoewel Mnr Cook aangevoer het dat daar 'n "opsetlike en blatante miskenning van die regte van die beskuldigde" was, deurdat die verklarings afgeneem was, word hierdie submissies nie ondersteun deur die getuienis nie. Inspekteur Daniels het verduidelik onder welke omstandighede die twee verklarings gemaak was en het verdermeer aangedui dat die waarskuwingsverklarings gepaard gegaan was met die gebruiklike waarskuwings. Dit was ooglopend 'n oorsig aan sy kan om nie die ouers se teenwoordigheid te verseker nie. Dit blyk egter uit sy getuienis dat die ouers inderdaad bewus was van die feit dat beskuldigde 1 vir ondervraging na die polisiekantoor geneem was.
49. Hierdie feite onderskei daardie gesag waarop Mnr Cook gesteun het, synde Burlinaham v The Queen 28 CRR (2d) 244 en R v Collins 28 CRR 122. Die uiterste optrede van die polisie in beide daardie sake, wat in die een geval gelei het tot ln bekentenis. en in die ander geval tot 'n onbehoorlike arres en beslaglegging, kan geredelik onderskei word van die feite wat aanleiding gegee het tot die aflegging van die twee getuieverklarings in die onderhawige saak.
50. Ek is dit eens met die verhoorlanddros dat daar 'n skending van beskuldigde 1 se regte was. Die skending van die regte is egter verantwoordbaar in die omstandighede, en die verklarings gevolglik toelaatbaar, vir die volgende redes:
(a) Die feit dat Mnr Cook op die gunstige deel daarvan gesteun het. Die feit dat dit geblyk 'n mistasting te gewees het. doen nie hieraan afbreuk nie;
(b) Die getuienis dat die verklarings deur dreigemente bekom was, is tereg verwerp;
(c) Die verklarings was afgeneem op 'n stadium toe beskuldigde nog nie 'n vedagte was nie;
(d) Die verklarings is verontskuldigend in inhoud;
(e) Toe die beskuldigde n verdagte geword het, is sy regte inderdaad aan horn verduidelik (alhoewel sonder om sy ouers te betrek)
51. Selfs indien die verklarings verkeerdelik toegelaat was. lei dit nie, in my beskeie mening, tot 'n nietigheid en gevolglike tersydestelling van die verrigtinge nie. Onreelmatighede verskil beide in graad en omvang. Holmes AR het dit as volg gestel in S v Naidoo 1962 (4) SA 322 (A) te 325:
"Broadly speaking they fall into two categories. There are irregularities (fortunately rare) which are of so gross a nature as per se to vitiate the thai. In such a case the Court of Appeal sets aside the conviction without reference ot the merits. There remains thus neither a conviction nor an acquittal on the merits, and the accused can be re-tried on terms sec 370 (c) [nou artikel 324] of the Criminal Code. That was the position in Moodie's case [1962 (1) SA 587 (A)], in which the irregularity of the deputy sheriff remaining closeted with the jury throughout their two hour deliberation was regarded as so gross as to vitiate the whole trial.
On the other hand there are irregularities of a lesser nature (and happily even these are not frequent) in which the Court of Appeal is able to separate the bad from the good, and to consider the merits of the case, including any findings as to credibility of witnesses If in the restult it comes to the conclusion that a reasonable trial Court, properly directing itself would inevitably have convicted, it dismisses the appeal, and the conviction stands as one on the merits. But if, on the merits, it cannot come to that conclusion, it sets aside the conviction, and this amounts to an acquittal on the merits. In such a case sec 370(c) of the Code does not permit of a re-trial"
Sien ook S v Le Grange (04/2008) [2008] ZASCA 102 (18 September 2008)
52. Die verklarings het bykans geen rol in die verhoor gespeel nie en alhoewel die verhoorlanddros aandui het in haar redes dat sy dit inaggeneem het, het sy dit nie in die uitspraak vermeld nie. Die omstandighede waaronder dit bekom is verskil ook hemelsbreed van die waaronder die bekentenis in Manuel se saak bekom is. Die ouers van beskuldigde een was bewus van die ondervraging, en is daar geen getuienis aangebied oor wat hulle gedoen het om hom by die ondervraging by te staan nie, of dat hulle weerhou was van hom nie.
53. Daar is, soos later aangedui sal word, onbetwiste getuienis wat handel met die aanwesigheid van beskuldigde een op die misdaadtonele, en word hy trouens deur sy eie regsverteenwoordiger in kruisverhoor op die toneel van aanklagtes 1 en 2 geplaas.
