South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 179

| Noteup | LawCite

S v Swart (SS17/12) [2012] ZAWCHC 179 (21 September 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: SS17/12

DATUM: 21 SEPTEMBER 2012

In die saak tussen

DIE STAAT

en

JOHANN SWART




UITSPRAAK




GOLIATH, R:



Die beskuldigde voor die hof staan tereg op vyf aanklagtes, naamlik, huisbraak met die opset om 'n misdaad onbekend aan die staat te pleeg, twee aanklagtes van statutere verkragting, roof met verswarende omstandighede en moord.

Die bewering is dat die beskuldige op of omtrent Sondag 5 Junie 2011 en te of naby die Eden Shine Christian Skool te Cradockstraat 72 George in die distrik van George wederregtelik en opsetlik die woning van Sone Romane Lindoor ingebreek en binnegegaan het met die opset om 'n misdaad aan die staatsaanklaer onbekend te pleeg. Verder word beweer dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik handelinge van seksuele penetrasie met ene Sone Romane Lindoor gepleeg deur haar vaginaal en anaal te penetreer sonder haar toestemming. Wat die roofaanklagte betref word beweer dat die beskuldigde by dieselfde plek wederregtelik en opsetlik ten einde vir Sone Romane Lindoor tot onderwerping te dwing, haar geweld aangedoen het deur haar met 'n mes en/of messe te steek en/of met 'n pan te slaan en/of ander geweldade aan te doen en haar toe van sekere items, naamlik drie messe, een Samsung E250 selfoon, kontant en 'n baadjie beroof het. Laastens word beweer dat die beskuldigde wederregtelik die genoemde Sone Romane Lindoor gedood het deur haar met 'n mes of 'n soortgelyke voorwerp te steek.

Die hof word bygestaan deur Mnr Esterhuizen as assessor, adv. Badenhorst verskyn namens die staat en Mnr Vlok namens die beskuldigde.

Die beskuldigde het op al vyf aanklagtes onskuldig gepleit. Mnr Vlok het die hof meegedeel dat die beskuldigde 'n skriftelike pleitverduideliking ingevolge Artikel 115(2) van die Strafproseswet gemaak het en die pleitverduideliking as bewysstuk A ingehandig.

Volgens bewysstuk A ontken die beskuldigde alle bewerings in die aanklagtes. Op aanklag twee verduidelik beskuldigde egter dat hy wel geslagtelike gemeenskap met toestemming met die oorledene gehad het. Mnr Vlok het dan verder in oorleg met die staat formele erkennings ingevolge

Artikel 220 van die Strafproseswet Wet 51 van 1977 gemaak soos vervat in bewysstuk B, C, D, D1, D2, E, M en N en dit ingehandig. Dit is deur beskuldigde onderteken.

Beskuldigde erken die identiteit van die oorlede, oorsaak van dood, die sogenaamde kousale ketting, naamlik dat die liggaam van die oorledene geen verdere beserings opgedoen het vanaf haar afsterwe totdat Dr Hurst 'n nadoodse ondersoek gedoen het nie. Beskuldigde erken ook die inhoud van die post-mortem verslag.

Beskuldigde erken verder dat hy op 5 Junie 2011 by die Engen Quick Shop was waar hy op geslote televisie-baan uitgebeeld word. Hy erken verder die inhoud van 'n verklaring van Charlene Otto, asook haar deskundige bevindings daarin vervat, naamlik dat sy DNA verbind word met semen gevind in die vaginal vault, asook, dit is in die vagina area, asook dat sy DNA ingelees kan word in 'n swab op die vestibule.

Tydens die verloop van die verhoor is 'n hele aantal bewysstukke ingehandig. Bewysstukke, G, H, K L en O bevat foto's van die moordtoneel en van die oorledene. Bewysstuk F is 'n kennisgewing deur die staat van 'n aansoek vir toelating van hoorse getuienis ingevolge Artikel 3(1)(c) van Wet 45 van 1988 met betrekking tot 'n mix it boodskap vanaf oorledene aan Abigail Lindoor op 5 Junie 2011. Bewysstuk J is 'n brief onder dekking waarvan sekere bewysstukke waarop by die moordtoneel beslag gele is aan die Forensiese Wetenskap

