South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 141

| Noteup | LawCite

Smith v S (SS22/2010) [2011] ZAWCHC 141 (15 February 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: SS22/2010

DATUM: 15 FEBRUARIE 2011




In die saak tussen


DIE STAAT


en



ELTON JEROME SMITH ….......................................................Beskuldigde 1


WAYNE ABRAHAM SMITH …...................................................Beskuldigde 2




V O N N I S






BINNS-WARD, R



Nadat ek die beskuldigdes skuldig bevind het in die hof se uitspraak gelewer op 7 en 8 Desember van verlede jaar, was die verdere verrigtinge in die verhoor uitgestel om 'n verslag te bekom omtrent die beskuldigdes se agtergrond en persoonlike omstandighede. Afsonderlike verslae is daarna ten opsigte van die iedere van die beskuldigdes opgestel deur me Darleen Koegelenberg, wat as maatskaplike werker in die openbare diens sedert 1981 werksaam is. Die proefbeampte se verslae

is by ooreenkoms tussen die staatsaanklaers en die advokaat vir die verdediging ingehandig as Bewysstukke DD en EE onderskeidelik. Die advokate net ooreengekom dat dit nie nodig was dat me Koegelenberg haar verslae onder eed moes bevestig nie.



Beskuldigde 2 het getuienis aangebied ter versagting van vonnis, maar die inhoud daarvan het wesenlik daarop neergekom as niks meer as bevestiging van wat in die proefbeampte se verslag uiteengesit is nie. Ek is nie van plan om met die inhoud van die proefbeampte se gedetailleerde verslae te handel nie. Dit kan egter aanvaar word dat ek die verslae deeglik deurgelees het en die inhoud daarvan in sy geheel in ag geneem het vir doeleindes van vonnisoplegging.



Die verslae vertoon 'n verontrustende beeld van die twee beskuldigdes as jong mans. Alhoewel hulle van 'n relatiewelik stabiele familie-agtergrond afkomstig is in die sin dat hulle ouers vir meer as 30 jaar met mekaar getroud gebly het en hulle vader adekwaat vir hulle materiele behoeftes versorg het, is dit duidelik dat hulle albei vanaf 'n betreklike jong ouderdom tekens van anti-sosiale of onvanpaste gedrag getoon het. Hulle het oenskynlik van dwelms begin gebruik maak vanaf hulle vroee tienerjare en as gevolg hiervan het hulle, hulle aan onaanvaarbare gedrag skuldig gemaak tot so Vi mate dat hulle skoolloopbane in die wiele gery is



Beskuldigde 1 het skool verlaat op Graad 8 vlak en beskuldigde 2 is uit die skool geskors toe hy in Graad 9 was. Alhoewel hulle daarna etlike werksgeleenthede aangepak het, is dit duidelik dat hulle nie op "n langdurige basis in enige werk kon bly nie. Die mees belangrike doelwit in beide van hulle lewens blyk te wees om geld te kry om dwelms te koop. Dit blyk ook dat gedurende hulle kinderjare was hulle vader vir lange periodes afwesig as gevolg van sy werk destyds as h langaf stand vragmotordry we r.



Dit blyk uit die proefbeampte se verslae dat die beskuldigdes
se moeder geneig was om teenoor hulle oorbeskermend te
wees. Dit is duidelik dat sy hulle bederf het. Hulle was
toegelaat om die moeder se motor te gebruik, nieteenstaande
dat hulle nie bestuurderslisensies het nie. Die moeder was
ook tegemoetkomend ten opsigte van hulle dwelmmisbruik en
selfs ten opsigte van beskuldigde 1 se diewery om sy
dwelmverslawing te finansie.



Beskuldigde 1 is lid van 'n gevangenisbende en dit lyk dat beskuldigde 2 ook 'n bendelid geword het. Hy het sekere tatoeeermerke op sy liggaam laat aanbring en kon geen oortuigende verduideliking hiervoor vir die proefbeampte aanbied nie. Die getuienis is dat dwelms vrylik in die gevangenis bekombaar is en die beskuldigdes hou vol met hulle verslawing daaraan.



