South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 45
| Noteup
| LawCite
S v April (SS6/2001) [2009] ZAWCHC 45 (5 March 2009)
Download original files |
UITSPRAAK
IN DIE HOOGGEREGSHOF KAAPSTAD
(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING)
GEHOU TE GEORGE
SAAK NOMMER: SS6/2001
DATUM: 5 MAART 2001
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
KERNEELS APRIL
UITSPRAAK
VAN REENEN, R
Die beskuldigde in hierdie saak staan tereg 8 aanklagte. Klagte 1, 2 en 3 is dat hy op 22 November 1998 op of naby die industrieie gebied van George die volgende drie misdade gepleeg het. Die eerste klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik met Susan Willemse, 'n vroulike persoon geslagsgemeenskap gehad het sonder haar toestemming. Die tweede klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Natascha Campher aangerand het deur haar te slaan met die plat kant van 'n kapmes. Die derde klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Susan Willemse aangerand het deur haar te dreig met 'n 5 kapmes en deur daardie dreigement van geweld R10,10 van haar persoon en uit haar besit geneem het, en dat daar verswarende omstandighede is soos omskryf in Artikel 1 van Wet 51 van 1977 teenwoordig is. Klagtes 4, 5, 6 en 7 is op 28 November 1998 te Kraaibosch in die Distrik van George gepleeg. Die vierde klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Nonolamile Nomasikizi Baleni, 'n vroulike persoon gedood het deur haar met 'n mes of soortgelyke voorwerp te steek en of te kap en of te sny. Die vyfde klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Zingisa Ntoyise, 'n vroulike persoon, gedood het deur haar met 'n mes of soortgelyke voorwerp te steek en of te kap en of te sny. Die sesde klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik gepoog het om vir Mavis Maphotolo te dood deur haar met 'n mes of 'n soortgelyke voorwerp te steek en of te kap en of te sny. Die sewende klagte is dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Nosizile Mputhule aangerand het deur haar met 'n mes te dreig en deur daardie dreigement van geweld 'n ring ter waarde van R130 vanuit haar besit geneem het en dat daar verswarende omstandighede teenwoordig was, soos omskryf in artikel 1 van Wet 51 van 1977. Die 8ste klagte is dat die beskuldigde op 30 November 1998 te Parkdene Selfbou Skema, No 18616 in die Distrik van George die wederregtelik woning van Dawid Saptoe oopgebreek en binnegegaan het met die opset om goedere daaruit te steel en 5 toe daar wederregtelik ornament en identiteitsdokument ter waarde van altesaam R290, die eiendom van Dawid Saptoe geneem het met die opset om dit te steel.
Die beskuldigde wat deur adv Lotz verdedig word het onskuldig 10 gepleit en het verkies om sy swygreg uit te oefen. Die volgende formele erkennings is ten opsigte van klagte 4 ingevolge die bepalings van Artikel 220 van die Strafproseswet gemaak, tewete dat die persoon wat in klagte 2 gemeld word, naamlik Nolulamile Nomakiziki Baleni op 28 November 1998 15 gesterf het as gevolg van penetrerende snywonde wat sy opgedoen het op daardie datum. Dat die liggaam van die oorlede geen verdere beserings opgedoen het nie vanaf die tydstip waar sy die beserings opgedoen het totdat 'n nadoodse ondersoek op 4 Desember 1998 op haar uitgevoer is nie, dat 20 Dr M Hurst op 4 Desember 1998 'n nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene uitgevoer het en haar bevinding geboekstaaf het op die vorm gemerk IR506/98 verwysing RSDP en dat die feite en bevindings van die nadoodse ondersoek van bewysstuk P korrek is.
Wat die vyfde klag aanbetref is die volgende formele erkennings gemaak, naamlik dat die oorledene, dat die persoon wat in klagte 5 gemeld word, Zingisa Ntoyise op 28 November 1998 gesterf het as gevolg van penetrerende 5 snywonde wat sy op daardie datum opgedoen het, dat die liggaam van die oorledene geen verdere beserings opgedoen het nie, vanaf die tydstip waarop sy die beserings opgedoen het tot die nadoodse ondersoek 8 Desember 1998 daarop uitgevoer is nie. Dat Dr M Hurst op 8 Desember 1998 die 10 nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene uitgevoer het en haar bevindings geboekstaaf het op die vorm gemerk IR507/248, bewysstuk J, en dat die feite en bevindings wat op bewysstuk J verskyn korrek is.
Daar is verder by ooreenkoms ingehandig Bewysstuk E bevattemde tien foto's met punte daarop aangebring asook sleutel ter verduideliking daarvan. Die toneel op die foto's is van 'n beweerde misdaadtoneel te D'urban's denneplantasie, Kraaibosch, George, die foto's is van die liggaam van Nonolamile Nomakiziki Baleni. Ek wil net meld dat ek gaan verwys na die voorname van die slagoffers in klagtes 4, 5 en 6, dat ek hulle voorname gebruik nie ten einde enige disrespek aan hulle te openbaar nie, maar bloot vir my eie gerief.
Ook die volgende is by wyse van ooreenkoms ingehandig;
(a) 'n Mediese verslag, vorm J88 ten opsigte van Susan Willemse wat in gehandig is bewysstuk F.
(b) Twee foto's van die plek waar Susan Willemse na bewering verkrag sou gewees het in 'n kloof naby Buitenkantstraat Nywerheidsgebied, George. Dit is bewysstuk G.
[c] Vier foto's van beskuldigde terwyl hy besig om sekere punte uit te wys, bewysstuk H.
[d] Die verslag van die Spinale Eenheid van die Conradie Hospitaal ten opsigte van Mavis Maphotolo se toestand, dit is bewysstuk S.
Die Staat het ten opsigte van klagtes 1, 2 en 3 Susan Willemse, haar nou veertienjaar oue suster en Inspekteur Ursula Tessa Plaatjies as getuies geroep. Susan Willemse het getuig dat sy op 26 November 1998 ongeveer nege dertig met haar sustertjie, Natascha, na die George Gevangenis, waarna hulle verwys as die Rooi Hel, geloop het, om iemand wat sy geken het, te gaan besoek. Sy was toe ongeveer 27 jaar oud en sover ek kan vasstel van die getuienis, haar sustertjie tien of elf jaar, en beskuldigde het hulle van agter ingehaal. Sy ken die beskuldigde van sien vanaf ongeveer 1985 en op kopskud wanneer hulle groet basis.
Die klaagsters en die beskuldigde het vanaf 1988 saam in Tetlarstraat gewoon, waarna sy na Appolisstraat verhuis het. Sy het nie geweet waar die beskuldigde toentertyd gewoon het nie. Hulle het begin saamloop van ongeveer die persete van 5 Koelcor en beskuldigde was in die waan dat die klaer vir haar broer gaan besoek en daar het 'n gesprek plaasgevind oor hulle skooljare. Die beskuldigde het die klaagster laat verstaan dat hy ook op pad was na die Rooi Hel toe en daarna iets by wy werk wou gaan kry. Sy het dit identifiseer as die
plek waar hulle met wit bussies met 'n rooi kruis op ry. Sy het ontken dat hy vir haar gese het dat hy na 'n kwekery in Yorkstraat, waar hy bly, op pad was, en die klaagster en die beskuldigde het op 'n vriendskaplike voet uitmekaar uitgegaan. Die klaagster en haar suster het tussen tien en elfuur terug begin stap in dieselfde rigting as waaruit hulle vantevore gekom het. Sy se dat hulle die beskuldigde laas gesien het by 'n boompie waar hy gestaan en water afslaan het, en dat hy haar 'n kyk gegee het wat haar onrustig gemaak het. Sy het opgestaan en vir haar suster gese om weg te hardloop indien daar enige probleme sou ontstaan. Haar onrus was geprikkel deur die feit dat die beskuldigde, anders as wat hy voorheen gese het, nie by die Rooi Hel opgedaag het nie. Op pad terug het die beskuldigde onverwags te voorskyn gekom waar hulle horn laas agtergelaat het. Haar getuienis was anders waar sy toegee dat haar verklaring nie betroubaar was nie.