Laboratorium versend is. Bewysstuk P is Kennisgewing deur die staat in nog 'n aansoek vir die toelating van hoorse getuienis ingevolge Artikel 3(1)(c) van Wet 45 van 1988 met betrekking tot 'n Facebook boodskap aan Juan Dhlamini op 5 Junie 2011. Bewysstuk Q is 'n verklaring van 'n staatsgetuie, Mej. Zaida Jacobs wat gedurende kruisondervraging deur mnr Vlok ingehandig is. Bewysstuk R is 'n fotostaat van die buitekant van 'n doos waarin 'n selfoon aangekoop was. Bewysstuk S is 'n mediese verslag deur Dr Couzyn wie die beskuldigde ondersoek het. Bewysstuk T is 'n brief wat beskuldigde aan sy ouers geskryf het. Bewysstuk U toon die ligging van die oorledene se woonstel waar sy gewerk het, die taxi-standplaas en die woning waar beskuldigde gewoon het aan. Bewysstuk V is aantekeninge wat die ondersoekbeampte Adjudant Offisier du Plessis gemaak het in verband met bewyse wat hy aan Sersant Stander oorhandig het. Bewysstuk W is selfoonstate van mnr Juan Dlamini se selfoon. Bewysstuk X is selfoonstate van die oorledene se selfoon. Bewysstuk Y is 'n verklaring van mej. Julia Oelf. Bewysstuk Z1 is 'n bankstaat van oorledene se bankrekening by Standard bank. Bewysstuk Z2 is 'n verklaring van mnr Juannes Wolmarans wat in diens van Standard bank was. Bewysstuk AA is 'n afskrif van 'n brief onder dekking waarvan mnr Juan Dlamini se bloedmonster aan die Forensies Wetenskap Laboratorium gestuur was. Bewys BB is selfoonstate van beskuldigde se moeder se selfoon. Bewysstuk CC handel oor goedere wat deur Adjudant Offisier du Plessis aan die Forensiese Chemiese Laboratorium versend is. Bewysstuk DD is 'n uitdruk van 'n foto van die oorledene. Bewysstuk EE is 'n fotostaat van 'n faktuur deur Vodacom Repair Centre te Knysna wat aandui dat oorledene se selfoon aan mev Oelf verkoop is. Bewysstuk FF is 'n klokkaart wat betrekking het op waar oorledene gewerk het en haar werksure. Bewysstuk GG is 'n verklaring van die staatsgetuie Ramon Heathcote deur mnr Vlok tydens kruisondervraging ingehandig. Bewysstuk HH is 'n oorkonde van 'n borgaansoek waarin beskuldigde om borgtog aansoek gedoen het. Bewysstuk JJ is erkenning deur adv. Badenhorst namens die staat dat 'n vingerafdruk wat op die misdaad toneel van 'n bottel afgehaal is te Cradockstraat 72, George, genoeg rifmerke gehad het om 7 punte te identifiseer en dat dit nie met die vingerafdrukke van die oorledene, Juan Dlamini of die beskuldigde verbind kan word nie en dat die Avis rekenaarstelsel of rekenaarprogram van die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie genoemde vingerafdruk met enige bestaande persoon op die databasis kon verbind nie. Bewysstuk KK is 'n verslag van die Kriminele Rekord Sentrum te Beaufort-Wes aan die Kriminele Rekord Sentrum te George. Bewysstuk LL is erkennings deur adv. Badenhorst namens die staat dat die DNA van semen vlek op die crotch gedeelte van die oorledene se damesbroekie nie met Juan Dlamini verbind kan word nie asook dat die bronpersoon van bogenoemde semen tot hede
nie deur die Suid-Afrikaanse polisie geTdentifiseer is. Verder
dat die bloedvlekke op die handdoek en vadoek, dit is die
bordedoek wat op die moord toneel gevind was wel met die
oorledene se DNA verbind kan word. Bewysstuk MM is dan 'n
forensies verslag voorberei deur Charlene Otto met betrekking
tot die uitslag van forensiese ontledings op 'n bottel en 'n pan.
Bewysstuk 1 is 'n baadjie wat beskuldigde aangehad het toe
bewysstuk O geneem was en dit was by ooreenkoms deur die
staat en verdediging ingehandig.
Stanford Tshaya het

