South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 412

| Noteup | LawCite

S v Pietersen en Ander (SS105/08) [2010] ZAWCHC 412 (2 June 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER SS105/08

DATUM 2 JUNIE 2010



DIE STAAT

teen

1. JOHN PIETERSEN

2. EBRAHIM SALIE




UITSPRAAK




RILEY, WnR:



Die beskuldigdes staan tereg op 'n aanklagte van moord en 'n tweede aanklagte van roof met verswarende omstandighede.



Wat die moordaanklag betref, beweer die staat dat die beskuldigdes tesame met ene Nathmee Beck, 'n voormalige medebeskuldigde, gedurende die laatmiddag van Donderdag, 19 April 2007, en te Albertweg, Soutrivier, Wes-Kaap, die oorledene, Clifford Robin Selfe, by sy besigheidsperseel wederregtelik en opsetlik gedood en vermoor het deur horn met 'n yster en/of soortgelyke stomp voorwerp te slaan en verskeie kere met messe en/of soortgelyke skerp voorwerpe te steek.



Wat die tweede aanklag betref, word beweer dat die beskuldigdes wederregtelik en met die opset om Clifford Robin Selfe tot onderwerping te dwing, geweld aangedoen het deur sy hande en voete vas te bind en horn met 'n yster en/of 'n soortgelyke stomp voorwerp te slaan en verskeie kere met messe en/of soortgelyke skerp voorwerpe te steek en wederregtelik en met die opset om te steel 'n Toyota Stallion motorvoertuig met registrasienommer CA424762, twee sellulere selfone, 'n armhorlosie en ander elektriese kraggereedskap, soos uiteengesit in die Akte van Beskuldiging, wat die eiendom van Clifford Robin Selfe was, dit geneem het en horn aldus beroof het.



Die Hof word in die verrigtinge bygestaan deur assessore, mnr Wessel Marais, 'n afgetrede streeklanddros, en mev Marion de Kock, 'n afgetrede prokureur.



Beskuldigde 1 was aanvanklik verdedig deur advokaat P Colenzo van die Kaapse Balie, en na hy deur die hof versoek is om te onttrek van sy verdediging van beskuldigde 1, as gevolg van 'n konflik van instruksies, word hy verdedig deur advokaat Badenhorst. Beskuldigde 2 word sedert die 2009 verrigtinge voor Maqhubela, WnR, deur mnr Buurman van die plaaslike Balieraad verdedig.



Dit dien gemeld te word dat die afhandeling van die saak vertraag is as gevolg van die feit dat advokaat Colenzo vervang moes word en as gevolg daarvan moes getuies Beck en Swanson herroep word. Daarna is mnr Beck op ten minste drie verdere geleenthede herroep sodat beide advokaat Badenhorst en mnr Buurman horn kon kruisverhoor sodat sekere aspekte oor wat verdedigingsgetuies sou oor kom getuig het, aan horn gestel kon word. In al die bogemelde gevalle het die Hof bevind dat die herroep van die getuies in die belang van geregtigheid was en in lyn was met die beskuldigdes se reg op 'n billike verhoor.



Dit is gemene saak en nie in geskil dat die oorledene, Clifford Robin Selfe, die eienaar was van Brent's Electrical Contractors te Soutrivier en dat hy in die elektriese herstelwerk bedryf werk gedoen het. Dat Nathmee Beck in sy diens was tot en met Maandag, 16 April 2007, op welke datum sy dienste beeindig is as gevolg van werkstekort en dat hy deur die oorledene meegedeel is dat die horn sou laat weet indien hy sy dienste weer sou benodig.

Dit is verder gemene saak dat die beskuldigdes, insluitend Nathmee Beck, op 19 April 2007 in 'n Nissan bakkie wat aan beskuldigde 2 behoort, na Soutrivier is; dat beskuldigde 2 en die ander verby die oorledene gery het terwyl hy in die laatmiddag buite sy winkel gestaan en praat het met persone; dat beskuldigde 2 sy voertuig op Albertweg te Soutrivier parkeer het op 'n plek verby die oorledene se besigheidspersele; dat die twee beskuldigdes insluitend Beck in beskuldigde 2 se voertuig gewag het totdat die oorledene alleen op sy besigheidsperseel was; dat beskuldigde 1 en Beck op 'n stadium toe die oorledene alleen was na die besigheidperseel is terwyl beskuldigde 2 in sy voertuig bly sit het; dat terwyl beskuldigde 1 en Beck saam met die oorledene was, Beck die oorledene meegedeel het dat hulle daar was om die plek te beroof; dat Beck met die oorledene begin stoei het en horn geslaan het, dat Beck die oorledene op sekere stadium tydens die gebeure ten minste drie keer met 'n ysterstaaf, wat in die hof beskryf is in lengte 97 sentimeter en gewig 3.8 kilogram, onder andere, op sy lyf en kop geslaan het; dat beskuldigde 1 gehelp het om die oorledene se hande en voete vas te bind met elektriese koord en kleefband en dat Beck ook die oorledene se mond met kleefband toegemaak het.



Foto's van die oorledene op die misdaadtoneel dui aan dat daar ook kleefband om die oorledene se nek gebind is. Verder dat Beck en beskuldigde 1 die oorledene na 'n kombuis aan die agterkant van die besigheid gesleep het; dat beskuldigde 1 en Beck die oorledene se twee sellulere fone en die elektriese gereedskap en goed, soos uiteengesit in die Akte van Beskuldiging in die oorledene se besigheidsvoertuig gelaai het; dat beskuldigde 2, Beck en nommer 1 na 'n plek te Maitland is waar die elektriese gereedskap van die oorledene se voertuig oorgelaai is na die voertuig van beskuldigde 2, waarna al drie van hulle in beskuldigde 2 se voertuig vertrek het na Heideveld.



By Heideveld gekom, is die oorledene se Nokia 611, wat deur beskuldigde 1 by oorledene se besigheidsplek tydens die voormelde insidente geneem is, aan 'n sekere Anthony Jacobs gegee in ruil vir sy selfoon. Dat die effek van die ruil transaksie was dat beskuldigde 2 Jacobs se selfoon gekry het en dat beskuldigde 1 beskuldigde 2 se selfoon gekry het.



By Heideveld is 'n elektriese boor aan Martin Dixon gegee. Daarna is die beskuldigdes en Beck saam na Tafelsig, Mitchell's Plain, waar van die oorledene se elektriese gereedskap aan ene Edries George verkoop is. Na die transaksie sou Beck vir beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelik R100 betaal het.

  1. erge hoofbeserings met 'n ingeduikte skedel fraktuur met onderliggende brein en gepaardgaande subdurale en sub-arachnoidale bloeding; en

  2. 'n fraktuur aan die regterkant van die hyoid been wat ooreenstem met die toediening van stomp trauma tot die nek;

  3. dat sy bevind het dat die oorsaak van die oorledene se dood, soos aangetoon in die lykskouingsverslag erge stomp trauma aan die kop is.



Foto's van die oorledene se liggaam tydens die lykskouing sowel as foto's van die toneel, net na die pleeg van die misdade en foto's van die toneel waar die oorledene se voertuig te Maitland gevind is en ander foto's van die voertuig self en bewysstukke waar daarna verwys is, is gedurende die verhoor by ooreenkoms tussen die partye as bewysstukke by die Hof ingedien.



In die saak is dit verder nie in geskil dat die ondersoekbeampte in die loop van sy ondersoek van die saak op 'n paar bruin Caterpillar stewels beslag gele het nie en dat dit aan superintendent J M Kock oorhandig is vir forensiese ontleding. Dit word erken dat superintendent Kock 'n uitsnysel van die voormelde Cat skoen gemaak het waarop vermoedelik bloed voorgekom het en dat hy dit behoorlik verseel het en hy dit later oorhandig het aan die forensiese wetenskap laboratorium, Wes-Kaap (soos per Bewysstuk E). Dat kaptein Ulrich Koenze 'n forensiese analis by die Forensiese Wetenskaplaboratorium, Wes-Kaap, bovermelde uitknipsel vergelyk het met 'n swab bevattende die bloed van die oorledene en gevind het dat die bloed op die uitknipsel, gemerk AA2, ooreenstem met die oorledene se bloed. Sy bevindinge in die verband is aanvaar as korrek, soos vervat in 'n verslag deur horn wat dien as Bewysstuk F voor die Hof.



Beide die beskuldigdes het skuldig gepleit op beide aanklagtes. Alhoewel beskuldigde 1 aanvanklik sy swygreg uitgeoefen het, het hy later sekere formele erkennings ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet gemaak, soos hierbo uiteengesit en het dit later geblyk dat sy verweer daarop neerkom dat hy nie deel was van enige beplanning om die oorledene te roof of te moor nie; dat hy slegs deur Beck gevra is om horn na Soutrivier te vergesel om daar, soos hy dit stel, Beck se "tools" by sy werkgewer te gaan haal; dat hy onbewus was dat Beck die oorledene gaan beroof en dat hy eers bewus geword het van wat besig is om te gebeur toe Beck die oorledene vertel dat, soos hy dit meld, "hulle daar is om die plek uit te dra".

Beskuldigde 2 het in sy artikel 115 verklaring, wat in die rekord ingelees is, aangevoer dat hy slegs gevra is om die bakkie te ry op Donderdag, 19 April2007. Ook in sy geval het dit later deur kruisverhoor en ander getuienis geblyk dat hy ontken dat hy die roof en moord saam met Beck en beskuldigde 1 beplan het en dat hy slegs vir Beck en beskuldigde 1 na Soutrivier vergesel het, waar hy in die voertuig gewag het.



Die Hof is nie van voorneme om al die getuies se getuienis weer in die detail te herhaal nie, na my mening is baie van die getuienis wat voor die Hof afgele is, gemene saak en nie in geskil nie. Die hoofgeskilpunte in die saak is, na my mening, die volgende: (1) Eerstens, of beskuldigde 1 en 2 saam met Beck beplan het om die oorledene te roof en te vermoor; en, (2) tweedens, wat beskuldigde 1 se bydrae was tydens die roof en moord van die oorledene.



