South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 128

| Noteup | LawCite

Harmse v S (A450/2008) [2009] ZAWCHC 128 (6 March 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE WES-KAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD



SAAK NR: A450/08



In die saak tussen:



ELTON HARMSE Appellant



en

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK GELEWER OP: 6 MAART 2009

CORAM DLODLO R EN VAN STADEN Wn.R

1. Die Appellant, mnr. Elton Harmse, het in die Landdroshof Oudtshoorn tereg gestaan op twee aanklagte. Die eerste aanklag was aanranding met die opset om ernstig te beseer en die tweede, opsetlike saakbeskadiging.

2. Die Appellant is op 20 Junie 2008 skuldig bevtnd aart die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en onskuldig aan die ander aanklag. Hy is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf.


3. Op 14 November 2008 is Appellant se aansoek virveriof om teen beide sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer toegestaan. Appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.

4. Die Appellant was nie in die Landdroshof bygestaan deur 'n regsverteenwoordiger nie en het onskuldig gepleit op beide die aanklagte. Die Landdros het aangedui dat, omdat hy geen regsverteenwoordiging het nie, hy nie gevra word vir 'n pleitverduideliking nie. Dit blyk nie uit die saakrekord dat die Landdros horn gewaarsku het van sy reg op insae in die verklarings van die staatsgetuies nie.



DIE GETUIENiS

5. Die voorval wat aanleiding gegee het tot die aanklagte het op Saterdagr 12 April 2008, tussen 02h00 en 03h00 in die nag plaasgevind in die omgewing van 'n taverne. Die Appellant en 'n aantal vriende het op 'n area wat as parkeerarea benut word rondgestaan en gedrink. Die klaer met drie passasiers in 'n voertuig wou parkeer op die piek waar hulle gestaan het,

6. Die klaer, mnr. James Davids, se getuienis het behels dat hy met 'n voertuig agteruit in die betrokke parkeerarea wou intrek. Hy was van plan om die Appellant en sy vriende wat daar rondgestaan het te versoek om pad te gee. Hy het egter nooit kans gekry nie, want die Appellant het voor om die voertuig gestap, direk na horn toe. Daar was niemand anders aam met die Appellant nie. Toe die klaer besig was om uit die voertuig te klim, het die Appellant horn twee keer met 'n mes gesteek. Die klaer het agteruit beweeg om weg te kom, weg van die voertuig af. Alles het baie vinnig gebeur. Die Staatsgetuie, sy neef, Werner Davids (hierna genoem "Werner” en die ander twee passasiers was steeds in die voertuig. Die Appellant het daarna weer by sy vriende gaan staan en drink. Werner het agter die stuurwiel ingekiim. Die kiaer het teruggetoop na die voertuig toe en omdat Werner nog nie behoorlik kan bestuur nie, het hy (die klaer) agter die stuurwiel ingekiim en weggetrek. Hy wou wegkom van die toneel af. n Wit Golf-voeriuig het in die pad van sy motor gestaan en hy het getoet, Sy voertuig is toe met klippe gegooi deur die groep wat saam met die Appellant was. Hy kan egter nie se wie spesifiek die klippe gegooi het nie.

7. Op 'n vraag van die Staatsa an klaer, het die klaer getuig dat Werner finks agter in die voertuig gesit het en dat sy passasiers nie uitgeklim het terwyl die voorval plaasgevind het nie. Hulle het in die voertuig bly sit. Volgens horn het hulle net die ruite toegedraai en die voertuig gesluit. In kruisverhoor deur die Appellant het hy erken dat hy onder die invloed van drank was.

8. Die Staatsgetuie, Werner, het getuig dat die klaer wou gaan drank koop toe hy uit die voertuig geklim het. Mens vermoed dat dit die rede is waarom hulle na die taverne gegaan het. Toe hy daar los uitklin? het die Appellant en sy vriend om die voertuig gekom. Daarna het Werner uit die voertuig gekiim en een van die mense wat saam met die Appellant was gegroet. Hy het weer in die voertuig ingekiim en daarna deur die twee voorste sttpJekke in die voertuig deur beweeg om die radio aan te skakel. Toe hy by die voertuig se venster uttkyk, het hy gesien dat die Appellant die klaer steek. Sy getuienis was verder dat, toe die klaer "nou van James af terugkom, toe is ek nou agter die kar se stuurwiel, maar die ruit was oop gewees, toe steek by twee keer aan my ook.." Nadat Werner gesteek is, het die klaer terugge hard loop na die voertuig en weggery.

