South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 365
| Noteup
| LawCite
S v Booysen and Another (SS06/11) [2011] ZAWCHC 365 (18 August 2011)
Download original files |
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(WESTERN CAPE HIGH COURT, CAPE TOWN)
Case No. SS06/11
In the mailer between:
THE STATE
and
CHANTEL BOOYSEN ….....................................................................................Accused 1
QUINTON AYSEN …............................................................................................Accused 2
Coram: ROGERS AJ
Judgment: ROGERS AJ
Heard: 1 - 4, 8,10-11,15,17-18 August 2011
Delivered: 18 August 2011
For the State: Adv S Raphels
For Accused I; Adv D Theunissen
For Accused 2: Ms F Viljoen
Paragraphs 1 - 12 are reportable as they deal with an issue (discharge in cases of multiple accused) on which there is not a great deal of guidance in reportable judgments). The rest of the judgment is purely factual.
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD)
Saak No: SS06/11
In die saak tussen:
DIE STAAT
v
CHANTEL BOOYSEN …...........................................................................Eerste Beskuldigde
QUINTON AYSEN …................................................................................Tweede Beskuldigde
UITSPRAAK
ROGERS WR
1. Die twee beskuldigdes, na wie ek gerieflikheidshalwe as Booysen en Aysen onderskeidelik sal verwys, staan tereg op een klag van moord. Die akte van beskuldiging beweer dat op of omtrent Vrydag 21 Mei 2010 en te of naby Pam Hof 6 Manenberg die beskuldigdes wederrcgtelik en opsetlik vir Caleb Booysen, 'n minderjarige manlike persoon, gedood hel deur hom aan te rand met hul hande en/of stomp voorwerpe. Die akte van beskuldiging beweer dat die bepalings van a51(1) van Wet 105 van 1997 gelees met paragraaf (d) van Deel 1 van Skedule 2 tot daardie Wet van toepassing is deurdat die misdaad deur 'n persoon, groep persone of sindikaat wat in die uitvoering of te bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering handel, gepleeg is. Met ander woorde, dit word beweer dat Booysen en Aysen vir Caleb vermoor het in die uitvoering of te bevordering van "n gemeenskaplike doel.
2. Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit. Ter verduideliking van haar pleit het Booysen deur haar regsverteenwoordiger, Mnr Theunissen, gese dat sy op 21 Mei 2010 om en by 17h00 Pam Hof 6 verlaat het op 'n stadium toe Caleb nog lewend en gcsond was en in die toesig van Ayscn, dat sy teen ongeveer 19h00 na die woonstel teruggekecr het en dat sy met haar terugkoms ontdek hei dat Caleb nie asem gehaal het nie. Ayscn, wat deur me Viljoen verteenwoordig was, het gekies om geen verduideliking van sy pleit aan te bied nie.
3. Die aanklaer, me Raphels, het toe die Staatsgetuies geroep. Hierdie getuies was (in die volgorde wat hulle getuig het): Rosaline Boltman ('n inwoner van Pam Hof), Forence Andrews (Booysen se niggie), William Bussack en Johanna Goeieman (albei inwoners van Pam Hof), Sers S Magidiwana (die eerste polisiebeamptc op die toneel), Konst Bksteen (die polisiebeample wat Aysen op Saterdag 22 Mei 2010 gearrestecr het), Cynthia Booysen (Booysen se ma), Dr IH Alii (die forensicse patoloog wat die nadoodse ondersock behartig het), en Konst Witbooi (die ondersoekbeamptc wat onderhoude met albei Booysen en Aysen gevoer het). Bk sal weereens gerieflikheidshalwe na hierdie getuies verwys deur hul vannc te gcbruik.
4. Sekere formele erkennings is kragtens a220 van die Strafproseswet gemaak voordat die Staat sy saak gesluit het. Ingevolge bewysstuk B, saamgelees met aanhangsels C tot F daarvan, het die beskuldigdes erkennings oor die volgende aangeleenthcde gemaak: die uitkenning van Caleb se liggaam; dat geen verdere bcserings aan sy liggaam veroorsaak is na die misdaad gepleeg is; die inhoud van Dr Alii se nadoodse ondersoekverslag; dat *n monster van Caleb se bloed die teenwoordigheid van 0.3 mg/1 metakaloon (dws mandrax) aangetoon het; en ander formele sake wat met die ketting van die forensicse getuienis verband gehou het. Hulle het ook *n stel fotos van Caleb se liggaam (bewysstuk G) en *n stel fotos wat die toneel te Pam Hof 6 uitbeeld, formeel erken. Die beskuldigdes het ook erken dat Caleb om 20h05 op 21 Mei 2010 formeel dood verklaar is. (Hicrdie was nie 'n erkenning van die lyd wat hy gesterf het nie. Soos aanstons sal blyk, het die getuienis bewys dat Caleb nie later as 18h50 gesterf het)
5. Gedurende die loop die Staat se saak het me Raphels gepoog om die oorkonde van die getuienis wat Booysen tydens haar borgaansoek gegee het op te handig. Rk het besiuit dat daardie oorkonde nie as deel van die Staat se saak toelaatbaar was nie en ek het voile redes op daardie stadium vir my besiuit verskaf. Ek het verder besiuit dat me Viljoen se aansoek namens Aysen dat die borgoorkonde deur die hof aanvaar moet word ten minste vir doeleindes van Aysen se verweer (sien S v Aimes en 'n Ander 1998 (1) SASV 343 (K)) voortydig was en licwers moet oorstaan tot tyd en wyl Booysen besiuit het om te geluig.
6. Aan die einde van die Staat sc saak het albei beskuldigdes aansoek om ontslag kragtens a!74 gedoen. Ek het die aansoekc geweier. Albei beskuldigdes hei toe hulle sake gesluit sonder om getuienis aan te bied .
7. Toe ek die aansoeke kragtens al74 geweier het, het ek gese dat ek voile redes vir die besiuit aan die einde van die saak sal verskaf. Ek het nogtans op daardie stadium 'n kort aanduiding van die basis van my besiuit gegee. naamlik fa] dat in die geval van Booysen, ek van mening was dat daar getuienis was waarop *n redclike persoon haar skuldig mag vind (gerieflikheidshalwe sal ek hierna as 'n "primafacie saak" verwys) [b] dat in die geval van Aysen, alhoewcl ek van mening was dat daar gecn prima facie saak teen horn was nie, dit nie onredelik was nie om te vermoed dat Booysen mag kies om getuienis aan te bicd cn dat sy sodoende Ayscn sou inkrimineer nie.
8. Wanneer daar 'n prima facie saak teen ln bcskuldigde aan die cinde van die Staat se saak is, is die hof nie by magte om die beskuldigde in gevolgc al74 te ontslaan nie (S v Lubaxa 2001 (2) SASV 703 (HHA) para 11). Ek was die mening toegedaan dat die Staat se getuienis 'n prima facie saak teen Booysen uitgemaak het, maar nie teen Aysen nie. Die redes vir hierdie gevolgtrekking sal later uit hierdie uitspraak blyk.