Die belangrikste en enigste ooggetuie namens die Staat is Nathmee Beck. Dit is gemene saak dat toe Beck in die saak getuig het, dat hy reeds op 20 April 2009 na 'n pleit- en vonnisooreenkoms gevonnis is tot 'n effektiewe 23 jaar gevangenisstraf vir sy aandeel in die roof en moord op die oorledene. Dit dien gemeld te word dat die gebeure, soos

Beck dit beskryf in sy getuienis, grotendeels nie in geskil is behalwe die kardinale aspekte wat as geskilpunte aangedui is.



Dit is nie in geskil dat Beck en beskuldigde 2 bevriend is nie. Hy het voor beskuldigde 2, wie veel ouer as hy is, grootgeword. Hy, tesame met beskuldigde 1 en ander jong mense, het gereeld daar by beskuldigde 2 aan huis gegaan en dwelmmiddels gebruik asook alkohol daar gedrink. Beck, beskuldigde 1 en beskuldigde 2 woon in dieselfde straat en in dieselfde woonbuurt binne kort loopafstand van mekaar. Beck en beskuldigde 1 het inderdaad saam grootgeword. Volgens die aanvaarde getuienis was daar geen probleme tussen die drie van hulle nie. Hulle was bevriend en het saam gekuier. Daar is geen sprake dat daar tussen hulle enige kwade gevoelens teenoor mekaar gekoester was voor die voorval plaasgevind het nie. Inteendeel was dit die Hof se indruk dat Beck en beskuldigde 1 respek vir beskuldigde 2 gehad het.



Volgens Beck het hy, ongeveer 'n week na hy ophou werk het, by beskuldigde 2 aan huis gegaan. Gedurende sy gesels met beskuldigde 2 oor, onder andere, of hy nog werk by Brent's Electrical, het beskuldigde 2 voorgestel dat hulle die plek beroof aangesien hy (beskuldigde 2) geld gesoek het. Op die geleentheid het beskuldigde 2 gese dat hy 'n koper het vir sogenaamde "power tools", dit wil se die tipe gereedskap waarmee Beck daar by Brent's Electrical gewerk het. 'n Dag of wat later, toe Beck weer by beskuldigde 2 kuier, het beskuldigde 2 weer met horn begin praat oor die voorstel om die oorledene te beroof.



Volgens Beck het hy toe ingestem dat hulle die oorledene sou beroof, maar daar is toe gese dat hulle nog 'n persoon sou makeer. Die plan was dat hulle beskuldigde 2 se voertuig sou gebruik om na die oorledene se besigheidsperseel te gaan en dat Beck en die ander persoon die oorledene sou beroof terwyl beskuldigde 2 in die motor sou waghou. As gevolg van die gesprekke tussen hulle, het Beck, beskuldigde 1 genader en is hy ook betrek by die roof op die oorledene se besigheid. Volgens die plan tussen beskuldigde 1, 2 en Beck, sou Beck toegang kry tot die oorledene se besigheid; beskuldigde 1 laat inkom, dat hy en beskuldigde 1 die oorledene sou oorweldig, horn beroof en horn dan sou doodmaak om te verhoed dat hulle later aan die man gebring sou word.



Volgens die getuienis is die drie eers na Manenberg waar beskuldigde 2 die voertuig waaraan hy gewerk het aan sy vrou gegee het, waarna hulle met beskuldigde 2 se Nissan bakkie na Soutrivier na die oorledene se besigheid is. Hulle drie het toe vir 'n tyd in beskuldigde 2 se voertuig gesit en wag totdat hulle tevrede was dat die oorledene alleen was. In die tyd het beskuldigde 2 uit die voertuig geklim en verby die oorledene se besigheidsplek gestap om seker te maak of die oorledene alleen was. Beck en beskuldigde 1 is toe na die oorledene se besigheidsplek terwyl beskuldigde 2 by die voertuig agtergebly het.



Die sekuriteitshek is deur die oorledene oopgemaak van waar hy gesit het toe hy Beck herken, nadat Beck die klokkie gedruk het. Beskuldigde 1 is saam in en het horn versteek agter 'n afskorting wat baie naby die deur gelee is. Beck en oorledene mekaar tegemoet geloop het in die omgewing van die deur en dat die oorledene onraad gemerk het toe hy beskuldigde 1, verskuil sien sit agter die afskorting. Toe die oorledene aan Beck vra waarom beskuldigde 1 daar is of wat hy daar maak, dat Beck toe die oorledene meegedeel het dat hulle daar is om die plek te beroof en/of "uit te dra", wat se terme ons ook wil gebruik.



Volgens Beck het hy die oorledene toe vasgegryp en begin slaan en skop. Beskuldigde 1 het meegedoen aan die aanranding op die oorledene. Die oorledene is geslaan totdat hy op die vloer neergeval het. Toe die oorledene probeer wegkruip en wegkom van hulle, het hulle horn verder geslaan en geskop op sy liggaam. In die proses van die aanranding het Beck ook die oorledene met die ysterstaaf geslaan.

Terwyl hy die oorledene vashou, het beskuldigde 1 die oorledene se hande en voete vasgebind met koord en geel kleefband. Daar is ook geel kleefband gebruik om die oorledene se mond toe te plak, wat tot gevolg gehad het dat die oorledene nie vir hulp kon skree nie. So is daar ook kleefband om die oorledene se nek gedraai. Die oorledene het probeer skop en het horn verset toe hy gesleep word na die kombuis. Oorledene is toe verder aangerand in die kombuis met die ysterstaaf.



Nadat die oorledene in die kombuis gelos is, het Beck kratte vol gepak met elektriese gereedskap wat in die besigheidsperseel was en dit is toe in die oorledene se Toyota Stallion ingelaai. Voordat hulle daar weg is, het Beck aan beskuldigde 1 gese hy moet agter na die kombuis gaan en gaan klaarmaak daar agter, met verwysing na, dat beskuldigde 1 moet seker maak dat die oorledene dood is.



Terwyl hulle by die Stallion was, het beskuldigde 2 na hulle gekom en gese dat hulle horn moes volg. Omdat daar te veel mense was by die parkeer area te Koeberg waar hulle stilgehou het, het hulle horn toe gevolg na 'n plek te Maitland waar die geroofde goed toe vanaf die oorledene se voertuig na beskuldigde 2 se bakkie oorgelaai is deur Beck en beskuldigde

1. Die battery van die Toyota Stallion wat beskuldigde 2 wou he, is nie van die oorledene se voertuig geneem nie. Die oorledene se voertuig word daar geabandoneer en die drie vertrek toe na 'n vriend van Beck wie te Heideveld woon.



By Heideveld het hulle by Martin Dixon, Beck se vriend se huis, aangegaan. Aldaar het hulle dwelms gebruik en dit is ook waar Beck gesien het dat beskuldigde 1 een van die oorledene se selfone by horn het. Dit is ook op die geleentheid wat die selfoon wat beskuldigde 1 by die perseel geneem het, in die ruiltransaksie aan Beck se vriend gegee is. Beskuldigde 2 het in ruil Beck se vriend se selfoon gekry en beskuldigde 1 beskuldigde 2 se selfoon. Beck self het die oorledene se Samsung selfoon gehou.



Beck het ook op daardie stadium 'n elektriese boor aan Dixon gegee wat by die oorledene geroof is. Na hulle klaar dwelms gebruik het, is hulle na Mitchell's Plain. Beskuldigde 2 het gese dat hulle reguit moet ry na die koper te Kilimanjaro straat. By die huis van die koper het beskuldigde 2 uitgeklim en na die koper George se huis gegaan. Die koper het uitgekom. Beskuldigde 2 het met die koper onderhandel en daar is 'n krat gevul met oorledene se elektriese gereedskap aan George verkoop vir R350. Hulle het elkeen R100 gekry van die verkoop van die opbrengs van die items en die oorblywende R50 is gebruik om "tik" te koop wat by beskuldigde 2 se huis gerook is na hulle weg is van die koper.



Volgens Beck is in die daaropvolgende dae die res van die geroofde artikels, onder andere, by Cash Crusaders, Cash Converters en Yi koper te Heideveld verkoop. Hy het die geld wat hy gekry het op homself gespandeer terwyl hy se beskuldigde 2 sy opbrengs op sy huis gespandeer het.



Volgens Beck was die roof en die moord op die wyse beplan want hy self het nie kans gesien om die oorledene op sy eie te oorrompel nie. Hy het aanvanklik getuig dat hy die oorledene slegs een keer met die yster teen die lyf geslaan het om horn onder bedwang te bring. Hy het egter later bygevoeg dat hy die oorledene twee houe teen die kop met die yster geslaan het nadat hulle die oorledene na die kombuis gesleep het. Volgens horn, het die oorledene van die houe met die yster teen sy kop, gebloei.



Die verwere van beskuldigdes 1 en 2, soos geopenbaar deur kruisverhoor, kom neer op 'n ontkenning dat daar 'n beplanning was om die oorledene te roof en te moor. Hierop het Beck gese dat die beplanning begin het toe hy by beskuldigde 2 se plek was; dat dit voortgesit is in die voertuig toe hulle op pad is na Manenberg en selfs verder toe hulle na Soutrivier ry.

Beck het volgehou dat beide beskuldigdes 1 en 2 ten voile bewus was dat hulle na die oorledene se besigheidsperseel gaan om die oorledene te beroof en dat die oorledene vermoor moes word, aangesien hy horn sou kon identifiseer wat tot gevolg sou he dat hy noodwendig vir beskuldigde 1 en 2 sou moes impliseer in die saak.



Hy het beklemtoon dat die idee vir die roof sy oorsprong gehad het by beskuldigde 2 wat geld gesoek het vir huislike sake. Hy het beskuldigde 2 se weergawe heftig ontken dat die slegs saam is omdat hy sy gereedskap sou gaan haal en vervoer. Hy het verder ontken dat beskuldigde 1 slegs bewus geword het van die roof toe hy (Beck) na bewering die oorledene in die winkel toegetakel het.



Beck het in antwoord op die verskille in sy getuienis wat hy in 2009 voor Maqhubela WnR afgele het en wat hy nou getuig, gese dat die rede vir die verskille gelee is in die feit dat die vrae gedurende die verrigtinge op verskillende wyses aan horn gevra is. Dit se hy, onder andere, met verwysing na waar en op watter stadium hy en die ander gepraat het oor die beplanning van die roof en die moord. Dit blyk asof hy, volgens horn, in 2010 in meer diepte uitgevra is.