Die klaagster en die beskuldigde het oor ditjies en datjies asook sy werk gepraat en dit was ver van die klaagster se huis In Parkdene. Die beskuldigde het vertel van 'n kort 5 voetpaadjie wat hy gebruik wanneer hy werk toe gaan. Op daardie stadium kon die klaagster op eie erkenning nog weggehardloop het. Toe hulle op die voetpaadjie kom het die beskuldigde stil geraak en die klaagster het gesien dat die paadjie doodloop. Die beskuldigde ruk toe 'n kapmes by die voorkant van sy klere uit. Die kapmes was volgens haar ongeveer 35cm lank. Die beskuldigde se dat hy het 'n behoefte en die klaagster vra horn van wat, en bied horn R10,70 aan wat hy gevat het. Haar sustertjie het begin skree, die beskuldigde se vir die klaer dat sy haar sustertjie moes kry om stil te bly en sy kon nie. Die beskuldigde kap toe Natascha op die kop met die stomp kant van die kapmes. Die klaagster gryp Natascha vas, die beskuldigde se dat sy gaan moeilikheid maak. Die klaagster het beskuldigde gesoebat om hulle nie dood te maak nie, en het horn vertel van haar twee maande oue baba. Die beskuldigde het vir die klaagster en Natascha gese om te gaan sit. Die beskuldigde het vir die klaagster gese om haar broek uit te trek. Sy het 'n bodyshirt en 'n langbroek aangehad. Hy het die kapmes langs die klaagster, wat op haar rug gele het neergesit en het vir Natascha gese om haar rug op hulle te draai. Hy het sy broek tot by sy enkels afgetrek en het half gehurk op klaagster gesit en gemeenskap met haar gehad. Hy het nie volkome gepenetreer nie, omdat sy se sy haar bene toegeknyp het en se dat die beskuldigde se water in haar gebreek het.
Die beskuldigde het toe hy klaar was opgespring, so ook die klaagster. Omdat sy bang was dat beskuldigde dit ook met Natascha sou doen het die klaagster vir Natascha gese om te hardloop en om nie om te kyk nie. Natascha het die klaagster het die klaagster se skoene in haar hande gehad. Die beskuldigde het agterna geroep en vir die klaer toe gese dat sy haar broekie laat val het. Sy het nie omgedraai nie want sy het geweet dat dit was nie waar nie. Hulle het vir 'n polisiestasie gesoek ten einde 'n klagte te le. Hulle kom twee Telkom werkers tee wat vir hulle beduie waar die polisiestasie was, hulle is daarheen en het 'n klagte gele. Die klaagster is medies ondersoek by die George Hospitaal. Die klaagster se dat sy daarna vuil en verneder gevoel het en somtyds voel dat sy nie wil leef nie. Die klaagster het ontken dat die beskuldigde vir haar gese het dat hy voel aangetrokke tot haar, maar se dat hy tog gese het dat hy haar al lankal dophou. Die klaagster ontken dat die beskuldigde gevra het om gemeenskap te he en dat sy daartoe ingestem het. Sy het ook ontken dat sy aangebied het en self sy penis in haar privaatdeel gehelp het. Sy het ook ontken dat hulle, nadat die beskuldigde met haar gemeenskap gehad het, gestaan en gesels het. Die klaagster, volgens die ondersoekbeampte, het op 25 November 1998 die beskuldigde uitgeken van foto albums wat altesaam 5 000 foto's bevat.
Natascha Campher het getuig dat sy tans in graad 7 is en se dat sy nooit die beskuldigde in hulle buurt gesien het nie, en horn die dag vir die eerste keer teegekom het. Sy se hulle was op pad na die tronk toe om hulle oom te gaan besoek. Hulle het geloop toe sy omgekyk en die beskuldigde agter hulle sien aanloop het. Die beskuldigde en hulle het normaalweg gepraat. Die klaagster sou vir die beskuldigde gevra het hoe mens by die Rooi Hel uitkom en hy het vir hulle beduie. Hy het gese dat hy op pad was na sy "baas" toe, om geld te gaan haal. Die beskuldigde het toe sy eie koers gevat en hulle hulle s'n. Op daardie stadium was daar nie enige probleme gewees nie. Nadat hulle by die tronk besoek afgele het het hulle beoog om dieselfde roete terug huis toe te volg.
Toe hulle by die borne kom het die beskuldigde daar gestaan. Op pad van die tronk af sou die klaagster gese het dat indien enige iets verkeerd gaan sy terug moes hardloop. Toe die klaagster vir die beskuldigde vra hoekom hy dan so gou terug was sou hy gese het dat sy baas nie daar was nie. Die beskuldigde het gese hy ken 'n kortpaadjie deur die bos. Toe hulle by die paadjie kom stap sy langsaan die klaagster. Die beskuldigde en die klaagster het normaalweg met mekaar gepraat, maar Natascha het dit vreemd gevoel maar kon nie se waarom nie. Die beskuldigde het gevra wat Natascha se naam 5 was maar het self nie enige iets met haar gepraat nie. Hulle het gestap en toe die klaagster wou weet watter van die twee paadjies sy moet vat het die beskuldigde gese daai een. Hy het toe vooruit gestap en het hy by 'n bossie gemerk X1 op bewysstuk RSG vinnig 'n kapmes met 'n hout handvatsel gegryp en 'n bedreigende houding daarmee ingeneem. Natascha het geskree en die klaagster het haar vasgegryp. Toe die beskuldigde die kapmes oplig het Natascha gereTtereer terwyl die klaagster haar steeds vasgryp Beskuldigde het vir Natascha gese om stil bly, toe sy aanhou huil slaan hy haar met die plat kant van die kapmes. In getuienis het sy eers gese die stompkant, maar het later toegegee dat haar verklaring betroubaar was. Dit was seer maar het nie gebloei nie.
Beskuldigde beveel die klaagster en Natascha om op die gras te gaan sit. Toe hulle sit se die beskuldigde dat hy 'n behoefte het. Die klaagster vra of dit geld was en hy se toe nee. Hy het dit herhaal en toe sy weer vra vir wat hy 'n behoefte gehad het toe se hy geld. Sy het horn geld gegee, papiergeld en munte. Beskuldigde se Natascha moet stil bly. Die beskuldigde se aan die klaagster dat sy haar broek moes aftrek. Sy doen dit en gaan le. Die beskuldigde trek ook sy broek af. Die klaagster se vir Natascha sy moet omdraai, sy was ongeveer drie meters weg en sy doen dit. Natascha het 5 om gekyk en gesien dat die klaagster en die beskuldigde besig was om "oulik" te maak. Op daardie stadium was die klaagster op haar rug en die beskuldigde was op haar, borskas aan borskas. Die klaagster het vir die beskuldigde gese om dit nie te doen nie, want sy het 'n twee maande oue baba. Die kapmes was volgens Natascha onder hulle. Toe die beskuldigde klaar was trek hulle beide van hulle, dit wil se die beskuldigde en die klaagster, hulle broeke op en beskuldigde tel die kapmes op. Hy se hulle moenie omkyk nie. Hulle stap toe by die bos uit sonder om om te kyk. Die beskuldigde het om die draai weggehardloop.
Hulle het twee mans teegekom wat aan kabels werk. Susan het die mans gevra waar die polisiestasie is, hulle het vir haar beduie en hulle is toe daar heen. Sy se dat die klaagster nie 20 op enige stadium gehuil het nie, maar dat sy, Natascha, dit wel gedoen het. Sy se dat die klaagster nie met die beskuldigde gemeenskap wou gehad het nie, sy se dat die klaagster op 'n stadium vir die beskuldigde gese het om dit nie aan haar, dit wil se Natascha, te doen nie, omdat sy nog klein was.
Inspekteur Plaatjies het getuig dat sy op Sondag 22 November 1998 by die Gemeenskapsdienssentrum aan diens was, toe die klaagster vergesel van 'n opgeskote dogter daar aangekom het. Sy se dat sy so pas, die klaagster het gese dat sy so pas 5 verkrag was deur 'n man wat sy van sien ken. Sy het gebewe, kon nie lekker praat nie, en was huilerig. Sy het haar eenkant geneem, gekalmeer, en het 'n verklaring van haar geneem. Sy het baie tydens die afneming van die verklaring gehuil. Die klaagster was netjies gekleed gewees, en is toe later vir 'n mediese ondersoek geneem. Sy het nie 'n verklaring van Natascha geneem nie, sy dra nie kennis van enige merke aan Natascha se kop wat deur 'n kapmes veroorsaak sou gewees het nie. Behalwe vir klein kneusings aan haar privaatdele is die mediese ondersoek nie aanduidend van gemeenskap sonder verlof nie.