9. Nieteenstande die afwesigheid van 'n prima facie saak teen Ayson, blyk dit uit Lubaxa dat omstandighede kan ontslaan waar *n hof in sy diskresie ontslag mag weier as die moontlikheid bestaan dat die beskuldigde teen wie daar geen prima facie saak is deur sy mede-beskuldigde geinkriminccr mag word (paras 20-21). Die hof in Lubaxa het dit nic wenslik geag om die presiese omstandighede te bepaal waarin ontslag toegestaan of geweier behoort te word waar hierdie moontlikheid bestaan nie, omdat dit nie 'n aangeleentheid is wat in abstracto besluit kon word nie. In S v Nkosi en n Ander [2011] ZASCA 83 het die hof besluit dat een van twee beskuldigdes in daardie saak op die einde van die Staat se saak ontslaan behoort te gewees het omdat daar geen prima facie saak op daardie stadium teen horn was nie en omdat daar geen rede bestaan het om te verwag dat sy mede-bcskuldigde (teen wie daar wel 'n prima facie saak was) horn sou inkrimineer nie (paras 24-27).
10. As daar twee beskuldigdes is en as daar geen prima facie saak teen ten minste een van hulle is nie, sou dit volgens my mening nie in ooreenstemming wees met die beginsels wat in Lubaxa neergele is om ontslag te weier eenvoudig op grond daarvan dat daar rede is om te glo dat as een of albei sou kies om getuienis te gee hulle die vinger na die ander sal wys nie. As daar geen prima facie saak teen die twee beskuldigdes is nie, sou dit net deur ;n oordeelsfout soos beoog in paragraaf 16 van Lubaxa wees, dat een of albei van die beskuldigdes fcn keuse sou maak om getuienis af te le. Indcrdaad, as die hof in so *n geval ontslag weier en as die hof op daardie stadium redes vir sy besiuit verskaf, sou dit net deur fcn katastrofiese flater was dat een of albei van die beskuldigdes sou dan kies om getuienis aan te bied. Anders gestel, as die hof uitdruklik verklaar dat daar geen prima facie saak teen die beskuldigdes is nie, maar dat een van hulle nogtans mag kies om getuienis te gee en sodoende die ander te inkriminecr, sou die hof se boodskap aan die beskuldigdes effektief wees dat as albei swyg, albei onskuldig bevind sal word. Dit sou ook nie reg wees as die hof, ten einde hierdie boodskap te verswyg, sy redes vir die weiering van ontslag weerhou, omdat die enigstc docl vir die weerhouding van redes dan sou wees om die beskuldigdes in die duister te laat oor die hof se siening van die sterkte van die Staat se saak teen hulle. Wat nog erger is, is dat die hof se stilswye die wanindruk onder die beskuldigdes mag skep dat die hof wel van mening is dat daar 'n prima facie saak teen hulle is.
11. Die posisie is anders, na my mening, as, soos in die huidigc gcval, daar 'n prima facie saak teen een (X) van twee beskuldigdes (X en Y) is. In so 'n geval is dit nie onredeiik om te verwag dat X mag kies om getuienis af te Ic nic. As X in so 'n geval besiuit om geen getuienis aan te bied nie is dit nogsteeds moontlik dat hy onskuldig bevind mag word, maar die prima facie saak stel horn in gevaar om skuldig bevind te word. Die moontlikheid dat hy mag kies om getuienis te gee hang nie af van 'n beoordcelingsfout soortgelyk aan die wat in in paragraaf 16 van Lubaxa beoog is nie. As daar boonop rede is om te verwag dat X, indien hy getuienis gee, vir Y sal inkrimineer, sal dit volgcns my mening, die behoorlike regspleging onder verdenking bring om vir Y te ontslaan. Nadat X getuig het mag daar wel 'n prima facie saak teen Y wees. As Y dan kies om te getuig, sal dit op sterkte wees van die verdcre getuienis wat deur X voor die hof geplaas is.
12. Soos aangedui, toe ek ontslag geweier het, het ek 'n beknopte aanduiding van die basis van my besiuit verskaf. Dit is nie ongewoond dat 'n hof ontslag weier sonder om redes op daardie stadium te gee nie. Nogtans blyk dit vir my dat kn beskuldigde op billikheidsgronde daarop geregtig is om te weet, voordat hy besiuit of hy getuienis sal aanbied, of ontslag geweier is op grond van die hof se mening dat daar 'n prima facie saak teen horn is of op of grond van 'n uitoefening van die hof se diskresie. In die huidige aangeleentheid was ek die mening toegedaan dat Aysen nie onder 'n wanindruk behoort geplaas te word nie, naamlik dat die hof van mening was dat daar kn prima facie saak teen horn was nie. Met ander woorde, ek was van mening dat Aysen geregtig was om te weet dat as geen verdere getuienis in die saak aangebied word nie (met ander woorde, as Booysen geen getuienis aangebied het nie) hy nie geroepe was om 'n verweer te opper nie.
13. Soos genoem, het albei beskuldigdes hul sake gesluit op Donderdag 11 Augustus 2011 sonder om getuienis aan te bied. Die saak is daarna tot Maandag 15 Augustus vir betoog uitgeslel . Tydens bctoog het Me Raphels heeltemal tereg toegegee dat die Staat nie sy saak teen Aysen bewys het nie. Onmiddelik na die voltooing van argument het die hof vir Aysen vrygespreek en uitspraak, wat Booysen betref voorbehou. Ek het aangedui dat die voorbehoude uitspraak met die saak teen albei beskuldigdes sou handel.
14. Ek moet nou die stand van sake aan die einde van die hele saak in oorweging neem.
15. Ten tye van sy dood was Caleb twee jaar en twee maande oud. Booysen was sy ma. Die kind se pa was ene Vincent. Ten tye van Caleb se afsterwe het was Vincent in die tronk. Booysen het by Pam Hof 6 gebly. Aysen was haar kerel en het saam met haar gewoon te Pam Hof.
16. Soos aangedui, was Caleb fbrmeel om 20h05 op 21 Mei 2010 dood verklaar. Dr Alii, 'n mcdiese dokter met sewe jaar ondervinding in forensiese patologie, het die nadoodse ondersoek op 24 Mei 2010 behartig. Gedurende sy getuienis het hy die inhoud van sy nadoodse ondersoekverslag (bewysstuk D) verduidelik en daarop uitgebrei met verwysing inter alia na die fotos in bewysstuk G.
17 Caleb se liggaam was uhwendig oortrek met verskeie kneusings en verskeuringS- Hierdie beserings was op sy kopvel, gesig (insluitende sy mond), linker aim en pols, maag, laer rug, lies en boude. 'n X-straal het 'n buigbreuk van die binne en buitekant van die linker pols aangedui. Inwendig was daar kneusings van die diafragma, perikardel sak, anterior abdominale wand en derms. Daar was skeure in die mesenterium (die weefsel wat die ingewande aan die agterkant van die abdominale wand heg). Die linker nier het perinefriese bloeding getoon, 'n besering wat dr Alii met die uitwendige kneusing op Caleb se laer rug geassossieer hel. Met disseksie het kneusings van die testes voorgekom. Vrye bloed hel by twee plekke in die abdominale holtc voorgekom wat ondcrskeidclik 40 ml en 100-120 ml gemeet het. Daar was ook swelling van die brein.