getuig dat hy 44 jaar oud is. Op 5 Junie 2011 was hy aan diens by Loerie Trailer te George. Hy het na Bewysstuk L foto 1 gekyk en bevestig dat dit die ingang tot die Loerie Trailer besigheidsperseel is. Hy het beskuldigde gesien toe hy oor die muur in die perseel van Eden Shine Christian Skool langs Loerie Trailer oorgeklim het. Dit was tussen 1 uur en 2 uur die middag. Toe hy beskuldigde sien oorklim was hy naby die muur waar 'n kas monteer is. Toe beskuldigde horn oplig om oor die muur te klim het hy beskuldigde se bolyf gesien en beskuldige het aan horn "sorry" gese. Hy getuig verder dat hy al agt jaar daar werksaam is, maar nog nooit voorheen vir beskuldigde gesien het nie. Hy met 'n merk "X1" op Bewysstuk K van foto 1 aangedui waar beskuldigde was toe beskuldigde oor die muur geklim het. Tshaya het getuig dat daar nie 'n toilet op die perseel is waar hy werk nie. Later op die betrokke middag het hy van die motorhawe se toilet oorkant die straat terug gekom. Hy sien toe vir beskuldigde wat aan die skool se kant verby horn in die rigting van die motorhawe stap. Hy het na Bewysstuk L foto 1 gekyk en met 'n "X2" aangedui waar hy die beskuldigde gesien het toe hy van die motorhawe se toilet gekom het. Tshaya se dit kon ongeveer 3 uur die middag gewees het toe hy van die toilet af terug gekom het.

Nadat beskuldigde oor die muur geklim het, het hy niks op die skool perseel gehoor nie. Maandag het Tshaya van sy werkgewer verneem dat daar 'n vrou op die skool se perseel vermoor was. Hy het die polisie ingelig van sy waarnemings. Hy getuig verder dat hy op 'n Maandag weer met die polisie in verbinding was toe hy die polisie van 'n groen sak vertel het wat op die dak Tool Hire se gebou gele het. Hy het op Bewysstuk K foto 3 gemerk met "X3" waar hy die sak sou gesien le het. Toe hy die sak gesien het was hy by die punt gemerk "X4" op foto 2 van Bewysstuk L. Hy dink dit was 'n Donderdag na die Sondag wat hy die sak daar gesien het. Hy het op 'n later geleentheid die sak op die dak aan 'n polisiebeampte gewys. Juan Peter Dlamini het getuig dat hy 33 jaar oud is. Hy is bekend met die oorledene vir een en 'n half jaar voor haar dood. Hy en oorledene het vir meer as 'n jaar 'n verhouding gehad. Die verhouding het aan die einde van 2010 tot 'n einde gekom. Nadat hul verhouding beeindig is het hulle nog vriende gebly. Hy het oorledene by haar woonstel waar sy vermoor is gereeld besoek en sy het horn by sy woning in Langmarkstraat Rosemoor besoek. Volgens horn het oorledene na George vanaf Albertinia verhuis om naby horn te wees. Oorledene het verblyf by die skool waar sy vermoor is bekom. Oorledene en Sharice Michaels het aanvanklik saam gewoon. Hy het ook oorlede se ouers al ontmoet. Die Donderdag voor oorledene se dood was hy by haar woonstel gewees. Hul verhouding was redelik goed. Op die dag het hulle vaginale gemeenskap gehad, nie per annum nie. Hy het 'n kondoom gebruik wat hy agterna in 'n houer in die woonstel gegooi het. Hy het nie 'n vaste verhouding met haar gehad nie. Hy was weer die Saterdag voor oorledene se dood by haar woonstel en op die dag is hy tussen 11 uur en 12 die aand van oorledene af weg. Sondag, die dag van oorledene se dood het hy deur middel van Facebook met oorledene gepraat. Hy kon nie onthou hoe laat dit was nie. Oorledene het gele en hot chocolate drink. Oorledene het gese dat sy vir horn onderbaard(s/c) hou. Hy was Sondag heeldag tuis. Hy het beskuldigde nooit voorheen gesien nie. Sondag 5 Junie 2011 die middag was hy geskakel deur Laetitia Cunningham wie navraag by horn gedoen het oor waar die oorledene is aangesien sy verneem het dat iemand dood op die skool perseel gevind is. Hy het na oorledene se woonstel gegaan waar hy van haar dood verneem het. Hy se foto 1 van bewysstuk K is die hek wat toegang verleen na waar oorledene gewoon het en foto 1 van bewysstuk H is die deur van oorledene se woonstel. Die deur was stukkend en die slotgedeelte het ontbreek. Hy het spykers in die deur gekap sodat oorledene die deur van binne af kon vas maak. Hy het na foto 4 en 5 van bewysstuk H gekyk en getuig dat die goed in haar kamer nooit so rondgele het nie en laaie nooit oop gestaan het nie. Hy het hul verhouding beeindig omdat oorledene die ma van een van sy kinders vermaan het. Sy verhouding met die oorledene was egter goed tydens haar afsterwe. Volgens horn het oorledene nooit dwelms gebruik nie. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig hy dat die polisie bloed van horn geneem het vir DNA toetse.