Die beskuldigde erken dat hy die oggend van 22 November 1998 die klaagster en Natascha raakgeloop het terwyl hulle op pad tronk toe en hy op pad na 'n kwekery in Yorkstraat was, ten einde vaste werk gaan probeer kry. Hulle het oor die verlede gepraat. Hy het vir die klaagster gevra hoe lank sy sou wees en sy het gese ongeveer 45 minute. Hy het voorgestel dat wanneer sy terugkom hulle moes saamloop want hulle bly in dieselfde "lokasie" en dat sy bevestigend geantwoord het. Omdat die eienaar van die plek waarheen hy gegaan het nie daar was nie het hy nadat hy 'n halfuur al daar gewag het teruggekom na die plek waar hulle vantevore geskei het. Hy het daar gewag vir drie tot vyf minute voordat die klaagster en Natascha aangekom het en sy sou opgemerk het 5 dat hy (onduidelik). Hulle het geloop en gepraat oor die verlede asook verhoudings en intiemiteite. Hy se dat hy haar drie jaar vantevore laas gesien het en dat hulle kontak toe beperk was tot haar sien by die mobiele winkel en toe hulle een keer saam kerk toe sou gestap het. Hy se dat hy vantevore 'n gevoel vir haar gehad het en dat toe hy dit vir haar se sy geleentheid gevra het om daaroor na te dink en vir horn later die aand sou ontmoet het om te se hoe sy daaroor voel. Toe hy by die afgesproke plek kom was sy nie daar nie, en hy het later uitgevind dat sy is Mosselbaai toe. Hulle het toe oor die spoorlyn geloop en het spelerig met mekaar gepraat. Die beskuldigde het voorgestel dat dit '"n plesier" sou wees indien hulle 'n verhouding met mekaar sou kon he en dat toe hy voorstel dat hy die aand vir haar wou kom kuier het sy gelag. 'n Ent van die spoorlyn is daar 'n bospaadjie. Die klaagster vra of hy die paadjie ken en se dat dit is 'n kortpad maar volgens horn dit lyk nie so nie. Hy loop eerste in en sy volg horn en Natascha volg vir haar. Die paadjie is 'n karlengte, van plus minus 30 meters en word daarna 'n enkelpaadjie om die heining van die munisipaliteit. Op die enkelpaadjie stap die klaagster links van beskuldigde en Natascha is steeds by hulle. Die toneel waar hulle gemeenskap gehad het was ongeveer 600 meter van waar hulle saam begin loop het en ongeveer twee meters weg van die klaagster se huis. Die beskuldigde het toe vir die 5 klaagster vertel van sy liefdesgevoel teenoor haar en het ernstig vir haar daarvan vertel. Die klaagster het geglimlag, sy het daar by die einde van die heining het die beskuldigde voorgestel dat hy intiem met die klaagster verkeer. Die klaagster raak toe ernstig, by die oop kol het sy vir horn van
10 haar kerel vertel. Hulle het toe verder geloop. Toe het die beskuldigde die klaagster gevra oor haar reaksie op sy voorstel van intimiteit het sy gese dat hy nie haastig moes wees nie en tot die aand moes wag. Die beskuldigde sou vir haar gevra watter verskil dit sou maak want ons is tog nou
15 hier. Natascha het op daardie tydstip agter geloop. Die beskuldigde sou gese het dat die verlede vir horn en die klaagster ingehaal het. Hy het toe die klaagster vriendelik vasgegryp en Natascha het toe paniekerig geraak en na haar gekom en 'n geluidjie gemaak. Beskuldigde druk haar toe weg
20 met sy regterhand op die kop terwyl hy se sy hoef nie bekommerd te wees nie, aangesien hy en haar suster vriendelik is en dat hy nie klaagster enige iets sou aandoen nie. Beskuldigde het toe vir Natascha gese om so tien meters of wat weg van hulle te gaan sit omdat hy met die klaagster
25 wou praat. Die beskuldigde en klaagster sit toe op die gras,
15 UITSPRAAK
sy plat en hy op sy kniee. Die beskuldigde het vir die klaagster gese om Natascha te se dat sy nog omtrent 15 meter verder weg van hulle moes gaan sit. Natascha het toe agter 'n deurskynende bossie gaan sit. Die beskuldigde vra toe vir die 5 klaagster om omgang met horn te he en sy het haar kop glimlaggend en instemmend geknik. Beskuldigde s tree I die klaagster van haar skouer af en terwyl hy half bo op haar is vry en soen hulle. Die klaagster sou toe gese het dat hy moes gou maak want haar ma is haastig. Sy trek haar broek af en maak haar bodyshirt los. Beskuldigde trek toe sy broek af tot op sy kniee, hy het bo op die klaagster gele, bors aand bors. Hulle het op 'n stadium van posisie verander omdat sy sou gese het dat iets haar seermaak. Die klaagster sou volgens horn gese het dat hy moes kyk dat Natascha nie nader kom nie. Die klaagster het haar bene oopgemaak en gese dat sy self die beskuldigde se geslagsdeel by hare sal inhelp omdat sy stitches en sy het dit dan ook gedoen. Die klaagster het haar bene opgetrek, die klaagster het gese dat die beskuldigde nie sy saad binne in haar moes stort nie. Hy het vir haar gese dat hy sou probeer. Sy het egter in 'n oomblik van lekkerkry sy liggaam met beide haar bene en arms vasgeknel sodat hy nie sy saad buite haar kon stort nie. Die klaagster het toe hy klaar was vir die beskuldigde gese dat hy nie moes toelaat dat Natascha sy privaatdeel sien nie, en as gevolg daarvan het hy weggedraai. Hy het die klaagster later om verskoning gevra omdat hy sy saad in haar gestort het en het gese dat hy dit nie kon verhelp het nie. Die klaagster het gese sy het 'n twee maande oue baba en wil nie nog 'n kind he nie. Die beskuldigde het toe gese dat hy vir die kind sal pa staan. Die 5 beskuldigde op navraag van die klaer bevestig dat hy 'n meisievriend het. Die klaagster en Natascha het daarna saam met die beskuldigde geloop. Ongeveer vyf meters vanaf die toneel het 'n wal wat volgens aanduiding in die Hof ongeveer drie meter hoog was, teegekom. Die klaagster kon dit nie 10 bemeester nie maar die beskuldigde wel. Die klaagster en Natascha het omgedraai en teruggeloop in die rigting van waar hulle gekom het en beskuldigde ontken dat hy 'n kapmes sou gehad het en dat hy enige geld by die klaagster sou geneem het.
Omdat die beskuldigde erken dat hy gemeenskap met die klaagster gehad het is die enigste vraag vir beslissing of dit met of sonder haar toestemming geskied het. Ten opsigte van daardie aspek is daar teenstrydige Staats en verdedigings weergawes. Die klaagster en Natascha se getuienis is nie bo kritiek verhewe nie. Beide van hulle het tydens hulle getuienis, wat sekere aspekte betref, het hulle van hulle polisieverklarings afgewyk, soos byvoorbeeld het die klaagster gese dat sy op pad terug die beskuldigde by dieselfde plek gekry het, waar sy horn laas gesien het, terwyl sy in getuienis gese het dat dit was by die boom. Natascha byvoorbeeld het gese dat beskuldigde haar met die stomp kant van die kapmes op haar kop gekap het terwyl sy later toegegee dat haar verklaring reg was en dat dit met die plat kant van die kapmes 5 geskied het. Daar was ook weersprekings tussen die klaagster en Natascha byvoorbeeld waar die beskuldigde die kapmes sou uitgehaal het asook wanneer dit gebeur het, die posisie waarin die beskuldigde sou gewees het terwyl hy gemeenskap met die klaagster gehad het en of die beskuldigde of die klaagster vir Natascha sou gese het om 'n bietjie verder weg van hulle te gaan sit en haar rug op hulle te draai. Daar is ook gevalle waar die volgorde van die gebeure waaroor hulle getuig het verskil. Die klaagster se dat die geld gevra was voordat Natascha met die kapmes op die kop geslaan was, Natascha se dat dit daarna gebeur het. In die lig van die voorgaande opmerkings ag ek dit gerade om in weerwil van die verslapping van die algemene versigtigheidsreel in die geval van seksuele misdrywe oorwegend op vrouens in S v Jackson 1998(1) SASV 470 (HHA) tog die versigtigheidsreel ten opsigte van die klaagster toe te pas. Aangesien Natascha ten tyde van die gebeure 'n jeugdige was word die versigtigheidsreel in elk geval ook in soverre dit haar betref deur my toegepas. Die versigtigheidsreel het sy ontstaan in die uitspraak in R v Mokoena 1932 OPD 79, en in S v Sauls 1981(3) SA 172 (A) te 108E-G en S v Webber 1971(3) SA 754 (A) aangepas. Hoffman en Zeffert, The South African law of Evidence 4de Uitgawe op bladsy 572 se die volgende ten opsigte van die onstaan van die versigtigheidsreel;
"The cautionary rules have evolved because the collective wisdom and experience of judges has found that certain kinds of evidence cannot be safely relied on unless accompanied by some satisfactory indication of trustworthiness."
Flemmina. ARP het in S v M 1992(2) SASV 188 (W) op 193 die volgende gese ten opsigte van die versigtigheidsreel:
"Die vermaning tot versigtigheid wysig nie die bewyslas nie....Die Hof moet soos in enige ander saak bepaal of hy dit so sterk glo dat die beskuldigde die misdryf gepleeg het dat hy met vertroue kan se dat daar nie eers 'n redelike moontlikheid is dat die onskuldige weergawe waar kan wees. By die oorweging van daardie vraag moet die Hof horn laat lei deur rasionele reaksie op die getuienis....
