South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 128
| Noteup
| LawCite
Potgieter v Barendse (18075/2008) [2011] ZAWCHC 128 (3 February 2011)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
WESKAAP HOe HOF KAAPSTAD
Saaknommer: 18075/2008
In die saak tussen:
ILSE POTGIETER …......................................................................................Eiseres
en
SUZELLE BARENDSE ….....................................................................Verweerderes
Uitspraak gelewer op 3 Februarie 2011
Inleiding
1.
Lewis
AR het haar ter aanvangs as volg uitgelaat in Walker
v Red House
2007
(3) SA 514 (SCA) te paragraaf [1J:
"Horses will be horses That is why their owners, on permitting others to ride them, generally try to avoid the risk of liability should accidents happen and the riders are injured."
2.
Hierdie
saak gaan ook oor 'n ruiter wat van haar perd geval het en wie
nou
aksie teen sy eienares ingestel het. Die partye was eens goeie
vriendinne
gewees.
3. Die voorval het op 12 Mei 2005 plaasgevind toe die eiseres. Mev Potgieter, in "n groep van elf ruiters op n perdrit. n sogenaamde "outride" gegaan het. Die perd Ipithombi was die eiendom van die verweerderes. Me Barendse, en is deur Me Barendse aan Mev Potgieter voorsien vir doeleindes van die perdrit daardie dag. Tydens die perdrit het Mev Potgieter van die perd afgeval. Sy het ernstige beserings tydens die val opgedoen.
4. Die optrede van Ipithombi, sy nukke en geaardheid (en Me Barendse se kennis daarvan), asook sy opleiding en die omstandighede van die voorval het die onderwerp van die verhoor gevorm.
5. Die eisoorsaak was gebaseer op die verbreking van 'n ooreenkoms ingevolge waarvan, so is daar aangevoer, Me Barendse 'n behoorlike afgerigte en getemde perd aan Mev Potgieter beskikbaar sou stel: Me Barendse behoorlike beheer en toesig oor die perdrit sou uitoefen. en dat Me Barendse Mev Potgieter behoorlik sou inlig en waarsku teen enige gevare verbonde aan die rit. insluitende enige gevaarlike gewoontes of eienskappe van die perd.
6. In paragraaf 8 van die besonderhede van eis is aangevoer dat "Ipithombi se voormelde aweregse optrede was in stryd met die natuur van n perd en nie veroorsaak deur uitwendige inwerkinge nie."
7. Mev Potgieter se eisoorsaak is in die verband gebaseer op die actio de paupehe. Dit is gepas om vir n oomblik te verpoos by die aard van dieaksie. Die aksie is gerig teen die eienares van 'n mak dier wat skade veroorsaak het. Die aanspreeklikheid is streng en derhalwe nie afhanklik van enige nalatigheidsgronde aan die kant van die eienares nie. Die aanspreeklikheid onstaan egter slegs indien daar bevind word dat die dier contra naturam sui generis - dit wil se teenstrydig met natuur van daardie groep diere, in die gevai perde, opgetree het1 Soos uitgewys is deur Lewis AR in Walker se saak,2 'whether an animal has acted unnaturally must in each case, be a question of fact. There is no exhaustive or closed list of circumstances in which it can be said that an animal has acted either secundam or contra naturam. A horse may well bolt quite naturally when frightened by a rider, or for some other reason."
8. In die verdere alternatief is daar aangevoer dat. uit hoofde van die ooreenkoms. Me Barendse 'n regsplig gehad het om te verhoed dat Mev Potgieter tydens die perdrit skade berokken sou word en dat daardie plig verbreek was.
9. By ooreenkoms tussen die partye het die kwantifisering van Mev Potgieter se eis vir latere beregtiging oorgestaan.
Die qetuienis
10. Die eerste getuie namens Mev Potgieter was Me Keren Muller, wie getuig het dat sy sedert die ouderdom van ses n voorliefde vir perde gehad het, dat sy van skooldae af perd gery het, perde versorg het, opleiding gegee het, beide aan perde en ruiters, en ook as staljonge opgetree het. Sy was gedurende 2007, toe sy n jaar by die skool af geneem het, n voltydse werknemer by Me Barendse se opstal. Belmonte. Daar het sy van al die voormelde funksies vervul. Sy het ook 'n breedvoerige dagboek van gebeure gehou en kon presies verduidelik op welke datums die betrokke perd, Ipithombi, gebruik was vir of "outrides" 6f die gee van lesse. Die "outrides" was baie populer by toeriste wat verwag het om slegs met die perd te stap, terwyi van die ander •outriders" ook hard sou wou galop. Die perde is veronderstel om agter mekaar te loop op 'n "outride", maar waar daar meer ervare ruiters is, kan die groep verdeel en sal die meer ervare ruiters vooruitgaan. Ek verpoos ook om aan te toon dat Me Muller haarself in die moeilike posisie bevind het dat sy moes getuig, onder subpoena, teen haar eertydse werkgeefster met wie sy deurgaans goed bevriend was.
11. Sy het getuig dat Ipithombi 'n kruis tussen 'n ponie en n perd was en dat hy te groot was vir kinders, maar te klein vir grootmense Hy het van 'n plaas af gekom en was reeds ingebreek maar hy het probleme gehad om eenvoudige bevele uit te voer. Hy het byvoorbeeld nie maklik gedraai nie.
12. 'n Maand nadat Ipithombi deur Me Barendse aangeskaf was, is daar begin om horn te gebruik op "outrides". Me Muller het getuig dat, na haar mening. Ipithombi nog nie heeltemal gereed was vir 'outrides" nie en dat daar nog probleme bestaan het met sy nuk om terstond tot stilstand te kom. Sy het egter toegegee dat Ipithombi oor die basiese vaardighede beskik het om as 'n "outride" per6 gebruik te word.
13. Sy het verduidelik dat Ipithombi 'n "lui" perd was. Dit was veral met die kinders wat hy gesukkel het om te draai - hy het sy kop gedraai maar nog steeds reguit aangestap. Hy ook het die gewoonte gehad om terstond tot stilstand te kom terwyl hy terselfdertyd sy voorlyf na regs en sy agterstewe na links gedraai het. Indien n mens nie bedrewe was nie. sou jy uiteraard af val. Dit was onvoorspelbaar en indien jy nie geweet het van sy nuk nie sou hy jou maklik kon uitvang. 'n Ervare ruiter sou aan sy lyftaal aanvoel dat hy van voorneme was om tot stilstand te kom. Sy het toegegee dat dit nie maklik is om die reaksies van 'n perd reg te voorspel nie en dat dit n wilde dier bly wat altyd instmktief reageer.
14. Dit is aan haar gestel dat indien 'n mens n perd laat galop, en die teuels te hard intrek, die perd sy kop na regs kan draai en sy liggaam na links, wat meebring dat die ruiter, ten einde n val te voorkom, nog harder aan die teuels sal trek. Dit sou die perd nog meer daartoe dwing om instinktief te reageer Sy het getuig dat dit 30 sekondes neem vir n perd se bek om ongevoelig ("numb") te raak indien die teuels te hard getrek word Dit was aan Me Muller gestel dat ongeag enige opleiding, 'n perd aldus kon reageer. Haar antwoord daarop was dat dit juis is wat perdry n kuns maak aangesien n mens nooit 100% seker is van wat gaan gebeur nie. Dit was aan haar gestel dat daar sekere inherente risiko's aan perdry is waarmee sy saamgestem het. Sy het ook byvoorbaat haar agting teenoor Me Barendse se deskundige, Gloria Kilian, uitgespreek.
15. Op twee geieenthede voor die 12de Mei 2007, toe Mev Potgieter van Ipithombi afgeval het, het ander ruiters ook afgeval. Me Muller kon egter nie direkte getuienis van wat in daardie voorvalle gebeur het gee nie. aangesien sy nie self teenwoordig was nie Mnr McLachlan. wie namens Me Barendse verskyn het, het beswaar gemaak teen die lei van getuienis in die verband. Mnr Wallis Roux, wie namens Mev Potgieter verskyn het, het aangevoer dat die getuienis toelaatbaar was maar. in die alternatief, dat dit aangebied word slegs as bewys van die feit dat die betrokke ruiter, ene Me Anja Otto inderdaad aan Me Barendse gese het dat sy afgeval het. Op laasgenoemde basis het ek die getuienis voortopig toegelaat
16. Na die eerste voorval waar Me Anja Otto afgeval het, het Me Barendse aangedui dat daar meer met Ipithombi gewerk moes word om die probleem uit te stryk. Me Muller het toegegee dat elkeen sy eie werkswyse en idees het oor die opleiding van perde en dat sy nooit vir Me Barendse gekritiseer het of reggestel het in haar opleiding. ook nie van Ipithombi nie. Sy het gese dat sy geen kritiek uitgespreek het nie want Me Barendse "weef wat sy doen". Dit was derhalwe nie nodig om iets te se nie Die regstellende werkswyse was om Ipithombi te neem as n gidsperd" op 'outrides'en ook om horn "lunge"of te wel Ions lesse te gee. Dit was nie suksesvol nie en het Ipithombi nog steeds, van tyd tot tyd. homself wangedra. Hy val in daardie kategorie van perde wat nie altyd dieselfde is nie. Ten spyte van pogings om Ipithombi van hierdie gewoonte te ontdaan. het dit steeds bly voortbestaan.
17. Ene Naomi het op 24 April 2007 ook afgeval. Me Barendse was by gewees en hulle het trouens teruggekeer vanaf die "outride" met die perde wat veruil was tussen me Barense en Naomi.
18. Op die dag van die voorval was daar ongeveer elf perde wat op die "outride" sou gaan. Me Muller was aanwesig op die plaas op die 12de Mei maar het sy nie aan die ''outride" deelgeneem nie en weet sy nie self wat daar gebeur het nie Die groep was gelei deur Me Barendse en was sy bygestaan deur nog twee ervare ruiters Me Muller het Mev Potgieter geken as die moeder van Engela wie by hulle begin ry het. Haar indruk was dat sy was nie 'n beginner nie en mnr McLachlan het dit aan Me Muller gestel dat Mev Potgieter sou gese het dat sy 'n ervare ruiter is. Dit is verder aan haar gestel dat Mev Potgieter op die bepaalde dag emosioneel ontsteld was aangesien sy in n egskeidingsgeding verwikkeld was en dat dit juis die gedagte van Me Barendse was om haar op n "outride" te neem om haar te kalmeer. Sy het verder daarop gewys dat indien 'n ruiter bang is, sal 'n perd dit aanvoel. Perde is baie gevoelig vir emosies en in bepaalde gevalle kan wedersydse spanning buite beheer eskaleer.
19. Mnr McLachlan het ook aangedui dat daar n kennisgewing by die Belmonte stalle is dat 'n mens op eie risiko perdry. Die punt is egter nie verder gevoer nie, en was dit ook nie n verweer wat op die pleitstukke geopper was nie.
20. Dit is verder gestel dat dit geblyk het dat Ipithombi nie behoorlik gekastreer was nie (iets wat eers later uitgevind was) en dat dit ook moontlik mag bygedra het tot sy nuk.
21. Na die voorval met Mev Potgieter het Me Barendse self vir Ipithombi op n uitrit geneem. Ipithombi het haar ook twee maal afgegooi en sy het haar kop hard gestamp tot die mate dat haar geheue aangetas was. Die tweede voorval met Me Barendse het plaasgevind nadat Me Muller reeds die diens van Me Barendse verlaat het.
22. Me Muller het 'n goeie indruk op my gemaak as 'n getuie. Sy het getuig dat Ipithombi nie n "spooky" perd was nie, maar hy kon egter skrik vir niks. n Mens was nooit seker van hoe hy sou optree nie. Party dae was hy Tine" - die volgende dag skrik hy vir niks. Hy was *n lui perd en het derhalwe nie altyd bevele nagekom nie.
23. Sy het getuig dat Me Barendse geweet het van die onverwagte stop-nuk van Ipithombi. Sy het juis aangedui dat daaraan gewerk moes word. Sy het verder getuig dat sy self eers die nuk sou reggestel het voordat sy die perd sou gebruik op 'n 'outride.'
24. Soos hieronder sal blyk is daar n ooglopende botsing tussen die getuienis van Me Multer aan die eenkant en die getuienis van Me Barendse aan die ander kant en of Me Barendse inderdaad kennis van Ipithombi se nuk gehad het.