9. Die Appellant het ook getuig. Hy het saamgestem dat die klaer inderdaad met 'n mes gesteek is. Hy het egter deurgaans volgehou dat nie hy nie, maar 'n vriend, ene Ketvin, die steekwerk gedoen het. Tydens die klaer se getuienis het die Appellant hierdie persoon gei'dentifiseer as "Kelvin George Ketlerman", maar later kon hy nie se wat sy van is nie. Die Appellant het by herhaling gese dat dit vir horn onmoontfik was om die steekwerk te doen, omdat hy, as gevotg van 'n ernstige beserirtg en vanwee" die feit dat hy op krukke was nie daartoe in staat was nie. Sy weergawe het verdere behels dat die klaer, nadat hy die voertuig geparkeer het, uitgeklim het en terwyl hy op sy krukke was, vir horn gestamp het sodat hy geval het. Kelvin het daarna die klaer gesteek wat toe weggehardloop het. Die klaer is toe 'n tweede keer deur Kelvin gesteek.


10. Die verdedigingsgetuie, mnr. Ronatd Fortuin, se weergawe het behels dat toe die betrokke voertuig geparkeer word, die spieeltjie die Appellant getref het, terwyl hy met sy rug na die voertuig gestaan het. Hy bevestig dat die Appellant en hy, asook 'n aantal ander persone wat hy later geskathet op agt of nege, in daardie stadium gestaan en drink het. Toe die spieeltjie die Appellant tref, het hy gevat en het hy (die getufe) die Appellant opgeteL Hy het ook bevestig dat die klaer uit die voertuig geklim het en na die Appellant en horn gekom het Volgens horn het die Appellant toe met die klaer gepraat. Sy weergawe was verder dat die Appellant by twee geleenthede onderstebo gestamp is. Hy het bevestig dat Werner uit die voertuig uitgeklim het en hom gegroet het. Hy het nie gesien dat Werner gesteek word nie.



DIE REGSPOSISIE

11. Dit blyk uit die saak van S v Van der Mevden1 waarna beide adv. Garces vir die Appellant asook adv. Van Rooyen vir die Staat verwys het, dat die vraag of die bewyslas bo redelike twyfel gekwyt is, in 'n spesifieke saak sal afhang van die aard van die getuies in daardie saak. Sorg moet gedra word dat 'n sogenaamde gefragmenteerde benadering waarvolgens die getuienis in kompartemente beoordeel word, nie gevolg word nie. Die Staat en die verdedigingsake moet nie in isolasie van mekaar beoordeel word nie.

12. Al die getewerde getuienis moet in ag geneem word. Dit mag bevind word dat sommige van die getuienis nie waar is nie en ten opsigte van ander mag bevind word dat dit vals of onbetroubaar is, maar geen getuienis mag eenvoudig geignoreer word nie. 'n Beskuldigde moet onskuldig bevindword as daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat sy weergawe dalk waar mag wees of dat hy onskuldig mag wees.2


13. Dit moet ook in gedagte gehou word dat 'n beskutdigde se weergawe nie verwerp kan word bloot omdat dit teenstrydig is met die weergawe van die staatsgetuies nie. 'n Keuse kan nie na willekeur tussen die twee weergawes uitgeoefen word nie. Die waarskynJikhede van 'n saak kan stegs aan die hand van bewese feite of feite wat gemeensaak is, beoordee) word.3

14. Die objektiewe betroubaarheid van die staatsgetuies moet behoorlik oorweeg word.4 'n Eeriike ooggetuie se geleentheid tot waarneming en ook die waarskynlikhede speel 'n deurslaggewende rol.5



BEOORDELING VAN DfE GETUIENIS


15. 'n Wesenlike botsing in die getuienis van die twee staatsgetuies is dat die klaer te kenne gegee het dat die Appellant alleen om die voertuig gekom het en aileen langs die voertuig gestaan het waaruit hy geklim het, terwyl Werner getuig dat daar ook 'n ander persoon by die Appellant was. Die Verhoorlanddros het hierdie botsing afgemaak as 'n nie-wesenlike botsing wat toegeskryf kan word aan die feit dat die staatsgetuies die gebeure uit
verskilEende perspektiewe beleef het. Hierdie verskillende perspektiewe hang skynbaar saam met die feit dat die klaer sy waarneming gemaak het toe hy buitekant die voertuig was, terwyl Werner binne die voertuig was. Behalwe dat hierdie verwysing na verskillende perspektiewe hoegenaamd nie oortuigend is nie, is daar verder ook ander verskille en botsings in die getuienis wat namens die Staat gelewer is. Hierdie verskille en botsings is myns insiens van 'n wesenlike aard en sluit die volgende in.