Die vermaning tot omsigtigheid hou net in dat die verhoorhof 'nbewustheid moet handhaaf van die risiko wat (soms onopsigtelik) afwesig is by die spesifieke situasie wat voor die Hof dien."
Na my mening gee daardie benadering essensie van die reels van versigtigheid akkuraat weer en is meer plooibaar en aanpasbaar as die benadering om bloot te bepaal of enige feite of omstandighede wat alreeds deur ons howe as aanduiding van die betroubaarheid van enkelgetuies en klaers/klaagsters in seksuele misdrywe bevind is, teenwoordig is. Ons howe het al meermale beslis dat 'n hof sigself nie slegs moet waarsku om getuienis in 'n gegewe geval versigtig te benader nie, maar dat die uit die behandeling van die getuienis moet blyk dat dit inderdaad gedoen is. Die versigtigheidsreel verg egter nie dat die getuienis van 'n getuie onberispelik moet wees nie maar slegs dat "it is substantially satisfactory in all material respects or is corroborated". (Sien S v Ganie and Others, 1967(4) SA 203 (N) te 206H.)
Die gevaar waarteen gewaak moet word in die geval van verkragting is die teenwoordigheid van 'n moontlike motief om 'n beskuldigde valslik te impliseer en in die geval van 25 jeugdiges hulle beinvloedbaarheid asook hulle verbeeldingrykheid. Ten opsigte van die vraag of die Staat in daardie gevalle waar daar teenstrydighede tussen die staat en die verdediging se weergawes is, die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het, het Swart R in S v Radebe 1991(2) SASV 166 (T) te 184f-g die volgende gese;
"Die vraag is of die weergawe deur die Staat voorgele bo redelike twyfel die korrekte een is. Die teenhanger daarvan is of daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat die beskuldigde se weergawe die korrekte een is. Verder as dit hoef nie gegaan te word nie. Wat laasgenoemde vraag betref is dit na my mening onder geen omstandighede geregverdig om bloot in isolasie na die beskuldigde se weergawe te kyk en in isolasie oor die teoretiese aanvaarbaarheid daarvan te besin nie. Die Hof moet 'n bevinding maak met inagneming van die feit dat die botsende weergawes is....Die Hof mag egter ook, na gelang van die omstandighede, op die basis van geloofwaardigheid (voorkoms en gedrag) en die waarskynlikhede en moontlikhede in Glegq [1973(1) SA 34 (A)] tot die gevolgtrekking kom dat die Staat se weergawe waar is en die beskuldigde se weergawe eenvoudig onwaar is of minstens nie redelik moontlik waar is nie. Of die Hof kan met inagneming van presies dieselfde geloofwaardigheidsoorwegings tot die gevolgtrekking kom dat hy nie sonder meer in staat is om, selfs met inagneming van getuienis tot die teendeel, die beskuldigde se weergawe te verwerp nie en dat sodanige weergawe 'n redelike alternatiewe hipotese daarstel."
Wat die inhoud van die begrip redelik moontlik waar betref se die geleerde Regter die volgende, te bladsy 181;
"Uiteindelik
is die soeke na 'n redelike alternatiewe hipotese terselfdertyd die
teenkant van die vraag of die Staat sy saak
bo redelike twyfel bewys
het. Daar is na my mening, met eerbied, tereg in Glegq
beklemtoon
dat die begrip 'redelike twyfel' nie presies omskryf kan word nie.
Dieselfde geld wat beytref wat die begrip 'redelik
moontlik waar'
betref. Dit is myns insiens 'n kwessie van 'n graad en waarde wat
deur die opgeleide juris bepaal moet word aan
die hand
van
waarskynlikhede of moontlikhede op grond van wat volgens
algemene gangbare menslike kennis en ondervinding as redelik beskou
kan
word, nie abstrak gesien nie, maar op die bewysmateriaal wat
voor die Hof geplaas is. (181 h-j."
Wanneer die klaagster en Natascha se getuienis beoordeel 10 word moet dit nie uit die oog verloor word nie dat op hulle weergawe van die gebeurtenis hulle verklarings kort na die gebeurtenis geneem was op 'n tydstip toe beide steeds ontstefd was, en dat hulle verlang was om te getuig ten opsigte van 'n aangeleentheid wat bykans twee jaar en drie maande gelede 15 plaasgevind het. Sonder om die Staat se bewysdrempel te verlaag is dit toelaatbaar om die trauma deur verkragting veroorsaak en die effek wat dit op 'n klaagster en die kwaliteit van haar getuienis mag he in ag te neem. Sien in die verband die ongerapporteerde saak van Arnesh Soorailal Juggin v S 20 saaknommer 362/98, Hoogste Hof van Appel, para 29. Die waarskynlikhede of moontlikhede dat die beskuldigde se weergawe redelik moontlik waar kan wees volgens algemeen gangbare menslike kennis en ondervinding moet beoordeel word in die lig van die volgende bewysmateriaal.
Die klaagster het twee maande vantevore aan 'n baba geboorte geskenk wat volgens haar mededeling aan die beskuldigde die aanbring van chirurgiese steke genoodsaak het. Sy was in 'n vaste verhouding met 'n ander man betrokke. Sy was heelwat 5 jonger as die beskuldigde. Selfs op die beskuldigde se weergawe het hy die klaer drie jaar voor die gebeure laas gesien. Selfs op sy weergawe was die kontak van hulle vantevore beperk gewees en was daar nie sprake van enige romantiese betrokkenheid. Die klaagster se weergawe dat sy die beskuldigde slegs van aansien geken het word bevestig deur die feit dat sy nie in staat was om sy naam aan die polisie te verskaf het nie en sy identiteit bepaal was deur 'n foto uitkenning. Alhoewel die beskuldigde op sy eie erkenning van 'n (onduidelik) in staat was om sy emosie te openbaar gee hy 'n weergawe van liefdesverklarings, voorstelle van intimiteite aan 'n vrou wat bykans 'n vreemdeling vir horn was. Dit alles geskied ten aanskouing van die klaagster se jong sustertjie. Op die beskuldigde se eie weergawe, wat rym met die getuienis van die klaagster, sowel as Natascha, het Natascha op 'n stadium ontsteld geraak. Indien die geselskap en die atmosfeer tussen die beskuldigde en klaagster so ontspanne was as wat die beskuldigde wil voorgee is dit moeilik om te verstaan waarom sou die beskuldigde se dat dit as gevolg van sy omhelsing van die klaagster was, dat hy volgens sy weergawe haar op die kop moes druk en van hulle moes wegdruk om haar tot bedaring te bring kom as uiters vreemd voor. Haar onsteltenis rym eerder met die weergawe van die klaagster en Natascha self. Volgens die beskuldigde sou die klaagster die inisiatief geneem het ten opsigte van die paadjie 5 wat gelei het na die toneel waar die daad wat die onderwerp van klagte 1 vorm gepleeg was. Volgens horn sou sy dit as 'n kortpad beskryf het, dat dit so sou gebeur het is onwaarskynlik. Volgens die beskuldigde self was dit eintlik 'n ompad en was daar 'n hoe wal wat hy nog uitgebrei het volgens 10 sy opinie wat die gebruik daarvan vir hulle onmoontlik gemaak het. Waarom hy wetend dat dit 'n ompad was, haar nie daarop attent gemaak het nie is nie duidelik nie, dat hy die omgewing geken het blyk uit die feit dat hy voorgeloop het en dat dit waarskynlik is dat hy die voorstel van die kortpad gemaak het.
Dit is myns insiens ondenkbaar dat die klaagster so sensitief is oor dit wat haar sussie mag sien of nie mag sien nie, dat sy vir die beskuldigde sou gese het om nie sy geslagsdeel aan haar te ontbloot nie, sou toegelaat het dat die beskuldigde met haar instemming voorstelle van seksuele aard sou gemaak het en dan vir die sig van Natascha op die openlike wyse deur die beskuldigde beskryf vrywillig met haar gemeenskap sou toelaat. Wat op die beskuldigde se weergawe moeilik verstaanbaar is, is hoe dat die klaagster se sustertjie, wat ontsteld geraak het toe die beskuldigde haar omhels het, ewe gedwee met haar rug na hulle gaan sit en gemeenskap met haar aanvaarbaar vind. Die waarskynlikhede is dat sowel die klaagster as Natascha so geTntimideer was dat hulle nie enige weerstand gebied het, dat dit geskied het, versoenbaar met 5 hulle weergawe van die te voorskyn bring en bedreiging deur die beskuldigde met 'n kapmes.