Hy het verder 'n stelling van beskuldigde 1 se vorige advokaat ontken dat daar slegs beplan was om die oorledene se besigheid te beroof en ook dat beskuldigde 1 sou verstaan het dat dit nie eintlik 'n roof sou wees nie, maar inderdaad 'n stelery. Hy het verder ontken dat die rede vir die diefstal was, soos gestel aan horn, dat hy (Beck) ongelukkig was omdat sy werkgewer horn afgedank het. Hy het ook ontken dat hulle na die oorledene gegaan het om goed te kry vir geld wat die oorledene horn skuld.



Dit is aan Beck gestel deur beskuldigde 1 se advokaat dat hy (beskuldigde 1) buite by beskuldigde 2 gewag het en dat Beck alleen die plek in is. Dat hy (beskuldigde 1) ingegaan het eers nadat Beck met die oorledene gepraat het. Dat Beck met die oorledene begin baklei het en dat hy (beskuldigde 1) toe ook deelneem aan die bakleiery. Hierop het Beck geantwoord deur te se dat beskuldigde 1 op enige stadium kon uitgegaan het indien hy nie deel van die bakleiery of indien hy nie deel van die roof sou wou wees nie.



Hy het volgehou dat indien die oorledene nie gedood sou word nie, dat hulle na die roof aan die man gebring sou word. Op 'n stelling dat beskuldigde 1 sou se dat hy slegs die oorledene gegryp en vasgehou het, maar nie die oorledene op enige wyse aangerand het nie, het Beck gese dat beskuldigde 1 inderdaad betrokke was en meegedoen het in die aanranding. Hy het getuig dat beskuldigde 1 bewus was van die feit dat hulle die oorledene geweld sou aandoen, aangesien dit alles deel van die plan was. Hy het volgehou dat beskuldigde 1 inderdaad agtertoe is na die oorledene met die doel om seker te maak dat die oorledene dood is. Hy het egter erken dat hy die oorledene drie houe met die metaalstaaf geslaan het en dat hy deelgeneem het aan die moord op die oorledene.



Beck se weergawe oor wat gebeur het en wat hy gedoen het, skep ruimte vir die bevinding dat beskuldigde 1 'n mes of 'n skerp voorwerp moes gebruik het asook die oorledene 'n derde hou met die ysterstaaf toegedien het.



Op 'n stelling dat beskuldigde 1 se dat die oppervlakkige wonde - en ek moet se dit was toe advokaat Colenso namens beskuldigde 1 opgetree het - op die oorledene se liggaam ook deur horn (Beck) veroorsaak is, toe Beck die oorledene met die haakgedeelte van die ysterstaaf geslaan het, het hy gese dat dit nie so kon wees nie. Hy volstaan by sy getuienis dat beskuldigde 1 teenwoordig was op al die geleenthede wat hy die oorledene met die ysterstaaf geslaan het.



Gedurende kruisverhoor deur beskuldigde 2 se advokaat, het hy weereens verduidelik dat die beplanning van die moord en die roof by beskuldigde 2 se huis begin het en dat hulle dit verder bespreek het, soos ek voorheen gemeld het. Toe dit aan hom gestel word dat beskuldigde 2 sou ontken dat hy ooit met Beck gepraat het oor die koper vir "power tools", het Beck volgehou dat dit wel so was. Beck het ontken dat hy self vir Edries George geken het en het getuig dat die rede waarom hulle juis na George is, was omdat beskuldigde 2 vir George ken. Hy is die een wat uitgeklim het, hy is die een wat na die woning van George is; hy is die een wat die transaksie beklink het.



Dit is voorts aan Beck gestel dat dit sy idee was om die gesteelde goed in die Toyota Stallion te laai. Hierop het Beck gese dat dit beskuldigde 2 se idee was, aangesien beskuldigde 2 belang gestel het in die battery wat in die Toyota Stallion was. Volgens Beck was dit nooit sy voorneme om die Toyota Stallion te steel nie omdat hy nie van enige kopers geweet het wat dit sou kon koop nie.



In antwoord oor waarom Beck nie in 2009 spesifiek gepraat het oor doodmaak nie, se hy dat die plan was dat die oorledene hulle nie moes kon uitken nie en dat die bedoeling inderdaad was om die oorledene aan te rand en dood te maak. Hy het weereens beklemtoon dat daar bespreek is tussen hom en beskuldigde 2 dat daar 'n derde persoon nodig was om hom te help met die dra werk en die vasmakery en dat beskuldigde 2 inderdaad geweet het dat hulle na die oorledene se besigheid is om horn die oorledene te beroof. Dat beskuldigde 2 as 't ware moes waghou. Hy het ontken dat beskuldigde 1 vir 20 minute in beskuldigde 2 se bakkie gesit en gewag het vir horn om uit te kom.



Beck het op verdere stellings van beskuldigde 2 se advokaat gese, dat hy deur nommer 2 gese is om horn te agtervolg aangesien beskuldigde 2 geweet het van 'n stilplek waar die oorlaaiery vanaf die Stallion na beskuldigde 2 se bakkie kon plaasvind. Hy het weereens bevestig dat dit beskuldigde 2 se voorstel was dat hulle na Edries George is aangesien beskuldigde 2, George ken. Hy en beskuldigde 1 het nie vir George geken nie. Hy het weereens erken dat hy die oorledene met die staaf geslaan het voor en agter in die besigheidsperseel.



Op verdere vrae van mnr Colenso het hy sy vorige getuienis herhaal deur te se dat beskuldigde 1 teenwoordig was voor in die besigheidsperseel en agter in die kombuis toe hy die oorledene met die ysterstaaf geslaan het.



Gedurende herverhoor het hy getuig dat die rede waarom hy oorledene met die ysterstaaf in die voorkant van die besigheid geslaan het, was om hom onder bedwang te bring sodat hulle hom kon vasmaak. Hy het verder getuig dat dinge verkeerd sou geloop het indien beskuldigde 1 nie van die plan bewus was nie. Volgens hom, het beskuldigde 2 ook nooit bevraagteken oor waarom die goed op sy voertuig gelaai word nie. Volgens Beck het beskuldigde 2 ook nooit gevra wat binne die besigheidspersele gebeur het nie.



Na Beck herroep is, nadat advokaat Badenhorst beskuldigde 1 se verdediging oorgeneem het, het Beck saamgestem dat hy vir beskuldigde 1 aangese het om te gaan seker maak of alles reg is agter. Hierdie was 'n opvallende wysiging in beskuldigde 1 se weergawe dat hy nou 'n tweede maal na agter is. Hy het ontken dat hy vir 20 minute alleen met die oorledene in die winkel agtergebly het nadat beskuldigde 1 uit is. Volgens hom is hulle saam die plek uit. Hy het gese dat "toe hy beskuldigde 1 stuur na agter om te gaan klaarmaak, het beskuldigde 1 'n lekker lang tyd by die oorledene gebly" en dit het hy gese aangesien beskuldigde 1 geweet het dat hy die oorledene moes doodmaak.



Toe hy gekonfronteer word met die feit dat hy in sy pleit- en vonnisooreenkoms erken het dat hy oorledene met 'n mes gesteek het, het hy dit ontken. Sy advokaat, so se hy, het nie die inhoud van die ooreenkoms aan hom voorgelees nie. Hy ontken nie dat die oorledene gesteek was nie, maar ontken dat hy die steekwerk gedoen het. Volgens horn het hy geweet dat hy pleit skuldig op die moord en dat hy meer belang gestel het in die jare gevangenisstraf wat hy sou moes uitdien. In die verband dien dit vermeld te word dat die pleit- en vonnisooreenkoms, soos deur Beck aangegaan, spreek van 'n gemeenskaplike optrede tussen horn en die beskuldigdes wat dan nou logies ook die messtekery sou insluit.



Hy het pertinent ontken dat beskuldigde 1 slegs agtertoe is om te kyk of die deur tot die kombuis nog gesluit is en ontken dat hy onmiddellik teruggekom het. Dit was sy getuienis.



Kaptein Althea Japhta was op 20 April 2007 aan diens toe sy tussen agtuur en nege-uur na die moordtoneel gegaan het. Sy het getuig dat sy die oorledene aldaar gevind het. Sy het die oorledene in die kombuis agter in die besigheidsperseel aangetref, waar hy gele het met sy gesig in 'n plas bloed op die vloer. Daar is aan haar gerapporteer dat die oorledene se Stallion bakkie vermis word. Sy het aan die hand van foto's wat van die toneel geneem is, sekere observasies van wat sy op die toneel gemaak het, verduidelik. Haar getuienis het egter niks nuuts opgelewer nie.

Kaptein Adolph Johannes Jonker het getuig oor die uitkenningsparade wat op 5 Julie 2007 gehou was, op welke geleentheid beskuldigde 2 positief deur Edries George, die koper, uitgewys is as die persoon wat van die oorledene se krag gereedskap aan hom verkoop het. Die Hof is tevrede dat sy getuienis in toto aanvaar kan word aangesien dit nie in geskil is nie.



Edries George, die koper of "buyer", soos daar na hom verwys is, het getuig dat hy het na sonsak met sy familie tuis was te 46 Kilimanjaro straat, Tafelsig, Mitchell's Plain, toe beskuldigde 2 daar aankom en hom van die elektriese kraggereedskap van die oorledene aanbied om te koop. Volgens hom het beskuldigde 2 aan hom gese dat hy nie meer die gereedskap vir sy werk nodig gehad nie. Volgens hom was daar twee ander persone met beskuldigde 2, maar dat hulle die heeltyd in die voertuig waarmee die drie gekom het, gesit het. Hulle het ooreengekom dat hy slegs sekere van die gereedskap sou neem waarvoor hy R350 aan beskuldigde 2 betaal het. Volgens hom, het beskuldigde 2 die gereedskap by sy huis ingedra en het hy hom daarna betaal. Hy het nie voor die geleentheid beskuldigde 2 geken nie. Hy staaf die getuienis van kaptein Adolph Jonker van hoe die beskuldigde by die uitkenningsparade uitgeken is in materiele opsigte.

Hy getuig dat hy voor die geleentheid wel by Woodstock Suid-Afrikaanse Polisiestasie was om 'n verklaring aan die polisie af te le oor die verkoop van die kraggereedskap aan horn deur beskuldigde 2. Dit is verder nie in geskil dat die polisie gedurende hulle ondersoek van die saak op van die oorledene se kraggereedskap op beslag gele het by sy woning nie.



