South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 276

| Noteup | LawCite

S v Isaacs en Ander [2011] ZAWCHC 276; ; SS39/2010 (4 May 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: SS39/2010

DATUM: 4 MEI 2011




In die saak tussen:



DIE STAAT

en

DENVER ISAACS …..............................................................................Beskuldigde 1

DENZIL RUITERS ….............................................................................Beskuldigde 2






V O N N I S




BOZALEK. R:



Die beskuldigde is skuldig bevind en moet nou gestraf word op aanklagte van menseroof; oortreding van artikel 3 van Wet 32 van 2007, dit wil se verkragttng, en die moord van die sewejarige Juanita Phillips op 24 Oktober 2009 builekant Sir Lowry's Pass Village.



Volgens die geykte gesag van S v Zinn 1969(2) SA 537(A) is daar drie faktore wat 'n hof by die oplegging van vonnis in ag behoort te neem; eerstens die beskuldigde as persoon - beide hy as persoon en die gevolge van die tenopgelegde vonnis; tweedens, die misdaad of misdade self - die wyse waarop dit uitgevoer is en die erns daarvan; en, derdens. die belange van die gemeenskap met betrekking tot die straf wat verwag word -asook genade wat aan die oortreder verleen behoort te word.



Wat betref die misdade self, dit wil se die verkragtings en die moordklagte (aanklagte 2, 3 en 5), val hulle binne die raamwerk van Wet 105 van 1997, die sogenaamde Minimum Vonnis Wetgewing, en is lewenslange gevangenisstraf as minimum vonnis van toepassing.



Volgens die bepalings van Wet 105 van 1997 mag hierdie Hof slegs van hierdie minimum voorgeskrewe vonnis afwyk indien wesenlike en dwingende omstandighede in die saak bevind word In S v Malgas 2001(1) SASV 469 (HHA) op 476f-477f is dit bevind dat wanneer howe met sekere misdade handel, dit nie meer "business as usual" is nie en, wat betref afwyking van minimum vonnisse, is gese "is not to be departed from lightly and for flimsy reasons which could not withstand scrutiny".



In die onlangse uitspraak in S v Matvitvi 2011(1) SASV 40 (HHA) het die Hoogste Hof van Appel bevind dat nege jaar na die Malgas uitspraak, kriminaliteit steeds aan die styg is, ten spyte van die instelling van die minimum vonnis wetgewing. Die Hof het verder gegaan en die relevansie van die minimum vonnis wetgewing beklemtoon. (Sien para [23] op 53):



"Despite certain limited successes, there has been no real let up in the crime pandemic that engulfs our country. The situation continues to be alarming. It follows that to borrow from Malqas. it still is 'no longer business as usual' and yet, one notices all too frequently the willingness on the part of sentencing courts to deviate from the minimum sentences prescribed by the Legislature for the flimsiest of reasons. Reasons as here do not survive scrutiny."



Die Hoogste Hof van Appel het weereens bevestig met verwysing na die Minimum vonnis wetgewing dat "courts are obliged to impose those sentences unless there are truly convincing reasons for departing from them". Nogtans moet dit altyd in gedagte gehou word dat, soos dit in S v Vilikazi 2008 ZASCA 87 (HHA) gestel was:



"Punishment must always be proportionate to the desserts of a particular offender, no less, but also no more. For all human beings ought to be treated as ends in themselves, never as a means to an end."



Ek handel eers met die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes. Beskuldigde 1 is gebore in Junie 1989. Hy is nou 21 jaar oud en was dus 20 jaar oud ten tye van die pleging van die misdade. Hy is ongetroud, het geen kinders en het gevorder tot St.6 op geskool. Hy het voorheen loswerkies gedoen en was n verkose lid van die gemeenskap se behuisingsforum. Van die balie af word ons meegedeel dat die beskuldigde HIV positief is, dat hy ly aan epilepsie en neem medikasie vir stres. Hierdie feitlike bewerings wat betref sy HIV status was nie deur die Staat aanvaar nie en, al het die beskuldigde geleentheid gekry om bewys te lewer daarvan. was hy nie in staat om te voldoen daaraan nie.



Beskuldigdes 1 is Yi eerste oortreder. Namens horn word daar ook aangevoer dat hy berou getoon het gedurende sy getuienis en, ek neem aan, deur sy optrede. dit wil se die uitwysing van die liggaam van die oorledene en so meer. Hy is in hegtenis aangehou as verhoorafwagtende sedert Oktober 2009 Dieselfde tydperk geld vir beskuldigde 2.



Wat betref beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede is hy nou 28 jaar oud. Hy het Vi lang vaste verhouding met die moeder van sy kinders wat tans drie en vier oud is. Hy het ook tot St.6 gevorder op skool en het ook loswerkies gedoen voor sy inhegtenisname. Sy kinders word nou versorg deur sy moeder en hul moeder.



Beskuldigde 2 het wel vorige veroordelings wat strek terug tot die jaar 2000 toe hy 17 jaar oud was. Hulle siuit in twee veroordelings vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal en hy is ook skuldig bevind van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Na sy eerste skuldigbevinding was hy na 'n verbeteringskool verwys.



Wat betref die kwessie van berou en beskuldigde 2 se rehabilitasie, dit dien vermeld te word dat in sy getuienis ter versagting van vonnis hy volgehou het dat hy geensins betrokke was by die verkragting of moord van die oorledene

nie.