18. Dr Alli het al hierdie beserings as vars beskryf en verenigbaar met toediening in wat hy as 'n "single incident period'' beskryf het. 11y het hierdie gevolgtrekking gemaak op sterkte van die kleur van die kneusings. Die gcwrig fraktuur was ook van onlangse oorsprong (daar was geen tekens van genesing; *n buigbreek van hierdie aard sou binne 'n dag of twee opgeswel het en pyn veroorsaak het). Hy het een ouer besering opgemcrk - *n kneusing op die agterkant van die linker kuit.
19. Dr Alli het getuig dat die abdominale holte geen vrye bloed behoort te bevat nie en dat die blocdpoele wat hy in Caleb se abdominale holtc gevind het nie deur die nadoodse disscksie veroorsaak kon geword het nie. Die bloed moes in die holte gesypel het terwyl Caleb nog geleef het. Dr Alii se mening was dat hierdie bloeding hoofsaaklik van die skeuring van die mesenterium afkomstig was. Die verlies aan bloed vanaf hierdie besering asook vanaf die ander beserings sou geleidelik gebeur het. Geen groot are was gedurendc die aanval op Caleb geskeur nie en geen skielikc katastroficsc bloed verlies het plaasgevind nie.
20. Caleb het uiteindelik aan *n verlies van bloed beswyk, dws die verlies van die bloed wat in die abdominale holtc cn in verskeie kneusings gesypel het en wat dus uit die blocdsomloopstelsel verlore gegaan het. Hierdie bloed verlies sou die bloedvloci na die brein verminder het met uiteindelike fatale aantasting van allc lewensfunksies. Dr Alii se skatting was dat Caleb 'n paar uur na die aanranding sou gesterf het ("a few hours"). In kruisondervraging het hy "n tydperk van drie tot vier urc geskat. Met die geleidelike verlies aan bloed sou Caleb meer en mccr lomerig geraak het met bewussynsverlies. Vir 'n tydperk na die aanranding sou hy miskien kon rondgerol en beweeg het, maar hy sou nie in staat gewees het om aan 'n kind se gewone dagsbedrywighede deel te neem nie.
21. Daar was kruisondcrvraging van Dr Alii oor die verskynsel van rigor morris. Hierdie ondervraging het ten doel gehad het om getuienis te ontlok oor die waarskynlike tyd van afsterwe. Dr Alii het getuig dat rigor mortis gewoonlik oor 'n tydperk van drie tot ses uur plaasvind. Rigor mortis sou in 'n klein and minder-gespierde liggaam stadiger gebcur as in 'n groter en gespierde liggaam. Rigor mortis ontwikkel vinniger in *n warm omgewing as in !n koue omgewing . Dit het geblyk dat voor sy kruisondervraging Dr Alii deur Mnr Theunissen gevra is om 'n twceminuut video van Caleb se liggaam te kyk. Hierdie video was na bewering om 21h28 op 21 Mei 2010 opgcneem. Die video was nie aan die hof getoon nie en dr Alii kon uit die aard van die saak geen bevestiging gee van die tydstip waarop dit opgeneem was nie. Hoe dit ook al sy, is hy gevra of hy daarmee saam stem dat die liggaam geen tekens van rigor mortis aangetoon het nie. Sy antwoord was dat dit mocilik vir horn was om daardie beoordeling net op sterkte van die video te maak, maar hy het tocgcgee dat dit geblyk het dat Caleb se arm buigbaar was(dws die arm was nie by die elmboog styf nie).
22. Dr Alli het getuig dat die beserings wat Caleb opgedoen het nie deur gewone spel veroorsaak kon gewees het nie. Die beserings was met aansienlike krag toegedien. Hy het die beserings gclykgcstel aan die wat mag voorkom as gevolg van 'n val van vyf tot ses meter. Daar was geen deurdringingvan die vel, wat aangedui het dat die interne beserings deur "bluntforce" veroorsaak was.
23. Dr Alii was deur me Viljoen gcvra of Caleb se beserings toegedien kon gewees het so onlangs as twee uur voor sy dood. (Hierdie lydperk was relevant tot Aysen se verweer, omdat Booysen beweer het dat sy vir Caleb in Aysen se toesig gelaat het vir ongeveer twee uur voor die kind se dood.) Dr Alii kon nie daardie moontlikheid uitsluit nie.
24. Daar was geen getuienis van enige getuie wat die aanval op Caleb gcsien of gchoor het. Daar was dus geen direkte getuienis oor die tyd van die aanval of oor wie die pleger sou gewees het nie.
25. Bussack se getuienis was dat hy en sy vriend Ismail by Booysen se woonstel teen ongeveer 09h00 op 21 Mei 2010 aangedoen het en dat hulle heroVen daar gerook het. Hy het gese dat Booysen, Aysen en Caleb teenwoording was. Mnr Theunissen het dit aan Bussack gestel dat alhoewel sy klient sou aanvaar dat Bussack somtyds heroicn by haar woonstel gerook het, sy sou ontken dat so 'n besoek op 21 Mci 2010 plaasgevind het. Bussack was vasbeslote dat hy en Ismail daardie oggend vir Booysen besoek het. I ly het onthou dat hierdie besoek op die dag van Caleb se dood gebeur het. Omdat Booysen geen getuienis aangebied het nie, het ek geen rede om Bussack se getuienis te verwerp nie. Uit sy beskrywing van die besoek blyk dit dat Caleb teen ongeveer 09h00 op 21 Mei 2010 nog iewend en gesond was.
26. Bussack het getuig dat nadat hul klaar gerook het, Ismail, Booysen en hy Pam Hof verlaat het om na Ismail se huis te stap om kos vir Caleb te kry. Hulle was net 'n kort rukkie by Ismail se huis. Booysen het toe na Pam Hof teruggekeer. Bussack het ook 'n kort tydjie daarna weer by Pam Hof aangedoen. Hy wou weer daar rook. Aysen het die deur skyns oopgemaak en vir horn gese dat Booysen nie daar was nie en dat hulle nie binne mag kom nie. Bussack het nie vir Caleb op daardie tydstip gesien nie.