25. Vervolgens het Mev Potgieter getuig. Sy is 'n 54-jarige verpleegkundige en is die moeder van twee kinders, 'n seun en 'n dogter, 18 en 15 jaar oud onderskeidelik. Sy is in 2004 geskei Die egskeidingsaksie het *n aanvang geneem in 2002 en as terapie het sy en die kinders perdry beoefen. Hulle was woonagtig in Jeffreysbaai waar hulle lesse ontvang het en waar die kinders hul eie perde te Jeffreysbaai gehad het. Mev Potgieter het self sowat nege of tien lesse ontvang Teen die einde van April 2006 het hulle verhuis na Somerset-Wes. Hulle het verskeie ryskole in die Kaap beproef en uiteindelik by Belmonte Stalle. bedryf deur Me Barendse, uitgekom Dit was teen die einde van 2006 Die kinders het redelik gereeld gery. lesse ontvang en hulle was op verskeie uitritte gewees. Alhoewel sy nie self lesse ontvang het te Belmonte Stalle nie, het sy dikwels saam met die kinders gegaan en hulle bygestaan.
26. Alhoewel sy 'n vrywaring namens die kinders geteken het, het sy self nooit een geteken nie. Hierdie getuienis was in hoof ontlok en, was daar later n beswaar daarteen gewees in kruisverhoor. Ek het die vraag of sy, indien sy gevra sou wees om 'n indemniteitsvorm te teken, dit sou geteken het. as irrelevant van die hand gewys. Mev Potgieter het getuig dat sy nie die "op eie ns/to" kennisgewing raakgesien het of opgemerk het nie.
27. Sy het "n redelike goeie verhouding met Me Barendse opgebou. tyd daar deurgebring, video's gekyk en wegneem etes daar genuttig. Sy en Me Barendse het goeie vriendinne geraak. Sy het vir Me Barendse meegedeel dat sy baie graag lesse sou wou he omdat dit baie terapeuties is en daar so baie trauma verbonde was aan die egskeidmg. Haar man het egter slegs onderhoud ten aansien van die kinders betaal.
28. Op die 12de Mei 2007 het sy haar dogter en 'n vriendin vergesel vir 'n uitrit by Me Barendse. Dit sou haar tweede uitrit te Belmonte wees Haar dogter sou die voigende dag na haar vader in Jeffreysbaai gaan en Mev Potgieter het erken dat sy moontlik daaroor ontsteld was. Sy kan nie onthou dat sy voor die rit gehuil het nie (maar duidelik sou dit die getuienis van Me Barendse wees) Sy is breedvoerig oor haar emosionele toedrag van sake ondervra.Sy was ondervra of sy sou gehuil het voor die uitrit begin het.
29. Hulle was ongeveer tien minute laat en het vooruit gebel om te se dat hulle laat sou wees Die perde was reeds gereed en Ipithombi is aan haar toegewys Dit is aan haar gestel dat dit juis was omdat Me Barendse vermoed het dat sy nie so ervare was as wat sy voorgegee het (of wat Me Barendse verstaan het sy voorgee nie) dat Me Barendse dit goedgevind het om die lui perd, Ipithombi. aan haar toe te ken. Dit is aan haar gestel dat sy op die vorige uitrit ook probleme met haar perd gehad het. Mev Potgieter kon haar nie daaraan herinner nie. Dit is weer aan haar gestel dat Me Barendse opgemerk het op die eerste ''outride" dat Mev Potgieter nie so 'n goeie ruiter was soos wat sy mag gedink het nie. Mev Potgieter het geantwoord dat dit is daarom dat sy gese het dat sy nog perdry klasse wou he\
30. Op die dag van die uitrit was daar erf ruiters wat Me Barendse en twee ervare ruiters ingesluit het. Mev Potgieter het getuig dat sy gemaklik was om op die uitrit te gaan Sy het verwag dat die perd veilig sou wees Daar was daardie besondere dag geen voorligting aan haar gegee nie. Sy het wel voorligting met haar eerste uitrit gehad.
31. Hulle het agtermekaar gery, en daar was een of twee hekke waardeur hulle moes gaan. Vir die eerste gedeelte van die roete het die perde gestap, waarna hulle kon hardloop. Die perde ken die roete goed en weet wanneer dit n afdraende is dat hulle kan galop By een van die hekke het sy aan Me Barendse gese dat die perd nie na haar luister nie, en "die perd is nie lekkernie. gaan ek veilig wees?" Me Barendse het geantwoord "Ja. jy moet net nie hardloop nie.'' Sy het die antwoord vreemd gevind, juis omdat die tweede gedeelte van die roete sou behels dat die perde op n galop sou gaan. Sy het weer gese dat sy ongelukkig is met die perd.
32. Sy en n ander dame wat saam met haar gery het - wie self op haar eerste "outride" was - het agter geraak. Dit was die ander persoon se eerste uitrit. Haar mede-ruiter het herhaaldelik gese dat sy baie benoud was. Mev Potgieter was reeds agter en wou opvang met die res van die groep. Ipithombi het nie gereageer op haar instruksies om vinniger te stap of galop nie. Sy het verduidelik dat om 'n perd vinniger te laat hardloop 'n mens die teuels laat gaan en met die hakke in die vleuels sou druk. Sy is gekritiseer daarvoor dat sy nie vir die ander ruiters gese het "stop" of "wag" nie. Sy het geantwoord dat dit nie gebruiklik was om dit te doen nie. Die perd het oorgegaan op 'n drafstap en begin vinniger hardloop en was aan die hardloop toe sy afgeval het Sy kon die ander perde vinniger sien beweeg voor haar maar het hulle nie die heeltyd dopgehou nie. Sy het getuig dat sy die ander ruiters amper nie meer kon sien nie. Hulle was besig om teen n opdraande uit te beweeg en haar perd het begin versnel vir die opdraande. Dit was op daardie stadium wat sy horn tot stadiger wou laat beweeg. Ipithombi het al hoe vinniger gedraf-stap teen die afdraende af en Mev Potgieter het ongemaklik geraak. Sy het begin trek aan die leisels. Ipithombi het botstil gaan staan en n systap getree waarop Mev Potgieter af geval het. Die ongeluk het op 'n afdraande gedeelte van die pad plaasgevind.
33. Sy het getuig dat toe Ipithombi botstil tot stilstand gekom het en kant toe gedraai het. was dit onmoonttik om bo-op die perd te bly. Sy was tweede van agter en ver agter die res van die groep Sy kon nie se presies hoe ver die ander voor haar was nie.
34. Sy was vir 'n oomblik bewusteloos, het bygekom, en geweldige pyn ervaar. Haar been was geknak oor haar femur. Dit het geblyk dat haar dogter, Engela, die knalgeluid gehoor het en dat sy omgedraai het om te kyk wat gebeur het Mev Potgieter het haar aangesd om Me Barendse te roep. Laasgenoemde het skynbaar geantwoord "Se sy moet opstaan en opklim. Ons is haastig". Mev Potgieter herinner haar daaraan dat daar n aantal ander ongeduldige mense was
35. Dit het egter geblyk dat Me Barendse op daardie stadium nog nie daarvan bewus was dat Mev Potgieter haar femur gebreek het nie. Toe sy besef het dat Mev Potgieter beseer is, het sy nie so n onsimpatieke houding ingeneem nie. Mev Potgieter het Engela aangesd om Me Barendse mee te deel dat sy nie kan opklim nie. waarop Me Barendse omgedraai het en gereel het vir vervoer.
36. Mev Potgieter het aangedring dat n dokter haar eers moes behandel (met pynstillers) alvorens sy beweeg word. Op hierdie stadium was haar vorige man reeds onderweg na haar
37. Sy het daarna 'n operasie ondergaan Me Barendse het haar by die hospitaal besoek. Mev Potgieter het getuig dat die ongeiuk haar lewenslank pyn gaan veroorsaak en dat sy voorheen 100% fiks was, 10km elke dag gestap het. geabseil het en nou kan sy nie meer berg klim of kaalvoet rondloop nie.
38. Sy het verwag dat die ervare ruiters toesig sou hou. Mev Potgieter was ontsteld dat sy op n perd gesit was wat onveilig was. Sy het verwag dat 'n perd aan haar gegee sou word wat nie streke het nie en het sy herhaal dat sy Me Barendse spesifiek gevra het (toe hulle by die hek kom) of die perd veilig is. waarop Me Barendse vir haar gese het "moef net nie hardloop nie". Mev Potgieter het daarop gewys dat daar ook ander ervare ruiters was wat afgeval het van Ipithombi. Sy sou nie op Ipithombi opgeklim het as sy daarvan geweet het nie. 'n Uitrit sou juis nie behels dat daar vinnig galop word, gespring word of dat 'n mens op jou eie sou wees nie Sy het verwag dat sy 'n perd sou kry wat ten minste na haar instruksies sou luister.
39. Sy het getuig dat "nie in my stoutste verwagtinge sou ek gedink het dat n perd beskikbaar gestel word wat onveilig was nie'. Dit is aan haar gestel dat Mev Kilian sou getuig dat n mens nooit die natuurlike instink wat by perde is kan "uitteel nie" en dat perde altyd instinktief sal reageer.
40. Haar klagte was dat die perd nie na haar bevele geluister het nie. Hy het nie gereageer op stadiger of vinniger nie. Sy het nie besef dat hy 'n "lui" perd was nie Die enigste advies wat Me Barendse haar gegee het was om nie met die perd te hardloop nie.
41. Ipithombi het haar nie toegelaat om beheer oor horn uit te oefen nie. Toe die perd vinniger begin beweeg het, het sy die teuels ingetrek. Sy wou nie gehad het dat die perd die ander perde wat teen die opdraande uitgehardloop het volg in n hardloop gang nie. Sy ontken dat sy getuig het dat sy die perd tot stilstand wou dwing, hy moes net stadiger galop. Sy was nie gemaklik met n "canter" of galop nie. Sy was beide ongemaklik met Ipithombi wat nie op opdragte gereageer het nie. asook om op n vinnige "frof of "canter" \e gaan.
42. Die perd het botstil gaan staan toe sy die leisels trek en kant toe gestap Dit is aan haar gestel dat 'n perd nie botstil kan gaan staan nie, maar het sy geantwoord. dit is juis wat Me Muller ook getuig het - dat die perd botstil gaan staan het. Sy het verduidelik dat sy nie bo-oor die perd se kop is nie aangesien hy een kant toe stap gegee het en dit moeilik was om bo te bly. Sy weet nie watter kant toe die perd gedraai het nie maar sy het aan die linkerkant op die grand op geeindig.
43. Sy getuig verder dat sy nie self, soos Me Muller getuig het, dat die perd "verdeel" het nie. Sy weet slegs dat die perd uitgeswaai het. Sy mag moontlik aan die nek van die perd vasgegryp het. Mnr McLachlan wys aan haar uit dat perde dikwels. indien hulle om die nek gegryp word, uitswenk.
44. Mev Potgieter erken dat sy baie nagedink het oor wat gebeur het en sy is seker dat die perd tot stilstand gekom het (botstil), kant toe gestap het en dat sy afgeval het. Dit is aan haar gestel dat indien daar aan die leisels gepluk word, die perd ook so mag reageer het. Sy het geantwoord dat sy nie so aan die leisels geruk het nie en sy glo nie dat Me Barendse die leisels sou gepluk het nie.
45. Op die stelling van mnr McLachlan dat die deskundige sal getuig dat indien 'n perd om die nek gegryp word, hy tnstinktief na 'n kant sou uitswaai (soos wat Mev Potgieter getuig het Ipithombi gedoen het), het Mev Potgieter geglimlag - sy het, om te keer dat sy bo-oor die perd se kop gaan, horn om die nek gegryp. Andersins kan sy nie kommentaar lewer nie - dit het baie vinnig gebeur en sy het nie lank aan die nek vasgehou nie.
46. Mnr McLachlan. tot sy krediet. het die lyn van kruisverhoor reggestel toe hy na die middagverdaging dit aan Mev Potgieter in kruisverhoor stel dat n perd inderdaad doodstil tot stilstand kan kom soos wat sy getuig het. Mev Potgieter getuig dat die perd het definitief geswaai en van balans gegaan. Sy het aan die regterkant gele en dink dat sy links van die perd af is. Indien die teuels getrek word sal die perd tot stilstand kom. Sy kan onthou dat sy op die grond gele het en dat die perd na regs beweec het en dat sy na links afgeval het Sy weet die perd het uitgeswaai.