54 Indien die verklarings inderdaad verkeerdelik toegelaat was, stel dit steeds nie 'n onreelmatigheid van sodanige omvang daar dat dit daartoe lei dat die verrigtinge self nietig is nie.
55.
Indien
die verklarings buite rekening gelaat word, moet daar
derhalwe
steeds oorweeg word of daar voldoende getuienis was om
die
skuldigbevindings te regverdig.
Die kortqeknipte kruisverhoor
56. Mnr Cook het aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer het deur hom te verhoed om te kruisverhoor op die verklarings van Bailey en Carelse wat geneem was deur die Suid Afrikaanse Polisie, maar ten opsigte waarvan nog die Staat nog die verdediging van voorneme was om die verklaarders te roep. Mnr Cook het aangevoer dat hy geregtig was om op daardie verklarings te kruisverhoor en dat die verhoorlanddros verkeerdelik steun geplaas het op die beslissing S v Tshbalala 1999(1) SASV 136 (T) toe sy die kruisverhoor aan bande gele het.
57. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie, Projek 101, wys daarop dat:
UA prerequisite for cross-examination is that all evidence is produced in couri and witnesses testify viva voce. Where an accused has been deprived of the opportunity to cross-examine a witness due, for example, the tatter's death, the use of such untested evidence will result in the infringement of this constitutional right." (te bl 70)
58. Die aanhaling van die Regskommissie. supra, vind sy oorsprong in Steytler, Constitutional Criminal Procedure - A Commentary on the Constitution of the Republic of South-Africa. 1996, te 347.
59. JP Pretorius, Cross-examination in South-African Law, stel dit as volg te 206;
"In a case where the witness is being probed about evidence yet to be delivered, it goes without saying that the cross-examiner intends to lead such evidence. Obviously, such witnesses must be available. If such witnesses are not called later, the original statements may be relied on if they constitute admissions. Generally speaking (and with the exception of expert witnesses) a witness ought not to be asked what other individuals, not involved in the proceedings, have said about the subject and then asked if he disagrees with them. A witness can thus not be asked what his attitude is towards evidence given in another case, or during another investigation or preliminary investigation, unless such witnesses are called again or there is an intention to call them. In the case ofRv Wheatlev 1960 (2) PH H381(N) the prosecutor asked the accused about statements by people who were at the crime scene, but were not called as witnesses. The question was in a form of a statement to the effect that these persons had made statements which contradicted the version of the accused. Such behaviour is irregular and not admissible. Although the version of other witnesses may indeed be put by the cross-examiner to a witness, it must be clear that the witnesses are going to testify and that the information is a true reflection of the evidence."
(te bl 206, beklemtoning bygevoeg)
60. Dieselfde beginsel vind toepassing ten aansien van dokumente:
'An inadmissible document does not become admissible simply because it is presented in cross-examination. No cross-examination is admissible, for example, on a document which may not be presented. Where there is no way at all of proving the authenticity of a document, it cannot be used as evidence or for cross-examination."
(Pretorius, te 312)
61. Schmidt. Bewvsreq. derde uitgawe, te 280 wys daarop dat "ontoelaatbare feite mag egter nie aan 'n getuie gestel word nie." Schmidt verwys na R v Schoeman 1959(4) SA 89 (K) te 93B:
'...admissibility of a statement is a condition precedent to cross-examination thereon."
62. Schwikkard en Van der Merwe, Principles of Evidence, tweede uitgawe, wys ook daarop dat ontoelaatbare getuienis nie gestel mag word aan 'n getuie nie (paragraaf 18.3.6.5.3 te 344) Zeffertt, Paizes and Skeen, The South-African Law of Evidence, is dieselfde mening toegedaan (te 752).
63. Die verhoorlanddros het gesteun op die uitspraak deur Van der Walt R in S v Tshabalala 1999 (1) SASV 136 (T) waar sy die kruisverhoor aan 'n bande gele het ten aansien van die inhoud van die verklarings van Bailey and Carelse.
64. Van der Walt R het as volg bevind (te 167h-168b):
"Die ander aspek is verklarings van getuies wat nog nie geroep is nie Natuurtik is daardie inligting tot die beskikking van die verdediging; natuuriik kan dit handige materiaal verskaf vir kruisondervraging van 7? huidige getuie as 'n ander getuie wat 'n verklaring afgele het by dieselfde geleentheid teenwoordig was en hemelsbreed verskil van hierdie getuie. Maar as daardie getuie nog nie geroep is nie, en nie geroep gaan word deur enige van die partye nie, die Staat of die verdediging nie, dan kan daardie getuienis nie voor die hof geplaas word nie. Die eerste stap is dus om vas te stel of daardie getuie gaan getuig. En as dit vasstaan dat die Staat of die verdediging wel daardie getuie gaan roep dan kan dit regmatig op 'n tentatiewe wyse in kruisondervraging gebruik word deur te s$ 'hier is 'n getuie X wat later kom getuig, en as die getuie sou se dit en dat is die posisie, wat is u antwoord daarop'; dit word daagliks in die howe gedoen. Op daardie wyse kan daardie verklaring gebruik word.
