South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 211

| Noteup | LawCite

S v Themba en Anders (SS148/06) [2009] ZAWCHC 211 (25 March 2009)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER SS148/06

DATUM 25 MAART 2009



DIE STAAT

teen

  1. GABIEBA THEMBA

2 NEVILLE ARENDS

  1. NIKLAAS WILEMSE

4. JOSEPH SYSTER






V O N N I S




CLEAVER. R:



Dit is algemeen bekend dat daar van my verwag word om drie verskillende faktore in aanmerking te neem wanneer dit kom by die bepaling van 'n gepaste vonnis. Eerstens is dit die besonderhede en ernstigheid van die misdryf; tweedens, die belang van die gemeenskap by die oplegging van die vonnis en, derdens, die persoonlike omstandighede van die persone wat gevonnis word.




Dit word ook van my verwag om in gedagte hou wat die doel van vonnis is. Dit sluit in afskrikking, sodat mense kan sien wat gebeur as misdade gepleeg word, om as voorkoming van misdaad te dien, en soms word klem gele op die vergeldingsaspek.



Dit word van my verwag om hierdie faktore te balanseer en 'n gepaste vonnis op te le vir die misdaad met inagneming van enige versagtende omstandighede wat aanwesig mag wees, asook enige verswarende omstandighede.



Ek hoef nie veel uit te brei oor die ems van die misdryf nie. Moord is die mees ernstige misdaad wat ons ken. Die belang van die gemeenskap is uitgebeeld in wetgewing wat deur die verteenwoordigers van die gemeenskap in die Parlement afgekondig word. In hierdie opsig kan "n mens in gedagte hou dat in 1997 daar 'n Wetgewing gepromulgeer is waarin beskuldigdes swaar strawwe opgele word vir sekere misdade, insluitende moord. So byvoorbeeld is daar bepaal dat waar 'n beplande moord plaasvind, 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgele moet word tensy die Hot tevrede is dat daar dwingende en wesenlike omstandighede aanwesig is wat 'n mindere straf regverdig. Waar dit nie 'n beplande moord is nie, is die minimum vonnis wat voorgeskryf die van vyftien jaar.



Gelukkig vir die beskuldigdes is hierdie Wetgewing nie van toepassing nie, aangesien dit na 1997 in werking getree het, 1997 synde die jaar waarna die misdryf gepleeg is. Nogtans is dit Yi aanduiding van hoe ernstig die gemeenskap die misdaad sien en in hierdie geval is dit nodig om te herhaal dat ons alreeds bevind het dat die moord beplan was.



Wat die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes betref, is ek volledig ingelig deur die verteenwoordigers van die beskuldigdes. Beskuldigde 1 is vandag 51 jaar oud en was 39 oud toe die misdaad gepleeg is. Sy het geen vorige veroordelings nie. Sy is 'n kort tyd voordat die misdryf gepleeg is met die oorledene getroud en ek stem saam met wat namens haar gese is, naamlik dat sy haar deel as 'n lid van die gemeenskap bygedra het. Sy het 14 jaar by 'n private instansie gewerk waar sy tot die pos "supervisor" bevorder is en bly al vir 20 jaar in die woning te Atlantis.



Sy het tydens die pleging van die misdryf 'n besigheid van 'n huiswinkel vanuit haar maisonnette bedryf en het daarna daarmee aangegaan. Tydens die aanhoor van getuienis van 'n getuie met betrekking tot beskuldigde 1 se omstandighede, het dit geblyk dat sy 'n kind, Yi seun, wat tans drie jaar oud is in pleegsorg geneem het met goedkeuring van die welsyn en dat sy ook op haar eie Yi dogter van of 7 of 9 jaar, feitlik aangeneem het omdat die dogter moeder, so word ek meegedeel, nie in staat is om behoorlik na haar te kyk nie.



Uit die getuienis wat die Staat aangebied het, het dit ook geblyk dat sy, sedert die misdryf gepleeg is, neem ek aan, haarself besonder daarvan gekwyt het deurdat sy weeskinders in haar huis gedurende vakansies ingeneem het en ook gehelp het om na die kinders te kyk. Dit is dan wat beskuldigde 1 betref.



Die agtergrond van beskuldigdes 2, 3 en 4 is eenders. Almal kom uit agtergeblewene gemeenskappe. Hulle geskiendenis is ongelukkig tipies van baie wat in hierdie hof voorkom. Al drie is nie eerste oortreders nie.