47. Sy was geleer dat indien 'n perd weghardloop 'n mens aan die maanhare, nek of saal moes klou (en nie die teuels moes gryp nie). Sy het op 'n vraag of sy nie instinktief die teuels gegryp het nie geantwoord dat sy nie aan die leisels behoort te getrek het nie en dat sy kan onthou dat sy aan Me Barendse gese het dat sy aan die nek vasgehou het. Daarop het Me Barendse ges6 Va, die perd het so 'n streek". Sy dink dit is omdat die perd geskrik het. Haar getuienis was dat Me Barendse gese het dat dit nog nie voorheen gebeur het nie maar dat sy sedertdien uitgevind het dat dit inderdaad wel voorheen gebeur het - en dat Me Barendse derhalwe nie die waarheid gepraat het nie.
48. Me Barendse moes derhalwe bewus gewees het van die perd se gedragspatroon en het haar desnieteenstaande toegelaat om op die perd te ry. Sy het getuig dat sy na die voorval verneem het van ander mense wat ook afgeval het en "Barendse selfvermeld van die gedragspatroon".
49. Mev Potgieter het baie nagedink oor die gebeure. Dit was die eerste maai wat so iets met haar gebeur het dat n perd "kant toe gespring het". Dit was die eerste maal wat sy van n perd afgeval het. alhoewel sy in Jeffreysbaai geleer het hoe om van perde af te val. Sy ken die spreuk dat '"n mens moet eers af val voordat jy kan ry".
50. Sy was na die voorval weer terug op die plaas aangesien die kinders nog steeds daar gery het - sy self het self nie weer gery nie. Die kinders op die plaas het vir haar vertel "Tannie, Ipithombi is 'n spoeg perd". Sy het getuig oor, en is gekruisverhoor oor wat ander mense haar sou meegedeel het hulle weet, of wat hulle op hulle beurt gehoor het rakende Ipithombi.
51. Ek verpoos om daarop te wys dat hierdie mededelinge deur mense wat nie as getuies geroep is nie uiteraard ontoelaatbare hoorse getuienis daarstel wat geen gewig dra by die beoordeling van die geskille voor my nie.
52. Mev Potgieter het daarop gewys dat Me Muller getuig het dat die perd "skrik vir niks". Mnr McLachlan het haar gekonfronteer met die dagboek wat Me Muller gehou het en aangevoer dat daar geen ander getuienis was dat daar ander probleme was met Ipithombi as die probleme vermeld deur Me Muller nie.
53. Dit is so dat Me Muller getuig het dat daar slegs twee voorvalle was waar mense van die perd afgeval het (behoudens natuurlik die wat Me Barendse behels), en dat dit nie aan Me Muller gestel was dat daar meerdere sodanige gevalle was nie. Ek moet egter daarby byvoeg dat Me Muller getuig het van ander probleme met Ipithombi - en dat hierdie probleme nie vasgele is in getal of omvang nie.
54. Ongeveer 31/2 maande later, en nadat sy met heelwat mense gepraat het, het sy n gesprek met Me Barendse gevoer waarin sy vermeld het dat ander mense haar meegedeel het dat Me Barendse self afgeval het. Me Barendse en Me Muller was die enigste persone wat perde oplei te Belmonte Stalle en hulle sou derhalwe ook van enige insidente weet. Me Barendse het teenoor haar ontken dat enigiemand, insluitend Me Barendse, ooit van Ipithombi afgeval het. Mev Potgieter het haar gekonfronteer het met die feit dat sy ook sou afgeval het van die perd. en Me Barendse dit terstond ontken het..
55. Sy het toegegee dat sy in 'n latere gesprek met Me Barendse gese het dat sy dit bloot as 'n ongeluk beskou. Sy is deeglik ondervra hoe dit gekom het dat sy die aksie ingestel het en of daar versekering ter sprake was. Ek verpoos vir ln oomblik om te vermeld dat versekering res inter alios acta is en dat dit irrelevant is vir die beregtiging van die geskilpunte wat voor my geplaas is.
56. Dit is aan haar gestel dat die probleme wat Keren Muller gehad het nooit met Me Barendse bespreek is nie.
57. Dit is verder aan haar gestel dat geen van die ander insidente aan Me Barendse geopenbaar was nie. Die perd is 57 keer vir lesse en uitritte gebruik in hierdie tyd. Mnr McLachlan het verduidelik dat die perd op 9Junie 2007 vir Me Barendse afgegooi het en daarna, nadat die perd haar weer gegooi het, het sy besef dat die perd 'n probleem het en die probleem het sy self ervaar en derhalwe het sy die perd verkoop.
58. Mev Lizette Smith is geroep as 'n deskundige getuie namens Mev Potgieter. Sy is 'n ervare perde ruiter en dit is gemeensaak dat sy 'n deskundige op die gebied van perde is. Sy bedryf reeds 15 jaar lank 'n perdeskool waarvan die laaste 41/2 jaar die ryskool by De La Vista.
59. Sy spesialiseer in die terapie van perde wat insluit die identifisering van fisiese probleme asook "natural horsemanship". Die terapie is daarop gerig om die gedragspatroon probleme van perde aan te spreek. Dit behels die diagnose van die gedragspatroon en die korreksie daarvan Sy is alreeds die afgelope 10 jaar bedrywig op hierdie gebied. Daar bestaan geen riglyne of monitering deur South African National Equestrian Foundation ten opsigte van die opleiding van perde, en daar is heelwat mense wat opleiding gee wie nie daarvoor gekwalifiseer is nie.
60. Dit is gemeensaak tussen die deskundiges dat hoogs geskoolde perde dikwels meer problematies is as by minder geskoolde perde omdat hoogs geskoolde perde sensitief is vir subtiele instruksies wat aan hulle gegee word.
61. In die normale gang van sake, en waar 'n perd reeds ingebreek was, sou sy die perd verder oplei met "voice commands wat behels dat die perd in 'n ring "lunge", of te wel Ions, stap, draf, galop en weer voice commands' opdrag gegee word. Dit is die eerste stap om die perd voor te berei aan die opdragte wat 'n ruiter in die saal sal gee. Hierdie proses sal twee na drie maande duur en sluit ook die belangrike opdrag "stop" in. Hierdie is 'n proses om die perd van die "grond af te leer: d.w.s. sonder 'n ruiter. Dit is indiwiduele opleiding wat aan 'n perd gegee word en behels dit kommunikasie tussen die instrukteur en die perd Dit word aangevul deur lang leisels wat aan die stang vasgemaak word en die perd dan geleer word om links, regs en stop opdragte uit te voer.
62. Indien daar goeie vordering gemaak word na twee tot drie maande, sal daar van n ervare ruiter gebruik gemaak word om die perd te ry. Selfs waar die perd ingebreek was moet daar dan 'n tydperk van drie maande tot een jaar volg waar slegs ervare ruiters die perd moet gebruik.
63. Elke perd het sy eie karaktertrekke en as n mens n perd lank genoeg ken, kan jy bepaal hoe n perd sal optree. Sommige is perde inherent soet en gretig is om te "please", en is minder skrikkerig. Hulle is makliker om mee te werk en na ses maande kan 'n mens oorweeg om hulle te begin gebruik Ander perde is stout, soos kinders dikwels is, en n mens kan bitter min met hulle verrig. Dit neem langer om hulle gedragsprobleme op te los
64. Dit neem tyd om die tipe perd en die tipe gedrag te evalueer. 'n Vyf jaar oue perd is nog 'n jong perd en is meer onvoorspelbaar. en 'n mens sal nie binne drie maande kan vas stel of daar bepaalde probleme is of nie. Eers na 'n periode van een jaar verloop het. sou die perd aan die publiek beskikbaar gestel word: d.w.s. wanneer die perd bewys het dat hy 'n "soet" perd is. Me Smit se mening was dat n periode van een maand nie genoeg sou wees om die perd beskikbaar te stel aan die publiek nie. Dit is aan haar uitgewys dat Ipithombi in die periode van middel Februarie tot middel Mei 2007 deur nagenoeg 50 ruiters gebruik was. Hulle het gewissel van ervare tot onervare tot kinders. Mev Smit het getuig dat dit die perd deurmekaar sou maak en hy sou nie weet wat van hom verwag word nie. n Perd leer vinnig om in pas met 'n ruiter te kom en indien daar 20 ruiters is wat elkeen iets anders doen, sal dit die perd verwar, en enige bestaande probleme vererger.
65. Die probleem wat Me Muller gei'dentifiseer het, naamlik dat Ipithombi plotselings tot stilstand kom, is die gedrag van 'n jong perd. 'n Perd kan of "buck', "rear"', "bolt", of skielik stop Enige jong perd kan enige van hierdie gedragsprobleme openbaar. 'n Mens kry perde wat die geneigdheid het om tot stilstand te kom Dit is hulle "ding", soos daar in die bedryf gese word Dit mag gebeur indien daar bepaalde omstandighede aanwesig is of soms vind dit plotselings (en sonder rede) plaas. Dit sou slegs 'n baie bedrewe ruiter wees wie presies weet wat die perd gaan doen en hoe om dit vooruit te loop met 'n teenoorgestelde opdrag. om nie af te val nie.
66. Indien die gedrag ter aanvang aanwesig was (op die veronderstelling dat Anja en Naomi afgeval het na n onverwagse stop), sou daar gepoog word om dit met skoling reg te stel.
67. Dit is onmoontlik om te voorspel hoe lank dit sou duur om 'n perd uit so 'n nuk uit te skool. Waar Me Muller getuig het dat Ipithombi "onvoorspelbaar was", meen Me Smit dat enige perd onvoorspelbaar is. maar as 'n spesifieke patroon teenwoordig is of as daar meer as een maal 'n probleem bestaan. dan moet dit reggestel word en dan is dit nie 'n "soet" perd nie.
68. Op die feite gestel deur Me Keren Muller dat die perd onverwags en skielik stop en 'n sy stap het, se Me Smith dat dit al klaar 'n probleem daarstel en dat die publiek nie aan die perd blootgestel moes word nie. 'n Mens het geen idee hoe ervare ruiters is nie en n onervare ruiter sou nie kon opbly soos wat Me Muller we! reggekry het nie. Daar moet nie die minste geneigdheid by 'n perd wees om iets snaaks te doen alvorens jy dit aan die publiek gee. Selfs een voorval elke drie maande sou te veel wees. Selfs indien n ervare ruiter gevra sou word om die perd te gebruik sou die ruiter bewus gemaak moet word van die eienaardige beweging.
69. Me Smith getuig dat indien daar 'n probleem ontstaan sou sy verwag dat daar 100% monitering daarvan sou plaasvind. Dit is die verantwoordelikheid van die eienares om toe te sien dat die perd geskik is vir sy gebruik op uitritte en deur die publiek.
70. Die voorvalle van Anja en Naomi het binne 'n paar weke gebeur en, tesame met die getuienis van Me Muller. stel dit vier voorvalle daar binne 'n kort tydperk - dit dui op 'n probleem. Me Muller het slegs nie afgeval nie omdat sy bedrewe was. Dit gaan oor die gedrag en nie soseer die gevolge nie (d.w.s. of n persoon afgeval het of nie). Die voorvalle is te wyte aan die gedrag van die perd.
71. Sy steun op daardie getuienis van Me Muller dat twee ruiters van Ipithombi afgeval het en dat sy meegedeel is dat die perd skielik gestop het Sy steun ook daarop dat Ipithombi hierdie gedrag geopenbaar het met Me Muller.
72. Mnr McLachlan het dit verder aan haar gestel dat Ipithombi in Januarie aangekoop was en dat Anja op 24 Februarie 2007 afgeval het. Dit is ook aan haar gestel dat Ipithombi toe nog nuut in die omgewing was Mev Smith het geantwoord juis daarom sou sy nie vir Anja Ipithombi gegee het nie, ongeag sy bedrewenheid.
73. Dit is aan haar gestel dat die perd op 24 Februarie 2007 "skielik gestop" het (sonder enige verdere verduideliking). Sy was gevra of dit dan sou dui op 'n gedragsprobleem. Mev Smith het geantwoord dat sy nie kon se dat dit n gedragsprobleem daarstel nie, maar het sy daarby volstaan dat dit nie genoegsame tyd daargestel het en dat Me Barendse derhalwe nalatig was omdat sy die perd aan die publiek blootgestel het terwyi sy nie weet hoe die perd gaan optree nie. Dit is aan haar gestel dat Me Barendse Ipithombi as geskik beskou het, dat sy horn self gery het en dat die perd deur Me Muller lesse gegee is en op uitritte geneem is deur Me Barendse.