27. Daar was geen verdere direkte getuienis oor Caleb se toestand op 21 Mei 2010 voor ongeveer 18H50 daardie aand. Boltman, wat in kn ander gedeelte van Pam Hof woonagtig was, is kort voor 18h50 deur Aysen geroep. Hy het aan haar deur geklop en gese dat Booysen na haar soek. Boltman het geanlwoord (sonder om die deur op te maak) dat sy besig was. 'n Kort ruk daarna het Aysen weer geklop en gese dat Booysen wou he dat sy na haar woonstel moet kom omdat Caleb nie asem gehaal het nie. By hierdie geleentheid het Boltman opgelet dat dit 18h50 was. Sy en haar man het onmiddellik hande gewas, lyfolie gevat en na Pam Hof 6 gehaas. Sy het Caleb se been aangeraak en gevoel dat dit koud was. Sy en haar man het Caleb se liggaam met olie gesalf en vir horn gebid.
28. Boltman se getuienis was nie in kruisondervraging wesentlik betwis nie. Uit Booysen se pleitverduideliking en uit wat sy vir die ondersoekbeampte, Witbooi, gese het, kan 4n mens die gevolgtrekking maak dat Boltman geroep was op 4n stadium toe Caleb nie meer asemgehaal het nie. Saamgevat met Boltman se getuienis dat Caleb se been alreeds koud was, en by die afwcsigheid van enige kruisondervraging van Boltman om te suggereer dat Caleb op daardie stadium enige tekens van lewe getoon het, kan dit aanvaar word dat Caleb teen nie later as 18h45 op 21 Mei 2010 gesterf het.
29. Goeieman het getuig dat sy erens tussen 13h00 en 14h00 op 21 Mei 2010 by die hoek buite Pam Hof gesit het toe sy sien hoe Booysen met ln rugsak verby stap. Mnr Theunissen het aan haar in kruisondervraging gestel dat dit nie gebeur het nie.
30. Andrews hei getuig dat Booysen (haar niggie) haar vroeg die aand van 21 Mei 2010 besoek het om iets te kry om te eet en om geld vir elektrisileit te leen. Andrews het gese dat Booysen voor 18h00 gearriveer het. Sy het vir 'n kort rukkie gebly, miskien 'n halfuur, beslis nie meer as kn uur nie. Onder kruisondervraging deur mnr Theunissen het Andrews bevestig dat die program 7de Laan op die televisie gespcel het op fcn stadium toe Booysen nogsteeds daar gekuier het. Daardie program vertoon tussen 18h30 en 19h00. Mnr Theunissen het vir Andrews in kruisondervraging gese dat Booysen met haar saamstem dat sy by Andrews se huis voor 18h00 aangedoen het. Mnr Theunissen het toe aan Andrew's gestel dat Booysen Andrews se huis voor 7de Laan klaar was verlaat het om na Pam Hof tcrug te keer. Andrews het dit nie betwis nie.
31. Booysen het vir Sers Magidiwana, wat teen ongeveer 19hl5 op 21 Mei 2010 by die toneel opgedaag het, gese dat sy vir Caleb in Aysen se toesig gelaat het teen ongeveer 17h00 en dat sy ongeveer 19h00 teruggekeer het en gevind het dat die kind dood was. Sy het vir Magidiwana gese dat sy vir Caleb van die slaapkamer (waar hy gele het) na die voorkamer gedra het. Caleb het in die voorkamer gele toe Boltman en haar man ingestap het om vir die kind te bid.
32. Booysen het hierdie weergawe herhaal toe Konst Witbooi later daardie aand "n onderhoud met haar gevocr het. Witbooi het ook getuig dat sy gedurende hierdie onderhoud vir horn gese het dat sy alleen in die woonstel met Caleb was terwyl Aysen by die wcrk was en dat toe Aysen vanaf die werk teruggekeer het, sy die woonstel verlaat het om geld by Andrews te gaan leen. Ten tye van hierdie onderhoud was Booysen nie 'n verdagte nie. Die onderhoud met haar op daardie stadium was as *n getuie. Aysen het verdwyn kort nadat Boltman by die woonstel aangedoen hel om vir Caleb le bid. en Aysen was op daardie stadium die persoon wal vermoedelik vir Caleb doodgemaak het.
33. Gedurende kruisondervraging het mnr Theunissen aan Witbooi gestel dat Booysen nie vir horn gese het dat Aysen by die werk was tot en met 17h00 nie. Witbooi se antwoord was dat Booysen inderdaad vir horn gese het dat Aysen by die werk was, maar dat sy nie vir horn spesifiekc tye genoem het nie. Ek het uit sy getuienis verstaan dat omdat Booysen vir horn gese het dat sy die woonstel teen ongeveer 17h00 verlaat het, en omdat sy haar vertrek met Aysen se terugkoms gekoppel het, hy die afleiding gemaak het dat Aysen teen ongeveer 17h00 teruggekom het. Mnr Theunissen het ook aan Witbooi gestel dat Booysen nie vir horn gese het waar Ayscn was toe hy weg was van die woonstel af nie. Met andcr woorde, sy het nie gewect wat hy gedurende sy afwesigheid gemaak het nie.
34. Wat Aysen se weergawe betref, het Eksteen getuig dat onmiddelik nadat Aysen gedurende die oggend van 22 Mei 2010 gearresteer is, hy vrywillig aan Eksteen meegedeel het dat vroeer die vorigc dag (21 Mei 2010) Booysen vir Caleb geslaan het cn teen 'n tafel gcslinger het. Hy het ook gese dat gedurende die aand van 20 Mei 2010 Booysen vir Caleb met haar handc half-verwurg het. (Daar kan hier genoem word dat die nadoodse ondersoek interne kneusings op die linker kant van die nek area geopenbaar het.) Aysen het ontken dat hy enigiets aan Caleb gedoen het nie en het gese dat die polisie licwers vir Booysen moet vra wat met die kind gebcur het. Hy het vir Eksteen gese dat hy vroeg die aand na die woonstel tcruggekeer het en dat Booysen toe uilgcgaan het. Hy het gedink dat Caleb geslaap het. Met Booysen se terugkeer het sy na Caleb gekyk en het sy gevind dat hy nie asem gehaal het nie. Sy het Aysen gestuur om hulp te kry.
35. In haar kruisondervraging van Witbooi het me Viljoen aan horn gestel dat Aysen eers tussen 17h30 en 18h00 na Pam Hof teruggekeer het, en nie teen 17h00 soos Booysen aan Witbooi beweer het nie.
36. Andrews het getuig dat haar huis nie verder as 'n stappie van ongeveer 15 minute vanaf Pam Hof 6 gelec is nie. Sy het ook getuig dat Booysen nie langer as 'n uur by haar gekuier het nie. Aangesien Boltman teen ongeveer 18h50 geroep was, en aangesien dat dit Booysen se weergawe is dat hulp onmiddelik na haar terugkoms by die woonstel geroep was, kan 'n mens die gevolgtrekking maak dat sy moes leen ongeveer 18h45 by Pam Hof 6 gearrivecr het. Dit sou aandui dat sy Andrews se huis kort na 18h30 (dws kort na die begin van 7de Laan) verlaat het. As ln mens die veronderstelling in Booysen se guns gemaak dat sy by Andrews vir 'n voile uur gekuier het (Andrews se langste skatting van die tydsduur van die besoek) sou Booysen by Andrews se huis teen ongeveer 17h30 aangekom het. Die sou haar vertrek vanaf Pam Hof op 17hl5 ten vrocgste plaas. Hierdie gevolgtrekking spruit voort uit die getuienis van die Staat se getuies en van dit wat Booysen self aan die polisie gese het en wat sy deur haar regsverleenwoordiger aan die getuies gestel het.