Beskuldigde 2 het baie vroeg in sy loopbaan met die gereg
gebots, trouens toe hy 16 jaar oud was en skuldig bevind is
aan strafbare manslag.
Hy het Yi lang lys van vorige

veroordelings. Hy is tans 49 jaar oud en was dus 38 jaar oud toe die misdryf gepleeg is. Hy het in haglike omstandighede grootgeword. Hy het nie 'n vaderfiguur in sy huis gehad nie. Hy het wel Yi stiefpa gekry toe hy 6 of 7 jaar oud was. Hy het tot St.4 gevorder en is uit die skool uit toe hy aangekla is van die misdryf wat ek so pas genoem het.



Sy lys van vorige veroordelings strek vanaf Februarie 1976 tot April 2008.



Dit is namens horn betoog dat dit eintlik sy haglike omstandighede en sy skuldigbevinding op 'n vroee ouderdom is wat horn in die misdadigerskring gedompel het. Ek aanvaar dit dat dit grootliks daartoe bygedra het.



Wat die vorige veroordelings betref, blyk dit dat die jongste daarvan wat geweld insluit, in 1988 plaasgevind het en dat die vorige veroordelings wat hy daarna opgedoen het, meestal te doen het met onwettige handel in drank en/of handel in dagga. Dit is miskien te verwagte vanwee sy geskiedenis dat hy oor die jare die besigheid van 'n onwettige sjebeen bedryf het.



Wat beskuldigde 3 betref; hy is vandag 46 jaar oud, hy was 34 jaar oud toe die misdryf gepleeg is. Hy woon saam met Vi dame vir die laaste 22 jaar en het in 2001 met haar getrou. Hulle het drie kinders maar dit lyk my dat slegs een daarvan 'n kind van sy vrou is. Hy het slegs tot St.2 gevorder. Hy het Yi redelike inkomste gehad as verwer en vir sy gesin gesorg. Ongelukkig ly sy vrou, wat ook getuienis gelewer het, aan longkanker. Hy sorg vir haar en vir sy vader wat by hulle inwoon met die hulp van welsyntoelaes wat die vader en een van die kinders kry.



Sy misdaadrekord strek vanaf 1990 en behalwe vir twee veroordelings met betrekking tot aanranding met die opset om ernstig te beseer wat in 1995 plaasgevind het, is sy misdrywe meestal die van huisbraak en diefstal. Die jongste daarvan het in 2003 plaasgevind.



Beskuldigde 4 was 24 toe die misdryf gepleeg is. Hy is tans 35 jaar oud. Hy het op 'n plaas grootgeword onder baie arm omstandighede en moes help om hout in die bosse te vind om die familie aan die gang te hou. Hy is die tweede oudste van ses kinders en het meestal as verwer gewerk, maar in die jongste tye as Yi nutsman. Hy is in Yi verhouding met Yi dame wat al oor 18 jaar strek en is sedert 2005 met haar getroud. Hy het twee kinders by haar maar het ook drie kinders by ander vrouens.



Van die Balie is ek meegedeel dat hy sedert 2003 Yi ander paadjie begin loop het deurdat hy homself Yi aktiewe lid van die gemeenskap gemaak het; dat hy Yi kerkganger geword het, dat hy gereeld bidure reel en homself probeer verbeter het.

Vi Aspek wat die vonnisoplegging vir my belemmer, is die feit dat die saak teen die beskuldigdes so lank geneem het om afgehandel te word. Die misdaad is in Junie 1997 gepleeg en eers in Maart 2009 afgehandel. Daar is geen aanduiding dat die vertraging enigsins aan die beskuldigdes te wyte nie en ons is meegedeel dat die vertraging tot 'n mate daaraan te wyte is dat die dossier op Vi stadium weggeraak het. Nogtans is dit nie vir my duidelik of aanvaarbaar hoekom dit so lank geneem het vir die Staat om die saak af te handel nie.



Dit blyk egter dat sedert 'n nuwe ondersoekbeampte in 2005 oorgeneem het, die saak onmiddellik vlot vorentoe geloop het. Daar is geen rede waarom die Staat so lank dit vertraag het nie.