74. Dit was skynbaar nooit aan Me Barendse meegedeel dat die perd "spooky" was nie. Met die voorval toe Anja geval het, het die perd skielik gestop (dit was gestel deur mnr McLachlan), en dit was iets wat Me Barendse nie self voorheen beleef het nie. Dit is verder aan haar gestel dat Anja gereeld afgeval het waarop Mev Smith geantwoord het dat dit juis dan nie 'n goeie idee was om Ipithombi aan haar te gee nie. Mnr McLachlan het dit verder aan haar gestel dat beide Naomi en Anja, omdat hulle en/are ruiters was. meer sou kon verwag het van Ipithombi en daarom, omdat hulle hoe eise aan horn gestel het, hulleself blootgestel het daaraan om makliker te val. Mev Smith se oorwoe" mening was dat daar te vinnig te veel van Ipithombi verwag was.
75. Mev Smith se dat sy, as n eienares. sou teruggegaan het na beide ruiters en vasgestel het wat gebeur het Verder se Mev Smith sy sou beslis die perd onttrek het totdat sy seker was dat hy goed genoeg was om te gebruik.
76. Dit is aan haar gestel dat die onbetwiste getuienis was dat na Anja se val (27 Februane 2007) die opdrag was om met die perd te werk. Desnieteenstaande is die probleem nog nie uitgestryk nie. Mev Smith se dat sy dan nie die perd sou gebruik nie.
77. 'n Perd wat uitermatig skrikkerig is kan enigiets doen. 'n "Lui" perd is nie noodwendig veiiig nie aangesien n lui perd dui op 'n inherente onwilligheid om saam te werk. Dit is nie noodwendig jou beste perd vir 'n onervare ruiter nie Die feit dat die perd versuim om gehoor te gee aan die opdrag om te draai, mag miskien nie so belangrik wees in 'n uitrit nie, waar die perde mekaar bloot volg, maar weereens dui dit op 'n inherente onwilligheid om gehoorsaam te wees. Die algehele beeld van Ipithombi is dat hy inherent onwillig was om saam te werk en dui op n ongehoorsame perd.
78. Dit is verder aan haar gestel dat Ipithombi na die mening van Me Barendse die geskikste perd vir Mev Potgieter sou gewees het Mev Smith het geantwoord dat dit 'n onoordeelkundig was as daar reeds twee insidente was waar iemand afgeval het, om dan die perd vir 'n onervare ruiter te gee. Dit is aan haar gestel dat Ipithombi reeds ingebreek was, waarop Mev Smith geantwoord het dat indien die perd van die "grond af geleer moes word dan het dit beteken dat hy nog nie goed geskool was nie.
79. Mev Smith beskou Mev Potgieter nie as n ervare ruiter nie - om ervare te wees sou *n mens drie maal per week vir 'n jaar moes ry wat sou insluit draf. galop en stap. 'n Onervare ruiter. het Mev Smith opgemerk, sou nie besef welke gevare daaraan verbonde is om agter te raak nie
80. In die onderhawige geval waar Mev Potgieter haar ongemaklikheid uitgespreek het oor die onvermoe van die perd om haar te gehoorsaam. en indien daar besluit was om voort te gaan met die uitrit, sou Mev Smith toegesien het dat sy reg by Mev Potgieter bly en haar beslis nie op haar eie gelaat het nie. Dit stel die risiko daar dat die perd se nuk na vore sal tree. Indien daar risiko is aan die gebruik van die perd. moet daar verseker word dat die omstandighede so veilig as moontlik is. Die ruiters moet bymekaar gehou word en daar moet nie vinniger gery word as die swakste ruiter nie. Perde verskil in hoe hulle reageer wanneer hulle skrik. Soet perde het n meer gematigde reaksie, terwyl n onveilige perd n oormatige reaksie mag he.
81. Waar die groep tydens die uitrit verdeel sou die perd, synde 'n groep dier, graag die gaping wou toemaak en die gaping sou ongemak skep by die perd. Die opdrag om stadiger te loop of galop sal tot verdere spanning lei en die perd ongemaklik maak.
82. Die feit dat Ipithombi van tyd tot tyd ook deur Me Barendse gery was, en waarskynlik die uitritte gelei het. sou die jong perd verder deurmekaar maak. Dit kan ook n probleem veroorsaak as hy dan agter is terwyl hy graag voor wou wees. As die ander perde begin draf het sou hy vir seker ook begin draf het en die gaping van 30m sou genoeg wees om horn aan te moedig om te versnel. Waar Mev Potgieter horn dan probeer stop of stadiger te dwing sou hy protesteer deur sy "ding"te doen. Mev Smith het dit as volg uitgedruk: "Ek gaan 'n plan maak om van jou ontslae te raak".
83. Dit sou ook nalatig wees om toe te laat dat. soos wat met Mev Potgieter gebeur het. die groep sigself verdeel Waar die perde in n groep is, sal die meeste perde probeer om by te biy - die probleem ontstaan juis waar die voorstes begin galop en dan is die gewaarwording van die ander perde dat hulle agter bly. Dit is derhalwe belangrik dat die groep bymekaar gehou word en dat daar n gemeenskaplike besluit moet wees dat hulle gaan draf.
84. Dit is aan haar gestel dat die besondere groep deeglik daarvan bewus was dat hulle nie sou canter'' of galop nie. Mev Smith is ondervra oor die verantwoordelikheid van die ruiters self, en sy het opgemerk dat 'n ruiter sy eie besluite kan neem maar, as die perd besluit, is dit 'n ander saak. 'n Ruiter kan natuuriik self besluit om nie voort te gaan nie. maar waar die leier bewus is dat 'n persoon ongemaklik is, dan is jy verplig om seker te maak dat alles veilig is en daarvoor dra jy die verantwoordelikheid.
85. Dit is aan haar gestel dat Me Barendse op horn gery het. dat sy in haar gemoed oortuig was dat hy geskik was en dat sy, nadat sy horn aangekoop het, vir 'n verdere periode van 'n maand gery het. Mev Smith het volstaan dat 'n maand !n te kort tydperk is.
86. Sy sou in iedere geval enige ruiter waarsku van die nuk. Sy getuig dat sy meen Me Barendse nie soos 'n redelike persoon opgetree het nie en dat sy meer moes gedoen het in die opleiding van die perd en dat sy horn nie moes beskikbaar stel aan die lede van die publiek nie, veral nie as dit nie 'n ervare ruiter was nie. Dit was ook nalatig om die skeiding binne die groep toe te laat.
87. Mev Smith het toegegee het dat dit moontlik was dat die perd vir 'n ander rede (as sy nuk) dood gestop het, is sy egter oortuig op die feite soos sy dit verstaan dat dit nie die geval was nie. Mense val natuuriik nie sommer sonder rede van 'n perd af nie. Die geskiedenis spreek vir sigself.
88. Mev Smith het gese dat dit nie ongewoon sou wees om 'n vyfjarige perd vir "outrides" te gebruik nie. Ten aansien van die ervaring van Ipithombi het sy aanvaar dat hy 'n saal opgehad het maar het sy geen verdere besonderhede daaroor gehad nie. Indien die perd egter 'Voice training" moes ondergaan. was hy, in haar mening, nog nie ver gevorder met sy opleiding nie. Sy is daarvan meegedeel in 'n konsultasie met Mev Kriel en sy het nie die Hof bygewoon toe Me Muller getuig het nie.
89. Mev Smith het aanvaar dat indien die perd n mate van opleiding ondergaan het, dan sou sy miskien binne 'n periode van ses maande die perd blootgestel het aan die publiek. Maar iemand soos Anja biy steeds 'n lid van die publiek en behoort nie aan die perd blootgestel te gewees het nie. Indien hy meer ervare was, sou hy vroeer gebruik kon word maar dan slegs deur ervare ruiters.
90. Dit is aan haar gestel dat Mev Kilian sal kan getuig dat dit nie n luukse is waaroor kommersieie skole beskik om 'n lang tyd te wag alvorens 'n perd aangewend word nie Mev Smith het geantwoord dat perdry inherent n gevaalike sport is en dat. indien dit die praktyk is, dan is die praktyk nie reg nie. Daar moet n balans getref word tussen veiligheid en kommersiele aspekte en risiko, en dat veiligheid geniet voorrang. iemand se lewe is belangriker as geld. Daar is heeltemal te veel ongelukke en beskou sy haarself nie as 'n puris. soos wat mnr McLachlan aangevoer het sy is nie.
91. As dit gegewe is onder die omstandighede dat iemand slegs eenmaal afgeval het - dit is 'n realiteit, ons val almal van ons perde af, maar as 'n situasie twee maal gebeur het behoort die gevaar ligte aan te gaan. In her ervaring op haar plaas Bellavista. het daar in vier jaar slegs een persoon van n perd afgeval.
92. Mev Smith gee toe dat die eerste voorval met Ipithombi nie noodwendig dui op :n gedragsprobleem nie, maar indien dit 'n week later weer plaasvind sal dit beslis kommer wek. Wanneer 'n perd vir die tweede keer ruiters afgooi. sou 'n mens besef dat hy nie geskik is vir die mense wat horn ry nie.
93. Die verweerderes, Me Barendse: het getuig dat sy ten tye van die voorval Belmonte Stalle bedryf het, maar dat sy nou op :n ander plaas, Journey's End Horseback Riding, bedryf. Sy het op 'n plaas grootgeword en was al haar lewe met perde betrokke. Sy het natuurbewaring vir drie jaar bestudeer. Gedurende 1999 was sy werksaam te Montague, waar sy op 'n wildsplaas "trail rides" aangebied het vir toeriste. Daarna was sy te Robertson werksaam op 'n resiesperdplaas vir 5 maande en later te Swellendam waar sy meestal as 'n gids opgetree het vir "trail rides" en perde fiks gehou het. Daar het sy ook op jong perde gery om vas te stel of hulle geskik sou wees vir "trail rides".
Gedurende 2000 het sy vir ene Me Maria Bissett te Somerset-Wes gewerk by ln ryskool en ook "trail rides''gedoen. Met verloop van tyd by Me Bissett het Me Barendse meer betrokke geraak by "outrides" en die toekenning van perde aan ruiters. Die toekenning van ruiters aan perde is die moeilikste deel van "trail rides". Dit is juis so omdat besprekings oor die telefoon gemaak word met vreemdelinge. Daar moet vasgestel word presies wat hulle ondervinding is, hul gewig en dan moet daar 'n gepaste perd toegeken word.
95. Nadat Me Bissett Engeland toe verdwyn het, het sy Belmonte Stalle vir haar eie rekening bedryf. Daarna. teen die einde van 2007, het sy na Journey's End verhuis.
96. Op die stadium toe die voorval met Mev Potgieter plaasgevind het. was daar ongeveer 20 perde onder haar beheer Al die perde wat by haar gestal was, was vir uitritte gebruik. Sy was die eienares van 14 perde waarvan drie of vier meer vir "trail rides" georienteer was. Wanneer sy perde aangeskaf het, was oorweging gegee aan die doel waarvoor die perd gebruik sou word, hetsy vir lesse of "outrides". Sy sou altyd serf die aankope gedoen het en self die perd gery het. 'n "Trail ride" perd hoef nie noodwendig 'n hoogs geskoolde perd te wees nie. Van groter belang is sy temperament en liggaamsbou. Oorweging word daaraan geskenk of die perd veilig is en of hy doeltreffend sou wees. Dit is ook veiliger om n perd aan te koop wat ander perde kan volg.
97. Me Barendse het te hore gekom van perde wat te koop is in Darling en het sy belanggestel in twee van die perde. Die een perd was aangekoop vir privaat eienaar, maar by haar geplaas te Belmonte Stalle om die perd gewoond te maak aan verskillende ruiters.