37 Wat Aysen betref, daarinteen, kan nie gese word dat hy beslis so vroeg as 17hl5 na Pam Hof teruggekeer het nie. So 'n gevolgtrekking sou in gedeelte op Booysen se vcrklarings rus, en daardie verklarings is nie teen Aysen toelaatbaar nie. Die meeste wat van horn gese kan word is dit wat hy deur me Viljoen beweer het, naamlik dat hy tussen 17h30 en 18h00 by Pam Hof teruggekeer het. Hierdie weergawe mag wel waar wees, omdat my gevolgtrekking (wat Booysen betref) dat sy die woonstel nie vroeer as 17hl5 verlaat het, nie die redelike moontlikheid uitsluit dat sy die woonstel eers na 17h30 kon verlaat het nie. Byvoorbeeld, as haar besoek aan Andrews se huis net kn halfuur geduur het, sou dit beteken dat sy Pam Hof teen ongeveer 17h40 verlaat het en dat sy by Andrews se huis net voor 18h00 aangedoen het.
38. In die afwesigheid van getuienis van die twee beskuldigdes sien ek geen gronde - wat Booysen belref- om nie op haar verklaring aan Witbooi te steun nie, naamlik dat Aysen se terugkeer na die woonstel en haar vertrek om Andrews te besoek in kousale verband gestaan het nie.
39. In die proses van redenering deur afleiding wat hierdie saak verg, is daar sekere verdere feite waarna ek nou verwysing moet maak. Goeieman en Busssack het getuig dat hulle gesien het hoe Booysen vir Caleb op vorigc geleenthede mishandel het.
40. Bussack, wat vriende met Caleb se pa, Vincent, was, het vir die polisie in sy verklaring gese (en in sy getuienis bevestig) dat hy van tyd tot tyd by Booysen se woonstel gekuier het om dwehns te rook. Booysen het gereeld op Caleb geskreeu en gevloek, waarop hy gehuil het. Dit was Bussack se mening dat veral nadat Caleb se pa na die tronk gestuur is, Booysen gefrustreerd met Caleb geraak het. Hy het egter nooit gesien dat Booysen vir Caleb slaan nie.
41. Soos vroeer opgemerk, het Bussack en sy vriend Ismail by Booysen se woonstel op die oggend van 21 Mei 2010 gekuier om heroin te rook. Hy het getuig dat Caleb begin huil het en dat Booysen toe vir horn getart en horn nageaap het. Ismail het beswaar gemaak en gese dat Caleb miskien net hongcr was. Nadat hulle klaar gerook het, het hulle saam met Booysen vertrek om kos vir Caleb te gaan haal.
42. Aysen was nie aan Bussack wel bekend nie. Aysen was 'n vriend van Bussack se pa. Bussack het getuig dat hy nooit gesien het dat Aysen vir Caleb mishandel het nie (he was "nooit snaaks met Caleb nie"). My het nooit gesien dat Aysen die kind slaan of op horn vloek nie. Inteendeel, daar was geleenthede waar Aysen met Bussack gepraal het en vir horn gevra het om met Booysen te praat oor haar hantering van Caleb.
43. Mnr Theunissen het nie in sy kruisondervraging van Bussack. laasgenoemde se beskrywing van die manier waarop Booysen en Aysen onderskeidelik vir Caleb behandel het, betwis nie. Hy het Bussack uitgenooi om kommentaar te lewer op Booysen se verduideliking, naamlik dat sy gefrustreerd geraak het weens die feil dat sy alleen met die kind gelos is en dat daar 'n tekort aan kos en geld was. Bussack het saamgestem en het bevestig dat Booysen oor hierdie probleme met horn gesels het.
44. Goeieman se ma het by Pam Hof gebly. Om redes wat nie duidelik is nie, het Goeieman (wat 24 jaar oud is) en haar baba vir 'n paar aande net voor 21 Mei 2010 by Pam Hof 6 oorgcslaap. Sy het getuig dat op die aand van 18 Mei 2010 sy in die voorkamer met haar baba was terwyl Booysen en Caleb in die slaapkamer was. Sy het gehoor hoe Booysen vir Caleb vloek en het 'n enkele klap met *n plat hand gehoor. Caleb het toe huilend na die voorkamer deurgeloop waar Goeieman horn probeer troos het. Op 19 Mei 2010 was daar *n verdere voorval waar Booysen vir Caleb gevloek het en 'n lee beker met aansienlike krag in Caleb se gesig gegooi het. Die volgende dag (20 Mei) het Goeieman en Booysen buite 4n koskombuis tougestaan. Dit het geblyk dat Caleb in die pad wou hardloop. Booysen het hom teen die agtcrkop geklap en horn grof aan die kraag teruggeruk. In die algemeen was dit Goeieman se getuienis dat Booysen bale ongeduldig met Caleb was en dat sy hom gereeld geslaan en gevloek het. Sy het ook kn voorval waargeneem waar Caleb sy ma, wat gesit het, genader het, en sy hel gesien hoe Booysen toe vir hom met haar voet wegstamp.
45. Alhoewel sekcre besonderhede van Goeieman se getuienis in kruisondervraging betwis is, was haar algemene beskrywing van Booysen se verhouding met Caleb nie ingeskil geplaas nie. Weereens was dit aan Goeieman vir haar kommentaar gestel dat Booysen se frustrasie met Caleb voortgevloei het uit die feit dat Vincent in die tronk was en uit haar armoede. In die afwesigheid van getuienis vanaf Booysen vind ek geen rede om die besonderhede van Goeieman se getuienis te verwerp nie.
46. Booysen se ma, Cynthia, hel ook sekere voorval !e van rowwe hantering van Caleb deur Booysen beskryf. Ek is nie gcneig om veel gewig aan hierdie getuienis te heg nie. Sy het *n slegte verhouding met haar dogter gehad. My indruk was dat Cynthia Booysen se verstand deur die misbruik van dwelms cn/of alkohol erg aangctas is.
47. Soos opgemerk, het Bussack getuig dat hy het nooit gesien dat Ayscn vir Caleb mishandel het nie en dat Aysen in tecndeel namens Caleb tussenbeide getree het. Daar was geen ander getuienis wat 'n mens sou laat dink dat Ayscn ooit geweldadig teenoor die kind opgetree het nie. Aysen was nie Caleb se pa nie. Hy het geen formele verantwoordelikheid vir Caleb sy welsyn gedra nie. Mnr Theunissen het dit nie aan Bussack, of aan enige ander gcluie, gestel dat, volgens Booysen, Aysen ooit rof teenoor die kind sou opgetree het nie.