Myns insiens is die enigste faktor wat uit die beskuldigdes se persoonlike omstandighede in hulle guns tel. hulle relatiewe jeugdigheid. Beskuldigde 1 was 'n paar maande kort van 22 jaar oud toe die misdade gepleeg was. Beskuldigde 2 is omtrent een en h half jaar ouer as beskuldigde 1. Maar soos onlangs deur die Hoogste Hof van Appel in S v Matvitvi 2011 (1) SACR 40 te paragraaf 14 opgemerk:



"Turning to the respondent's age, what exactly about the respondent's age tipped the scales in his favour, was not elaborated upon by the learned judge. During the course of the judgment, reference was made to the respondent's 'relative youthfulness', without any attempt to defining what exactly that meant in respect of this particular individual. It is trite that a teenager is prima facie to be regarded as immature and that youthfulness of an offender will invariably be a mitigating factor unless it appears that the viciousness of his or her deeds rule out immaturity. Although the exact extent of the mitigation will depend on all the circumstances of the case, in general a court will not punish an immature young person as severely as it would an adult. It is well established that the younger the offender, the clearer the evidence needs to be about his or her background, education, level of intelligence and metal capacity in order to enable a court to determine the level of maturity and, therefore, moral blameworthiness. The question in the final analysis is whether the offender's immaturity, lack of experience, indiscretion and susceptibility to being influenced by others reduced his blameworthiness. Thus, while someone under the age of 18 years is to be regarded as naturally immature, the same does not hold true for an adult. In my view, a person of 20 years or more must show, by acceptable evidence, that he was immature to such an extent that his immaturity can operate as a mitigating factor."



Daar is geen getuienis voor die hof wat my oortuig dat die een of die ander van die beskuldigdes so onvolwasse was tot so h mate dat hulle ouderdom as wesenlike versagtende omstandighede in berekening gebring kan word nie. Normaaiweg sou die betreklike jeugdigheid van 'n veroordeelde iets wees wat in ag geneem word by vooruitsigte van hervorming en rehabilitasie. As ek kyk na die beskuldigdes se geskiedenis en hoe hulle, hulle nou in die tronk bevind, kry ek die indruk dat die kanse van hervorming uiters skraal is.



Ek neem egter in ag dat beide van hulle dit reggekry het om meerderjarigheid te bereik sonder om enige ernstige vorige veroordelings op te tel nie. Dit doen egter nie af nie van die feit dat die misdade waarop veral beskuldigde 1 skuldig bevind is van die alle ernstigstes is. Die gemeenskap verg dat die howe vonnisse moet ople wat beskerming voorsien teen misdadigers wat die mees ernstige misdrywe pleeg soos moord en roof onder verswarende omstandighede. Hierdie gemeenskaplike siening word weergegee in die bepalings van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, in besonder deur die voorgeskrewe minimum vonnisse wat deur daardie wet bepaal word. Die effek hiervan is deur die Appelhof in S v Malqas 2001 (1) SACR 469 te paragrawe 8 en 9 as volg opgesom:



"A court is not to be given a clean slate on which to inscribe whatever sentence it thought fit. Instead it was required to approach that question, conscious of the fact that the legislature has ordained life imprisonment or the particular prescribed period of imprisonment as the sentence which should ordinarily be imposed for the commission of the listed crimes in the specified circumstances. In short, the legislature aimed at ensuring a severe standardised and consistent response from the courts to the commission of such crimes, unless there were, and could be seen to be, truly convincing reasons for a different response. When considering sentence, the emphasis was to be shifted to the objective gravity of the type of crime and the public's need for effective sanctions against it. The specified sentences were not to be departed from lightly and for flimsy reasons which could not withstand scrutiny. Speculative hypotheses favourable to the offender, maudlin sympathy, aversion to imprisoning first offenders, personal doubts as to the efficacy of the policy implicit to the amending legislation and like considerations, were equally obviously not intended to quality as substantial and compelling circumstances. Nor were marginal differences in the personal circumstances or degrees of participation of co-offenders which, but for the provisions, might have justified differentiating between them."



Sien ook die uitspraak in Matvitvi se saak, waaruit voorheen aangehaal was, te paragraaf 23, waar die geleerde appelregter homself as volg uitgelaat het:



"Despite certain limited successes, there has been no real letup in the crime pandemic that engulfs our country. The situation continues to be alarming. It follows that to borrow from Malqas. it still is 'no longer business as usual', and yet one notices all too frequently a willingness on the part of sentencing courts to deviate from the minimum sentences prescribed by the legislature for the flimsiest of reasons, reasons as here do not survive scrutiny. As Malgas makes plain, courts have a duty, despite any personal doubts about the efficacy of the policy or personal aversion to it, to implement those sentences. Our courts derive their power from the constitution and like other arms of state, owe their fealty to it. Our constitutional order can hardly survive if courts fail to properly patrol the boundaries of their own powers by showing due deference to the legitimate domains of power in the other arms of state. Here parliament has spoken, it has ordained minimum sentences for certain specified offences. Courts are obliged to impose those sentences unless there are truly convincing reasons for departing from them. Courts are not free to subvert the will of the legislature by resort to vague, ill-defined concepts such as 'relative youthfulness' or other equally vague and ill-founded hypotheses that appear to fit the particular sentencing officer's personal notion of fairness. Predictable outcomes, not outcomes based on the whim of an individual judicial officer is foundational to the rule of law which lies at the heart of our constitutional order."