98. Me Barendse ook n "gewigdraer" gesoek om voorsiening te maak vir ruiters van 'n groter bou. Sy het baie van Ipithombi gehou. Hy was nie as 'n gereelde skoolperd gery nie. Omdat sy horn kon opsaal in die kamp en op horn kon ry tussen die ander perde sonder dat hy enige tekens getoon het van aggressie of gevaar. Hy was reeds ingebreek en het hy geen probleme gehad toe die saal op horn geplaas was nie. Die enigste probleem wat sy waargeneem het. was dat hy nog "dom" was. Hy was ooglopend nog nie geskool vir 'n arena nie, maar omdat hy vir 'n ruk reeds nie gery was nie, en gemaklik met haar as ruiter was, was dit 'n belangrike aanduiding dat hy veilig was. Hy was reeds daardie eerste dag duidelik in staat om op instruksies te reageer, en kon stap, draf en gallop. Hy het verkies het om saam met die groep te loop. Sy het besluit dat hy 'n goeie perd vir "outrides" sou wees.
99. Sy het Ipithombi aangekoop en omdat hy kort vantevore gekastreer was. het sy horn vir 'n dag of twee nie gery nie, maar steeds aan die beweeg gehou. Dit was eers na Junie dat dit onder aandag gebring was dat die kastrasie dalk nie behoorlik gedoen was nie. Sy het horn aan die beweeg gehou in die 'lunging ring" om horn touwys te maak. Me Barendse se indruk was dat hy reeds voorheen blootgestel was aan "lunging". Sy het horn daarna begin neem op uitritte en vir ten minste 'n maand het slegs sy op horn gery. Sy het dit gedoen om vas te stel of daar enige probleme met die perd was. In hierdie tydperk het sy horn ten minste eenmaal per dag gery. Daar was niks opmerklik aan hierdie ritte nie behalwe dat hy nie lekker kon draai nie, 'n bietjie rondgekyk het, maar laasgenoemde was 'n algemene ding van perde. Dit was moontlik dat Me Muller in die eerste maand, en voor die voorval met Anja op 24 Februarie, wel op die perd gery het. Daar mag geleenthede wees waarop sy die perd gery het wat Me Muller nie aangeteken het nie. Die aantekeninge van die gebruik van Ipithombi op lesse en uitritte. soos deur Me Muller aangeteken was. was andersinds waarskynlik korrek.
100. Op daardie stadium sou Me Muiler slegs betrokke gewees het by die "lunging" van Ipithombi. Later het van haar meer en/are ruiters Ipithombi ook gebruik. Dit was ooreenkomstig haar metode om eers haarself, dan haar assistent. en dan meer ervare ruiters op die perd toe te laat. Indien sy tot op daardie stadium tevrede is. begin sy fn verskeidenheid van ruiters te gebruik. Sy het die feit dat Ipithombi gesukkel het om aan die gang te kom nie as 'n kommerwekkende feit beskou nie. Dit was deel van sy geaardheid. Hy was bloot 'n lui perd. Ipithombi was 'n "follower"' en dat hy die beste heel agter sou wees. Sy het hierdie gevolgtrekking gebaseer op haar waarnemings toe sy self vir Ipithombi gery het.
101. Me Barendse het. sodra sy gevoel het 'n perd is veilig, so gou as moontlik die perd op uitritte begin gebruik, om ook te sien of die perd daarvoor opgewasse is, en om terselfdertyd die perd ook op te lei. Dit is nie ekonomies moontlik om 'n perd vir 3 tot 12 maande te skool voordat hy deur lede van die publiek gebruik word nie. Die finansiele aspekte speel 'n rol maar dit is nie die enigste aspek nie. Me Barendse het nie op bepaalde tydperke gesteun alvorens sy 'n perd op uitritte sou toelaat nie - sy het dit van geval na geval oorweeg en haar gesonde verstand toegepas.
102. Dit is gemeensaak dat op 24 Februarie 2007 daar 'n insident met ene Anja was. Anja was op soek na 'n perd om te huur en sy het baie van Ipithombi gehou. Sy het Ipithombi op verskeie geleenthede gery. Me Barendse kon nie se hoeveel maal voor 24 Februarie 2007 Anja op Ipithombi gery het nie. Haar herinnering was dat dit 'n klein groepie van ruiters was en beide sy en Anja was deel van die groep. Dit was 'n geleentheid vir Anja om Ipithombi te toets. Hulle was op 'n gallop en Me Barendse het net gehoor dat Anja afval. Anja het aan haar gese "sy het net nog so gegallop en toe stop Ipithombi en toe trek sy oor sy kop". Me Barrendse weet nie wat gebeur het nie, maar sy kan onthou dat Anja 'n grap daarvan gemaak het. Dit het haar nie afgesit van Ipithombi nie en sy het horn daarna weer gery.
103. Sy het daarna deurentyd vir Ipithombi "gelunge". Sy het Ipithombi ook in lesse begin aanwend. Dus byvoorbeeld waar kinders op horn ry en Me Barendse dan in die middel van die ring staan om instruksies te gee. Sy het bevestig, soos Me Muller getuig het, dat draai 'n probleem vir Ipithombi was. Gevolglik het van die kinders nie daarvan gehou om op horn te ry nie. Teen ongeveer middel Maart het sy begin om Ipithombi ook op uitritte te gebruik. Twee onervare vriende het gunstig gereageer op hul ritte op Ipithombi. Daarna het sy aanvaar dat Ipithombi geskik was vir toeriste en ander ruiters. Haar indruk van die uitrit ruiters was dat daar nie probleme was nie. Indien daar probleme met 'n perd was, sy horn sou onttrek van "outrides", meer tyd met horn deurbring en fokus op die besondere probleem. Indien die probleem nie opgelos word nie, sal sy die "groot besluit" moet neem of die perd verkoop moet word.
104. Dit is gemeensaak dat op 24 April daar ook 'n voorval met Naomi was. Me Barendse was saam op die besondere rit. Sy was weereens voor en Naomi kon nie vir haar se wat gebeur het nie. Daarom dat hulle perde uitgeruil het omdat Me Barendse wou sien wat Ipithombi gemaak het. Sy wou vasstel of daar wel 'n probleem met Ipithombi was. Sy kan haar nie daaraan herinner dat die perde uitgeruil was omdat Naomi nie vir Ipithombi kon hanteer nie, soos wat Me Muller verstaan het nie. Sy het niks opvallend aan die gedrag van Ipithombi opgemerk nie.
105. Mnr Roux het as vertrekpunt aanvaar dat Ipithombi in die derde week van Januarie aangeskaf was en dat daar dan, binne ses weke, d.w.s op 2 Maart 2000, dat Ipithombi reeds aan die publiek beskikbaar gestel was. Ek is nie seker dat daardie vertrekpunt inderdaad korrek is nie. Dit is aan Me Barendse gestel dat sy die perd te vroeg en te vinnig begin gebruik het vir uitritte vir beide ervare en onervare ruiters. Me Barendse het van horn verskil. Dit is 'n deurlopende proses om te bepaal of n perd gereed is vir uitritte, al dan nie. Sy het dit derhalwe as 'n goeie en behoorlike metode beskou om Ipithombi te evalueer. Die blootstelling aan verskeie ruiters stel die ideale geleentheid daar vir Ipithombi om sy nuk te openbaar en om dit na vore te bring.
106. Me Barendse het toegegee dat sy op beide aangeleenthede toe Anja en Naomi afgeval het. teenwoordig was en dat sy die ruiters gevra het wat gebeur het. Anja het haar meegedeel dat sy gallop het en toe het die perd gestop. Met Naomi was dit nie :n uitgemaakte saak wat gebeur het nie.
107. Me Barendse het toegegee dat sy bewus was daarvan dat die perd iets onvoorspelbaar gedoen het op twee geleenthede (Anja en Naomi) in die eerste drie maande wat sy horn gebruik het op "outrides".
108. Mnr Roux het dit aan haar gestel dat die getuienis van Me Muller was dat Naomi sou gese het dat die perd onverwags opgetree het en sy nie meer beheer kon behou nie. Dit is aan haar gestel dat, reeds voor die rit deur Anja, Me Muller bewus was van die perd se nuk. Barendse het egter volhard dat Me Muller nie aan haar genoem het dat Ipithombi die gewoonte gehad het om skielik te stop nie.
109. Na 24 April het sake soos normaal verloop en het sy Me Muller versoek om Ipithombi ook in die skool te gebruik en fyner kunsies te leer. Ipithombi is ook op uitritte gebruik. Me Muller het haar ooit meegedeel het dat Ipithombi nog nie gereed is vir perd ritte nie. Daar was ook nooit 'n gesprekvoering dat sy skoling te vroeg beeindig was nie. Haar getuienis was dat hy steeds voortdurend opleiding ontvang het. Me Barendse erken dat sy vir Me Muller opdrag gegee het om Ipithombi ekstra skoling te gee nadat Anja afgeval het. As Me Muller haar meegedeel het dat daar 'n gevaar was sou sy die perd definitief nie aangewend het nie. Me Barendse het getuig dat sy Me Muller haar op verskeie geleenthede genader het met probleme wat sy gehad het en voorvalle aan haar gerapporteer het wat na aan haar hart was. en dat sy baie gesteld was op toerusting. Sy het toegegee dat Me Muller haar dikwels aangespreek het oor die administrasie - omdat Me Barendse nie *n goeie administrateur was nie. Daar was nooit sodanige verskille tussen hulle ten aansien van die perde nie. Sy sou verwag het dat indien Me Muller van mening was dat Ipithombi nie geskik was vir die werk nie, dat sy Me Barendse daarvan sou meegedeel het. Dit het sy nooit gedoen nie.
110. Me Barendse het bevestig dat sy nie bewus was daarvan dat die perd dieserfde streek met Me Muller uitgehaal het nie. Me Barendse het gese sy was uit die veld geslaan deur hierdie bewering. Sy kon nie verstaan hoekom Me Muller dit nie vroeer met haar sou opper nie. Mnr Roux het aan die hand gedoen dat dit onwaarskynlik was dat Me Muller dit nie aan Me Barendse sou genoem het nie.
111. Me Barendse getuig dat indien Me Muller haar meegedeel het van die feit dat Ipithombi met haar "in twee verdeel en na kante toe spring" dan sou sy dit onthou het. Sy sou horn dan beslis nie vir beginners aangewend het nie. Al wat Me Muller haar wel meegedeel het was dat die perd "skrikkerig" was. Dit is iets wat Me Barendse nie self waargeneem het nie. Desnieteenstaande het sy daarop gefokus en stappe gedoen om te kyk waarvoor hy skrikkerig sou wees. Dit het sy self ondersoek. maar die perd was nie skrikkerig tot die mate dat dit 'n probleem was nie. Me Barendse wou nie toegee dat dit 'n rooi lig vir haar moes wees dat die perd skrikkerig was nie. of dat daar 'n gedragsprobleem was nie. Daar was stegs twee insidente met twee ruiters (en 'n verslag van Me Muller dat die perd skrikkerig was). Sy het persoonlike ondersoek ingestel waarom Ipithombi so skrikkerig sou wees. Die opleiding van Ipithombi was 'n deurlopende proses wat nie eers hervat is nadat die voorval met Anja plaasgevmd het nie. Na 12Mei, toe Mev Potgieter afgeval het. het Me Barendse meer aandag aan Ipithombi bestee. maar kon sy nog steeds niks opmerk dat hy anders optree nie, en het sy horn nog steeds soos voorheen normaal aangewend.
112. Me Barendse het getuig dat alle perde onvoorspelbaar is, en sy het nie verstaan hoekom Me Muller sou se Ipithombi. in besonder, onvoorspelbaar was nie. Sy wou nie onvoorspelbaarheid aan die ouderdom van 'n perd koppel nie. Ipithombi was egter geskik vir die uitritte waar hy ander perde sou volg. Daarom het sy veral jonger perde gebruik vir outrides'
113. Omdat perde onvoorspelbaar is, laat sy mense n vrywaringsvorm teken. Sy aanvaar dat sy alle redelike stappe moet doen wanneer sy 'n uitrit lei. Daardie stappe begin met die skoling van die perd. Sy gee toe dat hoe meer geskoold die perd is, hoe meer voorspelbaar is sy optrede. Hoe korter die skoling van die perd, hoe meer onvoorspelbaar is hy en derhalwe hoe meer gevaarlik vir die algemene publiek.