Gedurende kruisverhoor het hy volgehou dat hy slegs beskuldigde 2 ken van die aand toe die gereedskap aan horn verkoop is. Hy het heftig ontken dat beskuldigde 2 al op vorige geleenthede goed aan horn kom verkoop het en gese dat hy geensins voorheen kontak met horn gehad het nie. Toe dit aan horn gestel word dat beskuldigde 2 sou se dat Beck agter by die bakkie gestaan het, toe die kooptransaksie plaasgevind het, het hy dit ontken. Hy het verder ontken dat sy seun die gereedskap ingedra het omdat, so se hy, hy glad nie 'n groot seun het wat dit kon gedoen het nie. Hy het volgehou dat hy met niemand anders as beskuldigde 2 onderhandel het nie.



Stellings dat hy beskuldigde 2 op twee geleenthede by Woodstock polisiestasie in die selle besoek het en met horn daar gepraat het, het hy ontken. Hy het getuig dat op die geleenthede wat hy wel by Woodstock polisiestasie was, hy nooit in die werf van die Suid-Afrikaanse Polisiestasie geparkeer het nie, maar op die hoofstraat buite die polisiestasie.



Hy se dat omdat beskuldigde 2 'n ouerige persoon was, het hy hom vertrou en was hy derhalwe gemaklik om die kooptransaksie met hom aan te gaan.



Die getuie het glad nie van sy getuienis in hoof afgewyk nie. Die Hof aanvaar sy getuienis dat beskuldigde 2 die persoon was wat hom genader het en dat beskuldigde 2 die een was wat die kooptransaksie en onderhandelinge met hom aangegaan het. Die Hof is tevrede in die omstandighede dat sy getuienis geloofwaardig en betroubaar is en het geen rede om dit in twyfel te trek nie.



Die getuienis van superintendent Liza Potgieter ten opsigte van beskuldigde 1 en die maak van die sogenaamde bekentenis is nie in geskil nie en word aanvaar as korrek.



By ooreenkoms tussen die Staat en die verdediging is die getuienis van mev Selfe, die oorledene se eggenote, erken en toegelaat as getuienis.



Konstabel Eugine Valentino Swanson, die ondersoekbeampte in die saak, het getuig dat hy die moordtoneel besoek het op

20 April 2007 waar hy die oorledene se liggaam in die agterste gedeelte van die besigheidsperseel, dit wil se die kombuis, aangetref het. Die oorledene was vasgemaak op sy maag in soos hy dit beskryf het, '"n dam bloed gele". Volgens horn was daar verskeie wonde aan die oorledene se kop, bloed op sy klerasie; die oorledene se hande was agter sy rug vasgemaak en sy voete was ook vasgemaak. Daar was ook kleefband om die oorledene se nek vasgemaak. Die oorledene was reeds dood en is so gesertifiseer op die toneel.



Hy het ook beslag gele op 'n ysterstaaf, waarna reeds verwys is. Dit is gemene saak dat die ysterstaaf, waaroor Beck reeds getuig het, wat ook later as bewysstuk in die saak in gehandig is, inderdaad die moordwapen is.



Van groot belang in sy getuienis is dat hy getuig oor die bloedplas waarin die oorledene gele het, die feit dat daar bloedspatsels teen die muur was en teen die wasbak wat, na my mening, stawing bied vir die feit dat die oorledene ook in die kombuisgedeelte aangerand is deur sy aanvallers. Daar is geen verdere leidrade op die toneel gevind wat kon help met die ondersoek nie. Hy het wel bevestig hoe en waar die oorledene se Stallion bakkie opgespoor is, maar dit het nie die ondersoek en die saak enigsins verder geneem nie.

As gevolg van 'n anonieme oproep op 5 Junie 2007 het hy Beck op of omtrent 7 Junie gearresteer. As gevolg van inligting wat hy ontvang het van Beck oor die moord op die oorledene, is beskuldigdes 1 en 2 kort daarna gearresteer. Dit is nie in geskil wanneer en waar beskuldigdes 1 en 2 gearresteer is nie, wat wel van belang is, is dat Swanson tydens die arrestasie van beskuldigde 1 vir hom ondervra het oor wat hy (beskuldigde 1) aangehad het op die datum wat die moord plaasgevind het. Volgens hom het beskuldigde 1 gese dat hy dieselfde klere aangehad het as wat hy tydens sy arrestasie aangehad het. Hy het verder beslag gele op drie paar stewels, naamlik Levi, gewone werk stewels en die Caterpillar stewels of Cats soos daarna verwys is. Volgens hom het beskuldigde 1 die Caterpillar stewels aangehad en met sy aankoms te Woodstock polisiestasie, het hy die stewels by beskuldigde 1 geneem. Dit is as 'n bewysstuk ingehandig.



Sou sy getuienis dat die Caterpillars aan beskuldigde 1 behoort, aanvaar word dien dit as verdere stawing vir die ander getuienis dat beskuldigde op een of ander stadium kontak moes gehad het met die oorledene se bloed. Beskuldigde 1 se ontkenning dat dit nie sy stewels is nie, maak glad nie sin nie. As ons aanvaar dat hy op die moordtoneel was, dan moet dit tog wees dat hy op een of ander wyse op 'n stadium kontak met die oorledene se bloed gehad het. Op sy eie weergawe hoort die feit dat daar bloed op sy stewels gevind is, nie enige verskil te maak op wat hy se daar gebeur het nie. Die enigste afleiding wat hieroor gemaak kan word, is dat beskuldigde 1 in die verband horn so ver as moontlik van die oorledene se bloed probeer distansieer het. Die waarskynlikhede, soos ek later weer sal meld, dui daarop dat beskuldigde 1 in die bloed van die oorledene moes getrap het.



Gedurende kruisverhoor het Swanson volgehou dat beskuldigde 1 wel die Caterpillar stewels aangehad het tydens sy arres en dat hy die Caterpillars by horn afgeneem het by Woodstock polisiestasie.



Die Hof is tevrede dat in die geheel gesien, Swanson by sy weergawe gehou het en dat sy getuienis geloofwaardig en betroubaar is. Die Hof het nie die indruk gekry dat hy enige van die beskuldigdes en/of Beck valslik wou inkrimineer in die saak nie.



Die getuienis van dr Itumeleng Jacobeth Molefe, die staatspatoloog is, soos reeds gemeld, nie in geskil nie. Wat verder van belang is vanuit haar getuienis is dat die veelvuldige steekwonde wat die oorledene toegedien is, nie sy dood veroorsaak het nie. Sy was ook oortuigend in haar deskundige opinie dat die steekwonde aan die liggaam toegedien is deur 'n Okapi mes of soortgelyke skerp voorwerp. Volgens haar was daar tekens van verwurging waar te neem by die oorledene se nek en dit het sy ook opgemerk as gevolg van observasies by sy tong. In die verband verwys die Hof na die stawende getuienis, soos uitgebeeld deur die foto's, Beck se getuienis en die getuienis van beskuldigde 1 wat daarop dui dat daar koord en kleefband om die oorledene se mond en nek vasgebind was.



Die kneusings en abrasies het sy bevestig kon toegedien gewees het deur die slanery, skoppery en die gesleep van die oorledene. Na haar mening, kon die ysterstaaf wat die oorledene se dood veroorsaak het, nie die sogenaamde "incised wounds" en/of "sharp trauma)" veroorsaak het nie. In haar getuienis het sy duidelik die verskil in voorkoms van die wonde, soos toegedien deur die ysterstaaf, in vergelyking met die mes of 'n soortgelyke voorwerp aan die Hof verduidelik. Volgens haar mening, het dit geblyk dat die veelvuldige steekwonde wat die oorledene toegedien is, grootliks onnodig was aangesien, soos ons weet, die oorledene se dood veroorsaak is as gevolg van die stomp trauma op sy kop.



Die Hof aanvaar haar getuienis in toto. Die teorie wat beskuldigde 1 se advokaat (dit is sy eerste advokaat), probeer ontwikkel het, dat die steekwonde deur die yster veroorsaak is en dat Beck derhalwe ook daarvoor verantwoordelik was en dat beskuldigde 1 om die rede nie vir die oorledene kon gesteek het word verwerp.




Dit het die staatsaak gesluit.



Beskuldigde 1, wie huidiglik 27 jaar oud is en standerd 8 op skool gehaal het, het 'n deels verontskuldigende weergawe aan die Hof voorgele. Dat Beck hom op straat gekry het op die dag van die gebeure. Dat Beck hom gevra het om hom te vergesel na sy vorige werksplek, sodat Beck daar sy gereedskap kon gaan haal. Dat hulle na beskuldigde 2 se huis is waarna hulle uiteindelik met beskuldigde 2 se bakkie na oorledene se besigheid is. Dat beskuldigde 2 'n entjie verby die oorledene se besigheidsperseel parkeer het. Dat Beck na verloop van tyd na die oorledene se besigheid is en na tien minute teruggekeer het en hom kom roep het. Dat hy saam met Beck na die perseel is, waar hy deur Beck gese is om hom aan die voorkant van die winkel agter 'n skerm te versteek. Dat die oorledene hom daar opgemerk het, toe hy na Beck kom en wou weet waarom hy hom nou daar versteek en wat aangaan. Dat Beck die oorledene gese het dat hulle daar is om die winkel "uit te dra", dit wil se te beroof. Dat die Beck die oorledene begin slaan het en geskop het tot hy op die vloer is en dat Beck horn opdrag gegee het om die oorledene se hande en voete vas te bind, wat hy toe gedoen het. Hy het gebruik gemaak van die geel kleefband en elektriese koord.



Dat hy en Beck die oorledene daarna agter na die kombuis gesleep het. Dat, volgens horn, die oorledene, se mond en neus toe al gebloei het, maar dat die oorledene toe nog nie met voorwerpe gesteek of geslaan was nie en dat die oorledene nog gelewe het.



In opdrag van Beck het hy later seker gemaak dat die agterdeur van die kombuis vertrek toe is. Op die stadium toe is hy reeds lankal bewus dat hulle besig was met 'n roof. Hy self het in die loop van die gebeure en met die uitdra van die kratte en gereedskap, een van die oorledene se selfone gevat wat daar in die perseel was. Hy het Beck gehelp om die kratte gereedskap uit te dra en op die Stallion bakkie te laai wat voor Brent's Electrical in Albertweg geparkeer was. Volgens horn is Beck terug in die besigheidsperseel en het hy na 20 minute teruggekom en aan horn gerapporteer dat die oorledene losgeraak het en dat hy weer met oorledene baklei het.



