South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 185
| Noteup
| LawCite
Snyders v S (A164/10) [2010] ZAWCHC 185 (13 August 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAKNO: A164/10
DATUM: 13 AUGUSTUS 2010
In die saak tussen:
CHRIZIEL SNYDERS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
TRAVERSO,ARP:
Hierdie skuldigbevindings het gevolg op h pleit van skuldig. Ingevolge die bepalings van artikel 112 van Wet 51 van 1977, het die appellant die volgende pleitverduideliking gegee, wat deur die Staat aanvaar is:
"Op
24 Januarie 2008 het ek en Edwin Hofman by die oorledene (nou bekend
aan my as Adriana Da Costa) se huis aangeklop en
gevra vir brood.
Toe sy oopmaak het sy ons meegedeel dat sy nie brood het nie en ons
het gesien dat sy is alleen by die huis.
Ek en Edwin het toe en daar
besluit om die erf te loop en van agter oor die muur te spring. Ons
intensie was om haar te roof.
Ons het toe om geloop en oor die muur
gespring. Op daardie stadium toe sien ons die oortedene loop na die
motorhuis toe. Ons
het toe besluit om haar vanagter af te nader en
te gryp. Ons was op pad na haar toe, toe sy ewe skielik omdraai en
ons sien
Ek hardloop toe na haar waar ek haar van agter af wurg,
gryp en wurg met my arm totdat sy op die grond val.
Net
nadat sy val, toe staan die oorledene weer op waarna Edwin haar
gegryp en haar wurg. Op daardie stadium toe gaan ek die huis
binne
om vir goed te gaan soek om te
steel. Ek het Yi
sak gekry waar ek goed ingegooi het. Van die goed wat ek in die sak
gegooi het, was die volgende:
'n Phillip CD Player
'n Pentex Kamera
"n Acer skootrekenaar
En 'n horlosie en ander goedere
Toe ek uitgaan, toe sien ek vir Edwin wat buite die motorhuis staan. Ek gaan toe weer in die motorhuis waarna ek die oorledene op die vloer kry. Ek besluit toe dat ek haar gaan verkrag waar ek
haar broek aftrek en haar bene oopmaak en geslagsgemeenskap met haar het sonder haar toestemming. Ek bevestig verder dat ek opsetlik en wederregtelik opgetree het en geweet het dat my optrede strafbaar is. Nadat ek die oorledene verkrag het, het ek en Edwin besluit om haar te vermoor. Ons het Yi mes gevat en haar daarmee gesteek in die nek. Ek onthou nie hoeveel keer ek haar gesteek het nie, maar ek bevestig dat ek haar gesteek het met Yi mes in die nek. Ek bevestig dus hiermee dat ek ene Adriana da Costa, 'n vroulike persoon met h skerp voorwerp in die nek gesteek het en wederregtelik en opsetlik en met die bedoeling om haar te dood. Ek bevestig dat ten tye van die voorval, ek geweet het dat my aksies strafbaar is."
Die restant van die verklaring is nie ter sake nie. Die mediese sertifikaat van die dokter wat die nadoodse ondersoek uitgevoer het, toon op die ernstige beserings wat die oorledene opgedoen het en hoe sy verskeie kere in haar nek gesteek is.
Die appellant is as volg gevonnis, nadat hierdie pleitverduideliking deur die Staat aanvaar is: Klagte 1 vyf (5) jaar gevangenisstraf; klagte 2 tien (10) jaar gevangenisstraf en klagte 3 12 (twaalf) jaar gevangenisstraf, maar daar is gelas dat nege (9) jaar van hierdie vonnis sal saamloop ten opsigte van die vonnis ten opsigte van klagte 2. Gevolglik is daar effektiewe gevangenisstraf van agtien (18) jaar gevangenisstraf die appellant opgele.
Met verlof van die Hof a quo kom die appellant nou in hoer beroep teen die opgelegde vonnis. Namens die appellant word daar aangevoer dat die Hof nie sy strafregtelike diskresie behoorlik uitgeoefen het nie deurdat die Hof nie alle faktore wat betrekking het by strafoplegging na behore oorweeg het nie. Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie. Op al die klagtes is die Wet op Minimum Vonnisse van toepassing. Die Hof het na versigtige oorweging 'n vonnis opgele nadat dit tot die gevolgtrekking gekom het dat daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnisse. Die effek van die vonnisse en hoe dit saamgestel is, is dat daar in al drie gevalle afgewyk is van die voorgeskrewe minimum vonnisse.
Boonop het die feit dat die landdros beveel het dat sekere gedeeltes van die vonnisse saamloop, die vonnis nog verder verlig. Die landdros het dit alles gedoen met behoorlike inagneming van die feit dat die appellant redelik jeugdig was ten tyde van die pleging van die misdaad en het a lie ander faktore wat moontlik ter versagting of aanmerking geneem kan word, in aangemerking geneem.
Tydens argument vandag voor ons, is daar deur me De Jonqh geargumenteer dat sy grootliks steun op die jeugdigheid van die appellant en dat daar 'n moontlikheid bestaan dat hy gerehabiliteer kan word. Dit is weliswaar so, maar hierdie misdrywe was besonder ernstig. Dit was oor h tydperk gepleeg en in stede daarvan om te besin na die aanvanklike roof, het die appellant voortgegaan, nadat die oorledene reeds wreedaardig aangerand was en hulpeloos op die grond gele het, het hy haar gaan verkrag en daarna vermoor.
In die lig van die wreedheid en erns van hierdie misdade, het hierdie Hof dit ernstig oorweeg om te vra dat redes aangevoer moet word waarom die vonnis nie verswaar moet word op appel nie. Ons het egter daarteen besluit. Daar kan egter geen sprake wees dat die vonnis buitensporig is en dit is ook nie geargumenteer nie.
Na my mening kan dit ook nie gese word dat die landdros sy strafregtelike diskresie nie behoorlik uitgeoefen het nie. Dit synde so, is hierdie Hof nie by magte om in te meng met die vonnis nie en is van mening dat beide die skuldigbevindings en vonnis bekragtig moet word.
ROSE-INNES. WnR: Ek stem saam.
ROSE-INNES. WnR
TRAVERSO. ARP: Dit word so beveel.
TRAVERSO. ARP