114. Mnr Roux het aan die hand gedoen dat die skoling van ipithombi verleng moes word. Me Barendse het geantwoord dat sy dit nie dit as 'n probleem beskou het nie. Me Barendse het nie toegegee dat daar 'n "textbook" benadering bestaan nie. Sy het daarop gewys dat, alhoewel sy vir Me Muller opdrag gegee het om die perd weer basiese opleiding te gee, dit nie beteken dat hy nie reeds die basiese instruksies onder die knie gehad het nie.
115. Me Barendse het getuig dat sy en Mev Potgieter baie goeie vriende geraak het. Mev Potgieter het vir ln week of twee by Me Barendse aan huis gebly.
116. Mev Potgieter het telefonies 'n bespreking gemaak vir 12 Mei vir 'n uitrit. Die bespreking was vir vier persone gewees. Haar seun, wie ook bespreek was. het egter nie op die uitrit gegaan nie. Sy het getuig dat Mev Potgieter daardie dag baie emosioneet was. Die volgende dag. die Sondag, sou die kinders op n meer permanente basis by hut vader woonagtig wees (te Jeffreysbaai). Sy het getuig dat Mev Potgieter gehuil het. Hulle het 'n gesprek in die huis gevoer terwyl die ander ruiters gewag het.
117. Me Barendse het verduideiik dat sy op n vorige geleentheid vir Mev Potgieter op 'n uitrit geneem het en het sy waargeneem het dat Mev Potgieter nie 'n beginner was nie. maar dat sy gedink het dat sy meer kon doen as waartoe sy in staat was. Sy het geweet hoe om op die perd te sit, hoe om te stap. en selfs hoe om te stop, alhoewel Me Barendse n probleem met Mev Potgieter se hande gehad het. Na haar mening was Mev Potgieter baie hard op die perd se mond. Haar herinnering aan die eerste uitrit was dat Mev Potgieter die heeltyd die perd vinniger wou laat ry. maar sy het desnieteenstaande steeds die perd mgehou. Dit het Me Barendse ongemaklik gelaat. Mev Potgieter was egter een van daardie ruiters waar n mens nie presies weet wat om te verwag nie 'omdat sy dink sy weet meer as wat sy geweet het". Derhalwe was Me Barendse die mening toegedaan dat sy nie vir haar 'n perd kan gee wat met haar op loop sal raak nie.
118. Me Barendse wou haar n perd gee wat nie so "forward going" is nie. Ipithombi het van nature stadig gestap en was heeltemal gedwee om ander perde te volg. Dit is hoekom Me Barendse horn beskou het as 'n veilige perd. Die toekenning van Ipithombi was derhalwe 'n oorwoe keuse. Op die stadium van die voorval kon Ipithombi op n kombinasie van "voice commands" en ander "aids' reageer. Of 'n perd op "voice commands" kan reageer of nie, is egter nie n maatstaf wat Me Barendse gebruik het om te besluit of 'n perd gebruik kan word al dan nie.
119. Sy het toegegee dat sy 'n kans gevat het om Mev Potgieter. terwyl sy so emosioneel was, op n perd toe te laat - "Dit is n groot kans wat ek gevat het om haar in haar toestand op 'n perd te sit" Sy het dit gedoen omdat perde goeie terapie kan wees, en aangesien Mev Potgieter haar vriendin was. wou sy graag iets doen om haar te kalmeer. 'Ek is eeriik as ek se dit was vir my 'n kans wat ek gevat het om haar op enige perd te sit. Sy was r&rig baie emosioneel".
120. Me Barendse sou, die eerste keer wanneer 'n persoon op n uitrit gaan, of as dit beginners is. aan hulle verduidelik hoe om teuels vas te hou, jou hakke af te hou, hoe om te draai, te stop en diesmeer Die besonderse dag het Mev Potgieter nie 'n "briefing" ontvang nie omdat sy reeds voorheen op 'n "outride" was. Al die ander ruiters was ook ervare gewees. Sy het nagelaat om toe te sien dat Mev Potgieter. 'n vrywaring teken. Me Barendse het getuig dat mense weet dat perdry n risiko sport is en dit is juis hoekom hulle 'n vrywaaring teken.
121. Indien daar meer as vier ruiters is, verkies Me Barendse om 'n gids saam te neem. Sy sal dan by die minder ervare ruiters bly. terwyl die gids by die meer ervare ruiters bly. Die beginners bly gewoonlik agter en beweeg Me Barendse dan vorentoe en agtertoe. 'n Perd en 'n half lengte is 'n goeie volgafstand tussen perde. Dit is natuurlik nie moontlik om 'n konstante afstand te handhaaf nie. Dit is n goeie benadering van die groepleier om altyd by die stadigste ruiter te bly en die groep nie vinniger as die stadigste ruiter te laat beweeg nie. Dit is egter nie 'n reel van die mede en perse nie.
122. Me Barendse het twee lede van die groep, Mev Potgieter en n vriendin beskou as beginners. Sy weet nie hoe ervare die vriendin van Engela was nie. Die res van die groep, insiuitende Engela, was ervare ruiters. Me Barendse het tussen die middel en agter gedeeltes van die groep beweeg.
123. Sy erken dat Mev Potgieter haar meegedeel het dat sy nie gemaklik was met die perd nie. Sy was egter nie daaroor bekommerd nie want die probleem was dat Ipithombi nie vinniger wou beweeg nie. Mev Potgieter was op daardie stadium nog steeds emosioneel gewees. Dit was nie 'n geval dat Mev Potgieter nie meer wou ry nie. Me Barendse het haar aangese "alles is fine en hou net rustig. Moenie dat die perd hardloop nie ... volg ons net".
124. Vandat sy die aanbeveling gemaak het totdat die voorval plaasgevind het. het ongeveer 30 minute verloop en het hulle heelwat gery. Die ruiters was deurentyd in gesprek afstand van mekaar Ipithombi was op sy heel gemaklikste heel agter en het nie gehou van ruiters agter horn nie. Sy het trouens daarvan gehou dat hy stadig was want dit is algemeen dat perde n groep sou wou inhaal. Alhoewel daar ellelange kruisverhoor daaroor was, kan n mens geensins enige peil trek op die getuienis rakende die afstande tussen die ruiters toe die voorval plaasgevind het nie.
125. Die uitrit is grotendeels tussen wingerde. By die plek waar die voorval plaasgevind het, was daar n woud gewees. In die woud was daar baie draaie en "dips"en dit was baie dig begroei.
126. Die voorval het plaasgevind waar daar meestal dennebome weerskante is. Die pad was heelwat nouer - ongeveer 'n voertuig breedte. Me Barendse was op die draai toe die voorval plaasgevind het - toe sy hoor hoe sy geroep word. Sy het te voet teruggegaan.
127. Na die voorval het sy Mev Potgieter in die hospitaal en by haar huis besoek, en die voorval bespreek. Mev Potgieter het haar meegedeel dat die perd spoed opgetel het. gestop en "geshy" het. Mev Potgieter het haar laat verstaan dat dit 'n ongeluk was.
128. Me Barendse het ontken dat sy ooit enige ontkenning teenoor Mev Potgieter gemaak het ten aansien van mense wat van Ipithombi afgeval het. Sy het niks weggesteek nie. so het sy getuig Sy was geskok deur die bewering dat sy bewus sou wees van Ipithombi se streek. Sy het nie vir Mev Potgieter gewaarsku van enige streek van Ipithombi nie want sy het nie daarvan geweet nie Indien sy geweet het sou sy Mev Potgieter beslis gewaarsku het. Me Barendse wys daarop dat sy nie vir mense perde sal gee wat hulle sal seermaak nie - wat bereik sy dan daardeur? Mnr Roux stel dit dan aan haar dat sy beter veiligheidsmetodes kon toepas deur die perd behoorlik te skool, en die manier waarop die rit beheer was
129. Me Barendse het die eerste maal op 9 Junie afgeval Daardie dag was sy saam met Me Muller op 'n uitrit gewees en het hulle 'n hele uitrit gedoen. Sy wou die perd toets. Sy het weggebreek van die leier perd af en Ipithombi het normaal gereageer. Toe sy omgedraai het en terug gallop na die leier perd toe, het hy 'skieiik gestop". Dit was die eerste keer wat hy dit met Me Barendse gedoen het. Die omstandighede waaronder hy dit gedoen het was nie omstandighede wat normaal by n uitrit sou voorkom nie. Sy het getuig dat sy toe besef het dat daar definitief iets verkeerd was en het sy terug herlei na Anja se voorval. Sy het horn toe onttrek van "trait rides" af. Sy het horn self verder gery, gewerk en getoets.
130. Sy het Ipithombi nie as 'n perd ervaar wat so skrikkerig is dat dit die probleem was nie. Mnr Roux het weereens aangevoer dat Me Barendse nou besig was om haar getuienis aan te pas - die keer ten aansien van die graad van skrikkerigheid van Ipithombi.
131. Die tweede voorval kan sy kwalik onthou. Sy vermoed dat hy waarskynlik gestop het. Ongeag van wat aan ander getuies gestel mag wees, was Me Barendse baie seker dat dit met die eerste voorval toe sy afgeval het was dat sy die perd weggery het van die groep en toe terug gallop het. Dit was na die tweede voorval dat sy Me Muller telefonies gekontak het en haar meegedeel het dat sy nou baie bekommerd was oor Ipithombi. Sy kan nie se of, tydens die eerste voorval. Ipithombi 'n "knipmes beweging" uitgevoer het nie. Uiteraard weet sy nie wat met die tweede voorval gebeur het nie.
132. Dit was onverklaarbaar vir haar wat met Mev Potgieter en daarna met haarself gebeur het, want Ipithombi was tot op daardie stadium normaal teenoor haar gewees
133. Sy het allerlei toetse gedoen om faktore uit te skakel, soos byvoorbeeld die saal Me Barendse het probeer vasstel hoekom die voorval met Mev Potgieter plaasgevind het. Sy het op n stadium gemeen dit mag wees dat die perd self getraumatiseer was deur die voorval, en dit is hoekom Me Barendse self afgeval het. Sy het ook gesprekke met verskeie veeartse gevoer Die gedagte was dat die kastrasie wat kort voor die aankoop van Ipithombi uitgevoer was, nie behoorlik gedoen was nie. Me Barendse het getuig dat sy eers na die voorval bewus geraak het van die gebrekkige kastrasie. Daarna is die perd behoorlik deur n veearts gekastreer. n Kenmerk van ln hings is dat hy opgewonde raak oor 'n merrie en 'n dominante streek in horn het indien hy nog nie gekastreer is nie. Mnr Roux het haar oor hierdie aspek gekasty en die toegewing wat sy die vorige Maandag. in die agtermiddag, sou gemaak het dat sy nie behoorlik ondersoek ingestel het na die kastrasie van Ipithombi nie.
134. Ipithombi se (tweede) kastrasie was gedoen en sy moes besluit of sy horn nog kon gebruik. Sy moes in iedere geval van haar perde verkoop en het besluit om Ipithombi ook te verkoop. Hy het bowendien ook 'n reputasie gehad.
135. Me Barendse het toegegee dat Ipithombi met die kennis wat sy nou het, 'n "stoute" perd is. Sy het toegegee dat op die twee geleenthede wat sy self ervaar het, daar sprake van 'n innerlike wildheid was. Sy het toegegee dat die innerlike wildheid of boosheid. soos mnr Roux dit gestel het. sigself net van tyd tot tyd sal manifesteer. Sy het verder toegegee dat indien sy self van die perd afgeval het voor 12 Mei. dit haar opinie oor die perd sou verander het. Sy het getuig dat indien die perd twee maal in een maand sy streek uithaal soos wat hy met haar gedoen het, daar beslis rede tot kommer sou wees. Sy sou dan nie die perd beskikbaar gestel het vir uitritte nie. Sy het toegegee dat indien sy vir ses maande gewag het, soos Me Smit getuig het mens moes doen, dan sou daar nooit n probleem gewees het nie.
136. Me Barendse was nie net geskok deur die dagvaarding omdat dit haar reputasie aanraak nie, maar ook omdat sy nie haar vriendin op 'n perd sou sit wat haar sou seermaak nie, en omdat sy altyd alles gedoen het om voorsorgmaatreeis te tref met die keuse van 'n perd. Sy voel dat sy steeds dit gedoen het wat beide Me Smit en Me Killian aanbeveel het.
137. Alhoewel Me Barendse deurdringend kruisverhoor is, en alhoewel sy, soos sy self ruiterlik erken het, die hele proses as verwilderend moes ervaar het. kan ek nie sondermeer bevind dat sy ongeloofwaardig was nie.