Andersins, dit mag wees dat die Staat daardie getuie nie gaan roep nie. dan kan die verdediging daardie getuie roep. Dit is in Shabalala se saak uitgespel dat die verdediging die reg het om daardie Staatsgetuie te konsulteer in oorleg met n reeling met die Staatsadvokaat/aanklaer, dan kan daar vasgestel word op daardie stadium om daardie getuie deur die verdediging gebruik gaan word en wat die rol van die verklaring gaan speel. Dit in bree trekke is my siening van hierdie geskilpunt."
65. Die sake waarop Mnr Cook gesteun het soos Shabalala and Others v Attorney-General Transvaal and Another 1996(1) SA 725 (CC); Jewell Crossberg v The State, saaknommer 440/07, gelewer op 20 Maart 2008; Rex v Stinchcombe [1991] 3 SCR 326 wentel almal om die verpligtmg wat op die Staat rus om die inhoud van die saakdossier beskikbaar te stel aan die verdediging. Daar is geen sprake daarvan in die huidige saak dat die Staat nie sy verpligtinge in die verband nagekom het nie en help daardie gesag nie met die beregtiging van die onderhawige punt nie.
66. So ook is die gesag waarop Mnr Cook gesteun het in Taillefer v The Queen (2003) SCC 70 en Brady v Maryland 373 US 8 3 (1963) nie van hulp nie waar dit handel met 'n versuim om getuienis aan die verdediging te openbaar. R v Little 2004 SCC 5 bevestig die beginsel dat
"As long as counsel has a good faith basis for asking an otherwise pennissible question in cross-examination, the question should be allowed. In our view no distinction need be made between expert and lay witnesses within the broad scope of this general principle. Counsel, however, bear important professional duties and ethical responsibilities, not just trial, but on appeal as well."
(paragraph 66)
67. Te paragraaf 70 het die hof as volg bevind:
"The Manitoba Court of Appeal echoed these sentiments in R v Wallick(1999) 69 MAN R (2d) 317 at page 31:
'Cross-examination is the most powerful weapon of the defence, particularly when the entire case turns on credibility of the witnesses. An accused in a criminal case has the right of cross-examination in the fullest and widest sense of the word as long as he does not abuse that right. Any improper interference with the right is an error which will result in the conviction being quashed."'
68. Al die sake waarop Mnr Cook steun veronderstel egter dat die kruisverhoor gebaseer word op toelaatbare getuienis, dit wil se dat dokumente wel bewys sal word of dat getuienis wel aangebied gaan word (al mag dit uiteiendelik blyk nie nodige te wees om inderdaad sodanige getuienis aan te bied nie). Geen van die sake veroorloof 'n proses waar slegs die gunstige feite vir die verdediging voor die Hof geplaas gaan word sonder dat die voile omvang van die getuienis, insluitende die nadelige of inkrimenerende gedeeltes nie terselfdertyd voor die Hof sal dien nie. Mnr Cook het aangevoer dat die verdediging geregtig is om te kruisverhoor op die wyse sodat die 'ware feite" voor die Hof geplaas kan word, maar het terselfdertyd aangetoon dat hy die getuies nie kon roep nie omdat hulle beskuldigde een sou inkrimineer. Na my mening kan so 'n benadering nie veroorloof word nie - getuienis word voor die hof geplaas bywyse van getuies (of bewese dokumente) en kan daar nie 'n gedeeltelike ontbloting van feite wees sonder dat die getuienis self nie aangebied word nie.
69. Met verwysing na die gesag hierbo uiteengesit en die steun wat die verhoorlanddros geplaas het op Shabalala het sy tereg geweier dat kruisverhoor ten aansien van die inhoud van die verklarings van Bailey en Carelse toegelaat word
70. Die uitspraak van Van Tonder v Kilian NO en 'n Ander 1991 (2) SASV 579 (T) te 585a waar Kirk-Cohen R daarop wys dat 'n dokument aan 'n staatsgetuie gestel mag word "onderworpe aan latere bewys daarvan" ondersteun die uitgangspunt. Carpede v Cohen NO and Another 1986 (3) SA 445 (O) te 454E-455A en S v Swanepoel en 'n Ander 1980(1) SA 144 (NK) te 147E is tot dieselfde effek.
