South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 65
| Noteup
| LawCite
S v Claasen and Another (SS04/09) [2009] ZAWCHC 65 (12 March 2009)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOER HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS04/09
DATUM: 12 MAART 2009
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
1. GRANVILLE CLAASEN Beskuldigede 1
2. EUGENE ROBYN Beskuldigde 2
V O N N I S GELEWER OP 12 MAART 2009
BAARTMAN. WnR:
(1) Die beskuldigdes is in die Stellenbosch se streekhof aangekla en skuldig bevind aan verkragting. Die saak is na skuldigbevinding in terme van artikel 52(1) van Wet 150 van 1997 ("die Wet") na hierdie Hof verwys vir vonnis.
(2) Die beskuldigdes was regsverteenwoordig in die laerhof asook in hierdie hof. By die aanvang van die verrigtinge in hierdie hof, net beide die Staat en die verdediging aangedui dat hulle van oordeel was dat die verrigtinge in die laerhof in ooreenstemming met die reg geskied het.
(3) Hierdie Hof het self ook die rekord van die verrigtinge in die laerhof oorweeg en is tevrede dat die verrigtinge in ooreenstemming met die reg geskied het.Die Staat het formeel die rekord van die verrigtinge, in die laer hof, ingehandig as Bewysstuk A.Daarna het hierdie Hof in ooreenstemming met die bepalings van artikel 52(2)(b) van die Wet hierdie verrigtinge voortgesit.
(4) Die omstandighede van die misdaad blyk uit die rekord van die verrigtinge in die laer hof. Die omstandighede kan as volg opgesom word:
(a) Gedurende die aand van 29 April 2007, het die klaagster en die beskuldigdes, saam met ander vriende en kennisse by 'n smokkelhuis te Koeienhof in die Stellenbosch area gesellig
(b) Later dieselfde aand was die klaagster oppad huis toe in die geselskap van die beskuldigdes. Beskuldigde 2 het skielik aan beskuldigde 1 gese om stil te staan waarop beskuldigde 1 sonder enige waarskuwing die klaagster teen die grond gestamp het en oor die teerpad getrek het tot in 'n nabygelee wingerd.
(c) Die klaagster het haar tevergeefs verset, want beskuldigde 1 het daarin geslaag om haar broek af te trek en met haar geslags-gemeenskap te he. (met ander woorde, in daardie omstandighede het hy haar verkrag).
(d) Nad at beskuldigde 1 haar verkrag het, het beskuldigde 2 aangedui dat hy van plan was om ook met haar gemeenskap te he. Hy het toe daad by die woord gevoeg terwyl die klaagster geskree het en haar verset het. (hy het haar dus ook verkrag).
(e) Daarna het beskuldigde 1 die klaagster 'n tweede keer verkrag. Die klaagster het deurentyd protes aangeteken, maar die beskuldigdes het geen ag daarop geslaan nie.
(f) Die beskuldigdes het na die verkragting 'n onderlinge gesprek gevoer en kommer uitgespreek dat die klaagster hulle dalk aan haar mansvriend sou verkla, 'n ene mnr Rian May (May), wie aan die beskuldigdes bekend was.
(g) Tydens hierdie gesprek onderling tussen die beskuldigdes, het die klaagster pro beer weghardloop. Beskuldigde 1 het haar agternagesit, teen die grond neergegooi en in die proses het die klaagster met haar kop teen Vi boom geval.
(h) Beskuldigde 1 het haar toe begin wurg en haar kop in 'n sloot gedruk. Die voorval het in 'n landelike gebied plaasgevind.
(i) Die klaagster het daarin geslaag om van haar aanvallers af weg te kom en het by die naaste woning ingehardloop. Dit was die woning van ene mnr Hentus Joubert (Joubert). Die klaagster het aan horn gerapporteer dat sy verkrag was en dat haar aanvallers haar wou doodmaak. Die klaagster was, volgens Joubert, verbouereerd.
(j) Dit blyk uit die slag offer's vers lag, by ooreenkoms in hierdie hof ingehandig as Bewysstuk C, dat:
(i) die klaagster ten tye van die voorval, op die plaas De Hoop te Stellenbosch woonagtig was en 'n saamleefverhouding met May gehandhaaf het. Een kind is uit
hierdie verhouding gebore.
(ii) Die klaagster het krapmerke aan haar gesig opgedoen tydens die voorval. Na die voorval het sy haar hare kort gesny in 'n poging om haar vroulikheid te verbloem. Sy het ook items soos lipstiffie en oorringe
vermy.