Hulle is daarna uiteindelik na Maitland waar die kratte vanaf oorledene se voertuig op beskuldigde 2 se voertuig oorgelaai is. Hy het Beck se getuienis oor hoe hulle na Heideveld toe was waar die selfone uitgeruil is en waar daar "tik" gerook is, in wese gestaaf.



Hy het ook getuig hoe hulle vanaf Heideveld na George se huis toe is waar die gereedskap verkoop is aan George en hoe hulle daarna by beskuldigde 2 se huis dwelms gebruik het en bier gedrink het. Voorts getuig hy hoe hulle die volgende dag bymekaar gekom het en verder van die oorledene se eiendom sou verkoop het.



In verband met die stellings wat aan Beck gemaak is en wat betref beskuldigde 1 se getuienis, is dit belangrik om op te merk dat daar wesenlike verskille is van wat beskuldigde 1 getuig het en wat later gedurende kruisverhoor van beskuldigde 1 na vore gekom het. Die Hof merk op in die verband dat dit nie so duidelik is welke van die teenstrydighede te wyte is aan swak kommunikasie tussen advokaat Colenso en beskuldigde 1 nie. Daar sal egter onthou word dat die Hof aangedring het dat advokaat Colenso byvoorbeeld sy kruisverhoor in Engels doen en dat daar van 'n tolk gebruik gemaak word om enige misverstand en kommunikasie probleme uit die weg te ruim. Die Hof het verder in belang van beskuldigde 1 versoek dat advokaat Colenso onttrek as beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger, toe dit blyk dat daar 'n konflik tussen hom en advokaat Colenso was oor presies wat sy instruksies en/of mandaat aan Colenso was oor 'n spesifieke aspek van beskuldigde 1 se verweer in die saak.



Die konflik het eers na vore gekom toe beskuldigde reeds getuig het en toe hy deur die Staat onder kruisverhoor geneem is. Beskuldigde 1 se hele weergawe is egter deurspek van teenstrydighede en onwaarskynlikhede. Daar is, met respek, feitlik nie een aspek van die feite-relaas wat hy verskaf, waarby hy konsekwent gebly het sedert 10 Julie 2007 nie.



Die Hof gaan na slegs enkele voorbeelde verwys. 'n Deurlees van die oorkonde wat sy getuienis betref, spreek vanself. Sy getuienis oor die verloop van die gebeure oor wat gebeur het na hy die winkel in is tot en met die aanval op die oorledene, soos deur horn beskryf in die 2009 verrigtinge, verskil van wat die Hof nou aangehoor het. Beskuldigde 1 het by herhaling verwys na sy weergawe wat hy gedurende die verrigtinge in 2009 gegee het as verkeerd in sekere opsigte. Hy kon nie die verskille verduidelik nie. Hy het volgehou dat die 2010 weergawe wat hy gegee het, die korrekte weergawe is. Dit is natuurlik uiters vreemd en onverklaarbaar aangesien die 2009 weergawe baie nader aan die insident was toe die gebeure ook nog vars in sy geheue moes wees. 'n Mens sou dus verwag dat hy eerder by die 2009 weergawe sou hou.

In 2009 het hy getuig dat Beck hom gedreig het om hom aan te rand sou hy nie deelneem nie. Sy 2010 weergawe meld hy glad nie die aanranding nie en se hy hy het vergeet daarvan. Die Hof is van mening dat die dreigement van die aanranding kardinaal was tot sy verweer en dat dit hoogs onwaarskynlik is dat hy so iets sou kon vergeet. Dit is meer waarskynlik dat sy getuienis oor die dreigement van die aanranding 'n versinsel en fabrikasie is. Gevolglik word sy verduideliking dat hy daarvan vergeet het, verwerp as vals en leuenagtig. Dit is dan duidelik ook die rede waarom advokaat Badenhorst nie voortgegaan het om staat te maak op die verweer nie.



In 2009 getuig hy dat Beck en die oorledene stoei met mekaar en dat Beck die oorledene stoot en dat die oorledene val. In 2010 getuig hy dat Beck en die oorledene stoei, dat Beck die oorledene se voete onder hom uitskop en dat die oorledene toe val.



Volgens beskuldigde 1 se hy dat hy dele van sy weergawe of van die weergawes vergeet het. Dit is, met respek, onsin. Dit sou meer logies wees dat hy alles wat gebeur het, sou onthou wat daar plaasgevind het, aangesien dit die eerste keer is wat hy volgens hom in so iets betrokke is in sy lewe en 'n mens sou dus verwag dat hy die gebeure wat daar plaasgevind het, beslis sou onthou.



Gedurende 2009 het hy getuig dat die oorledene se een hand onder sy, sy was en dat hy die oorledene moes oor rol om by sy hande uit te kom sodat hy dit agter sy rug kon vasmaak. In 2010 getuig hy dat die oorledene se hande reeds agter sy rug was.



Toe die staatsadvokaat horn uitvra oor die menige verskille in sy getuienis, kan hy geen verduideliking gee nie en toe daar aan horn gestel word dat die rede vir die verskille toe te skryf is aan die feit dat hy leuens vertel, se hy dat hy nie kan se of hy Meg of nie Meg nie.



Volgens beskuldigde 1 wou hy twee keer uit die perseel probeer kom. Die deur was egter gesluit. Soos ons weet is daar getuienis van die sekuriteitsmaatreel wat vanaf 'n afstand 'n gekontroleerde elektriese knoppie beheer gebruik maak om die deur oop te maak. Volgens sy eie weergawe het hy die geleentheid gehad terwyl hy die oorledene vasbind om die knoppie te druk en die deur oop te maak. Toe hy hieroor gevra word, se hy aanvanklik dat hy nie daaraan gedink het nie en daarna se hy, hy het tog gedink daaraan maar hy het nie geweet wat Beck sou se nie.

In verband met die pak van die gereedskap in kratte, getuig hy in 2009 dat hy nie vir Beck daarmee gehelp het nie. In 2010 getuig hy, hy het wel gehelp daarmee.



In verband met die verkoop van die gereedskap aan George getuig hy in 2009 dat Beck die een was wat uitgeklim het om vir George te gaan haal. In 2010 getuig hy dit was nommer 2 wie George gaan haal het. Dit dien gemeld te word dat laasgenoemde weergawe van beskuldigde 1 rym met Beck se getuienis dat dit beskuldigde 2 was wat die koper geken het en en wie hulle na die koper geneem het.



Beskuldigde 1 se verduideliking vir die verskil, is eers dat hy jammer is en later se hy eenvoudig dat hy geen verduideliking daarvoor het nie. In 2010 getuig hy dat Beck met George staan en gesels het aan die agterkant van die bakkie en dat hy hulle kon hoor deur die oop geskuifde agter ruit van die bakkie. Die getuienis was heel duidelik 'n fabrikasie en versinsel aan sy kant. Die foto's van die Nissan bakkie, soos op Bewysstuk H3 en H4, toon duidelik dat daar nie so 'n skuifruit is nie. Dit is ook so deur advokaat Badenhorst toegegee.

In 2009 se hy dat Beck R300 vir die verkoop van die gereedskap by George gekry het. In 2010 getuig hy dat dit R350 was. Sy weergawe oor wanneer hy in besit gekom het van die oorledene se selfoon, verskil ook in 2009 van die in 2010.



Wat sy getuienis betref oor die dra van die Caterpillar stewels, is die Hof bo redelike twyfel oortuig dat hy leuens vertel in die verband. Die Hof is tevrede dat die Caterpillars aan beskuldigde 1 behoort en dat hy inderdaad op die datum van die oorledene se dood dit gedra het en in alle waarskynlikheid, soos ek reeds gese het, in die plas bloed van die oorledene moes getrap het of op 'n stadium toe die oorledene aangerand was met die yster of kort daarna. Sy weergawe dat hy nie by die oorledene was tydens die aanranding met die yster in die kombuis, kan derhalwe nie waar wees nie.



Die verdere storie dat hy glad nie naby die oorledene was na die oorledene in die kombuis agter 'n geslote deur was, kan ook nie waar wees nie.



Die waarskynlikhede van die verloop van die gebeure dui oorweldigend op die verloop van feite, soos uiteengesit deur Beck in sy getuienis. Beck moes aan beskuldigde 1 verduidelik het wat van horn verwag word. Dit sou selfmoord gewees het om 'n onwillige en oningeligte mededader in die omstandighede te betrek. So 'n persoon sou alles die dag verongeluk het en ook met katastrofiese gevolge. Beskuldigde 1 gee toe, selfs in sy 2010 weergawe dat die oorledene hulle sou aangee en laat vang indien hulle hom sou laat oorleef het. Die ry met die bakkie met die gereedskap, die waghou buite deur beskuldigde 2 terwyl Beck en beskuldigde 1 ingaan; die feit dat beskuldigde homself verskuil; die feit dat Beck die oorledene onkant betrap en verras met die roof na hy en beskuldigde 1 toegang verkry, dui glad nie op die optrede van oningeligte of onwillige mededaders, maar eerder op optrede wat deeglik beplan is deur wie ook al betrokke was.



Beck se dat hy geslaan en skop het en dat hy (Beck) die oorledene slegs drie keer met die ysterstaaf geslaan het. Beck se dat hy beskuldigde 1 agtertoe gestuur het om seker te maak dat die oorledene dood is. Beskuldigde 1 bevestig dat hy agter toe gestuur is, maar se dat dit was slegs om toe te sien dat die deur toe was. Dit maak glad nie sin vir die Hof dat Beck hom agtertoe sou stuur om te gaan kyk of die deur toegesluit is nie. Indien, soos beskuldigde 1 die Hof wil laat glo, Beck die oorledene verder wou aanrand, waarom stuur hy dan vir beskuldigde 1 om die deur te gaan sluit of om seker te maak dat die deur gesluit is. Die weergawe maak glad nie sin nie en bots erg met die waarskynlikhede. Dit word gevolglik verwerp vera! waar dit nie strook met die weergawe wat Beck gee oor die gedeelte van die getuienis nie.



Dit is so dat die oorledene, benewens die houe wat Beck horn toegedien het, ekstensief aangerand is en veelvuldige steekwonde toegedien is. Volgens Beck het beskuldigde 1 aan horn gese dat beskuldigde 1 net na die terugkom vanaf die oorledene, "dat die daad gepleeg of uitgevoer was" of woorde tot daardie effek.



