South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 449
| Noteup
| LawCite
Gqolo v S (A353/10) [2010] ZAWCHC 449 (27 August 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER A353/10
DATUM 27 AUGUSTUS 2010
T GQOLO ….................................................................................Appellant
en
DIE STAAT …..........................................................................Respondent
UITSPRAAK
BLOMMAERT. WnR:
Appellant is op 8 Oktober 2009 op een klag van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan roof, diefstal of poging daartoe nie en wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie. Hy is verder onbevoeg om h vuurwapen te besit verklaar. Appellant was op borg gedurende die verrigtinge en was te alle tye deur 'n regsverteenwoordiger verteenwoordig. Appellant kom nou in hoer beroep teen beide sy skuldigbevinding en sy vonnis.
Die agtergrond tot hierdie aangeleentheid, soos deur die klaagster beweer, is dat sy in 'n straat in Asandadorp, omstreeks 20:30 op Saterdag, 21 Februarie, was. Volgens haar het sy kort vantevore 'n selfoonoproep beantwoord en gemelde oproep voltooi toe sy deur 11 man genader is wat haar met 'n mes gedreig het en haar selfoon geeis het. Sy het die foon aan horn oorhandig en hy het weggehardloop.
Daarna is sy deur lede van die gemeenskap genader, onder andere, "n jong man wat later ook 'n staatsgetuie sou wees. Hierdie jong man het gese hy weet wie die appellant was en waar hy woon. Hierna het sy 'n klag by die polisie gele en die appellant is die aand van 23 Februarie 2009 by sy huis gearresteer.
Volgens die klaagster het sy geweet wie die appellant was alhoewel sy horn nie persoonlik geken het nie omdat hy dikwels saam met sy vrou en twee kinders by haar huis verbygeloop het.
Die ander staatsgetuie, die jong man hierbo na verwys, het getuig dat hy omstreeks 20:30 op 24 Februarie gestap het in die straat naby waar die beweerde roof plaasgevind het. Hy het gesien hoe die twee partye vir mekaar kyk, voor mekaar staan en hy was omtrent tien meter van hulle. Volgens horn was daar 'n straatlig aan en hy kon die man hoor eis dat die vrou die selfoon moet oorhandig.
Verder het hy getuig dat hy horn gesien het met die item, wat hy aanvaar het was die selfoon, en dat sy dit uit haar regterhand se sak gehaal het. Hy het getuig dat die man, wat hy as die appellant uitgeken het, dikwels vantevore in die gemeenskap gesien het. Hy het horn geken by die naam "Makaboks".
Teen hierdie redelike eenvoudige verhaal is die appellant se saak eenvoudig 'n sogenaamde alibi verweer. Volgens horn was hy en sy meisie, wat ook die moeder van sy twee kinders is, tuis die hele aand en gewis hy geensins enigiets van die voorval nie.
Sy meisie, wat ook getuig het, het bevestig dat hy die ganse tyd by haar was behalwe dat hy vir 'n kort rukkie uit was om wors te koop by die winkel oorkant die straat waar hy gebly het.
Die appellant het erken dat hy in die gemeenskap as "Makaboks" bekend staan, maar dit was egter nie sy naam nie, sy naam was Thulani, maar hy het geweet dat die gemeenskap soms na horn verwys as "Makaboks".
Soos uit die voorgaande kort beskrywing van die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die voorval blyk, gaan dit hier grotendeels oor die uitkenning van die appellant.
Die geleerde landdros het dan ook tereg verwys na R v DLADLA 1962(1) SA 307 (A) en na my mening noukeurig die toets, soos daarin uiteengesit, toegepas op die getuienis. Ek kan geen aanduiding vind dat die geleerde landdros verkeerd was nie. Hy het mening uitgespreek oor die kwaliteit van die klaagster en die ander staatsgetuies se getuienis asook die ooglopende probleme in die appellant se getuienis. Die teenstrydighede wat daar was, kan geensins na my mening as wesenlik beskou word nie.
Die onwaarskynlikhede van die appellant se weergawe word verder beklemtoon deur die feit dat sy meisie, wat namens horn getuig het, juis maar hierdie aand presies kan onthou, maar vaag is oor ander aande.
Die noukeurige analise van die getuienis aangaande beligting, die hoeveelheid keer wat die klaagster en die ander staatsgetuie die appellant voorheen gesien het, die appellant se kleredrag en die analise van die onwaarskynlikhede van die appellant se weergawe, laat by my geen twyfel dat die geleerde landdros se bevinding aangaande die skuldigbevinding korrek is nie. Die skuldigbevinding word derhalwe bekragtig.
Wat die vonnis betref, is dit na my mening buitensporig swaar. Die geleerde landdros het aanvaar dat hy nie geregtig is om die minimum vonnis van 15 jaar, soos deur die Wet vereis, in werking te stel nie. Hy het dan ook bevind dat daar wel dwingende omstandighede was om van hierdie minimum vonnis af te sien, eerstens, omdat die appellant Vi eerste oortreder was en verder dat die klaagster geen beserings opgedoen het tydens die voorval nie. Verder blyk die hoeveelheid geweld wat gebruik is, geensins uit die getuienis nie, dit was juis maar 'n dreigement gewees.
Uit die getuienis blyk dit dat die appellant 'n vader is wat vir sy kinders omgee en wel tyd by hulle deurbring. Alles in ag genome is ek van mening dat 'n vonnis van agtien (18) maande gevangenisstraf waarvan nege (9) maande opgeskort is op voorwaarde dat appellant nie weer skuldig bevind word op roof of diefstal of poging daartoe, 'n toepaslike vonnis sal wees.
Gevolglik word die skuldig bevinding bekragtig maar die vonnis word gewysig na die volgende:
AGTIEN (18) MAANDE GEVANGENISSTRAF waarvan nege (9) maande opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die appellant nie weer skuldig bevind word aan roof of diefstal of poging daartoe nie wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie.
Appellant word onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
BLOMMAERT, WnR
VELDHUIZEN, R: Ek stem saam, dit word so beveel.
VELDHUIZEN, R