71. Na my mening was sy nie net geregtig om die kruisverhoor te weier nie, maar was sy ook trouens verplig om dit te doen. Die weiering van die kruisverhoor stel nie 'n onreeimatigheid daar nie
Die meriete
72.
Die
verhoorlanddros het haar uitspraak op 27 Junie 2007 gelewer.
Op
daardie stadium was beskuldigde 1, Kleinsmit, ongeveer 19 jaar
oud
en beskuldigde 2. Engelbrecht, ongeveer 24 jaar oud
73. Die verhoorlanddros wys in haar evaluasie van die bewysmateriaal wat deur die Staat en, indirek. deur die verdediging voor haar geplaas was in die geheel te beoordeel soos vereis deur ondermeer S v Jochems 1991(1) SASV 208 (A).
74. Die verhoorlanddros het die staatsgetuies versigtig evalueer weens die volgende redes:
(a) Die beweerde misdade is meestal gepleeg in die aand toe dit donker was;
(b)Mnr Alfredo Kies (staatsgetuie 5) was gewaarsku ingevolge die bepalinge van die artikel 204 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 ("die Strafproseswet). Hy en staatsgetuie 8, Ronwyn Pedro, was deel van beskuldigdes 1 en 2 se vriende groep die aand;
(c) die polisie beamptes het nie altyd 100 persent korrek opgetree nie;(d) Mnr Kies en Mnr Pedro se soberheidstoestand nie bewys was nie.
75. Konstabel Samuel Sampson het getuig ten aansien van die moord op Dirk Jaers (aanklag 5). Hy het Mnr Jaers dood aangetref te Melbastraat, Witteklip, Vredenburg om 23h45 op 23 Januarie 2004. Mnr Jaers is dood as gevolg van bloedverlies deurdat n skerp voorwerp sy hart deurdring het.
76. Mnr Michael Cloete het ten aansien van aanklagte 1 en 2 getuig. Hy het beskuldigde 2 as een van die persone uitgeken wat horn geroof en gesteek. Dit was op die aand van 24 Januarie 2004 te Vinkstraat. Vredenburg. Beskuldigde 2 het horn in die linker bors gesteek en is bygestaan deur twee ander persone wat Mnr Cloete vasgehou het. Beskuldigde 2 het sy sakke deursoek en horn n tweede keer op sy linker arm gesteek. "n Ander persoon wat klein, lig van kleur was en horn aan die skouer gevat het, het horn op sy regter arm met n panga gekap en dat die ligte persoon gehelp het tydens die roof om sy baadjie uit te trek. Mnr Cloete is beroof van sy baadjie, selfoon, sigarette en sleutels.
77. Die verhoorlanddros het deeglik ontleed hoekom sy Mnr Cloete se identifikasie van beskuldigde 2 aanvaar het.
78. Die verhoorlanddros het Mnr Cloete geloofwaardig bevind omdat hy, alhoewel hy beskuldigde nommer 1 geken het, hy nie getuig het dat beskuldigde 1 op die toneel was nie - hy het getuig dat hy nie weet of beskuldigde 1 op die toneel was nie omdat hy op beskuldigde 2 gekonsentreer het. Mnr Cloete het verder getuig dat voordat hy geroof was, het hy vier persone op die treinspoor gesien wie besig was om iemand anders te beroof. Me Dampies wat daar naby gestaan het het geskeeu "Koelekie. los die man". Sy het geskreeu in die rigting van die groep mense op die treinspoor Sy het later ook getuig hoe Mnr Cloete self beroof word en dat hy bebloed na sy niggie se huis gehardloop het. Sy het getuig dat sy die meisie was wat Mnr Cloete gesien het en dat sy wel gesien het hoe hy beroof word en dat hy gebloei het. Mnr Cloete se getuienis word derhalwe in wesenlike opsigte gestaaf deur Me Dampies. Sy beskrywing van die mes wat beskuldigde 2 in sy hand gehad het strook ook met die getuienis van Me Dampies oor die mes wat uit haar kombuis gehaal is.
79. Ten opsigte van klagte 1 plaas die klaer nie vir beskuldigde 1 op die toneel nie. Mnr Kies plaas beskuldigde 1 wel op die toneel maar hy is 'n medepligtige en 'n versigtigheidsreel moet ten opsigte van sy getuienis toegepas word.