Wat betref die aard en erns van die misdade is die volgende faktore relevant: eerstens, die oorledene was slegs sewe jaar oud ten tye van haar dood: tweedens, dit blyk dat beskuldigde 1 het ten minste die seksuele molestering van die oorledene beplan; derdens. hy het die oorledene, wie horn vertrou het. van haar ouerhuis weggevoer na 'n onbewoonde en bebosde area ten einde aan sy eie drange uitvoer te gee. Vierdens.

toe hy die toneel betree, in stede dat hy die oorledene help beskerm. het hy meegedoen aan die verkragting en moord van die oorledene. Vyfdens, die oorledene is volgens die post mortem verslag onderwerp aan nie alleenlik gewelddadige verkragting nie. beide vaginale en anaal, maar ook aan stomp geweld en uiteindelik was sy met haar eie skoenveter verwurg



Die oorledene is vermoor vir die uitsluitlike doel om nie die beskuldigdes as haar aanvallers uit te wys nie.



Laastens, hoe dit ook al gebeur dat beskuldigde 2 betrokke geraak het, het hy as ouer man ook nie geskroom om die oorledene te verkrag en te vermoor in pleks daarvan om haar te beskerm nie.



Wat die belange van die gemeenskap betref, staan dit soos Yi paal bo water dat die gemeenskap met alle regverdiging verwag dat die howe hulle kinders sal beskerm teen sulke oortreders deur die oplegging van gepaste vonnisse waarby ingesluit moet word *n sterk afskrikking en vergeldings element. Sien in hierdie verband S v Jeremia 1993(2) SASV 422 (NM) op 423b en S v B 1990(1) SASV 541 (K) waar die Hof homself soos volg uitspreek:

"Child abuse in what ever form it manifests itself, is to be condemned. The sentences in cases of child abuse often contain an element of deterrence intended to demonstrate to the offender and to the community that the abuse of young defenceless victims will not be tolerated."



In die huidige geval het ons te doen met Vi uiters wreed en meedoenlose verkragting en moord van 'n onskuldige kind. Die mediese getuienis van haar beserings en die oorsaak van haar dood dui aan hoeveel pyn en erge vrees sy moes verduur het in die laaste minute van haar lewe voordat dit so tragies kortgeknip is.



Beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede is nie gunstig nie. Hy het vorige veroordelings en. met 'n ouderdom van 26 jaar ten tye van die pleging van die misdade, kan hy nie staatmaak op jeugdigheid as 'n versagtende faktor nie. In die lig van die houding wat hy geopenbaar het, dit wil se sy volgehoue ontkenning van deelname in die verkragting en moord van die oorledene, is daar geen kwessie van berou aan sy kant nie met gepaardgaande negatiewe gevolge vir sy toekomstige rehabilitasie.

Die posisie wat betref beskuldigde 1 se persoonlike omstandighede is heelwat meer gunstig. Hy was nog jonk toe hy die misdade gepleeg het en is Vi eerste oortreder. Dit blyk verder dat hy 'n goeie voorbeeld in die gemeenskap gestel het deur 'n positiewe bydrae te maak tot die gemeenskap, onder andere, met die amp wat hy beklee het. Hy het wel tekens van berou getoon toe hy getuig het. toe hy die ligging van die oorledene se liggaam uitgewys het en met sy erkenning van verkragting van die oorledene. Maar daar moet ook in gedagte gehou word dat, ten minste aanvanklik. het hy die leidende rol gespeel deur die oorledene te ontvoer en verder dat hy nooit met die voile waarheid na vore gekom het nie.



Wat betref sy gesondheidsprobleme en in besonder sy HIV status, daar is nie aangevoer dat hy nie. soos talle ander gevangenes in sy posisie. behoorlike mediese behandeling daarvoor ontvang of sal ontvang nie in gevangenis in welke geval sy lewensverwagting behoort nie verkort te word nie.



Die bestaan al dan nie van wesenlike en dwingende omstandighede moet bepaal word binne die konteks van al die relevante feite en faktore met betrekking tot vonnis. Wat beskuldigde 2 betref bestaan daar na my mening geen wesenlike en dwingende omstandighede wat enigsins Yi afwyking regverdig van die voorgeskrewe vonnisse op klagtes

2 en 4, dit wil se die verkragting en moord van die oorledene


nie.



Wat betref beskuldigde 1, al is sy persoonlike omstandighede gunstig, word hulle na my mening nogtans heeltemal oorskadu deur die aard en erns van die misdade en die verswarende faktore wat daarmee gepaard gaan.



Gevolglik is ek van mening dat daar ook nie in die geval van beskuldigde 1 afgewyk kan word van die voorgeskrewe minimum vonnisse vir die verkragting en moord van die oorledene nie.



Met inagneming van al die relevante faktore en feite is ek van mening dat die volgende gepaste vonnisse is vir beskuldigde 1

en 2:



Klagte 1, ontvoering van die oorledene, EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF vir beide beskuldigdes 1 en 2.

Klagte 2, die verkragting van die oorledene deur beskuldigde 2, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.

Klagte 3. die verkragting van die oorledene deur beskuldigde 1, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.

Klagte 4, die moord van die oorledene deur beide beskuldigdes 1 en 2, LEWENSLANGE GEVANGENIS­STRAF.



Die twee vonnisse van lewenslange gevangenisstraf en die vonnis van een jaar gevangenisstraf opgele op beide beskuldigdes sal volgens artikel 39 van Wet 111 van 1998 gelyktydig uitgedien word.


BOZALEK, R