In die geval van beskuldigde 1 moet hy dwingende en wesenlike omstandighede bewys hoekom die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf nie opgele mag word nie ten opsigte van die veroordeling op die aanklagte van moord. So ook die 15 jaar voorgeskrewe minimum vonnis ten opsigte van die aanklagte van roof. Volgens my oordeel, het hy horn nie van hierdie bewyslas gekwyt nie. Die moord is doelbewus uitgevoer en die oorledene is koelbloedig gekap en ter dood gebring, oenskynlik slegs sodat die geld wat hy op horn gehad het, gebruik kon word om dwelmmiddels te bekom en sodat sy selfoon en sy trouring te gelde gemaak kon word ook vir daardie doeleinde.




Dit is verswarend dat die beskuldigde onmiddellik na die moord met sy dwelmrokery en kaartspelery kon aangaan asof niks gebeur het nie. Dit is ook verswarend dat nadat hy gearresteer was en tot in hierdie stadium van die verhoor, het hy absoluut geen teken van berou getoon nie. ti Mens wat op so "h wyse kan optree, hou h gevaar in vir die gemeenskap. Die vonnis wat die hof ople moet ook getuig van die diepe afkeur van die gemeenskap vir wat die beskuldigde gedoen het. Sy grusame dade het die gemeenskap van 'n waardiglike en bydraende lid ontneem. Dit het ook sielesmart en verdriet aan die oorledene se eggenote en sy bejaarde ouers aangedoen, wat hulle mee sal moet lewe vir die res van hulle dae Na my oordeel is die uiterste vonnis in hierdie geval nie net die voorgeskrewe vonnis nie, maar ook die toepaslike. Beskuldigde 1 word as gevolg gevonnis:



1. Op die aanklagte van moord TOT LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF



2. Op die aanklag van roof TOT 15 (VYFTIEN1 JAAR GEVANGENISSTRAF.

3. Op die aanklagte dat hy in besit was van Vi vuurwapen en in besit van h onbepaalde hoeveelheid ammunisie sonder Vi lisensie in oortreding van die bepalings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens 60 van 2000, word beide klagtes as een vir vonnisdoeleindes saamgevat en word die beskuldigde tot DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF GEVONNIS.



Die vonnisse op klagtes 2, 3 en 4 sal samelopend wees met die vonnis van lewenslange gevangenisstraf wat met betrekking tot aanklagte 1 opgele was.



Wat beskuldigde 2 betref is die misdrywe waarop hy skuldig bevind was ook ernstig. Die toepaslike vonnis vir 'n begunstigde tot misdryf hou tot 'n sekere mate in verhouding met die ernstigheid van die misdryf waartoe hy Vi begunstigde is. Die omstandighede waaronder hy 'n gemeenskaplike doel met beskuldigde 1 gevorm het om die verhuurde motor en die persoonlike eiendom van die oorledene te steel, is verswarend. Hy het ook geen berou getoon nie en gee my min hoop dat hy sal hervorm, of dat hy gerehabiliteer sal word nie.



Die enigste toepaslike vonnis is een van Vi langdurige termyn van gevangenisstraf. Wees die uiters verswarende faktore, is ek van oordeel dat dit aangewese is om te gelas ingevolge artikel 276B van die Strafproseswet dat beskuldigde 2 nie op parool uitgeplaas mag word nie, alvorens hy twee-derdes van die gevangenisstraf wat opgele sal word, uitgedien het Ek moet meld in sy geval dat in die bepaling van die gevangenisstraftermyn, dat ek in ag geneem het dat hy vir 14 maande verhoorafwagtend in die tronk was.



Ten opsigte van die veroordeling dat hy Yi begunstigde was tot die moord in aanklagte 1 ten laste gele, word beskuldigde 2 tot SEWE (71 JAAR GEVANGENISSTRAF gevonnis. Ten opsigte van aanklagte 2 waarop hy skuldig bevind is op diefstal, word beskuldigde 2 tot SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF gevonnis. Dit word gelas dat een jaar van die vonnis op aanklagte 2 samelopend sal wees met die vonnis op aanklagte 1. Dit word verder gelas ingevolge artikel 276B dat beskuldigde 2 nie op parool uitgeplaas mag word nie totdat hy minstens agt jaar van die effektiewe totale tydperk van 12 jaar gevangenisstraf uitgedien het.



Dit word verklaar ten opsigte van beide van die beskuldigdes ingevolge artikel 103 van Wet 60 van 2000, dat hulle onbevoeg is om h vuurwapen te besit.



BINNS-WARD, R