48. Ek wend my new tot oorweging van die afleidings wat op redelik sterkte van die getuienis gemaak kan word. Ek hande! eerstens met Booysen. Die beoordeling van die Staat se saak teen haar, sluit in die getuienis wat in haar weergawe aan die polisie bevat is asook die stcllings van haar regsverteenwoordiger aan die getuies. Daar is ook die weergawe wat Aysen aan die polisie gegee het. Alhoewel hierdie weergawe (wat Booysen betref) op hoorse neerkom, het me Raphels in die loop van die Staat se saak kennis gegee van haar voornemc om daarop te steun teen Booysen. Mr Theunissen het nie teen die loelating van die hoorse getuienis op hierdie basis beswaar gemaak nie met dien verstande dat die gewig wat daarop geplaas kan word 'n heel ander kwessie was.
49. In die proses van redenering deur afleiding is die kritieke vraagpuntc die volgende: [a] of die afleiding dat Booysen vir Caleb die beserings toegedien het met al die bewese feite strook, en [bj of die bewese feite elke ander redelike atleiding uitsluit (R v Blom 1939 AD 188 op 202-203; S v Bredenhann [2009] 2 All SA 135 (HA) para 6; S v Nduna 2011 (1) SASV 115 (HA) para 14).
50. In wese was Booysen se weergawe aan die polisie en deur haar regsverteenwoodiger dat Caleb aangerand is nadat sy die woonstel verlaat het om vir Andrews te besoek. Sy het daardeur vir Aysen geinkrimineer. Dit maak dus sin om met die afleiding wat sy wou he die hof moet maak te begin, naamlik dat Aysen vir Caleb aangerand het tenvyl sy by Andrews gekuier het. Hierdie was dan ook die alternatiewe afleiding waarop Mr Theunissen in sy betoog gesteun het (dws as alternatief tot die atleiding dat sy klient die misdaad geplecg het).
51. Ek het alreeds gese dat Booysen nie vroeer as 17h 15 haar woonstel kon verlaat het nie en dat Caleb dood gevind is toe sy na die woonstel teen ongeveer 18h45 teruggekeer het. Dr Alii se getuienis was dat Caleb se dood kn "few hours" nadat die beserings toegedien is, sou gevolg het. Alhoewel hy nie die moontlikheid kon uitsluit dat die beserings so onlangs as twee ure voor dood toegedien was nie, was die algemene trant van sy getuienis aanduidend van hn langer periodc. *n Tydperk van net *n uur en *n half vanaf aanranding lot sterwe blyk nie met sy getuienis as geheel te strook nie. Sy getuienis onder kruisondervraging oor die kwessie van rigor morris blyk nie vir my die saak veel verder te voer nie. Die video (wat die afwesigheid van rigor mortis kwansuis sou aangedui het) was nie behoorlik bewys nie en was nie as getuienis aangebied nie. Al aanvaar 'n mens dat die video teen 21h28 opgeneem is en dat geen rigor mortis op daardie stadium aanwesig was nie, sou dit slegs 'n aanduiding wees dat Caleb minder as ses uur vroeer moes gesterf het. Uit ander getuienis weet ons dat Caleb teen nie later as 18h45 gesterf het (dws ongeveer 2Va uur voor die video opgeneem is). Die afwesigheid van rigor mortis sou met Caleb se sterwe teen 18h45« of vroeer, strook. Uit Booysen se oogpunt is die mees gunstige beskouing van die saak die wat die tyd van dood so laat moonlik plaas, dws net voordat sy by Pam Hof teen ongeveer 18h45 teruggekeer het. Die belangrike punt is dat die aanranding nie op die tydstip van sterwe plaasgevind het nie, maar (volgens dr Alii) *n paar uur vroeer.
52. Die afleiding dat Caleb deur Aysen aangerand was en dat Caleb een en *n half uur daama gesterf het sou op twee postulate rus, naamlik [a] dat Aysen vir Caleb onmiddellik na Booysen se vertrek teen 17hl5 aangerand het en [b] dat Caleb net voor Booysen se tcrugkoms teen 18h45 gesterf het. Wat die eerste van hierdie postulate betref, is daar geen inherente waarskynlikheid in die stelling dal Aysen hoegcnaamd vir Caleb aangerand hel nie. In die verlede het hy geen neiging getoon om gewelddadig teenoor die kind op te tree nie. In die verlede was dit Booysen, eerder as Aysen wat 'n onvcrmoe getoon het om haarself te beheer onder druk van die gewone gedrag van haar kind. Al aanvaar *n mens dat Aysen kon 'n uitbarsting gehad het ("snapped"), sou dit seersekerlik 'n aansienlike tyd gcvat het voordat dit sou gebeur het, byvoorbeeld 'n uitgerekte voorval van gchuilery deur Caleb. Aysen het geen rede gehad om onmiddellik na Booysen se vertrek vir Caleb wreed aan te val nie.
53. Die tweede postulaat, naamlik dat Caleb net voor Booysen se terugkoms gesterf het, sou aan 'n alreeds onwaarskynlike beskouing van die saak, 'n opvallende tocvalligheid byvoeg.
54. Derhalwe, en selfs sou 'n aanranding so onlangs as een en *n half uur voor sterwe met die mcdiese getuienis vcrsoenbaar wees, is ek van mening dal die moontlikheid dat Aysen onmiddellik na Booysen se vertrek vir Caleb aangerand het, so onwaarskynlik is dat dit as 'n redelike moontlikheid uitgcsluit kan word, 'n Aanranding op 'n aansienlike latere stadium as 17h 15 sou na my mening deur die mediese getuienis uitgesluit word.
55. Mr Theunissen het aangevoer dat die afleiding dat Aysen die aanranding kon gepleeg het, verslerk is deur sy gedrag onmiddellik na Caleb se dood. Hy het by die wooslel aangebly net totdat Boltman en haar man daar aangekom het en het kort daarna verdwyn. Hy is die volgende oggend deur Eksteen by 'n klein stoorkamer opgespoor wat miskien as 4n skuilplek beslempel kan word. Aysen hel sy gedrag aan Eksieen verduidelik: hy was bevrees dat almal hom sou blameer omdat hy die laaste persoon was in Caleb teenwoordigheid. Ek kan hierdie bekommernis verstaan veral as in gedagle gchou word dat Booysen beweer het dat Caleb lewcnd en gesond was toe sy vertrek het. Dit is ook nie heellemal duidelik dat Aysen wel weggekruip het nie. Smousery het in daardie gebied plaasgevind en Aysen, wat 'n smous is, was onder die smouse daar bekend. In elk geval, kan daar nie bevind word dat Aysen se optrede die gevolg was van 'n skuldige gewete nie.