(iii) Na die voorval het die klaagster gesteun op haar vriendin, ene Louis Amos. Laasgenoemde was tydens die voorval
swanger met beskuldigde 2 se baba. Die vriendskap het egter vervaag, nadat me Amos geboorte geskenk het.
(iv) As gevolg van skinderpraatjies deur die plaaslike gemeenskap in die omgewing, het die klaagster en May die area verlaat. May was ontsteld oor die voorval. Die paar het daarna probleme in hulle verhouding ondervind waarna May by
geleentheid aggressief teenoor die klaagster opgetree het.
(v) Na die voorval het die klaagster se alkohol verbruik toegeneem. Sy het van whisky gebruik gemaak as slaapmiddel. Die klaagster het ook gewig verloor en later ook haar werk.
(vi) Die klaagster het aan 'n beradingsproses
deelgeneem en het daaruit baat gevind.
(5) Wanneer dit by die oplegging van vonnis kom, het hierdie Hof 'n diskresie, maar daardie diskresie moet uitgeoefen word op 'n regtefike manier met in agneming van die volgende faktore:(Sien S v Zinn 1969(2) SA 537 en S v Masimang en 'n Ander 2005(1) SACR 5577 (T)).
(a) die aard en erns van die misdryf;
(b) die persoonlike omstandighede van die oortreder;
(c) die belange van die gemeenskap.
(6) Ek handel hierna met hierdie faktore as volg:
PERSOONLIKE OMSTANDIGHEDE Die persoonlike omstandighede: Beskuldigde No.
1:
(7) 'n Voorvonnisverslag was vir beskuldigde 1 opgestel. Sy
persoonlike omstandighede blyk, uit die verslag en ook uit die betoog
van sy
regsverteenwoordiger – die volgende te wees:
(a) Hy was 17 jaar en 6 maande oud ten tye van die voorval.
(b) Hy is die oudste van vier kinders. Die beskuldigde is deur sy moeder as enkelouer grootgemaak. Hy handhaaf goeie verhoudings met sy sibbe asook sy moeder.
(c) Beskuldigde 1 het tot op Graad 8 op skool gevorder waarna hy die skool weens assosiasie met 'n negatiewe vriendekring verlaat het.
(d) Ten tye van sy arrestasie was die beskuldigde werksaam. as algemene werker in die Stellenbosch omgewing. Hy was dan ook woonagtig saam met sy moeder en jonger sibbe. Hy het R250 per week verdien waarvan hy R150 per week tot die huishouding bygedra het.
(e) Die beskuldigde is reeds 24 maande in hegtenis as verhoofafwagtende op hierdie saak, hy is ook 'n eerste oortreder.
(f) Mnr Jason, die maatskaplike beampte wie die voorvonnisverslag oor beskuldigde saamgestel het, meld dat die beskuldigde steeds ontken dat hy gemeenskap met die klaagster gehad het sonder haar toestemming. Mnr Jason is van mening dat die beskuldigde baat sal vind by die Korrektiewe Dienste se program vir seksuele oortreders. Hy meld dat dit 'n drie jaar program is.
(8) Beskuldigde 2:
(a) Beskuldigde 2 was 24 jaar oud ten tye van die voorval. Hy is ongetroud en die vader van ses minderjarige kinders. Die kinders is verwek by vyf verskillende dames.
(b) Tydens die voorval was die beskuldigde werksaam as 'n algemene plaaswerker en het hy R1 500 per maand verdien. Ten einde sy onderhoudsverpligtinge na te kom, het beskuldigde 2 ekstra werk as 'n sweiser verrig, waaruit hy dan ook 'n ekstra inkomste verdien het.
(c) Beskuldigde 2 is ook reeds 24 maande in
hegtenis as verhoorafwagtende. Hy is ook 'n eerste oortreder.
Die erns van die misdaad
(9) Al die partye is dit eens dat verkragting 'n ernstige oortreding is. Die omstandighede waaronder hierdie misdryf gepteeg is, is erg verswarend. Die klaagster, moet die Hof egter noem, was gelukkig om met haar lewe daarvan af te kom. Dit blyk uit die omstandighede uit dat nadat sy probeer weghardloop het, soos aangedui, beskuldigde 1 haar op die grond neergegooi het, gewurg het en in 'n sloot probeer haar gesig indruk het. Sy het nogtans daarin geslaag om weg te kom.