Wat deurslaggewend onversoenbaar met die beskuldigde se weergawe van konsensuele gemeenskap is, is die feit dat hy na die gebeure sy eie koers inslaan en nie die klaagster en Natascha soos vooraf afgespreek huis toe vergesel het nie. Hy voer as rede daarvoor aan dat daar 'n drie meter hoe wal was waar hy, maar nie hulle nie, kon opgaan. Hy is egter nie vanmore in staat om te verduidelik vir watter rede hy nie in staat was om saam met hulle te loop nie. Indien dinge op so 'n vriendskaplike manier verloop het soos wat hy gese het en gesien die feit dat op sy weergawe die klaagster bereidwillig sou gewees het om later die aand met horn gemeenskap te he pas daardie optrede van die beskuldigde nie in by sy weergawe van die voorafgaande gebeure nie.
Sowel klaagster as Natascha se dat hulle na die gebeure na 'n polisiestasie gesoek het om 'n klagte te le maar nie geweet het waar dit was nie. Hulle het op twee mans wat besig was om kabels te le afgekom wat die rigting van die polisiestasie aan hulle verduldelik het. Dit blyk uit die getuienis van Inspekteur Plaatjies dat die klaagster hoogs ontsteld was toe sy by die polisiestasie aangekom het en gese dat sy so pas verkrag was. Dit is versoenbaar met die trauma wat die klaagster se sy aan 5 onderwerp was. Die feit dat haar klere nie versteur was nie is nie betekenisvol nie, gesien die feit dat sy self vanwee die voorafgaande intimidasie haar klere uitgetrek het. Dit verklaar dan ook waarom die mediese getuienis versoenbaar is met konsensuele seks. Die klaagster was verder tydens getuienis sigbaar ontsteld gewees toe sy aangaande die gemeenskap wat plaasgevind het moes getuig. Die klaagster en Natascha het 'n deurtastende kruisondervraging myns insiens goed weerstaan. Die klaagster veral het as getuie 'n goeie indruk op die Hof gemaak. Dit was tydens haar getuienis duidelik dat sy steeds as gevolg van die gebeure ontsteld was. In weerwil van die kritiek wat teen haar getuienis ingebring kan word is ek tevrede dat haar en Natascha getuienis aan die reels van versigtigheid voldoen en dat daarop pyl getrek kan word.
Die kort tydsbreuk tussen die gebeure wat die onderwerp van klag 1 vorm en die le van die klagtes is onrymbaar met die opdis van 'n valse storie. Ook die teenstrydighede tussen die getuienis van die klaagster en Natascha dui op afwesigheid van 'n samespanning om die beskuldigde valslik te impliseer. Ek kan nie se dat in sover hulle weergawes verskil ten opsigte van waar die kapmes te voorskyn gebring sou gewees het, skyn vir my onwaarskynlik te lyk dat 'n voorwerp van daardie grote deur die beskuldigde aan sy persoon gedra sou gewees het. Verder het Natascha ontken dat die klaagster huilerig 5 sou gewees het, en verskil ook van die getuienis van Inspekteur Plaatjies oor haar voorkoms by die polisiestasie. Die beskuldigde daarenteen het glad nie be'indruk nie en het met omdraaie en vrae beantwoord en het onnodiglik daarop voort geborduur. Sy getuienis oor die inhoud van sy gesprekke met die klaagster en sy lankstaande belangstelling in haar pas net nie in by sy latere optrede nie. Sy beskrywing van hoedat sy sou verhoed het dat hy sy saad buite haar stort is net nie versoenbaar met iemand wat se dat sy nie verder kinders sou wou he nie. Verder het die beskuldigde getuig ten opsigte van sekere aspekte wat nie aan die klaagster gestel was nie en duidelik latere versinsels is, byvoorbeeld dat die klaagster se dat hy moes gou maak want haar ma is haastig en dat die klaagster moes omdraai omdat die wal hoog was. Nie enigiets van daardie aard was aan die klaagster gestel nie.
In die lig van die voorgaande glo ek die klaagster en vir Natascha en verwerp die getuienis van die beskuldigde as leuenagtig en net nie redelik moontlik waar nie. Gevolglik 25 word die BESKULDIGDE SKULDIG BEVIND OP KLAGTE 1.
Wat die tweede klagte betref het die beskuldigde ontken dat hy enigsins in besit van :n kapmes was en dat hy Natascha daarmee op die kop sou gekap het soos wat sy asook die 5 klaagster beweer het. Soos reeds gese die beskuldigde erken dat Natascha opgetree het op 'n wyse wat horn genoop het om met sy hand op haar kop te druk. Dit is daardie optrede van haar wat volgens hulle daartoe gelei het dat die beskuldigde haar met die plat kant van die kapmes op die kop sou gekap het. Ek het reeds bevind dat die klaagster en Natascha se optrede versoenbaar is met die van mense wat geTntimideer was. Op die beskuldigde se weergawe was daar nie enige iets wat daartoe aanleiding kon gee, op die klaagster en Natascha se weergawe wel, naamlik die dreigement en die kapmes. Ek glo die klaagster en Natascha en nie die beskuldigde nie. Ek bevind dit as 'n feit dat die beskuldigde die klaagster met 'n kapmes op die kop gekap het ten einde haar stil te maak toe sy op 'n stadium vreesbevange begin skreeu het. Ongelukkig kon Inspekteur Plaatjies nie enige iets van die gebeurtenis op die teenwoordigheid van merke aan Natascha se kop onthou nie. Gesien die feit dat die beskuldigde die plat kant van die kapmes gebruik het en daar nie getuienis aangebied was wat die mate van geweld waarmee hy dit gedoen het nie, en die afleiding dat hy dit gedoen het met die opset om Natascha ernstig te beseer is nie die enigste redelike moontlik afleiding waarvoor die bewese feite vatbaar is nie. Gevolglik word beskuldigde ten OPSIGTE VAN KLAGTE 2 SLEGS AAN AANRANDING SKULDIG BEVIND.
Wat die derde klagte betref het sowel die klaagster as Natascha getuig dat die beskuldigde nadat hy 'n kapmes te voorskyn gebring het gese dat hy 'n behoefte het en dat die klaagster daarna R10,70 aan horn sou oorhandig het, die indruk is dat die klaagster dit gedoen het om te voorkom dat leed haar en Natascha aangedoen word. Roof is die wederregtelike opsetlike geweldadige wegname en toeeiening van 'n saak. 'n Direkte verband tussen die uitering van die dreigement en die verkryging van die saak is 'n vereiste. Dit wil voorkom dat indien die feite van die onderhewige saak holisties betrag word wat betref die te voorskyn bring en dreigemente van die kapmes asook die uitspreek van die gedagte dat die beskuldigde behoefte sou gehad het 'n artikulasie kon wees van 'n seksuele behoefte en nie desnoods om geld te kry nie. Dit word beaam deur Natascha wat se dat toe die klaagster die eerste keer vir die beskuldigde gevra het of hy, deur te se dat hy 'n behoefte het hy geld bedoel het, het hy nee gese. Soos reeds gese wil dit voorkom asof die klaagster ten einde dit wat sy gevrees het te voorkom vrywillig geld aan die beskuldigde oorhandig het. In die omstandighede bestaan daar by my twyfel of die Staat dus daar geslaag het om al die elemente ten opsigte van die derde klagte te wys en word die beskuldigde op die derde klagte onskuldig bevind.
Wat die 4de, 5de en 6de klagtes betref het die Staat vir Mavis 5 Maphololo (hierna geriefshalwe "Mavis" genoem). inspekteur Martin Lotz, dr Hendrik Marthinus van Jaarsveld en dr Mariette Hurst as getuies geroep. Mavis is 'n 28 jarige getroude vrou en het getuig dat sy Nomasikizi Baleni en haar suster, Tendiswa Toyisi, ongeveer elfuur op 28 November 1998, vanaf D'Urban's Saagmeule deur 'n plantasie vanaf Kraaibosch na Sandkraal geloop waar hulle woon. Hulle het onsuksesvol vir werk gaan soek. Hulle het elkeen 'n rugsak waarin daar brood was, dit wil se toebroodjies met eier op en ongesnyde brood by hulle gehad. Op pad het hulle stukke planke ongeveer 45 sentimeters lank opgetel wat hulle as droe stokke wou gebruik. Terwyl hulle geloop het, het die beskuldigde hulle van agter ingehaal en terwyl hy by hulle verby gestap het hulle in Xhosa gegroet. Hulle het horn teruggegroet en beskuldigde het na ongeveer vyf meters teruggedraai van hulle en in Xhosa gevra waar "Zone 9" is. Hulle het vir horn verduidelik waar dit was. Volgens haar sou die beskuldigde normaal geloop het. Die beskuldigde het toe vir hulle vir R5 gevra. Hulle het vir horn gese dat hulle nie geld het nie en vir horn hulle sakke gewys en gese dat hulle slegs kos het en het dit vir horn aangebied. Die beskuldigde het toe 'n mes met plus 8cm lem wat oop was uitgehaal, en net vir Nomasikizi daarmee gesteek sonder om enige iets te se. Die steek was in die linkerbors gewees. Sy het nie vir horn enige rede gegee om haar so te steek nie. Mavis en Tonisa het toe vir die beskuldigde met die planke wat 5 hulle by hulle gehad het begin slaan. Hulle het op sy skouers en sy hande geslaan omdat hy vir Nomasikizi gesteek het. Die beskuldigde sou weer vir Nomasikizi erens op die bors gesteek het. Mavis en Tonisa het aangehou om die beskuldigde te slaan en hy het in die proses haar in die tinkersy 'n steekwond toegedien. Mavis het die beskuldigde so hard geslaan dat die mes uit sy hand geval en haar stok gebreek het. Nadat die beskuldigde se mes geval het, het sy dit as 'n geleentheid gesien om weg te beweeg om 'n stok af te breek van die afgesaagde borne wat daar rondgele het. Die beskuldigde het na haar toe beweeg en terwyl sy haar rug op horn gedraai gehad het, het die beskuldigde vir haar in die rug gesteek. Toe sy weer met die beskuldigde baklei toe steek hy haar weer in die rug. Op daardie stadium het die ander twee persone alreeds op die grond gele en was Nomasikizi alreeds dood gewees.