56. Dit is dus my gcvolgtrekking dat Caleb aangerand moes gewees het voordat Booysen die woonstel teen (ten vroegste) 17hl5 verlaat het. Is daar 'n redelike moontlikheid dat iemand anders as Booysen die aanranding in haar teenwoordigheid kon uitgevoer het? Die antwoord moet ontkennend wees. Booysen het vir die polisie en (deur haar regsverteenwoordiger) vir die hof 'n vcrontskuldigende weergawe aangebied. Die beste en mees voor die hand liggende verontskuldigende weergawe (as dit waar was) sou gewees het dat sy *n aanval op Caleb deur iemand anders waargeneem het. Sy het op geen stadium so 'n suggestie gemaak nie. Tnteendeel sy het beweer dat Caleb lewcnd en gesond was toe sy die woonstel verlaat het.
57. Is dit 'n redelike moontlikheid dat die aanranding deur iemand anders gepleeg is, toe Booysen in die woonstel teenwoordig was, maar dat sy onbewus was daarvan? Weereens moet die antwoord ontkennend wees. Die fotos en skets in bewysstuk "H" toon 'n nederige woonplck met twee kleinerige voorkamers en 'n slaapkamer. Die wreedheid van die aanranding was van so "n aard dat niemand wat ten tye van die voorval in die w;oonstel teenwoordig was onbewus daarvan kon gebly het nie. 'n Mens kan boonop aanvaar dat as iemand anders as Booysen vir Caleb aangerand het. hy sou gcskreeu het en huilend na sy ma gegaan het. Booysen kon nie onder daardie omstandighede geglo het dat die kind lewend en gesond was toe sy die woonstel verlaat het om vir Andrews te besoek nie.
58. Is dit redelik moontlik dat Caleb of deur Aysen of deur 'n onbekende derde party voor 17hl5 aangerand is, maar op 'n stadium toe Booysen van die woonstel afwesig was? Soos ek alreeds gese het, was Booysen se eie weergawe dat Aysen weg was van die woonstel en dat met sy terugkoms sy vertrek het om vir Andrews te besoek. Indien Booysen vir Caleb alleen met Aysen of *n derde party vroeer in die dag gelos het. sou sy dit sekerlik vir die polisie gese het, want sy wou haarself veronskuldig. Daar is geen twyfel dat sy saam met Caleb was, heel waarskynlik alleen, vir 'n hele ruk voordat Aysen in die laatmiddag teruggekeer het. As Caleb op 'n vroeer stadium daardie dag aangerand was, is dit mocilik om te begryp hoe die kind se ma onbewus kon gebly het van die aanranding gedurende die ure wat sy daarna in die namiddag met Caleb deurgcbring het. Onmiddelik na die aanranding sou Caleb groot pyn gely het. Sy onsteltenis sou vir sy ma voor die hand liggend gewees het. Daarna sou hy geleidclik lomerig geraak het. As hy lomerig of half-bewusteloos was gedurende die uur of twee voordat sy die woonstel verlaat het om vir Andrews te besoek, sien ek nie hoc sy kon versuim het om te besef dal daar icts crnstig fout was mei die kind nie . En as hy nog nie lomerig was me, sou sy onsteltenis vir haar duidelik gewees het.
59. Die moontlikheid van 'n aanranding deur 'n onbekende derde party is op verdere gronde totaal onwaarskynlik. Die nadoodse ondersoek het geen tekens van scksuele molestasie aangedui nie. Daar was geen inbraak by Pam Hof 6 gerapporteer nie. Om watter rede sou *n onbekende derdc party moedswillig 'n twee jaar oud kind wreed aangeval het?
60. Wat dan van die moontlikheid dat Booysen self vir Caleb aangerand het? Hierdie moontlikheid blyk die enigste oorblywende afleiding te wees en dit is heellemal waarskynlik. Dit is natuurlik so dat 'n kind gewoonwcg daarop geregtig is om te verwag dat hy liefde en sagtheid van sy moeder sal kry, en nie mondelingse en fisiese aggressie nie. Caleb se kort lewe was ongelukkig anders. Daar is direkte, gcloofwaardigc en meeslal onbetwiste getuienis oor haar mishandcling van die kind. Sy het sclfs redes vir haar gedrag aan haar vriende en deur haar regsverteenwoordiger aangebied, naamlik dat die kind se pa in die tronk was, dat sy alleen met die kind gelos was, dat dit swaar met haar gegaan het en dat sy met armoede gcsukkel het. Geen beswaar is teen die toelating van die getuienis oor Booysen se behandeling van die kind aangeteken nie en Mnr Theunissen het nie in sy betoog aangevoer dat hierdie getuienis ontoelaatbare soortgelyke-feite getuienis is nie. Ek hoef dus nie op daardie netelige onderwerp in te gaan nie behalwe om te se dat die getuienis na my mening wel toelaatbaar en relevant is - sicn veral Zefferlt et al The South African Law of Evidence (2003) bl 280-281).
61. Daar kan boonop bygevoeg word, dat volgens Witbooi, het Booysen geen emosie of droefheid op die aand van 21 Mei 2010 of toe sy op 23 Mei 2010 gearresteer isgeloon nie. Mnr Theunissen het aan Witbooi gestel dat daar mense is wat hartseer kan ervaar sonder om lekcns daarvan na buite te toon, maar hy het nie Witbooi se beskrywing van Booysen se houding betwis nie.
62. Sodra die moontlikheid uitgesluit word dat Aysen die aanranding gepleeg het nadat Booysen die woonstel verlaat het om vir Andrews te besoek, is daar ook die feit dat Booysen die bewering gemaak het dat Caleb lewend en gesond was toe sy teen ongeveer 17hl5 vertrek het. Dit kan eenvoudig nie waar w;ees nie. As Caleb alreeds aangerand was en as die pleger iemand andcrs as Booysen self was, sou sy 'n verontskuldigende weergawe tot dien effek aangebied het. Inteendeel, sy het valslik beweer dat Caleb ongedeerd was toe sy die woonstel verlaat het. Daar is ook die hoorse getuienis van wat Aysen vir die polisie gese het. Omdat hoorse getuienis uit die aard van saak nie getoets kan word deur kruisondervraging nie, kan dit gewoonlik nie dieselfde gewig dra as direkte getuienis nie. Mr Theunissen het ook aangevoer dat Aysen rede gehad het om 'n vals weergawe te gee, naamlik om homself te beskerm. Maar die hof hel alreeds, op ander gronde, tot die slotsom gekom dat dit nie redelikc moontlik is dat Aysen vir die aanranding verantwoordclik kon gewees het nie. Om daardie rede hoef sy hoorse weergawe nie met dieselfde skeptisisme beskou te word as wat anders die geval mag gewees het nie. Daar is ook die feit dat sy hoorse weergawe tot 'n mate deur die mediese getuienis gestaaf is: daar was interne/inwendige kneusings in die nek area, en die kneusing op Caleb se laer rug sou met 'n harde stamp teen kn tafel strook. Aysen se weergawe kan dus as 'n brokkie getuienis op die weegskaal bygevoeg word.