(10) Die misdryf is dan ook een genoem in Deel I van Bylae 2 van die Wet. Die strafbepaling van toepassing op hierdie misdryf is lewenslange gevangenisstraf. Die Wetgewer kon nie in sterker terme uitgedruk het die erns waarmee hierdie misdryf beskou word nie.
(11) Die huidige vlaag van gewelddadige misdrywe, soos moord, verkragting en
roof noop die howe om ten sterkste in 'n sterk terme
hulle misnoee daaroor uit
te spreek. (Sien S v Matola en 'n Ander 1998(1) SACR 206 (O).
Minimum Vonnisse:
(12) By oorweging van vonnis moet hierdie Hof dan ook in ag neem dat die Wet
op Minimum Vonnisse van toepassing is op hierdie misdryf.
(13) Ek het by die
oorweging van hierdie aspek in ag geneem die riglyne soos dit uiteeengesit is
deur MARAIS, JA in die saak van
S v Malgas 2001(1) SACR 469 (SACR):
"(19) There has been some uncertainty as to whether the words 'substantial and compelling' are to be examined separately or conjointly in attempting to arrive at Parliament's intention and in applying them to the particular circumstances of a case. In my opinion, it is a barren exercise to subject each to intense scrutiny on its own devoid of the influence of its neighbour. The Legislature refrained from using the word 'or' in favour of the word 'and1 and has thus provided a composite description of the circumstances which can justify a departure from the prescribed sentences. What Parliament requires is that the circumstances should meet the test of the composite description.
(20) It would be an impossible task to attempt to catalogue exhaustively either those circumstances or combinations of circumstances which could rank as substantial and compelling or those which could not. The best one can do is to acknowledge that one is obliged to keep in the forefront of one's mind that the specified sentence has been prescribed by law as the sentence which must be regarded as ordinarily appropriate and that personal distaste of such legislative generalisation cannot justify an indulgent approach to the characterisation of circumstances as substantial and compelling. When justifying a departure a court is to guard against lapses, conscious or unconscious, into sophistry or spurious rationalisations or the drawing of distinctions so subtle that they can hardly be seen to exist.
(21) It would be foolish of course, to refuse to acknowledge that there is an abiding reality which cannot be wished away, namely, an understandable tendency for a court to use, even if only as a starting point, past sentencing patterns as a provisional standard for comparison when deciding whether a prescribed sentence should be regarded as unjust. To attempt to deny a court the right to have any regard whatsoever to past sentencing patterns when deciding whether a prescribed sentence is in the circumstances of particular case manifestly unjust, is tantamount to expecting someone who has not been allowed to see the colour blue to appreciate an gauge the extent to which the colour dark blue differs from it. As long as it is appreciated that the mere existence of some discrepancy between them cannot be the sole criterion and that something more than that is needed to justify departure, no great harm will be done.
(22) What that something more must be it is not possible to express in precise, accurate and all-embracing language. The greater the sense of unease a court feels about the imposition of a prescribed sentence, the greater its anxiety will be that it may be perpetrating an injustice. Once a court reaches the point where unease has hardened into a conviction that an injustice will be done, that can only be because it is satisfied that the circumstances of the particular case render the prescribed sentence unjust or, as some might prefer to put it, disproportionate to the crime, the criminal and the legitimate needs of society. If that is the result of a consideration of the circumstances, the court is entitled to characterise them as substantial and compelling and such as to justify the imposition of a lesser sentence.
(23) While speaking of injustice, it is necessary to add that the imposition of the prescribed sentence need not amount to a shocking injustice ("n skokkende onreg' as it has been put in some of the cases in the High Court) before a departure is justified. That it would be an injustice is enough. One does not calibrate injustices in a court of law and take note only of those which are shocking.
(24) it has been suggested that the kind of circumstances which might qualify as substantial and compelling are those which reduce the moral guilt of the offender (analogously to the circumstances considered in earlier times to be capable of constituting 'extenuating circumstances' in crimes which attracted the sentence of death). That will no doubt often be so but it would not be right to suppose that it is only factors diminishing moral guilt which may rank as substantia and compelling circumstances."