138. Me Gloria Killian het getuig as n deskundige namens Me Barendse. Sy het getuig dat opleiding verskil van perd tot perd. Sy het ontken dat die standaarde wat Me Smith voorgestel het ooit toepassing vind. n Mens steun op jou ondervinding om te besluit of 'n perd gereed is al dan nie. 'n "Trial horse'' moet 'n betroubare perd wee swat gewoond is aan verskillende ruiters. Die perde wat sy kies vir "outrides" sal die stadiger, stiller en luier perde wees. Sy wys daarop dat n "lui perd" n perd is wat nie onmiddellik reageer op instruksies nie. Dit beteken egter nie dat die perd ongeskik is vir uitritte nie.
139. Me Killian het getuig dat sy saamstem met Me Barendse se metode van opleiding en die wyse waarop sy met Ipithombi gehandel het. Die eerste insident met Anja kon verduidetik word met verwysing na die feit dat die perd homself in 'n nuwe omgewing bevind het waarin hy nog nie tuis was nie. Dit sou nie dien as n waarskuwing nie Die tweede insident was heelwat later en met *n ander ruiter. Dit moet gesien word teen die agtergrond daarvan dat ruiters van tyd tot tyd wel af val en elke geval moet op meriete oorweeg word. Slegs indien 'n mens persoonlike waarnemings gemaak het kan jy tot n slotsom kom of die oorsaak te wyte was aan die fout van 'n ruiter, 'n ekstrinsieke faktor of die perd self. Sy getuig dat sy betwyfet of die twee voorafgaande voorvalle haar daartoe sou genoop het om die perd te weerhou van uitritte.
140. Sy wys daarop dat daar soms foute gemaak word met die toewysing van perde aan ruiters. Sy het saamgestem dat die groep slegs so vinnig moet beweeg soos die stadigste ruiter. Indien 'n perd agter raak op 'n uitrit sal hy probeer inhaal. Indien die perde wat voor is versnel, sal die perd agter ook mag versnel.
141. Indien 'n ruiter sou aandui dat sy ongemaklik was. sou Me Killian dit met die ruiter bespreek en indien die persoon werklik ongemaklik was sou sy die ruiter behulpsaam gewees het. Die uiteindelike besluit is egter 'n besluit van die ruiter self. Me Killian wys daarop dat dit gewoonlik 'n ruiter in 'n paniek situasie is wat val, omdat hulle geneigd is om vorentoe te leun. Sy vermoed dat Mev Potgieter waarskynlik vorentoe geleun het en dat die perd skielik tot stilstand gekom het Sy was die mening toegedaan dat n mens nie kon bevind of Mev Potgieter se val te wyte was aan sy nuk. of hy geskrik het vir iets en of sy haar balans verioor het nie.
142. Daar is grade van skrikkerigheid by perde. Indien sy bewus was daarvan dat 'n perd skrikkerig is. is daar verskeie toetse en oefeninge met die perd uitgevoer. Die systap van Ipithombi is nie gewens nie maar kan dit ook nie uitgewis word nie. Indien daar verskeie voorvalle was waar die perd sonder rede tot stilstand gekom het. het sy toegegee dat daar 'n probleem sou wees. Sy sou slegs die perd onttrek het indien sy geglo het dat hy gevaarlik was - na haar mening was daar nie voldoende inligting om dit te veroorloof nie.
143. Sy wys daarop dat dit opmerklik was dat al die miters wat van Ipithombi afgeval het ervare ruiters was. Indien die perd onvoorspelbaar was, soos aangevoer was, sou ook die onervare ruiters moes af val. Sy het daarop gewys dat daar altyd 'n risiko daaraan verbonde is wanneer iemand op 'n perd klim. Sy getuig dat, indien sy bewus was van die probleem, of indien haar werknemers haar meegedeel het van 'n probleem, dan sou sy nie onervare ruiters aan die risiko blootgestel het nie. Sy sou nie elke dag van haar werknemers verneem het of daar probleme was nie, hoofsaaklik omdat sy vertroue het in haar personeel en dat hulle haar sou meedeel van enige probleme. Dit sou 'n perd ses weke neem om gemaklik te raak in 'n nuwe omgewing - hoe vinniger 'n perd in die werksomgewing gebruik word, hoe vinniger pas dit aan.
Evaluasie
144. Dit was gemeensaak tussen die partye dat 'n perd inderdaad plotseling tot stilstand kan kom, soos wat daar aangevoer was Ipithombi van tyd tot tyd gedoen het. Mev Potgieter se getuienis was ook dat Me Barendse teenoor haar erken het dat Ipithombi "so 'n streek" het.
145. Me Muller se getuienis dat sy die nuk by Ipithombi waargeneem het nog voordat hy op "outrides" gebruik was, staan onbetwis. Dit is natuuriik, soos sy toegegee het, dat enige perd aldus mag reageer. Dit kom my egter voordat so 'n reaksie dan te wyte sou wees aan 'n uitwendige faktore en nie aan 'n inwendige nuk nie.
146. Soos hierbo uiteengesit, is daar 'n botsing tussen Me Muller, wie getuig het dat Me Barendse geweet het van die nuk van Ipithombi, en Me Barendse se getuienis dat sy geen sodanige mededeling van Me Muller ontvang het nie.
147. Mnr Roux het aangevoer dat Me Barendse se bewering dat Me Muller sou swyg oor sodanige gevaarlike optrede is onuithoudbaar. Selfs waar Me Barendse toegegee het dat Me Muller haar meegedeel het dat die perd skrikkerig is, is dit hoogs onwaarskynlik dat sy nie dan sou moes vra of vasstel waarop die waarneming gebaseer was nie. Mnr Roux het veral klem gele op Me Barendse se teenstrydige weergawe oor haar eie waarnemings van Ipithombi se skrikkerigheid, waar sy in hoof getuig het sy dit self nooit beleef het nie, terwy! sy in kruisverhoor toegegee het dat Ipithombi skrikkerig was. Mnr Roux het daarop gewys dat Me Muller se uitdruklike getuienis nie betwis was in kruisverhoor nie.3
148. Me Muller het egter nie onomwonde getuienis gegee van waar en wanneer sy Me Barendse sou meegedeel het van Ipithombi se nuk nie. Daarenteen was Me Barendse se getuienis onomwonde dat, sou Me Muller haar daarvan meegedeel het, dan sou sy Ipithombi nie aan die publiek blootgestel het nie. Dit is verdermeer uit Me Barendse getuienis duidelik dat sy wel Ipithombi se nuk met Me Muller bespreek het, minstens nadat sy die tweede keer self van Ipithombi afgeval het.
149. Op die getuienis voor my, en waar die eiseres die bewyslas dra, kan ek nie op hierdie aspek bevind dat Me Muller inderdaad enige uitdruklike mededeling aan Me Barendse gemaak het rakende Ipithombi se nuk nie. Dit doen egter nie afbreuk aan die getuienis van Me Muller nie - sy het, soos Me Barendse geweet van die voorvalle met Anja en Naomi, en het sy op Me Barendse se eie weergawe. al was dit dan eers in kruisverhoor toegegee. vir laasgenoemde meegedeel dat Ipithombi skrikkerig was.
150. Me Muller se getuienis dat Me Barendse aangedui het dat daar meer met Ipithombi gewerk moes word nadat Me Otto afgeval het, staan eweneens onbetwis. Dit was daarop gemik om die probleem met Ipithombi reg te stel. Desnieteenstaande het Ipithombi horn nog steeds van tyd tot tyd wangedra. Me Muller het aangevoer dat Me Barendse geweet het van die nuk en dit was juis daarom dat sy aangedui het dat daar aan gewerk moes word.
151. Mnr Roux het daarop gewys dat Mev Smit en Mev Killian dit eens was dat indien Me Barendse bewus was van Me Muller se ervarings met Ipithombi, Ipithombi onttrek moes word as n perd vir uitritte. Hulle was dit ook beide eens dat daar 'n plig op Me Barendse gerus het om deeglik ondersoek by haar assistent, Me Muller. te doen oor Ipithombi en of daar enige gedragsprobleme bestaan.
152. Mnr McLachlan het aanvaar dat Ipithombi 'n mak of getemde dier is. Die betoog was egter dat daar nie getuienis is wat 'n afleiding regverdig dat hy contra naturam sui generis opgetree het nie. In die verband het mnr McLachlan aangevoer dat die getuienis was dat enige perd onvoorspelbaar was, dat perde van tyd tot tyd sydelingse bewegings uitvoer, dat dit 'n natuurlike reaksie is teen iets waarvan 'n perd nie hou nie en dat dit ;n kenmerk is wat nie verander kan word nie.
153. Hierdie submissies behoef nadere betragting - die onvoorspelbaarheid van perde is nie onbeperk nie - die getuienis was dat jonger perde meer onvoorspelbaar is (as ouer perde), dat die onvoorspelbaarheid verminder met skoling en dat waar perde sydelinge bewegings uitvoer, dit geskied as 'n natuurlike reaksie op 'n impuls van buite, soos byvoorbeeld die skrik vir 'n slang.
154. Mev Smit het getuig dat die nuk van Ipithombi die gedrag van 'n jong perd is. Sommige jong perde is meer geneigd daartoe en dit kan gebeur indien daar bepaalde omstandighede aanwesig is, of soms vind dit sonder rede plaas. Sulke gedrag moet deur skoling reggestel word. Alhoewel enige perd onvoorspelbaar is, indien 'n spesifieke patroon egter na vore tree, dan moet dit reggestel word. Die probleem wat Ipithombi gehad het, het meegebring dat hy nie aan die publiek blootgestel moes word nie.
155. Mev Smit het getuig dat so 'n probleem die onverdeelde aandag van die verweerderes sou verg en dat dit haar verantwoordelikheid was om toe te sien dat die perd geskik is vir gebruik op uitritte deur die publiek.
156. Mev Killian se getuienis sou wees dat 'n mens nooit die natuurlike instink wat by perde bestaan kan "uit tee/ nie" en dat perde altyd instinktief sal reageer.
157. In die onderhawige saak was Ipithombi 'n perd wat skoling ondergaan het, en is daar geen getuienis van enige eksterne faktor wat die dag van die voorval 'n rol gespeel het nie. Daarenteen is daar die onbetwiste getuienis dat, nadat Me Barendse self twee maal afgeval het, sy tot die insig gekom het dat Ipithombi 'n streek het wat horn onaanvaarbaar gemaak het vir gebruik as 'n perd op "outrides".
158. Alhoewel die getuienis was dat jong perde meer onvoorspelbaar is, en dat perde almal nukke het soos om te "buck", "bolt" of, in die onderhaweige geval, te stop ('shy"), is dit nie 'n nuk wat gepas is by 'n perd wat vir "outrides" gebruik word nie. Daar is geen getuienis dat hierdie nuk veroorsaak is omdat Ipithombi skrikgemaak is, leed of pyn aangedoen is of daartoe aangehits was nie. Om dit anders te stel, daar was geen uitwendige prikkels wat horn daartoe genoop het om aweregs op te tree nie. Die verweerderes het ook geen weerleggende getuienis aangebied om aan te dui dat daar 'n uitwendige oorsaak vir Ipithombi se nuk was nie vir sy optrede daardie besondere dag nie, of dat die optrede van die ruiter, Mev Potgieter, enigsins 'n rol gespeel het nie.
159. Mnr McLachlan het voortgegaan om aan te voer dat daar geen getuienis was oor wat presies met Anja of Naomi gebeur het toe hulle afgeval het nie. Dit is egter duidelik uit wat hulle Me Barendse self meegedeel het, wie teenwoordig was - alhoewel sy nie die valie self waargeneem het nie -dat beide voorvalle plaasgevind het nadat Ipithombi skielik gestop het. Hierdie optrede van die perd vind ook weerklank in die beskrywing van Me Muller dat die perd Verdee/"en die twee voorvalle waar Me Barendse self afgeval het. Dit in sy geheel beskou, na my beskeie mening, maak die afleiding onafwendbaar dat Ipithombi 'n nuk of 'n streek het.