15.1. Die klaer het te kenne gegee dat hy nog net halfpad uit die voertuig geklim het toe hy gesteek is, terwyl Werner n lang verloop skets van wat plaasgevind het voordat die stekery plaasgevind het.

15.2. Werner se dat die klaer wou gaan bier koop, terwyl die klaer niks daaromtrent se nie.

15.3. Werner getuig dat hy ook twee keer deur die Appellant met 'n mes gesteek is terwyl die klaer glad nie daaromtrent getuig nie. Dit is onverklaarbaar dat die klaer nie getuig van so 'n wesenlike aspek nie.

15.4. Die klaer beweer dat hy teruggeloop het na die voertuig, terwyl Werner getuig dat hy teruggehardloop het.

15.5. Die klaer se niks van die feit dat Werner uit die voertuig geklim het om 'n vriend te gaan groet nie.

15.6. Die klaer gee te kenne dat sy passasiers die ruite toegedraai het en die deure geslutt het. Werner, daarteenoor, getuig dat hy deur die oop voertuig-ruit gesteek is. As die voertuig se deure gesluit was, ontstaan die vraag natuurlik ook hoe die klaer terug in die voertuig geklim het.



15.7. Werner getuig glad nie van die wit Golf waarvan die klaer vertel het nie.

16. Die Verhoorlanddros steun daarop dat die verdedigingsgetuie die klaer se getuienis staaf wat betref sy getuienis dat hy gesteek is toe hy besig was om uit die voertuig te klim. Die Verhoorlanddros handel egter hoegenaamd nie met die feit dat die staatsgetuie, Werner, n totaal ander verhaal vertel wat glad nie te versoen is met die klaer se weergawe nie.

17. Dit kom my voor asof die Verhoorlanddros nie die objektiewe betroubaarheid van die staatsgetuies behoortik oorweeg het soos vereis in die saak van S v Saban (supra) nie. Wat die staatsgetuies se geleentheid vir waarnemtng in die onderhawige geval betref, is die volgende van betang:



17.1. Die klaer het getuig dat alles baie vinnig gebeur het.

17.2. Die voorval het in die mEddel van die nag plaasgevind naby 'n taverne. Hoewel daar skynbaar straatbeligting was, kon dit sekerlik nie ideaal gewees het nie.

17.3. Al die betrokkenes het gedrink en die klaer was op sy eie weergawe dronk.


18. Wat die waarskynlikhede betref is dit gemene saak dat die Appellant vanwee 'n ernstige besering op krukke was. Sy weergawe dat dit vir horn onmoontlik was om 'n persoon in daardie toestand met 'n mes te steek, kan nie gefgnoreer word nie Dit is ook van belang om daarop te let dat die Appellant deurgaans die naam genoem het van die persoon wat volgens horn die steekwerk gedoen het. Die bestaan of nie-bestaan van hierdie genoemde persoon is nie deur die Staat ondersoek nie. Hierdie waarskynlikhede moet oorweeg word in die lig van die wesenlike botsings en verskille in die weergawes van die staatsgetuies waarna hierbo verwys is.

19. Die Verhoorlanddros verklaar die feit dat die klaer sekere getuienis gelewer het wat nie deur die getuie Werner geopper is nie, deur te verwys na die drank wat hulJe gedrink het en die feit dat die gebeure vinnig plaasgevind het. Die swakhede in die verdediging se saak word egter nie op dieselfde toegeeflike wyse beoordeel nie.