Die waarskynlikhede in ag geneem, die bloed op sy skoen en Beck se getuienis dui daarop dat beskuldigde 1 baie meer betrokke was met die doodmaak van die oorledene as wat hy wil toegee.



Die volgende verdere aspekte word na verwys: As Beck slegs "tools" wou gaan haal, het hy nie hulp nodig gehad om dit te doen nie. Beck was slegs 'n geleentheidswerker, nie gekwalifiseerd nie. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Beck soveel gereedskap by sy werkgewer sou he. Die feit dat daar gewag was tot die oorledene alleen was, is aanduidend van 'n bewustheid van onwettigheid tussen die drie beskuldigdes. Die saamgaan en wegkruip van beskuldigde 1, dui op 'n bewustheid van sy betrokkenheid by die misdade wat gepleeg sou word. Volgens sy eie weergawe het beskuldigde 1 meer as genoegsame tyd gehad om hom uit die onwettige optrede te onttrek en te verwyder van die toneel as hy dan, soos hy se, nie wou saamwerk nie. Dit moet gesien word teenoor die waarskynlikheid dat beskuldigde 1 slegs saamgewerk het as gevolg van 'n dreigement deur sy vriend Beck.



As beskuldigde 1 geen aanranding op die oorledene wou gepleeg het nie en in ag genome die feit dat hy bewus was van die feit dat oorledene hulle sou uitken, waarom vra hy nooit agterna wat Beck met die oorledene gedoen het nie. Op sy weergawe wou hy nie eintlik die oorledene styf vasmaak en/of laat beseer nie.



Dit is derhalwe hoogs onwaarskynlik dat hy eers twee maande later sou hoor dat die oorledene dood is. As Beck hom so mislei het oor wat daar sou gebeur het, waarom distansieer hy homself nie en waarom vertel hy nie Salie agterna van die absolute en skokkende onvoorsiene situasie waarin Beck hom geplaas het nie. Dit sou seer sekerlik ook die effek gehad het dat hy vir Salie beskerm en hy en Salie kon dan ten minste die toneel verlaat het voordat Beck, volgens sy getuienis wat toe daar by die oorledene was, weer uit die oorledene se persele gekom het.

Beskuldigde 1 se meedoening na die insident by Brent's Electrical, die vasmaak van die oorledene, die sleep na agter, die steel van die selfoon, die hulpverlening met die pakkery en die laai van die buit, die oorlaaiery in Salie se voertuig, die meedoen met die verkoop van die goed, deel in die opbrengs op die dag van die voorval asook die volgende dag se meedoen aan die verkoop, is aanduidings van 'n voortsetting van sy gemeenskaplike doel by die pleeg van die misdade.



Die Hof is gedagtig daaraan dat die Hof nie oormatige gewig moet heg aan die houding of "demeanour" van 'n beskuldigde as hy getuig nie. Dit speel tog egter 'n rol by die evalueringsproses. Beskuldigde 1 was 'n uiters swak getuie. Die getuienis moes as 't ware letterlik uit horn getrek word. In die getuiebank was die verskeie stilswyes aan sy kant opmerklik en die aarselings en dit het met reelmaat voorgekom. Die verduidelikings oor die etlike weersprekings in sy weergawe was, onder andere, "wel, ek is jammer, ek het vergeet, ek weet nie, ek is nie seker nie". Sy stemtoon was deurentyd sag en hy was by tye onhoorbaar gewees. Soos ek se "demeanour is a tricky horse to ride", maar die Hof noem dit slegs sodat daar van kennis geneem word.



Opsommenderwys moet gese word dat beskuldigde 1 se getuienis van sodanige swak gehalte was dat sy weergawe, waar dit verskil met die van Beck en Swanson se getuienis, verwerp moet word as vals en leuenagtig.



Ebrahim Salie, beskuldigde 2, is 'n 50-jarige getroude pa van vyf kinders. Hy het hom bekwaam as 'n auto-electrician en het die werk by sy huis verrig. Sy huis is 'n gewilde kuierplek. Hy bevestig dat hy, Beck en beskuldigde 1 goed ken. Hy het getuig dat Beck die Maandag by hom opgedaag het. Dat hulle gesels het en dat Beck hom vertel het dat hy nie meer sy werk het nie. Hy ontken dat hy die gesprek oor die roof op die oorledene geTnisieer het omdat hy geldelike probleme sou gehad het en omdat hy na bewering 'n "buyer" gehad het vir "power tools". Hy bevestig dat Beck weer die Donderdag by hom was terwyl hy aan 'n motor werk; dat hy en Beck toe gesels het; dat Beck so teen 15:00 tot 15:30 weer daar by hom aangekom het en gese het dat die oorledene hom gebel het om te se hy moet sy "tools" kom haal wat hy agtergelaat het by oorledene se besigheid.



Hy kon aanvanklik nie beskuldigde 1 uithelp nie omdat hy nie vervoer gehad het nie. Later toe sy vrou egter probleme ondervind met sy Nissan bakkie te Manenberg, het hy tesame met Beck en beskuldigde 1 na Manenberg gegaan en toe hy tevrede is dat sy vrou en familie uitgesorteer is, het hy en beskuldigde 1 en Beck na Soutrivier vertrek.

Dit dien gemeld te word dat Beck horn gese het dat hy voor 17:30 die aand by die oorledene se perseel moet wees aangesien dit die tyd is wat die oorledene sluit vir die dag. Na hy te Manenberg petrol in sy bakkie gesit het, het hulle na Soutrivier vertrek. Op daardie stadium het hy net R10 oorgehad en was hy bewus dat die petrol in die bakkie nie genoeg sou wees om hulle terug na Mitchell's Plain te neem nie. Volgens horn het hy nooit die aspek met Beck bespreek nie, maar het hy geweet dat hy die geld by Beck sou kry. Toe hulle by Soutrivier opdaag, wys Beck die oorledene aan horn uit waar die oorledene buite sy besigheid op die sypaadjie staan, besig om met mense te praat. Hy ry egter verby die besigheid en gaan parkeer so 100 meter weg van waar die oorledene se persele is.



Die Hof moet onmiddellik meld dat die versuim om die petrol probleem met Beck te bespreek, baie snaaks is en glad nie waarskynlik is nie. Seer sekerlik sou dit normaal gewees het om die kwessie van betaling met Beck te bespreek om sodoende te verseker dat hulle genoeg petrol sou he om by die huis uit te kom. Beskuldigde 2 se weergawe in die verband maak derhalwe nie sin nie. Gesien die tydsfaktor en dat oorledene 17:30 vertrek en dat Beck slegs sy "tools" kom afhaal, maak dit verder nie sin dat beskuldigde 2 nie by oorledene stilhou waar hy daar buite staan nie. Hy laat ook nie vir Beck uitklim en die "tools" onmiddellik laat gaan haal nie en laat ook nie toe dat die "tools" onmiddellik in die voertuig gelaai word nie. Dit is tog wat 'n normale aanvaarbare menslike gedragsnorme sou wees gesien die omstandighede.



Beskuldigde 2, volgens sy eie weergawe, weet ook nie hoeveel "tools" of wat die aard en omvang daarvan is nie, tog gaan hy en hy parkeer 100 meter weg verby die persele van die oorledene. Nieteenstaande die tydsfaktor, klim beskuldigde 2 uit die bakkie uit, daar is geen haas van sy kant af nie. Hy spreek nie eintlik Beck aan oor wanneer hy sy "tools" gaan haal nie. Hy maak eerder doodluiters sy enjinkap vas en volgens hom stap hy eers by straat af om samoosas te gaan koop met die laaste R10 wat hy het. Dit is interessant dat hy die samoosas koop sonder dat hy weet of Beck en/of beskuldigde 1 enige geld het vir petrol vir sy bakkie.



Verdere tyd word in beslag geneem deurdat toe hy nie die samoosas by die eerste plek kry nie, hy daarna by 'n ander plek moes gaan kyk het. Dit is gemene saak dat toe hy die samoosas gaan koop, dat hy verby, volgens hom, die oorledene se perseel gestap het. Toe hy terugkom met die samoosas, sit hulle al drie dan rustig in die voertuig en samoosas eet. Alhoewel hy getuig het dat hy met sy terugkeer met die samoesas aan Beck gevra het wanneer hy ingaan, dit wil se na die oorledene, en Beck aan horn se dat hy maar eers sy samoosas gaan eet, vind hy beskuldigde 2 dit glad nie snaaks nie.



Op die stadium toe hy terugkeer en Beck vra of hy ingaan, weet hy ook nie of Beck reeds by die oorledene was nie. Wat inderdaad gebeur, is dat hulle al drie rustig in die voertuig sit en samoosas eet vir omtrent tien minute. Volgens horn is Beck eers daarna op sy eie na die oorledene se persele.



Die Hof bevind dat die verby ry van die oorledene, die stilhou weg van die oorledene se persele, die uitklim en verbystap van die oorledene se persele om sodoende seker te maak dat hy alleen is, alles aanduidend is van die modus operandi wat voor die tyd tussen die drie van hulle uitgewerk was. Die optrede van die drie dui nie op 'n situasie, soos beskuldigde te kenne gee, dat die uitsluitlike doel die haal van "tools" was nie. Die Hof is tevrede dat die drie se optrede totaal indruis teen die waarskynlikhede. Dit is op die weergawe soos deur beskuldigde 2 gegee.



Volgens beskuldigde 2, het Beck, nadat hy inderdaad na die oorledene se besigheidspersele is, na tien minute teruggekeer en beskuldigde 1 geroep om horn te vergesel. Hy wat beskuldigde 2 is, bly agter en sit weereens rustig in die bakkie en koerant lees. Volgens horn het hy selfs half aan die slaap geraak, maar hy kan wel se dat Beck en beskuldigde 1 vir omtrent 20 tot 30 minute weg was voordat beskuldigde 1 weer by om in die bakkie aangesluit het. In die verband meld die Hof dat Beck se getuienis oor die manier hoe die misdade gepleeg sal word, dit wil se dat beskuldigde 2 die vervoer sou verskaf en wag sou gehou het terwyl hy (Beck) en beskuldigde 1 binne besig was met die oorledene, op die grotere waarskynlikhede sterk deurskemer.