160. Mnr McLachlan het aan die hand gedoen dat die hoogwatermerk van Mev Potgieter se getuienis was dat Ipithombi skielik gestop het, daarna sydelings beweeg het en dat hierdie getuienis toevallig strook met mededeiinge wat later aan haar gemaak was oor Ipithombi se beweerde gedragsprobleenv
161. Mnr McLachlan het aan die hand gedoen dat Mev Potgieter se getuienis bloot 'n rekonstruksie of spekulasie daarstel.
162. Soos reeds hierbo uiteengesit, en soos wat mnr McLachlan ruiterlik reggestel het in kruisverhoor, kan 'n perd inderdaad botstil tot stilstand kom soos wat Mev Potgieter getuig het wel gebeur het. Haar getuienis, so wil dit my voorkom, stel nie rekonstruksie daar nie - sy getuig duidelik dat die perd tot stilstand gekom het, na regs geswaai het en dat sy links bo-oor horn geval het. Hierdie getuienis het onaangetas in kruisverhoor bly staan. Trouens. Mev Potgieter het duidelik gemaak dat sy nie ervaar het dat die perd "verdeel" het soos wat Me Muller getuig het nie. As sy besig was om te rekonstrueer sou sy tog Me Muller se beskrywing aangegryp het.
163. Indien daar aggeslaan word op al die voorvalle, insluitende die laaste twee met Me Barendse, is dit duidelik dat Ipithombi 'n witde streek in horn gehad het, wat onverwags en onvoorspelbaar na vore gekom het.
164. Daar is ook geen getuienis dat daar 'n uitwendige oorsaak vir Ipithombi se gedrag was nie. In Loriza Brahman en 'n Ander v Dippenaar 2002 (2) SA 477 (HHA) is as volg opgemerk
[19] Daar is natuuriik 'n verdere vraag wat innig verband hou met die contra naturam-vereiste en trouens die keersy daarvan is, nl of die dier se aweregse optrede 'n spontane gedraging was, dws vanwee eie innerlike senuweeagtigheid, boosheid of wildheid (sponte feritate commota). Die verband tussen die contra naturam-vereiste en die van sponte feritate commota is voor die hand liggend: as die betrokke dier spontaan, weens innerlike boosheid ens opgetree en skade verrig het dan het dit uiteraard ook contra naturam sui generis opgetree. As die skadestigtende optrede egter veroorsaak is omdat die dier skrikgemaak is. of leed of pyn aangedoen is of geprovokeer is, dan is die optrede nie contra naturam nie, maar juis ooreenkomstig die aard van 'n dier omdat alle diere so sal optree; en is daar geen aanspreeklikheid nie. (Sien South African Railways and Harbours v Edwards (supra op 9 in fine).)1'
165. Dit word van 'n normaie mak dier verwag om in iedere geval sekere uitwendige prikkels te weerstaan en nie aweregs op te tree nie (Loriza Brahman en 'n Ander v Dippenaar supra, te paragraaf [20]). Die reg, by wyse van 'n fiksie, verwag dan van 'n perd om redelikerwys op te tree.
Soos Jones R uitwys in Thysse v Bekker 2007 (3) SA 350 (SECLD) te 356H:
"In some cases the animal's conduct is categorised as contra naturam because it acted from inner excitement or vice or from a reversion to wildness. Sometimes the courts and commentators, to use the language of Hunt in the note (supra),4 apply an objective standard suited to human beings. Thus '(t)he conduct of the animal is compared with the conduct of a well-behaved animal of its kind -the animal is personified and the reasonable man test becomes the test of the reasonable dog'. This by way of fiction, is a convenient way of stating what the law expects of a domesticated animal. The courts do not literally attribute powers of reason to a dog by measuring its conduct against that of 'the reasonable dog', or literally ascribe to a dog the logical capacity to distinguish between an unjustified attack upon it which it may be entitled' to resist in a well-behaved manner and the lawful use of violence against it to restrain it to which it should submit as a well-behaved domesticated animals."
In navolging van hierdie benadering, en indien voormelde beginsels toegepas word op die feite van die onderhawige saak, kan daar, na my mening. weinig twyfel wees dat Ipithombi homself daarvan moes weerhou om sy streke uit te haal. Sy optrede was nie die optrede wat verwag kan word van 'n ordentlik en goedgernanierde perd nie
167. Dit is ook duidelik uit die getuienis van Me Barendse dat waar sy uiteindelik bewus geword het van die nuk van Ipithombi, sy horn onttrek het van "outrides". In kruisverhoor het mnr McLachlan dit aan Mev Potgieter gestel dat Me Barendse die perd verkoop het nadat sy die tweede keer self ook afgegooi was en sy toe besef het dat die perd 'n probleem het. Dit is na my mening duidelik dat Ipithombi 'n nuk gehad het wat 'n gevaar vir enige ruiter daargestel het.
168. Die feite spreek derhalwe onteenseglik ten gunste van die afleiding dat Ipithombi contra suam naturam opgetree het.
169. In die vooropstelling is ek die mening toegedaan dat eiseres haar daarvan gekwyt het om haar eisoorsaak binne die bestek van die actio de pauperie te bring, en moet sy derhalwe op hierdie grondslag slaag. Soos reeds hierbo uiteengesit, stel die aanspreeklikheid onder die actio de pauperie skuldlose aanspreeklikheid daar en kom dit nie daarop aan of die verweerderes nalatig was al dan nie.
170. Sou ek verkeerd wees met my bevinding dat Ipithombi contra suam naturam opgetree het, moet daar verder oorweeg word of daar voldoende getuienis is om Me Barendse aanspreeklik te hou hetsy kontraktueel hetsy deliktueel. Ek verpoos om daarop te wys dat mnr Roux, in sy betoog, nie 'n onderskeid getref het tussen kontraktuele of deliktuele aanspreeklikheid soos wat hy moontlik wel sou moes doen nie.
171. Mnr McLachlan het toegegee dat die verweerderes ;n regsplig gehad het om die veiligheid van ruiters te verseker en dat die vraag of die verweerderes moes voorsien en redelike stappe moes neem om teen die voorval te waak. beoordeel moet word na aanleiding van die getuienis van Mesdames Muller, Smit, Barendse en Killian.
172. Soos reeds hierbo uiteengesit is daar nie genoegsame getuienis dat Me Muller inderdaad vir Me Barendse uitdruklik van enige nuk van Ipithombi meegedeel het nie. Me Barendse was egter teenwoordig by beide die voorvalle waarop Anja en Naomi van die perd afgeval het. Gedagtig aan die getuienis van Mev Smit, wie gemeen het dat dit nalatig sou wees om die publiek aan Ipithombi bloot te stel na daardie twee voorvalle. meen ek dat Mev Smit gelyk gegee moet word. Waar n ervare ruiter of ruiters binne so 'n kort tydsbestek beide van Ipithombi afgeval het. en selfs indien Me Barendse nie geweet het op daardie stadium dat dit te wyte was aan r\ nuk of streek aan die kant van Ipithombi nie, sou ek meen dat sy, gedagtig ook daaraan dat Me Muller haar meegedeel het dat Ipithombi "skrikkerig" is, meer noukeurig en met groter toewyding ondersoek moes instel en moes vasstel presies wat fout was - of haarself ten minste tevrede moes stel dat daar geen fout of nuk aanwesig was nie. Sy het versuim om dit te doen.
173. Soos mnr Roux tereg uitgewys het, het Me Muller deurgaans binne die bestek en omvang van haar dienste by Me Barendse opgetree en is Me Barendse derhalwe gebonde aan Me Muller se onbetwiste kennis van die probleme met Ipithombi.
174. Alhoewel Mev Killian getuig het dat haar opleidingsperiode korter as die van Mev Smit was, is haar skoling egter meer omvangryk. Haar opleidingsperiode is langer as die van Me Barendse en word gevolg deur lesse met redelik bedrewe ruiters. vergeleke met Me Barendse wat haar perde aan onbedrewe ruiters beskikbaar stel.
175. Die deskundiges was dit eens dat Ipithombi onttrek moes word indien Me Barendse bewus was van Me Muller se ervaringe met Ipithombi, gegewe ook die twee voorvalle met Anja en Naomi. Dit moet volg dat Me Barendse nalatig was deur Ipithombi aan Mev Potgieter beskikbaar te stel
176. Mev Potgieter se onbetwiste getuienis was dat sy by die nek aan Me Barendse aangedui het dat sy ongemaklik gevoel het, en haar veiligheid bevraagteken het. Die antwoord van Me Barendse was bloot gewees dat sy nie moet gallop met die perd nie. Mev Potgieter se klagte was dat sy op n perd gesit was wat onveilig was.
177. Die partye was dit eens dat die toets vir redelike voorsienbaarheid, en vir die verbreking van 'n regsplig, blyk uit Kruoer v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A) te 430:
"For purposes of liability culpa arises -
(a) diligens paterfamilias in die position of the defendant -
(i) would foresee the reasonable possibility of his conduct injuring another in his personal property and causing him patrimonial loss;
(ii) would take reasonable steps to guard against such occurrence; and
(b) the defendant failed to take such steps. This has been constantly stated by this Court for some 50 years. Requirement (a)(ii) is sometimes overlooked. Whether a diligens pateriamilias in the position of the person concerned would take any guarding steps at all and, if so, what steps would be reasonable, must always depend on the particular circumstances of its case. No hard and fast basis can be laid down.''
178. Mnr McLachlan het daarop gewys dat die algemene aard van die hipotetiese redelike man as volg omskryf was in Herschel v Mrupe 1954 (3) SA 464 (A) te 490:
"Trie concept of the bonis paterfamilias is not that of a timerous faint heart always in trepidation lest he or other suffers some injury: on the contrary, he ventures out into the world, engages in affairs and takes reasonable chances. He takes reasonable precautions to protect his person and property and expects others to do likewise."
179. Natuurlik moet daar gewaak word teen kennis ex post facto in die wysheid wat *n leunstoel-benadering bring. {Staat v Bochris Investments (Ptv) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A) te 866J-867B per Nicholas A J A.)
180. Ek kom egter tot die siotsom dat Me Barendse inderdaad. indien sy redelike sorg uitgeoefen het. bewus moes wees van die feit dat daar 'n probleem met Ipithombi was. In daardie omstandighede was dit nalatig van haar om nie vas te stel wat die oorsaak van die probleem was nie. In daardie opsig het sy derhalwe versuim om soos die redelike man op te tree. Sy het, na my mening, nalatig opgetree deur nie Ipithombi langer terug te hou voordat hy deur die publiek gebruik is, en deur nie beter ondersoek in te stel na die oorsaak vir die valle deur Anja en Naomi nie.
181. Ek meen derhalwe dat die eiseres ook op hierdie versuim n verbreking van die ooreenkoms tussen haar en Me Barendse bewys het, ascok verbreking van die sorgsaamheidsplig wat sy teenoor Mev Potgieter opgedoen het.
182. Ek is derhalwe die mening toegedaan dat die eiseres bewys het:
(a) Dat die verweerderes n perd aan haar voorsien het wat nie behoorlik afgerig of getem was nie. Die verweerderes het versium om toe te sien dat die nuk wat Ipithombi gehad het behoorlik uitgeskool word. Indien sy behoorlik ondersoek ingestel het na Ipithombi sou sy geweet het van die nuk - en moes sy geweet het van die nuk. Totdat Ipithombi genees is van sy nuk, moes hy nie op uitritte gebruik word nie;
(b) Dat die verweerderes versuim het om behoorlike toesig en beheer oor die perdrit uit te oefen, deurdat sy, in besonder, versuim het om ag te slaan op die eiseres se verklaarde bekommernis oor of die perd gevaarlik is, en deur nie om daar en dan toe te sien dat die eiseres se rit op Ipithombi beendig word;
(c) Die verweerderes was derhalwe onder n verpligting om ook vir die eiseres se waarsku van Ipithombi se nuk
183. Na my mening het die eiseres bewys dat die verweerderes versuim het om redelike stappe te neem om te voorkom dat die skade, wat redelik voorsienbaar was. die eiseres sou toeval.
184. In die vooropstelling bevind ek ten gunste van die eiseres dat die verweerderes aanspreeklik is teenoor haar vir die skade wat sy gely het toe sy op 12 Mei 2007 van Ipithombi afgeval het. Die verweerderes word gelas om die eiseres se koste te betaal.
Sven Oliver, WnR
Kamers
Kaapstad
1' Walker, en die sake daar aangehaal.
2: Te par [18J en die sake daar aangehaal
3Sien in besonder President of the RSA v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1 (CC)te 36-38.
4PMA Hunt 'More bad dogs' (1962) 79 SALJ 458.