Ek is gevra om in gedagte te hou dat die armoede en haglike omstandighede waaronder beskuldigdes 2, 3 en 4 grootgeword het, grootliks daarvoor verantwoordelik was dat hulle hulself in die kultuur van misdaad bevind het. Dit mag so wees, maar daar is natuurlik baie ander mense wat ook in soortgelyke omstandighede hulle bevind het en wat nie tot misdaad oorgegaan het nie. Wat ook al die oorsprong van die aanvanklike misdade was, is dit duidelik uit die vorige veroordelings van beskuldigdes 2 en 4 dat hulle nie veel respek vir die gereg het nie.

SS148/06



Vi Aspek wat besondere aandag verg, is die situasie met betrekking tot die kinders van beskuldigde 1, d.w.s die kinders wat in haar sorg is. Kragtens die Grondwet moet daar altyd na die belange van kinders gekyk word en in verskeie hofsake is dit beklemtoon dat wanneer daar 'n alleenbroodwinner ter sprake is wat gevonnis moet word, moet die vonnis wat opgele word deeglik voorsiening maak vir die belange van die kind of kinders van die persoon.



Ek het ernstig daaraan gedink om "n vonnis vir beskuldigde 1 op te le wat haar uit die gevangenis sou hou, maar na my mening is daar nie enige basis waarop dit gedoen kan word nie. Ek het gevolglik alreeds kontak gemaak met die gesinsadvokaat sodat daar 'n oog gehou kan word oor die stappe wat geneem sal moet word om na die belange van die kinders te kyk en op hierdie stadium van die uitspraak alreeds maak ek die volgende bevel:

Die gesinsadvokaat word versoek om dringend ondersoek in te stel na die welsyn van die kinders Zimedine Goliath en Chantania Martin wat tot op hede in die sorg van Gabieba Themba van Arundo Plein 29 was en om voor 21 April 2009 skriftelik aan my te rapporteer met haar aanbeveling met betrekking tot die toekomstige reelings vir die kinders. Vir hierdie doel word die saak met betrekking tot die kinders uitgestel tot 21 April 2009 om 09:15 in my kamers.



Wat beskuldigde 1 betref, is dit 'n feit dat sy 'n eerste oortreder is en 'n besondere bydrae tot die gemeenskap gelewer het. Dit tel in haar guns en sal ek dit in gedagte hou. Dit is egter ook Yi feit dat sy skuldig bevind is aan 'n ernstige moord wat beplan was.



Ek het in my uitspraak daarop gewys dat beskuldigde 2 die moord beplan het en georkestreer het. Sy lys van vorige veroordelings is uiteraard 'n verswarende faktor en die enigste gepaste vonnis vir horn is een van 'n lang termyn gevangenisstraf.



Na my mening is die persoonlike omstandighede van beskuldigde I sodanig dat haar periode van gevangenisstraf minder behoort te wees as beskuldigde 2. Vir hierdie rede ook sal ek gelas dat die vonnis wat ek op aanklag 1 ten opsigte van beskuldigde 1 sal ople, sal saamloop met die vonnis op die moordklagte.



Alhoewel beskuldigdes 3 en 4 deel was van 'n grusame aanval op die oorledene was hulle nie deel van die beplanning van die misdaad nie en het klaarblyklik in opdrag van beskuldigde 2 opgetree


Die vonnisse wat ek nou gaan ople is na my mening gepas en is die volgende:



Beskuldigde 1:

Op aanklag 1, dit wil se die sameswering en uitlokking tot die misdaad word u gevonnis tot DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Op aanklag 2, die van moord, word u gevonnis tot VEERTIEN (14) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Die vonnis op aanklag 1 sal saam met die vonnis op aanklag 2 uitgedien word.




Beskuldigde 2:



Op aanklag 2, die van moord, word u gevonnis tot SESTIEN (16) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Op beide aanklagte 3 en 4 word u gevonnis tot DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Die vonnisse op aanklagte 3 en 4 sal saam uitgedien word met die vonnis op aanklag 2.



Op aanklag 2, die van moord, word u gevonnis tot ELF (11) JAAR GEVANGENISSTRAF.



Beskuldigde 4:

Op aanklag 2, die van moord, word u gevonnis tot ELF (11) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Op beide aanklagte 3 en 4 word u gevonnis tot DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF welke vonnis saam met die vonnis op aanklag 2 uitgedien sal word.

CLEAVER, R