Wat verder glad nie sin maak op beskuldigde 2 se weergawe nie, is dat na beskuldigde 1 terugkeer na die voertuig, hy glad nie vir beskuldigde 1 vra waar Beck is of waar die "tools" is nie. Of wat nou aangaan nie. Volgens horn, sit hulle net daar in die voertuig vir so 20 tot 15 minute sonder dat daar 'n woord gepraat word oor die mees belangrike rede waarom hulle daar gekom het en dit is die haal van die "tools". Hy vra glad nie vir beskuldigde 1 wat daar binne gebeur het nie. Die weergawe is so onwaarskynlik dat die Hof dit moet verwerp.



Na die verloop van die 15 tot 20 minute, se hy, kom Beck terug na die bakkie en vra dan vir beskuldigde 1 om saam met horn te kom. Beskuldigde 1 vra nog steeds nie wat nou aangaan nie. Hy klim ook nie uit sy bakkie nie. Hy volg nie vir Beck en beskuldigde 1 om vas te stel wat nou aangaan nie. Hy aanvaar maar gedwee wat daar plaasvind. 'n Mens sou ten minste verwag het dat hy ten minste teen hierdie tyd al vir Beck sou gevra het wat nou aangaan, waar Beck se "tools" is en of daar enige probleme is. Hy vra nie eers waar Beck en beskuldigde nou gaan nie. Hy gaan slegs voort om koerant te lees. Die optrede maak glad nie sin nie en dui op 'n verdere onwaarskynlikheid in sy storie. Dit dui eerder op die optrede van 'n persoon wat presies geweet het wat daar aangaan en dat dit om die rede is dat daar geen rede was om vrae te vra nie.



Na so vyf minute, so getuig hy, hoor hy net die geblaas van 'n toeter van 'n motor langs hom. Beck en beskuldigde 1 is in die firma se Stallion bakkie en Beck wys hom hy moet volg. Hy volg dan vir Beck sonder om vrae te vra of om onraad te merk tot by die parkeer area. Daar gekom se Beck vir hom dat daar te veel mense is (dit is nou by die parkeerarea te Koeberg) en dat hulle nie daar kan staan nie. Hy vra nog steeds nie vir Beck wat aangaan nie en volg hom weereens gedwee na die straat daar te Maitland, waar Beck en beskuldigde 1 nou die kratte vanaf die Stallion bakkie na sy bakkie oorlaai. Terwyl hulle die oorlaaiery doen, vra hy ook glad nie waarom hulle daar die goed oorlaai nie. Slegs na beide beskuldigde 1 en

Beck in die voertuig is, vra hy vir Beck maar wat dan nou van die Stallion bakkie van die oorledene. Hierop se hy Beck het vir horn gese dat iemand dit sou kom haal. In die terugrit vra hy geen vrae oor die vertraging oor waarom hulle al die ompaaie gery het en waarom dit nodig was om die Stallion te gebruik om die goed in te laai en of daar te ry net om dit uiteindelik daar te abandoneer. Dit se die Hof in die lig van die feit dat die rede waarom hy daar saam was, was juis om die "tools" te gaan haal.



Toe beskuldigde 2 hieroor gekruisverhoor word, se hy dat hy maar gedink het dat Beck die eienaar se bakkie vir horn wou wegneem. Die verduideliking strook egter glad nie met beskuldigde 2 se weergawe dat hulle slegs na Brent's Electrical is om Beck se "tools" te gaan haal nie.



Op pad huis toe, het die bakkie sonder brandstof gaan staan. Volgens beskuldigde 2 se hy vir Beck hy het nie meer geld nie. Beck haal toe geld uit wat hy na bewering by sy baas gekry het. Petrol word toe ingegooi en op Beck se versoek is hulle na Beck se vriend daar te Heideveld. Op 'n stadium daar te Heideveld, het Martin en Beck die Wendy Huis waar hulle gesit het, verlaat en was beskuldigdes 1 en 2 alleen saam met ene Anthony. Terwyl hulle daar is, gee Martin ook vir Beck 'n trui om die werksbaadjie wat hy van die oorledene se besigheid gedra het, te vervang. Die moontlikheid is natuurlik dat Beck die werksbaadjie by die oorledene se plek aangetrek het om nie suspisie te skep met die gebruik van die werksvoertuig nie.



Op 'n stadium, terwyl beskuldigdes 1 en 2 alleen met Anthony is, het beskuldigde 1 'n selfoon uitgehaal. Beskuldigde 2 vra toe waar hy daaraan kom. Beskuldigde 1 se dat hy dit by Brent's Electrical geneem het. Beskuldigde 2 is geensins verbaas hieroor nie. Hy neem die selfoon by nommer 1 welwetende dat die selfoon gesteel was te Brent's Electrical. Toe Beck en Martin terugkeer met "tik" het Beck die selfoon geneem en dit aan Martin oorhandig en dit is op die stadium wat die omruilery van die selfone plaasvind, soos ek vroeer verduidelik het.



Oor hoe die omruil van die selfone plaasgevind het, gee beskuldigde 2 ook verskillende weergawes. Hy was nie in 'n posisie om 'n redelike verduideliking te gee vir die verskillende weergawes nie. Sy weergawe wat hy by die verhoor gegee het oor die ruil van die selfone, verskil ook met die weergawe wat beskuldigde 1 in die verband verskaf. Wat egter soos 'n paal bo water staan, is dat hy sonder om te blik of te bloos weereens betrokke raak in die omruil van 'n selfoon wat hy weet van die oorledene gesteel is. Volgens hom, het hulle eers "tik" gebruik en bier gedrink en toe vanaf Heideveld vertrek na Mitchell's Plain. Op pad het Beck gevra of hy 'n "buyer" ken. Al getuig hy dat hy nie geweet het waarom die "buyer" nodig was nie of vir wat nie, se hy vir Beck dat Beck die "buyer" ken en hy ry toe na die getuie Edries George se huis. Daar se hy, het hy George aanvanklik genader en na hy Beck en George bymekaar gebring het, het hy na beskuldigde 1 in die bakkie teruggekeer. Beck en George onderhandel toe verder. Op daardie stadium, so getuig hy, weet hy nog steeds nie wat Beck aan George verkoop nie. Volgens horn, het hy nie eers daaroor gedink nie. Dit is opmerklik dat hy in 2009 getuig het dat hy inderdaad geweet het waaroor die transaksie gaan. Hy kon weereens nie sy verskillende weergawes in die verband verduidelik nie.



Na die transaksie tussen George en Beck, is hulle op pad na sy huis, toe Beck R100 aan horn gee. By sy huis het hulle weer "tik" gebruik en bier gedrink waarna beskuldigde 1 en beskuldigde 2 huis toe is. Dit is gemene saak dat Beck gese het dat die gereedskap moet daar by beskuldigde 2 se huis op die bakkie bly.



Wat interessant is, is dat beskuldigde 2 dit glad nie snaaks of abnormaal vind dat Beck nou klaarblyklik sy gereedskap, waarmee hy 'n lewe maak, verkoop nie. Hy kon ook nie verduidelik waarom, indien Beck binne loopafstand van sy huis bly, die res van die "tools" nie net een keer by Beck se huis afgelaai is nie. Die getuienis wys inderdaad dat in die daaropvolgende dae, alhoewel hy vele geleenthede gehad het om dit te doen, hy nie die "tools" by Beck afgelaai het nie. Die getuienis dui verder daarop dat behalwe die een stuk gereedskap wat aan Beck se vriend gegee is, al die ander gereedskap van die oorledene verkoop is. Die verloop van die gebeure oor hoe daar met die oorledene se gereedskap na die roof gehandel is en beskuldigde 2 se optrede in die verband, dui alles daarop dat beskuldigde 2 uit die staanspoor geweet het dat die "tools" nie Beck se eiendom is nie.



Die gevolgtrekking word verder versterk deur sy eie getuienis dat die res van die gereedskap die volgende dag met die hulp van Martin te Heideveld verkoop is. Hy het ook tydens die verkoop, geld van Beck gekry.



Beskuldigde 2 kon nie verduidelik hoe beskuldigde 1 geweet het van die besoek na Martin die volgende dag nie, aangesien Beck eers in die middag van die volgende dag vir hom gevra het om hom na Martin te neem. Die feit dat beskuldigde 2 vir Beck en nommer 1 inderdaad na George (as koper) geneem het, dien as stawing vir Beck se getuienis, soos ek reeds gemeld het, dat beskuldigde 2 die optrede geTnisieer het deur heel aan die begin van die besprekings vorendag te kom met die voorstel van 'n roof, aangesien hy, beskuldigde 2, inderdaad 'n "buyer" vir "power tools" het. Dit is ook opmerklik dat hy op verskeie geleenthede na sy arrestasie Beck gevra het wat gebeur het, maar dat Beck horn net gese het hy moet horn nie daaroor bekommer nie.



Wat verder van belang is by die beoordeling van sy getuienis, is dat sy weergawe in verskeie opsigte feitlik verskil van die van beskuldigde 1. Die Hof verwys na enkele aspekte. Beskuldigde 1 het getuig dat hulle die samoosas voor in die bakkie sit en eet het terwyl nommer 2 se dat beskuldigde 1 buite gehurk gesit het. Beskuldigde 1 het getuig dat hy op die dag (van die roof en moord) so 6:00 namiddag by die huis moes terug wees, terwyl beskuldigde 2 die indruk skep dat daar geen haas was nie. In 2009 het hy getuig dat hy en beskuldigde 1 R100 gekry het vir die verkoop van die gereedskap. In 2010 skep hy die indruk dat die R100 wat hy gekry het, is as gevolg an die feit dat hy nou betaal word vir petrolgeld.



Beskuldigde 2 weerspreek horn ook oor wie die gereedskap by George se woning uitgedra het. Gedurende kruisverhoor word dit aan George gestel dat sy seun die dra werk gedoen het. Beskuldigde 2 wysig later deur te se dat Beck en George sou terug geloop het na die huis.

Beskuldigde 2 het ook glad nie be'indruk as 'n getuie nie. Ook wat hom betref moes antwoorde by tye letterlik by hom uitgetrek word. Op menige geleenthede kon hy glad nie verduidelikings gee vir sy optrede nie. Die Hof bevind dat die getuienis in die geheel gesien, in ag genome die inherente onwaarskynlikhede en probleme met sy weergawe, daarop dui dat beskuldigde 2 inderdaad bewus was dat daar 'n roof sou plaasvind en dat die slagoffer nie lewendig daaruit kon kom nie.