20. Dit is ook duidelik dat adv. Garces korrek is wanneer hy betoog dat die Verhoorlanddros in die onderhawige geval, tot 'n gevolgtrekking gekom het dat die Appellant skuldig is sonder om al die gelewerde getuienis in ag te neem. Die vraag of daar 'n redeJike moontlikheid is dat die Appellant onskuldig kan wees is nie behoorlik oorweeg nie. Dit kom voor asof die Verhoorlanddros bloot net 'n keuse gemaak het tussen die twee weergawes.6

21. Adv. Van Rooyen wat vir die Staat verskyn het, het verwys na die saak van S v Mokhle7 waar die volgende gese is:


"Contradictions per se do not lead to the rejection of a witness's evidence... they may simply be indicative of an error,..., not every error made by a witness affects his credibility: in each case the trier of fact has to make an evaluation, taking into account such matters as the nature of the contradictions, their number and importance, and their bearing on other parts of the witnesses' evidence."


22. Daar kan na my mening geen twyfel wees nie dat die botsings en verskille in die getuienis van die staatsgetuies in hierdie saak van wesenlike belang is. Hier is dit nie slegs 'n kwessie van minder ernstige verskille wat nie afbreuk doen aan die geloofwaardigheid van die identifikasie van die Appellant as die messteker nie. Die Appellant moet die voordeel van hierdie twyfel kry.

23. In die onderhawige geval, in die fig van a3 die getuienis, is ek hoegenaamd nie oortuig dat die Appellant die steekwerk gedoen het en nie die persoon wat deur horn geVdentifiseer is nie.

24. Twee verdere aspekte verdien vermelding. Soos blyk uit die saak van S_v Shiburi8 sluit n beskuldigde se grondwetlike regte die reg in van toegang tot staatsgetuies se verklarings. 'n Onverdedigde beskuldigde is geregtig om ingelig te word van hierdie reg en 'n versuim om horn so in te lig is 'n onreelmatigheid.9 My indruk is dat insae in die verkfarings van die twee staatsgetuies in die onderhawige saak die Appellant se saak kon bevorder. Ek kan insien dat dit vir ti verhoorlanddros by die aanvang van n strafsaak moeilik mag wees om te oordeel of (n beskutdigde se insae in die getuie-verklarings van staatsgetuies sy saak enigsins kan bevorder. Ek kan egter nie insien waarom elke onverdedigde beskuldigde wat onskuldig pleit nie van hierdie reg ingelig kan word nie. In die onderhawige saak moes dit boonop op 'n vroee stadium van die verhoor duideiik gewees het dat sodanige insae in hierdie geval van wesenlike belang mag wees. Hierdie aspek is nie geargumenteer nie en dit is nie nodig om n finale beslissing in die verband te maak nie. Ek doen egteraan die hand dat hierdie aspek en die beslissing in die saak van S v Shiburi (supra) deurlopende oorweging in strafsake verdien.

25. Dit kom my ook voor of daar meriete in adv. Garces se betoog is dat die wyse waarop die Verhoorlanddros vrae aan die Appellant en sy getuie gestel het on reel ma tig is. Die Appellant is aanvanklik glad nie die geleentheid gegun om sy eie verdedigingsgetuie te lei nie, Die Verhoorlanddros het hierdie getuie ondervra en daarna aan die Appellant die geleentheid gebied om enige verdere vrae te vra. Nadat die Appellant enkele vrae gevra het, het die Verhoorlanddros verdere vrae in die aard van kruisverhoor aan hierdie getuie gestel.10



GEVOIGTREKKING


26. In die lig van bogemelde sou ek die appel laat slaag en die Appellant se skuldigbevinding en vonnis van drie jaar gevangenisstraf ter syde stel.


VAN ST ADEN, Wn.R

6 MAART 2009

Ek stem saam. Die Appellant se skuldigbevinding en vonnis van drie jaar gevangentsstraf word ter syde gestel


DLODLO R

1 1999(1)SACR 447 (W).

2 S v Tellinqen 1992 (2) SACR 104c te 106a - h. S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA) te 1O0f- 101e.

3 S v Abrahams 1979 (1) SA 203 (A) te 207F - H; SvVander Mevcfen (supra).

4 S v Saban en n Ander 1992 (1) SASV 199 (A) te 203i - 204f,

5 S v Saban {supra) bl. 204c.

6 Sien S v Van der Mevden (supra).

71990 (1) SASV 95 (A) te 98f.

9 S v Shiburi (supra) le 346g - h en 359d - 360b.

10 S v Mseleku and Others 2006 (2) SACR 237 (NPD) te para 7- 14 op bl. 240h tot 242c; en Sv Msithing 2006 (1) SACR 266 (NPD) te para 4 - 12 op bl 268e tot 274c.