63. Bowendien is daar die feit dat nieteenstande die bestaan van 'n prima facie saak teen haar, Booysen gekies het om nie getuienis af te le nie. Dil was haar reg om te swyg maar dan moet sy haar met die gevolge daarvan vereenselwig. As Caleb lewend en ongedeerd was toe sy die woonstel teen of later as 17hl 5 verlaat het, was sy in staat om dit onder eed vir die hof te se. Ek sou ook gedink het dat Booysen, syndc die kind se ma en primere versorger , in hierdie omstandighede haarself wou verdedig teen die aantuiging dat sy haar eie kind doodgemaak het. 'n Mens kan die moontlikheid met veiligheid uitsluit dat sy weens 'n onbesonne gevoel van lojalitiet teenoor Aysen geswyg het. Tot met die sluiting van haar saak, het sy geen voorbchoud getoon om vir Aysen te inkrimineer en haarself te verontskuldig nie. Haar versuim om haar weergawe onder eed aan te bied regverdig 'n ongunstige afleiding wat in die weegskaal geplaas kan word as die hof die besluit maak of haar skuld bo redelike twyfel bewys is (sien S v Mavinini 2009 (1) SA SACR 523 (SCA) para 23; S vRinquest [2010] ZAWCHC 577 paras 30-35). \n S v Boesak 2001 (1) SASV 1 (KH) het die hof dit soos volg gestel (1 le-f):
"The fact that an accused person is under no obligation to testify does not wean that there are no consequences attaching to a decision to remain silent during the trial If there is evidence calling for an answer, and an accused person chooses to remain silent in the face of such evidence, a court may well be entitled to conclude that the evidence is sufficient in the absence of an explanation to prove the guilt f the accused. Whether such a conclusion is justified will depend on the weight of the evidence."
64. Mnr Theunissen het aangevocr dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Booysen haar kind sou aangerand het en toe koelbloedig weggestap het om haar niggie te besoek en kos te eet. Wat daardie submissie uit die oog verloor is dat Booysen, soos ek aanstons sal verduidelik, wel kon versuim het om op daardie stadium die kritieke ems van die siluasie te besef.
65. In al die omstandighede is dit die hof se bcvinding dat dit bo alle redelikc twyfel bewys is dat die beserings wat Caleb se dood veroorsaak het deur Booysen toegedien is.
66. Dit sal uit die voorgaande ontleding ook blyk hoekom dit nie bevind kon word dat die Staat bo alle redclike twyfel bewys het dat Aysen betrokke of as 'n pleger of as 'n bystander was nie. Sy besiuit om geen getuienis aan te bied regverdig nie, soos in Booysen se geval, in ongunslige afleiding nie. Toe die hof sy aansoek om ontslag geweier het, het die hof gese dat daar geen prima facie saak teen horn was nie. In die lig van hierdie voorlopige bevinding was hy nie geroepe om getuienis aan te bied nie, tensy Booysen getuienis voor die hof geplaas het wat horn geinkrimineer het.
67. Die feit dat Booysen die beserings toegedien het, beteken nie dat die Staat bo alle redelikc twyfel bewys het dat sy Caleb vermoor het nie. Voordat haar optrede as moord geklassifiseer kan word moet die hof bo alle redelik twyfel tevrede wees dat sy Caleb met opsct doodgemaak het. Die Staat het beslis nie bewys dat sy so *n opset in die vorm van dolus directus gehad het nie. Met ander woorde, die Staat het nie bewys dat sy vir Caleb aangerand het omdat sy wou he dat hy moet dood gaan nie. Die getuienis van haar vroeer mishandeling van die kind en die redes daarvoor dui eerder daarop dat sy leen horn weldadig gereageer het weens een of ander voorval wat die stoot gegee het tot haar onderdrukte frustrasic. Inderdaad was Caleb nie daar en dan gedurende die aanval doodgemaak nie. Hy het 'n paar uur oorleef. Dit is nie onwaarskynklik dat Booysen daarvan onbewus was dat Caleb se geleidelike lomerighcid die gevolg was van ernstige interne beserings en die voorloper van die dood was. Die feit dat sy Andrews gaan besoek het om iets te kry om te eet en elektrisiteit te koop, is *n aanduiding dat sy miskien nie die ems van die situasie besef het nie.
68. Die volgende vraag is of Booysen se geestesloesiand met sogenaamde dolus eventualis ooreengestem het. Met ander woorde, hel sy subjektief die moontlikheid dat haar aanval op Caleb tot sy dood mag lei voorsien en was sy roekeloos aangaande die feit dat die aanranding noodlottige gevolge mag meebring? As dit haar geestestoestand was sou sy nog steeds aan moord skuldig bevind kon word (S v Sijwahla 1967 (4) SA 566 (A) at 570B-E; 5v Van Aardt 2009 (1) SASV 648 (HA) paras 36-40). Omdat daar selde direkte getuienis oor 'n beskuldigde se geestestoestand is, is die Staat geregtig om op afleiding te steun, maar dan moet die hof bo alle redelike twyfel tevrede wees dat die beskuldigde inderdaad subjektief die moontlikheid van noodlottige gevolge voorsien het en dat die beskuldigde roekeloos aangaande die gevolge was. Dit is nie genoeg dat *n redelike persoon in die beskuldigde se posisie die moontlikheid van die dood sou voorsien het nie.
69. Daar is geen getuienis in hierdie saak oor die presiese omstandighede waarin die aanranding plaasgevind het nie. 'n Mens weet nie of daar *n enkele voorval of 'n paar uitbarstings gedurende die dag was nie. 4n Mens weet ook nie wat presies aanleiding gegee het tot die aanranding nie. Soos ek alreeds opgemerk het is dit nie onwaarskynlik dat Booysen teenoor Caleb gereageer het weens fcn optrede van sy kant wat haar opgesliute druk en frustrasie laat uitbars het. Alhoewel die medicsc getuienis daarop op dui dat 'n baie ernstige aanranding plaasgevind het, is ek nie, gegewe die emosionele toestand waarin Booysen mag verkeer hel, daarvan oortuig dat die gedagle dat haar kind mag doodgaan noodwendig haar bygeval het nie. Haar daaropvolgende optrede deur Andrews te besoek mag miskien 'n aanduiding wees, soos ek alreeds gese het, dat sy nie die erns van haar gedrag teenoor Caleb besef het nie.
70. Die hof kan dus Booysen nie aan moord skuldig bevind nie. Daar is egter geen huiwering by my nie dat *n redelike persoon in Booysen se posisie die moontlikheid sou bescf het dat om 'n kind van twee jaar onderworpe te stel aan die soort gewcld wat deur die nadoodse ondersoek aangedui is, tot die kind se dood mag lei nie. Die gepaste skuldigbevinding is dus een van strafbarc manslag. Dit is 'n bevoegde skuldigbevinding op 'n klag van moord (s258(i)).
71. Die eerste beskuldigde, Chantel Booysen, word dus aan strafbare manslag skuldig bevind.
72. Die tweede beskuldigde, Quinton Ayscn, was, soos voorheen genoem en weens redes wat hieruit blyk, op die klagte wat teen hom ten laste gele is, vrygespreek.
ROGERS AJ
17 AUGUST 2011