Die beskuldigde het vir Mavis vier keer in die rug gesteek voordat sy omgeval en gebly le het. Sy se dat beskuldigde weer teruggekom het en ek aanvaar wat sy se. Hy het ook vir 25 Nomasikizi geskop terwyl sy op die grond gele het. Mavis getuig dat dit stil geword het en sy het die indruk gekry dat die beskuldigde weggegaan het. Sy kon nie orent kom nie en het in die warm son gele totdat iemand later opgedaag het, sy weet nie hoe laat nie. Sy is later per ambulans na die 5 hospitaal vervoer. Sy is daar behandel en is later na Groote Schuur en nog later na die Conradie Hospitaal oorgeplaas waar sy vir ongeveer ses maande moes bly. Sy is in haar onderlyf verlam en is in 'n rystoel. Sy het 'n letsel aan haar linker voorarm wat tot gevolg het dat haar pinkie asook haar ringvinger se funksies belemmer is. Sy het ook letsels aan haar onderbeen en linkerbeen wat sy aan sonbrand ly. Mavis het in kruisondervraging ontken dat die beskuldigde sou gese het hy is honger en R2 vir 'n halwe brood van hulle sou gevra het. Sy het ontken dat die beskuldigde Afrikaans met hulle sou gepraat het. Sy het ontken dat elkeen van hulle 'n stok ongeveer 1 meter lank sou gehad het, dat hulle net onder mekaar sou gepraat het en vir horn vir horn voertsek gese het. Sy het ook ontken dat een van hulle vir horn 'n bakkie kos wou gee, en dat die ander haai, haai sou gese het. Sy het ook ontken dat soos hy beweer hy die bakkie gryp het een van die drie vrouens horn met 'n lapsak van agteraf sou geslaan het. Sy het ook ontken dat die ander twee horn van voor af sou vasgegryp en dat daar toe 'n struweling ontstaan het, waartydens een van hulle horn met die knie op sy maag op die grond sou vasgepen het. Inspekteur Lotz het getuig dat hy ongeveer een uur op die 28ste November na die toneel te Kraaibosch gegaan het. Die polisie was toe alreeds daar en Mavis en Tonisa was alreeds per ambulans verwyder. Die liggaam van Nomasikizi was aan horn uitgewys op punt A op foto 1 van bewysstuk 1. Daar was Xhosa sprekende omstanders met wie hy nie in staat was om te kommunikeer nie. Hy het bevestig dat dit hy was wat by die stompe op foto 5 van bewysstuk 1 gestaan het en dat daar tekens van vars bloed aan die takke wat daar was was en dat die wit voorwerp op die voorgrond 'n handskoen was wat deur die ambulans personeel gebruik was. Hy het ook getuienis aangebied van die planke wat in die pad le.
Dr van Jaarsveld wat op 28 November 1998 by die Provinsiale 15 Hospitaal by George diens verrig het, het getuig dat Mavis ongeveer 35 minute oor een al daar opgeneem was in 'n erge toestand van skok. Dit was as gevolg van bloedverlies. Haar bloeddruk was baie laag. Tydens haar resussitasie was vog aan haar toegedien en haar longe was gedreineer. Die wonde 20 wat sy gehad het was chirurgies geheg. Sy het vyf steekwonde agter haar bo rug gehad en twee in haar lumbale area. Die steekwonde in haar bo rug het haar longe tot 5 tot 10 sentimeters diep gepenetreer. Dit het bloeding en die platval van haar longe tot gevolg gehad. Volgens horn was 25 daai wonde met groot geweld toegedien. Een van die wonde in die lumbale area het die rugmurg op die vlak van L1 tot 2 gepenetreer en het permanente verlamming tot gevolg gehad. Benewens die wonde het sy ook 'n steekwond op haar linker voorarm gehad wat die dokter as 'n verdedigingswond beskryf 5 het, asook letsels op haar linker onderbeen wat met verbranding versoenbaar was. Op sy mening was die wonde met 'n kapmes veroorsaak.
Dr Hurst, 'n patoloog wat op 4 Desember 1998 'n nadoodse ondersoek op die liggaam van Nomasizi uitgevoer het, het 'n volledige beskrywing daarvan gegee, van wat sy gevind het en het dit met foto's toegelig. Wat van besondere belang is omdat dit die getuienis van Mavis se prokureur is dat sy twee diep penetrerende steekwonde aan die linkerbors gevind het, wat die hartsak en die hart binnegedring het en deur haar as dodelik beskryf was. Sy het altesaam 15 steekwonde gevind, een waarvan aan die boarm was, en vier aan die linker voorarm. Die laasgenoemde wonde is deur haar as verdedigingswonde beskryf. Dr Hurst het op die 8ste Desember 1998 'n nadoodse ondersoek uitgevoer op die liggaam van Zingisa Ntoyise. Sy het 'n gedetaileerde beskrywing gegee van die wonde wat sy gevind het en het dit deur middel van foto's toegetig. Sy getuig van veelvuldige penetrasie wonde, twee waarvan die regterlong binnegedring het en een waarvan die buik binnegedring en die linkernier gepenetreer het. Sy het altesaam 16 steekwonde gevind, wat sy reken met 'n mes toegedien was, drie van daardie wonde was aan die oorledene se regterarm.
Die beskuldigde se weergawe is dat hy op 28 November 1998 vanuit die rigting van Sandkraal op pad was na 'n besigheid wat hy as "antiques" beskryf het. Hy sou 'n afspraak daar gehad het. Hy se dat hy toentertyd alreeds vir 'n maand werkloos was, die aand vantevore laas geeet het en honger was. Hy het toe drie vrouens in die teenoorgesteld rigting deur die plantasie sien aankom. Die vrouens het elkeen 'n loop stok ongeveer borshoogte lank by hulle gehad. Hulle het Xhosa met mekaar gepraat. Die beskuldigde het hulle gegroet en het hulle vir R2 gevra sodat hy 'n brood by Rademachers kon gaan koop. Die een vrou het 'n wit bakkie gehad waaruit sy geeet het. Sy het horn die kos aangebied. Toe hy die kos gevat het sou een van die vrouens gese het voertsek. Op daardie stadium sou een van die vrouens agter horn gestaan het, op die stadium toe die kos aangebied was sou die dame wat agter horn gestaan het horn met 'n lapsak wat sy gehad het teen sy kop geslaan het. Hy het na links weggekoes, die twee vrouens wat voor horn gestaan het, het horn toe vasgegryp en daar het 'n stoeiery ontstaan. Die beskuldigde was volgens horn heel toevallig in besit gewees van 'n vaste lem dolk, plus minus 12 sentimeters lank wat hy 'n halfuur vantevore by 'n heining by sy swaer se plek in Sandkraal opgetel het.
Die beskuldigde het die mening uitgespreek dat die rou wat 5 agter horn geslaan het dit gedoen het omdat sy die dolk in sy agtersak gesien het. Die twee vrouens wat voor horn gestaan het, het horn ondergekry. Die beskuldigde het op sy maag op die grond beland. Een vrou het horn met haar linker knie op sy rug gehurk gesit en horn met haar hande op sy vingers platgedruk. Die beskuldigde het probeer opstaan maar hulle het horn onder beheer gehad. Die ander twee vrouens het horn met hulle stokke begin slaan op sy kop en skouers en op sy bene. Hy het probeer opstaan maar kon nie, omdat die gewig op horn te swaar was. Hulle slaan horn toe so hard met die stokke dat dit breek en hy van die pyn skree. Hulle slaan op dolk en dit maak horn seer. Hy het probeer die dolk uithaal met sy regterhand. Hulle slaan sy hand so hard dat die dolk uitval. Die slanery se hy het omtrent twee tot drie minute lank aangehou. Hy het benoud geraak en het gedink hulle gaan horn doodmaak. Hy het toe besluit om slegs een te steek om te sien of hulle nie sou ophou nie. Die houe het egter erger geword en die beskuldigde het een dame, blykbaar die een wat bo op horn was, met die dolk in die agterboud gesteek, terwyl hy nog gele het. Daarna het die aanvaHers nog erger toegeslaan. Beskuldigde se hy het so benoud geraak en begin sweet. Hy het toe kop onderstebo na ander kante toe gesteek sonder om te kyk wie of waar.