80. Alhoewel Mnr Cloete toegegee het dat hy nie vir beskuldigde 1 kon identifiseer as synde teenwoordig op die misdaadtoneel nie. het Me Dampies beskuldigde nommer 1 naby die misdaadtoneel geplaas en Mnr Kies getuig later dat dit beskuldigde nommer 1 was wat ook vir Mnr Cloete gesteek en beroof het. Mnr Cloete se getuienis dat die tweede aanvaller lig van kleur was, klein gebou was en so hoog soos sy skouers was. strook met beskuldigde nommer 1 se beskrywing.
81. Ten aansien van die ander persone wat Mnr Cloete versoek was om te identrflseer tydens kruisondervraging het hy slegs vir Mnr Kies geidentifiseer as die derde persoon wat horn vasgehou het tydens die roof. Hy het geantwoord dat Mnr Kies dieselfde velkleur, lengte en selfde bou gehad het as die persoon wat horn vasgehou net, maar dat hy onseker was of dit inderdaad Mnr Kies was. Mnr Cloete se getuienis word verder bevestig deur Mnr Kies wanneer hy later getuig en erken dat hy wet die derde persoon was wat vir Mnr Cloete vir die roof vasgehou het.
82. Die verhoorlanddros het verder daarop gewys dat die mediese getuienis van Mnr Cloete se beserings ooreengestem het met Mnr Cloete se beskrywing van sy beserings. Derhalwe, en op sy getuienis is dit bo redelike twyfel bewys dat hy:
(a) aangeval en beroof was deur drie mans waarvan een beskuldigde 2 was Ten opsigte van die ander twee rowers was die een kort en die een lank en dat die kort rower horn bykomend ook met n skerp voorwerp gesteek het;
(b) Mnr Kies, wie homself later as die derde vashouer van Mnr Cloete identifiseer het, is fisies langer as beskuldigde nommer 1.
83. Me Dampies was die vierde staatsgetuie. Sy het getuig dat beskuldigde 1 is die pa van haar enigste kind en dat beskuldigde 2 haar neef is. Sy het die Satermiddag kos voorberei vir beskuldigde 1, beskuldigde 2, Mnr Kies en ene David Bailey. Daardie selfde middag het beskuldigde 2 n dertig sentimeter lange bruin steel mes uit die kombuis verwyder. Sy het hulle later die Saterdagaand gesoek. Sy is toe winkel toe en het sy by die kragboks gestaan (waaroor Mnr Cloete reeds getuig het) waar sy gesien het dat drie persone iemand op 'n erf beroof. Volgens haar was die rowers beskuldigde 2. Mnr Kies en Mnr Bailey. Sy het getuig dat beskuldigde 1 so vyf meter vanaf hulle gestaan het. Die roofslagoffer was Mnr Cloete wie later bebloed by sy niggie se huis daar naby ingehardloop het. Die verhoorlanddros het daarop gewys dat sy die getuienis van Me Dampies versigtig evalueer het. Sy het egter bevind dat Mev Dampies geloofwaardig was omdat:
(a) sy en Mnr Cloete mekaar gestaaf het ten opsigte van:
(i)
dat
hy die aand in Vredenburg op 'n erf beroof was terwyl
hy na
Hopland gestap het;
(ii)
dat
hy gesteek is. hy bebloed gehardloop het na sy niggie
se huis
daar naby;
(iii) Me Dampies by die kragboks gestaan het en die roof op
hom gesien het;
(iv) die kleur van die mes wat beskuldigde 2 hanteer het ooreenstem met haar getuienis oor wat uit die kombuis geneem was;
(b) sy ken beide beskuldigdes goed as haar familie en vriende;
(c) sy het hulle behoorlik gesien. want die ligte in die pad en in die winkel het gebrand en dit het haar in staat gestel om te sien;
(d) die rowers en beskuldigde 1, wie op haar getuienis 'n entjie weggestaan het, het dieselfde klere aangehad die aand as die middag toe sy hulle voedsel voorberei het;
(e) sy het ook beskuldigde 1 en beskuldigde 2 se guns getuig, deurdat sy op die misdaadtoneel nie wapens op hulle gesien het nie;
(f) dit is aan haar gestel in kruisondervraging namens beskuldigde 1 dat sy vroeer vir beskuldigde 1 vanaf Gaynor se jaart halfpad huis toe, Hopland toe geneem het. Me Dampies het gese dat sy dit nie kon onthou nie;
(g) dat sy toegegee het dat Mnr Cloete dalk onder die invloed van drank was.