Beskuldigde 2 het ook op 'n laat stadium in die verhoor twee getuies geroep in 'n poging om die geloofwaardigheid van Beck af te kraak. Die persone, Faizel Afrika en Moegamat (Magmoet) Samuels, sou mede-verhoorafwagtendes gewees het wie saam met Beck 'n enkelsel te Pollsmoor gedeel het tydens hulle aanhouding aldaar. Hulle het getuig oor wat Beck na bewering aan hulle sou gese het aangaande die pleeg van die moord en die roof op die oorledene.



Beck is twee keer herroep sodat die getuienis en weergawes aan hom gestel kon word. Beck het ontken dat hy enigsins die saak met hulle bespreek het, behalwe as om te meld op watter klagtes hy in aanhouding voor was. Hy het egter volgens hom nie verdere detail aan hulle verskaf nie. Die

Hof is nie van voorneme om hulle getuienis ten voile te herhaal nie. Wat egter duidelik is, is dat die twee getuies se getuienis oor wat Beck na bewering aan hulle sou vertel het, in wesenlike opsigte van mekaar verskil. Hulle getuienis is inderdaad teenstrydig met aspekte in die saak wat glad nie in geskil is nie.



Die Hof is tevrede dat die staatsadvokaat beide se getuienis met gemak gediskrediteer het met deurtastende en effektiewe kruisverhoor.



Wat die getuie Afrika betref, het die Hof die indruk gekry dat indien hy nie weer per toeval in die gevangenis opgeneem is, nou terwyl die verrigtinge nou besig was en toe ons besig was met die verdedigingsaak nie, dat hy nooit vorentoe sou gekom het as hy nie by die tronk opgespoor was nie. Dit is ongelooflik dat hy oor die belangrike getuienis beskik, maar dat hy geen poging aangewend het om beskuldigdes se familie en/of die polisie en/of die vir die advokate in die hande te kry nie. Hy was ten minste ses maande buite nadat die inligting tot sy kennis gekom het. Sy optrede is, om die minste te se, "bizarre".



In die geheel was die Hof glad nie beindruk met Afrika se getuienis nie. Hy het beide in sy getuienis in hoof en selfs weer in kruisverhoor swak vertoon. Sy getuienis is vol teenstrydighede. Hy kon glad nie verduidelik waarom sy getuienis oor wat Beck na bewering aan hom vertel het, teenstrydig is met die weergawes van Beck en beskuldigde 1 nie.



Uit sy getuienis blyk dit ook asof hy sy lojaliteit baie gou kan verander en ook soos dit hom pas. Aanvanklik skaar hy hom by Beck in omstandighede waar hy sou toelaat dat beskuldigde 1 en beskuldigde 2 onskuldiglik tronk toe gaan en dan later verander hy skielik en skaar hom nou by beskuldigde 1 en 2. Na my mening, is hy 'n uiters gevaarlike getuie wie se geloofwaardigheid sterk in twyfel getrek moet word.



Dit is gemene saak dat Beck kort na sy arrestasie 'n verklaring aan die ondersoekbeampte gemaak het waarin hy sy betrokkenheid by die moord en die roof uiteensit. In dieselfde verklaring impliseer hy beskuldigde 1 en 2 in die saak. In sy pleit- en vonnisooreenkoms skets hy die gebeure op die basis dat die roof en die moord beplan was en word die roof en moord verduidelik op die basis dat die deelnemers met 'n gemeenskaplike doel opgetree het. Beck se nerens in enige van sy verklarings spesifiek dat beskuldigde 1 die oorledene gesteek het nie. As hy (Beck) beskuldigde 1 valslik wou beskuldig, dan kon hy al uit die staanspoor so gedoen het.

Selfs in sy getuienis voor die Hof maak hy nie pertinent melding dat hy gesien het hoe beskuldigde 1 die oorledene gesteek het nie.



Op die getuienis van die verdedigingsgetuies sou Beck gese het dat hy sou die saak op beskuldigde 1 sit wat die stekery betref. Die Hof is tevrede dat Beck se relaas oor die gebeure vanaf die tyd wat hy die verklaring aan die ondersoekbeampte gemaak het tot en met sy getuienis in die hof konstant gebly het. Dit maak gevolglik glad nie sin dat, nadat hy reeds aanspreeklikheid vir die moord aanvaar het, dat hy nou die fabelagtige weergawe aan Samuels sou vertel nie.



Bygevolg moet die Hof die getuienis van die verdedigingsgetuies ignoreer vanwee die menige teenstrydighede in die getuienis, die feit dat die getuienis bots met algemene aanvaarde getuienis wat glad nie in geskil is nie, die feit dat die getuienis glad nie sin maak nie en dat die getuienis totaal indruis teen die waarskynlikhede.



Die Hof is aandagtig aan die beginsel dat 'n beskuldigde se weergawe in 'n strafsaak slegs redelik moontlik waar hoef te wees om horn sodoende die voordeel van die twyfel te gee en gevolglik vryspraak. By die evaluering van sy weergawe, moet die Hof kyk na die kwaliteit en kwantiteit van die direkte weerleggende getuienis wat deur die Staat aangebied is. Die beskuldigdes se weergawes word ook beoordeel met inagneming van die teenstrydighede, waarskynlikhede en onwaarskynlikhede wat daarin gevind word.



Al die weergawes soos deur Beck voorgehou in die saak, spreek van beplanning en 'n gemeenskaplike oogmerk tussen horn, beskuldigde 1 en beskuldigde 2. By die evaluering van Beck se getuienis is die Hof terdee daarvan bewus dat Beck 'n enkelgetuie is en ook 'n mededader was by die pleeg van die roof en die moord van die oorledene.



Die Hof is verder bewus dat om die rede die Hof sy getuienis
met die nodige versigtigheid moet benader. Die Hof bevind
egter dat Beck se weergawe op 'n sinvolle, logiese wyse afgele
is en dat hy 'n helder uiteensetting gee van die roof en die
moord op die oorledene.
Beck is aan intensiewe en

deurtastende kruisverhoor onderwerp gedurende die verhoor. Die Hof bevind dat waar daar inderdaad afwykings, byvoegings of verskille in sy getuienis is, is die Hof van mening dat dit nie ten opsigte van materiele aspekte is nie. Die Hof is tevrede met die verduidelikings wat hy aangevoer het vir die verskille wat daar teenwoordig mag wees. Die Hof het op geen stadium die indruk gekry dat hy onseker was oor sy weergawe nie. Die algehele indruk is dat hy konstant gehou het by sy weergawe in beide 2009 en 2010 verrigtinge. Die Hof het nooit die indruk gekry dat hy doelbewus leuens vertel nie.



Die Hof is tevrede dat die Hof kan bevind dat hy 'n eerlike en betroubare getuie is. Beck het uit die staanspoor uit oop kaarte gespeel. Hy het met die polisie saamgewerk. Hy maak feitlik onmiddellik na sy aires 'n verklaring aan die polisie, waarin hy sy betrokkenheid in die moord en roof van die oorledene erken. In sy verdere pleit- en vonnisooreenkoms speel hy weereens oop kaarte en erken daarin dat hy saam met die beskuldigdes beplan het om die oorledene te beroof en erken hy verder die feit dat daar 'n gemeenskaplike oogmerk was toe die oorledene geroof en gemoor is. Alhoewel hy ontken dat hy die oorledene gesteek het tydens die moord, is hy heel openlik en aanvaar hy en neem hy verantwoordelikheid vir sy bydrae in die roof en die moord op die oorledene.



Die Hof het op geen stadium die indruk gekry dat hy beskuldigde 1 of 2 doelbewus wou impliseer in die roof en moord nie. Indien hy wou, soos ek reeds gese het, kon hy byvoorbeeld gese het dat hy gesien het hoe beskuldigde 1 die oorledene gesteek of geslaan het. Al wat hy egter doen, is om die deelnemers, dit wil se beskuldigde 1 en 2, se onderskeie rolle in die roof en die moord te beskryf.

Die Hof verwerp gevolglik die bewering dat hy beskuldigde 1 sou valslik inkrimineer het by die stekery. Die getuienis wat hieroor gelei is, soos ek reeds genoem het, maak nie sin nie en dit druis in teen die waarskynlikhede. Op sy weergawe van die gebeure, maak alles sin en strook alles met waaroor hy getuig met die waarskynlikhede en dit is dat die oorledene Beck geken het en horn later sou kon uitken. Dat dit derhalwe nodig was dat die oorledene gedood moes word. Dat Beck geweet het dat hy die oorledene nie alleen sou kon oorweldig nie. Dat dit nodig was om hulp te kry om die oorledene tot onderwerping te dwing om horn sodoende te roof en te moor; en dat beskuldigde 2 se hulp nodig was om die geroofde artikels te vervoer en ook omdat hy 'n koper gehad het om van die geroofde goed ontslae te raak en te laat verkoop.



Die nodige voorsorgmaatreels moes derhalwe getref word om die plan ten voile tot uitvoering te bring. Soos ek reeds gemeld het, 'n mens betrek nie onwillige en oningeligte mense in 'n roof en moord van die aard soos hier voor die Hof beskryf is nie.



Die Hof is tevrede dat met inagneming van die nodige versigtigheidsreels dat Beck sy getuienis op 'n bevredigende, betroubare en geloofwaardige wyse afgele het. Die Hof bevind ook verder waarborge vir die betroubaarheid van sy getuienis in die ander getuies se getuienis wat in die saak aangebied is wat sy getuienis in materiele opsigte staaf.



Op Beck se getuienis bevind die Hof dat die beskuldigdes saam met Beck die roof en die moord beplan het en deur gevoer het waartydens elkeen van hulle sy onderskeie rol gespeel het. Beskuldigdes 1 en 2 se weergawes word verwerp, nie alleenlik op die basis dat dit hoogs onwaarskynlik is nie, maar verder op die basis dat die weergawes leuenagtig en vals is.



Bygevolg is hulle weergawes nie redelik moontlik waar nie. Die Hof is tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat beide die beskuldigdes skuldig is aan beide die aanklagtes hulle ten laste gele, hulle word gevolglik so SKULDIG bevind.




Dit is die eenparige besluit van die Hof.



RILEY, WnR