Hy het tydens kruisondervraging toegegee en erken dat al die 5 steekwonde wat hy toegedien het uitgevoer was terwyl hy op sy maag op die grond gele het. Die stortvloed van houe het later opgehou en hy het sukkelend uit die duisternis uit opgekom. Toe hy besig was om op te kom sou hy die laaste hou steek. Hy sien toe dat een vrou stadig beweeg tot by punt 10 A op foto 1 van bewysstuk E, en dat twee van die vrouens wat vir horn gelyk het asof hulle mekaar probeer help beweeg het tot by punt D, waar albei van hulle omgeval het.
Die beskuldigde het getuig dat hy op 'n stadium gese het dat hy 15 jammer was en nie bedoel het om die vrouens te steek nie, en dat hy besorg was en ook wou gaan sit het. Toe hy tydens kruisondervraging gevra was waarom hy nie aangebied het om hulle te help nie het hy eers gese dat hy verskrik was en nog later dat hy nie in staat was om hulle te help nie, want blykbaar het hy nie kennis van noodhulp gehad nie. Hy se dat hy weggeloop het van die beseerdes om hulp te gaan soek en dat hy nie na Sandkraal toe gegaan het nie want hy sou daar doodgemaak geword het. Hy het die pad opgehardloop en het plus minus vyftig tot sestig meters weg twee ander vrouens 25 teegekom. Op daardie stadium was so hande so vol bloed dat hy dit na agter en weg van sy lyf af moes hou. Hy se dat hy nog steeds die dolk in sy hand gehad het. Hy het toe vir die twee vrouens wat hy teegekom het gese dat hy was in 'n bakleiery met vrouens en nog later dat hy sou gese het dat dit 5 'n ongeluk was. Toe hy sy bebloed hande na vorentoe gebring het tydens die verduideliking sou die twee persone gese het sjoe en weggehardloop het. Hy het toe tot by die snelweg geloop waar hy 'n Indierman by 'n wit Colt bakkie teegekom het. Die man was besig om 'n seil oor die bakkie se bak te span. Hy het vir die man gevra om die polisie of die ambulans te laat kom. Die persoon was aanvanklik traag gewees om dit te doen, maar het op sy selfoon gebel nadat hy die beskuldigde se bloedbevlekte hande gesien het. Daarna was die beskuldigde op pad na sy suster se huis in Bellevue, wat ongeveer 500 meter weg was. Benewens die beskuldigde se bloedbevlekte hande en sy gesnyde vingers van sy linkerhand was daar 'n skaafmerk aan sy oog, was sy bolip geswel en was sy kop vol knoppe. Daar was ook ander swelsels aan sy liggaam en sy bene. Hy het toe nie tot by sy suster se huis gegaan nie, maar het sy hande by 'n kraan gaan was, en is toe na sy eie woonplek toe waar hy tussen elfuur en twaalfuur aangekom het. Hy het homself gewas en het toe gaan slaap. Hy se dat hy die volgende dag, hoewel dit 'n Sondag was, sou hy weer "construction werk" gaan soek. Ten opsigte van klagtes 4, 5 en 6 was Mavis 'n enkel getuie gewees, en moet haar getuienis met versigtigheid benader word. Sy het op my 'n goeie indruk as getuie gemaak. Dit is egter moeilik om op haar weergawe die veelvuldige steekwonde wat Nomazitisi en Tengisa opgedoen het te verklaar. Ook die aantal steekwonde aan haar rug rym nie geheel en al met haar eie relaas van die gebeure nie. Wat egter nie uit die oog verloor moet word nie is dat die gebeure waaroor sy getuig het nie-staties van aard was, 'n angswekkende gebeurtenis moes gewees het, en dat sy as gevolg van die beserings by die poorte van die dood omgedraai het. Sy is ook aan indringende kruisondervraging blootgestel wat sy besonder goed deurstaan het.
Dit is gemeensaak dat die beskuldigde vir Mavis en haar twee metgeselle veelvuldige wonde met 'n skerp voorwerp toegedien het, en dat Nomazitisi en Tengisa as gevolg daarvan gesterf het, en dat Mavis permanent in haar onderlyf verlam is. Die enigste vraag vir beslissing is of die aanrandings plaasgevind het op die wyse soos deur Mavis weergegee, of op die wyse deur die beskuldigde beweer, naamlik dat hy in selfverdediging opgetree het. Daar is weereens twee teenstrydige weergawes wat aan die hand van die riglyne wat in S v Radebe neergele is beoordeel moet word. Die beskuldigde beweer dat die beweerde aanval op horn plaasgevind het by die rigtingwyser op foto 1 van bewysstuk E, en steun op die teenwoordigheid van die plank wat daar gevind was as korroborasie daarvan.
Die beskuldigde se weergawe wemel egter van 5 onwaarskynlikhede. Eerstens wil hy voorgee dat hy, 'n man, deur 'n enkele vroupersoon op die grond vasgepen is. Tweedens beweer hy dat die ander twee vrouens horn met stokke geslaan het, terwyl die een vrou horn vasgepen het. Dit is moeilik om te aanvaar dat hulle dit kon gedoen het sonder om die vrou wat bo-op horn was raak te slaan. Verder is dit moeilik om te aanvaar dat indien enige steekwonde toegedien was terwyl die beskuldigde op die grond was, hoedat die wonde aan die bolyf van Nomazikisi, die bolyf, regter bo-arm en die rug van Tengisa, en die wonde op die rug van Mavis verklaar word. Vierdens is die hoeveelheid steekwonde en die liggings daarvan moeilik versoenbaar met die van iemand wat in noodweer opgetree het.
Volgens die beskuldigde self het hy wild en sonder om te kyk gesteek. Indien hy die steekwonde vanuit :n leende posisie toegedien het was die bewegings wat hy met sy hand kon uitvoer asook sy reikafstand beperk gewees. Sy demonstrasie in die getuiebank van hoe dat hy na agter na die persoon wat horn vasgepen gesteek het, illustreer die absurdheid van sy weergawe. Klaarblyklik kan die beskuldigde se storie dat al die steekwonde op die grond toegedoen was net nie waar wees nie. So ook sy weergawe van waar dit was. Die een steekwond in Mavis se lumbale area het haar verlam. Hoedat sy in daardie toestand tot by punt B aangedui op Bewysstuk E kon gekom het en neergeval het is onverklaarbaar. So ook dat Nomanozikisi met twee steekwonde in die hart na punt A kon beweeg het. Sesdens het die beskuldigde nie nadat hy gesien het dat al drie die vrouens platgeval het nie enige pogings aangewend om hulle enige bystand te verleen nie. Dit is my insiens onversoenbaar met die optrede van iemand wat hulle teesinniglik gesteek het omdat hy homself moes verdedig. Sewende pas die beskuldigde se verduideliking aan Nosizile Mphuthule nie in by die weergawe wat hy nou in die Hof probeer opdis het nie. Agstens is die beskuldigde se weergawe dat hy hulp ontbied het nie rymbaar met sy daaropvolgende optrede teenoor Mavis nie. Negende rapporteer die beskuldigde nie sy verontskuldigende weergawe aan die polisie nie.
Mavis se weergawe daarenteen rym met sekere objektiewe aanduidings. Die ligging van die wonde aan haar rug asook die plek waar sy aangetref was korreleer volkome met haar weergawe. Daar waar sy aangetref was le daar takke wat sy kon geglo het sy met die kaal hand kon afbreek. Ook die teenwoordigheid van die plank, foto 1 van bewysstuk E, ondersteun haar weergawe aangaande die stokke wat hulle in hulle besit gehad het, eerder as die weergawe van die beskuldigde. In die lig van voorgaande is ek van mening dat Mavis 'n betroubare getuie en die beskuldigde 'n leuenagtige 5 getuie was, en het ek op sterkte van al die bewysmateriaal wat voor die Hof geplaas was tot die gevolgtrekking gekom dat die beskuldigde se weergawe ten opsigte van klagtes 4, 5 en 6 nie redelik moontlik waar is nie. Gedagtig aan die aard van die wapen wat deur die beskuldigde gebruik was, die veelvuldigheid van die houe wat toegedien was, die kwesbaarheid van sommige van die areas van die liggame van die slagoffers, in klagtes 4, 5 en 6, waarin sommige van die steekwonde toegedien was, asook die geweld daarmee dit toegedien was, is die enigste afleiding wat redelikerwys gemaak kan word dat die beskuldigde subjektief die moontlikheid voorsien het dat sy optrede die dood van Nomazikisi en Zingisa Ntoyise en Mavis kon veroorsaak het, en roekeloos was ten aansien van die intrede van daardie gevolg. In die verband sien S v Sigwahla 1967(4) SA 566 (A) te 570A.