84. Desnieteenstaande het die verhoorlanddros Me Dampies se getuienis versigtig evalueer weens die volgende redes:
(a) sy die ma van beskuldigde 1 se kind en dit is te verstane dat sy hom vyf meter vanaf die rooftoneel plaas, maar nie op die toneel self nie;
(b) sy het self ook drank genuttig,
(c) sy het aanvanklik op die toneel meegedeel dat sy niks ten opsigte van die roof van Mnr Cloete waargeneem het nie.
85.
Die
verhoorlanddros het. tereg, na my mening bevind, dat Me Dampies
wel
eerlik was ten opsigte van die volgende aspekte:
(a) dat beskuldigde 1 en 2 vroeer die dag saam by beskuldigde 2 se woning was;
(b) dat beskuldigde 2 een van die persone was wie Mnr Cloete geroof het en dat beskuldigde 2 die volgende dag aan haar genoem het dat hulle die vorige aand "n nommer gedala* het wat beteken dat hulle iets verkeerd gedoen het;
(c) die mes beskrywing ooreenstem met die van Mnr Cloete ;
(d) Me Dampies ook eerlik was dat beskuldigde 1 nie ver vanaf Mnr Cloete se rooftoneel was nie en dat hy na die roof saam met die ander rowers Hopland toe gehardloop het.
86. Die hof het bevind dat dat haar afwatering van beskuldigde 1 se bydrae ten opsigte van die roof wat sy waargeneem het te verstane is as gevolg van haar emosionele band met beskuldige 1.
87. Die hof het ook die getuienis van staatsgetuie nommer 5, Mnr Kies bespreek. Hy was sewentien jaar oud tydens die verhoor. Hy was gewaarsku in gevolge die bepalinge van artikel 204 van die Strafproseswet.
88. Sy getuienis was dat beskuldigde 1 en beskuldigde 2 sy vriende was en dat hulle vroeer die aand dagga gerook het en so 8 uur die aand Hopland toe gestap het. Daar het hulle drie vir Mnr Michael Cloete beroof. Hy het getuig dat beskuldigdes 1 en 2 Mnr Cloete gesteek het. Hy was die derde persoon wat Mnr Cloete vasgehou het want hy wou deel in die roof opbrengs. Die getuienis van Mnr Kies word gestaaf deur Mnr Cloete ten opsigte van:
(a) die misdaad toneel bokant die winkel naby die treinspoor;
(b) dat Mnr Cloete se baadjie deursoek was, en dat sy baadjie waarin 'n selfoon was uitgetrek was (dit was slegs Mnr Cloete se baadjie van al die slagoffers wat uitgetrek was);
(c) dat Mnr Cloete vele kere gesteek is deur meer as een persoon waarna die rowers die misdaad toneel verlaat het.
89. Die verhoorlanddros het Mnr Kies se getuienis met versigtigheid benader, omdat:
(a) beskuldigde 1 en beskuldigde 2 sy vriende was en hy hulle die roofslagoffer help vashou het. Hy was aandadig tot daardie roof;
(b) hulle het saam dagga gerook en dit kon sy handelingsvermoe en sy onthouvermoe aangetas het;
(c) daar was 'n moontlikheid dat hy deur die polisie vrywaring teen vervolging belowe was om te getuig.
90.
Die
hof het egter bevind dat Mnr Kies se getuienis geloofwaardig
was
omdat hy:
(a) nieteenstaande die feit dat Mnr Cloete hom nie kon identifiseer as die derde deelnemer aan die roof nie, hy homself nogtans gei'nkrimineer het;
(b) hy getuig het dat hy honderd persent seker was dat Mnr David Bailey (Koelekie) nie op die toneel was nie ten spyte daarvan dat Me Dampies die woorde "Koelekie los die man" geskreeu het in 'n ander rigting. Die woorde wat Me Dampies geskreeu het was geskreeu voordat Mnr Cloete beroof was volgens Mnr Cloete se getuienis,
(c) Mnr Kies en Mnr Cloete staaf mekaar veral in die opsig dat twee persone Mnr Cloete gesteek het. Mnr Kies getuig dat die tweede persoon beskuldigde nommer 1 was. Mnr Cloete getuig dat die tweede dader fisies gelyk het soos 'n beskrywing van beskuldigde 1;
(d) Mnr Kies getuig dat na die roof op Mnr Cloete almal weggehardloop het na die half geboude huis. Me Dampies getuig ook dat almal weggehardloop het;
(e) retories: hoekom sou Mnr Kies geweet het dat daar n selfoon in Mnr Cloete se bebloede baadjie was indien hy nie saam was nie. en hoekom sou hy eerlik wees dat Mnr Cloete in sy teenwoordigheid bebloed gesteek was en beroof was en dan vir beskuldigde 1 onnodig impliseer, nommer 1 wie sy vriend was;
(f) Mnr Kies sou nie kon weet dat beskuldigde 1 en 2 uiteindelik sou swyg nie. Hy het verder gegaan en getuig wat gebeur het na die roof op Mnr Cloete. Sy getuienis het lig gewerp op wat ten opsigte van klagtes 3 en 4 gebeur het: (die moord en roof van Mnr Raulse): hulle het Wrtteklip, Hopland toe geloop en nog 'n man gesien. Beskuldigde 1 het die man se sakke deursoek. Die man het 'n kleurling stem gehad en geantwoord dat hy niks by hom het nie. Beskuldigde 1 en 2 het toe die man gesteek totdat hy plat geval het Beskuldigde 2 het toe die man se skoene geneem. Die roof en moord het op n veldjie naby die treinspoor gebeur.