(14) Ek het verder die beginsels soos vervat in die ongerapporteerde saak van Bongani Philip Vilakazi v S, saaknommer 576/07 uitspraak gelewer op 2 September 2008 in ag geneem. NUGENT, JA se as volg op bladsy 12, paragraaf 20:
"I have pointed out that the essense of the decisions in Malgas and Dodo is that a court is not compelled to perpetrate injustice by imposing a sentence that is disproportionate to the particular offence. Whether a sentence is proportionate cannot be determined in the abstract but only upon a consideration of all material circumstances of the particular case, though bearing in mind what the Legislator has ordained and the strictures referred to in Malgas. It was also pointed out in Malgas that a prescribed sentence need not be "shockingly unjust" before it is departed from for "one does not calibrate injustice in a court of law". It is enough for the sentence to be departed from that it would be unjust to impose it."
(15) Na oorweging van die faktore uiteengesit deur die howe en die persooniike omstandighede van die beskuldigdes, soos uiteengesit in die verslag ten opsigte van beskuldigde 1 en die toespraak deur hulle regsverteenwoordigers, die. omstandighede van hierdie misdryf, is ek van mening dat lewenslange gevangenisstraf nie 'n gepaste vonnis in die omstandighede is nie. Dit is my mening ten opsigte van albei beskuldigdes. Dit sal in my oordeel neerkom op 'n "unjust sentence" soos bedoel in die Vilakazi-saak.
(16) Ek vind die volgende is omstandighede wat substansieel en dwingend binne die omskrywing van die Wet is. Die omstandighede is soos volg:
(a) Beskuldigde 1
(i) Hy was 17 jaar oud ten tye van die pleging van die misdryf.
(ii) Alkohol het 'n rol gespeel by die pleging van die misdryf. Hy is reeds 24 maande in hegtenis as 'n verhoorafwagtende gevangene.
(iii) Hy is 'n eerste oortreder.
(b) Beskuldigde 2
(I) Hy was 24 jaar oud ten tye van die pleging van die misdryf.
(ii) Hy is reeds 24 maande in hegtenis as verhoorafwagtende.
(iii) Hy ook 'n eerste oortreder.
(iv) Die beskuldigde het ook alkohol gebruik kort voor die voorval, Die effek daarvan op horn is nie voor die hof nie, nogtans neem die Hof in ag wat die geleerde Regter gese het in die saak van S v Njikelana 2003(2) SACR 166 op 174d-e meld die Hof:
"Liquor unfortunately reduces inhibitions and the ability to resist temptations of various kinds."
(17) Soos reeds gemeld is die omstandighede van hierdie misdryf erf verswarend. Die klaagster het die beskuldigdes vertrou, sy was weerloos en volgens hierdie Hof gelukkig om met haar lewe daarvan af te kom.
(18) Verkragting is ongelukkig 'n misdryf wat veelvuldig voorkom.
(19) Die beskuldigdes toon geen berou oor hierdie misdryf nie. Thring, R
handel met die aspek van berou in die Njikelana saak as volg
op175 para d-e:
"The total lack of remorse which you have shown for your crime, is not in itself an aggravating factor, but the absence of remorse obviously means that it is not open to you to rely on remorse as 'n mitigating factor."
(20) Ek is van mening dat dit in hierdie saak gepas en ook wenslik is om
onderskeid te tref tussen die vonnisse van die beskuldigdes.
Die ouderdom van
beskuldigde 1 ten tye van die pleging van die misdryf is volgens my oordeel 'n
belangrike faktor wat dui op die
gepastheid van onderskeid. Namens beskuldigde 1
het sy regsverteenwoordiger versoek dat hy in terme van artikel 276(1)(i) van
die
Strafproseswet gevonnis word. Daardie vonnis sal na my mening die
persoonlike omstandighede van beskuldigde 1 oorbeklemtoon
ten koste van
die ander relevante faktore wat by vonnisoplegging in ag geneem moet word. Die
voorgestelde vonnis neem ook nie in
ag die rol wat beskuldigde 1 tydens die
pleging van die misdaad gespeel het nie. Die Hof is ook van mening dat
langtermyn gevangenisstraf
van meer as vyf jaar gevangenisstraf gepas is in
hierdie geval.
VONNIS:
By oorweging van al hierdie faktore is die Hof van mening dat die volgende "a just sentence" is in hierdie geval, soos uiteengesit in die Vilakazi-saak. Die beskuldigdes word as volg gevonnis:
Beskuldigde 1: U word gevonnis tot AGTIEN (18) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Beskuldigde 2: U word gevonnis tot , DRIE-EN-TWINTIG (23) JAAR GEVANGENISSTRAF.
BAARTMAN, WnR