Gevolglik word die BESKULDIGDE OP KLAGTES 4. 5 EN 6 SKULDIG BEVIND SOOS AANGEKLA EN IN DIE GEVAL VAN KLAGTE 6 WORD DAAR BEVIND DAT VERSWARENDE OMSTANDIGHEDE TEENWOORDIG WAS.
Wat die 7de klagte betref het die Staat op die getuienis van Nosizile Mputhule gesteun. Sy het getuig dat sy 31 jaar oud is, getroud is en een kind het en dat sy tydens November 5 1998 werkloos was. Sy se dat sy en 'n vriendin genaamd Unica wat tans in Kaapstad is op 28 November 1998 tussen tien uur en elfuur die oggend deur die bos geloop het, vanaf Irvins Saagmeule waar hulle onsuksesvol werk gaan soek het, op pad na Sandkraal waar hulle gewoon het. Hulle het 'n man wat lig van kleur was teegekom wat vanuit die teenoorgestelde rigting aangekom het. Hy het by hulle verbygeloop, omgedraai en agter hulle aangeloop. Unica het op navraag gese dat hulle in staat is om Engels te kan verstaan. Die beskuldigde het sy hande na vore gehou en hulle het gesien dat dit bloedbevlek was. Toe hulle daaromtrent navraag gedoen het, het die beskuldigde gese dat hy ander mense gered het en dat skollies sy hande so gemaak het. Daarna het die beskuldigde hulle gevra om vir horn R5 te gee. Hulle het vir horn gese dat hulle nie geld het nie, Hy het gese dat hy nie enige tyd het om met hulle te verwyl nie. Hy het 'n mes wat soos 'n Okapi gelyk het oopgemaak. Sy het nie gesien waarvandaan hy dit uitgehaal het nie. Hy het die mes toegemaak en toe weer oopgemaak. Hy het hulle beveel om vorentoe toe te kyk terwyl hulle stap en hy het hulle gevolg. Sy se dat sy beangs was, en gebewe het. Soos wat hulle geloop het, het hy aan hulle liggame gevoel asof hy wou seker maak dat hulle nie enige besittings op hulle het nie. Hy het spesifiek vir horlosies gesoek. In die proses het hy gesien dat sy 'n goue ring aan haar vinger het. Hy het gese dat sy dit moes afhaal en vir horn moes gee. Sy het dit 5 gedoen omdat sy bang was. Die ring het haar R30 gekos. Die beskuldigde het hulle beveel om te sit en het hulle weer beveel om te staan en te loop. Hy het gese dat hy gemeenskap met een van hulle sou he maar hulle het geweier. Sy se dat wanneer hy gese het hulle moes loop het hulle geloop en wanneer hy gese het hulle moet sit het hulle gesit. Genadiglik vir hulle blyk dit het daar mense van agter aangekom wat 'n geraas gemaak het. Die beskuldigde het gese dat hulle moes loop en nie omkyk nie. Hulle het toe weggehardloop. Mputhule het nie onmiddellike 'n klagte by die polisie gaan le nie en het eers twee maande later 'n verklaring aan die polisie gemaak. Sy het in die verklaring gese dat sy nie goed opgelet het nie en dat sy nie die persoon wat haar beroof het sou kon uitken nie. Alhoewel sy nie 'n uitkenningsparade bygewoon het nie en ook nie 'n foto-uitkenning gedoen het nie het sy die beskuldigde in die Hof uitgeken.
Die beskuldigde het ontken dat hy vir Mputhule van haar ring beroof het en dat hy sou voorgestel het om gemeenskap met hulle te he. Dit was tydens kruisondervraging aan Mputhule 25 gestel dat toe die beskuldigde gehardloop het ten einde weg te kom van skollies hy mense teegekom het wat toe hulle sy bebloede hande gesien het "yo-yo" gese het en weggehardloop het, en nie weet of sy dalk een van die persone was nie.
Tydens kruisondervraging het die beskuldigde ook gese dat hy vyftig of sestig tree vanaf die toneel waar hy deur die drie vroue aangeval sou gewees het twee vrouens raakgeloop het. Hy se dat die bloed van sy hande gedrup het en dat hy ook die dolk in sy hand gehad het. Toe hy beduie het dat hy in 'n bakleiery met vrouens betrokke was en sy hande vorentoe gebring het, het hulle geskrik en "yo" gese. Behalwe dit het hulle niks anders gese nie. Hy het toegegee dat Mputhule moontlik een van daardie vrouens was. Hy het bevestig dat mense ongeveer dertig tot veertig meter weg aangekom het en het die bewering dat hy vir gemeenskap sou gevra het te probeer ontmoet deur te se dat hy as gevolg van drankinname nie in staat sou gewees het om 'n ereksie te kry nie. Net Mputhule het ten opsigte van die bewering wat die onderwerp van klag 7 vorm getuig. Gevolglik moet die reels van versigtigheid ten opsigte van haar getuienis toegepas word. Aangesien Unica nie beskikbaar was nie kan geen nadelige afleiding gemaak word van die feit dat sy nie deur die Staat as getuie geroep was nie. Alhoewel Mputhule in haar verklaring gese het dat sy nie in staat sou wees om die persoon wat haar beroof het uit te ken nie, blyk haar uitkenning van horn in die
Hof in die kol te gewees het. Hy erken dat hy binne vyftig tot sestig tree en binne twee tot drie minute van die plek waar die aanranding deur die ander drie vrouens plaasgevind op twee vrouens afgekom het, een waarvan moontlik sy kon wees. 5 Daarbenewens was sy hande bloedbevlek en was hy in besit gewees van 'n mes.
Daar bestaan by my geen twyfel dat die persoon wat vir Mputhule en Unica in die bos raakgeloop het beskuldigde was nie. Dit kan ook nie blote toeval wees nie dat twee verskillende persone binne so 'n kort afstand en tydverloop twee verskillende groepe persone vir R5 sou gevra het nie. Mputhule is myns insiens 'n ongesofistikeerde persoon wat haar getuienis op 'n direkte en ongeborduurde wyse afgele het. Haar traagheid met die le van 'n klagte is versoenbaar met 'n mate van onbetrokkenheid en die stelling in haar verklaring dat sy die persoon wie haar beroof het nie weer sou kon uitken nie spreek van afwesigheid van enige angstigheid om enige iemand te impliseer. Na my mening was sy 'n goeie en betroubare getuie, en bevind ek dat ook wat haar betref haar aan die reels van versigtigheid voldoen is.
Daar is op die beskuldigde se weergawe van die gebeure geen rede waarom hy toe vir Mputhule teegekom het nog in besit 25 van 'n mes moes gewees het nie, en die mes in sy hand gehou het. Op sy eie erkenning was hy honger en het hy geld gesoek om 'n halwe brood te koop. Sy pogings om geld in die hande te kry was onsuksesvol. Die neem van Mputhule se ring sou horn in staat kon stel om daardie behoefte te bevredig. Die 5 ooglopende verduideliking waarom hy 'n oop mes openlik sou gedra het was om vrees in te boesem, en dit kon bedoel gewees het slegs om enige weerstand aan die kant van Mputhule en haar metgesel te oorkom. Ook ten opsigte van die gebeure waarop die klagte betrekking het was die 10 beskuldigde myns insiens :n onindrukwekkende en ongeloofwaardige getuie. Sy tegniek skyn te wees om die ware feite en verontskuldigende opgesmukthede met mekaar te vermeng.
Op die geheel van die aangehore getuienis is ek tevrede dat die Staat ten opsigte van klagte 7 sy saak bo redelike twyfel bewys het, en dat die beskuldigde se weergawe ten opsigte daarvan nie redelik moontlik waar is nie.
Gevolglik word die beskuldigde OOK TEN OPSIGTE VAN KLAGTE 7 SKULDIG BEVIND SOOS AANGEKLA en daar word ook gevind dat daar verswarende omstandighede teenwoordig was. Wat klagte 8 betref het die Staat toegegee, myns insiens korrek, dat daar nie getuienis aangebied was wat die beskuldigde bo redelike twyfel met die gebeure wat die onderwerp van daardie klagte vorm verbind nie. Gevolglik word die BESKULDIGDE TEN OPSIGTE VAN KLAGTE 8 ONSKULDIG BEVIND.
VAN REENEN, R