91. Hierdie getuienis van Mnr Kies word gestaaf deur getuie nommer ses konstabel Haupt, wie getuig het dat:
(a) hy 'n lyk met steekwonde aangetref het;
(b) hy Mnr Kies staaf waar die lyk gevind. naamlik op 'n veldjie naby die treinspoor;
(c) hulle staaf mekaar dat hierdie lyk nie skoene aangehad het nie;
(d) hulle stem ooreen met mekaar ten opsigte van die ras van die oorledende.
92. Die verhoorlanddros het derhalwe bevind dat dit Mnr Raulse was.
93. Mnr Kies getuig dat die volgende misdaad die moord op Mnr Jaers te Melbastraat was. Hulle het 'n man en 'n vrou aangetref en het beskuldigde 1 en 2 die man deursoek en horn met messe gesteek. Die man het na die stekery opgestaan, maar weer neergeval.
94. Daarna het hulle op 'n swart man afgekom wie ook gesteek is en uit wie se sak 'n selfoon verwyder was, maar die man het weggehardloop.
95. Mnr Kies getuig dat hulle drie daarna 'n panga gaan haal het by beskuldigde 1 se huis en dat Mnr Kies dit in sy mou gedra het. Dit blyk dat Mnr Davids die klaer was ten opsigte van klagte 6 en 7, dit wil se waar die man gesteek was en sy meisie weg gehardloop het.
96. Die hof het die getuienis van Mnr Kies ten opsigte van Mnr Davids se aanranding en roof met versigtigheid benader omdat:
(a) Mnr Davids getuig het dat 5 persone aangekom het en dat hy deur meer as een persoon gesteek was;
(b) Mnr Davids het getuig dat twee van die groep persone het messe gehad;
(c) Mnr Kies het getuig dat beskuldigde 1 en beskuldigde 2 vir Mnr Davids deursoek het, maar net beskuldige 2 het hom gesteek
97. Die verhoorlanddros het 'n oortuigende analise gedoen van hierdie getuienis en dit met mekaar versoen. Die verhoorlanddros het ook bevind dat Mnr Kies se getuienis gestaaf word deur die getuienis van Me Peters wat saam met Mnr Davids was.
98. Die verhoorhof bevind derhalwe dat Mnr Kies geregtig is op vrywaring in gevolge artikel 204 van die Strafproseswet. Die redes daarvoor het sy as volg voorgehou:
(a) Mnr Cook wie namens beskuldigde 1 verskyn het Mnr Kies gekruisverhoor deur dit aan hom te stel dat beskuldigde 1 hom in sy polisieverklaring geimpliseer het. Dit het egter later geblyk dat beskuldigde 1 glad nie vir Mnr Kies in sy verklaring geimpliseer het nie;
(b) die verdere aanteiging dat Mnr Kies 'n belofte deur die polisie gemaak was is ook as onbewese bevind;
(c) Mnr Kies het geen motief gehad om valslik teen beskuldigde 1 of 2 te getuig nie. Hy was hul vriende en impliseer hy hulle nie altyd op dieselfde wyse nie. Hy het in besonderhede oor elke afsonderlike voorval getuig en dit gedoen sonder om te weet wat beskuldigdes 1 en 2 daaroor sou getuig;
(d) Mnr Kies was ook eerlik en openhartig oor aspekte wat teen horn getel het (soos byvoorbeeld dat hy Mnr Cloete vasgehou het);
(e) ten opsigte van sy drank en dwelm inname het hy besonder-hede onthou waar hy deur ander staatsgetuies gestaaf was;
(f) Mnr Pedro die jeugdigde staatsgetuie getuig later dat Mnr Kies nie betrokke was by die misdade nie. Beskuldigdes 1 en 2 impliseer ook nie in hul kruisondervraging Mnr Kies nie;
(g) Mnr Haupt se getuienis is reeds hierbo uiteengesit asook die stawing wat daarvoor te vinde is;
(h) Geen grondige gronde kan teen sy getuienis in gebring word nie en die verhoorlanddros het dit tereg aanvaar.
99. Mnr Davids is die klaer ten opsigte van aanklagtes 6 en 7. Hy het nie vir beskuldigde 1 geken nie, maar was op laerskool saam met beskuldigde 2. Hy is deur twee mense genader waarvan twee messe gedra het. Beskuldigde 2 het horn deursoek en horn in sy regter boarm gesteek. n Ander persoon wat saam met beskuldigde 2 was het hom ook gesteek. Hy is beroof van sy skoene en R15.00.
100. Die hof het die getuienis van Mnr Ronwyn Pedro met versigtigheid benader, aangesien hy 16 jaar oud was toe hy getuig het oor gebeure toe hy ongeveer 14 jaar oud. Die hof het verder inaggeneem dat hy bevriend was met beskuldigde 1 en 2, dat hy op die misdaad tonele teenwoordig was en dat hy nooit beskuldigdes 1 of 2 teen gegaan het in die pleging van die misdade nie en aangesien Mnr Kies getuig het dat Mnr Pedro ook dwelms gebruik het.
101. Hy bevestig die getuienis dat beskuldigde 2 se tante kos voorberei het vir beskuldigdes 1. 2 en ander mense. Hy het ook getuig dat hulle later die aand weer n panga daar by die woning gaan haal het. Sy getuienis verbind derhalwe vir beskuldigdes 1 en 2 met die verloop van gebeure gedurende daardie aand. Mnr Perdro het getuig dat oppad na beskuldigde 2 se woning hulle 'n man en vrou in Boswewerstraat raak geloop het en dat beskuldigde 2 die man om die nek gegryp het, hom gesteek het en dat beskuldigde nommer 1 die man se skoene uitgetrek het en daarmee gehardloop het. Hierdie getuienis staaf Mnr Davids en Me Peters vir Mnr Pedro Mnr Davids het getuig dat beskuldigde 2 hom om die keel gegryp het. Mnr Pedro plaas nie net vir beskuldigde 1 op die misdaad toneel nie, maar impliseer hom ook as die tweede persoon wie Mnr Davids beroof het. Mnr Davids se getuienis bevestig Mnr
Pedro dat beskuldigde 1 weggehardloop het terwyl beskuldigde 2 nog by Mnr Davids gebly het. Mnr Perdo gee ook getuienis ten opsigte van die moord op Mnr Jaers. Ook hierdie getuienis word gestaaf deur ander getuies en word deur die Agbare Verhoorlanddros aanvaar.
102. Beskuldigde 2 is onomwonde geTdentifiseer deur Me Peters ten opsigte van die roof en aanranding van Mnr Davids.
103. Die verhoorlanddros bevind dan dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het ten opsigte van aanklagtes 1 tot 7. Die hof het bevind dat die beskuldigdes se weergawe. naamlik dat hulle nie op die tonele van die misdrywe aanwesig was nie, nie redelik moontlik waar was nie.
104. Daar is nie betoog dat ek enige getuies moes roep nie en het die beskuldigdes ook nie versoek om self te getuig nie.
105. Na oorweging van die redes verskaf deur die verhoorlanddros en die betoog van Mnr Cook, asook Me Swart, en selfs indien ek die inhoud van die twee getuie verklarings van beskuldigde een so ignoreer is ek te vrede dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg was en dat die skuldigbevindings tereg gemaak was.
106. Ek is te vrede. en kom tot die slotsom dat enige redelike Hof, selfs indien die twee verklarings uitgesluit sou word, nog steeds noodwendigerwyse beide die beskuldigdes sou skuldig bevind.
107. Ek bevestig derhalwe die skuldigbevindings ooreenkomstig artikel 52(3)(e)(i) van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997.
108. Geen argument ten aansien van vonnis is aan my voorgedra nie. Ek stel die saak uit vir 'n datum gereel te word vir die vonnisoplegging.
Sven Oliver, WnR
1Fgrrejra v Levin NO and Others; Vrycnhoek and Others v Powell No and Others 1996(1) SA 984 (CC).