Sonja Miggels het getuig dat sy 29 jaar oud is. Sy en die oorledene het saam by Total Garage te Courtenaystraat George gewerk. Sy was oorledene se oorsiener. Sondag 5 Junie 2011 het sy dagskof gewerk vanaf 6h30 tot 5 uur die aand. Oorledene het nagskof gewerk. Toe sy die Sondagoggend aan diens gekom het was oorledene nog daar. Die oorledene het kort daarna met haar blou Golf motor weggery. Oorledene het op die perseel van 'n skool gewoon en moes om 17:00 aan diens gekom het. Om 17:00 het oorledene nie by die werk opgedaag nie. Sy het die oorledene geskakel, maar oorledene het nie haar foon beantwoord nie. Sy, Petrus en Elsabe het saam na oorledene gery. Daar aangekom het sy uitgeklim en Petrus en Elsabe het in die motor bly sit. Die hek wat toegang tot die perseel verleen was met 'n ketting en 'n slot vasgemaak, maar die slot was nie gesluit nie. Die hek is aan die linkerkant van die woonstel waar oorledene gewoon het. Sy is toe deur die hek na oorledene se woonstel. By die woonstel aangekom sien sy dat die deur op 'n skrefie oop staan. Dit was so tussen 17:00 en 17:30. Sy het gehoor dat die televisie aan was. Sy het geklop maar niemand het geantwoord nie. Sy het die deur aangestoot en binne gegaan. Die lig was af. Daar was twee beddens langs mekaar. Oorledene het op die bed aan die linkerkant gele. Oorledene was bebloed en daar was geen reaksie van haar nie. Sy is na Petrus buite. Petrus het voorgestel dat die polisie geskakel moes word. Terwyl sy buite by Petrus was het daar 'n polisievoertuig aangekom en Petrus het die voertuig gestop en van oorledene vertel. 'n Lid van die polisie is saam met haar na die oorledene se woonstel. Die polisiebeampte is die woonstel binne, maar sy het buite gewag. Die oorledene en sy het 13 uur skofte gewerk. Sy het nog nie voorheen die beskuldigde gesien nie. Sy weet nie of oorledene probleme gehad het nie en weet ook nie of daar iemand was wat oorledene wou dood maak nie. Sy het ook nooit vir oorledene saam met blanke vriende gesien nie. Oorledene was 28 jaar oud. Foto 2 van bewysstuk G is aan haar getoon. Sy het die Eden Shine Christian Skool uitgeken waar oorledene gewoon het. Sy getuig dat sy die perseel aan die linkerkant binne gegaan het en dat oorledene se Golf voertuig aan die linkerkant sigbaar was. Foto 3, 4, 5 en 6 van bewysstuk G toon aan hoe sy die kamer aangetref het. Toe sy die Sondagmiddag by oorledene se kamer aangekom het het die goedere rondgele soos aangetoon op foto 5 en 6 van bewysstuk G. Sy was een keer vantevore in oorledene se kamer en toe het die goed egter nie so rondgele nie. Die sakke was onder die bed gewees. Sy getuig dat sy oorledene se kamerdeur soos uitgebeeld in foto 1 van bewysstuk H binnegegaan het. Sy kan nie se hoe die deurkosyn soos in foto 2 van bewysstuk H op die betrokke dag gelyk het nie. Toe sy by die oorledene se woonstel aangekom het was daar niemand op die skool perseel nie. Petrus Juannes Goeieman het getuig dat hy 50 jaar oud is en 'n vriend van Sonja Miggels is. Hy getuig dat hy op 5 Junie 2011 die namiddag vir Sonja Miggels opgelaai het by die werk en na Cradockstraat gery het om na oorledene te soek. Sy getuienis stem met die van Sonja Miggels ooreen met betrekking tot die vind van oorledene se liggaam en hoe die eerste lid van die polisie daar opgedaag het nadat 'n polisievoertuig langs die pad gestop is. James Farmer het getuig dat hy 'n Adjudant Offisier in die Suid-Afrikaanse polisiediens is. Hy het 23 jaar diens. Hy was op 5 Junie 2011 gedurende die middag aan diens in Albertstraat George. Hy het met die polisievoertuig links in Cradockstraat ingedraai. Dit was net na 17:00 toe hy by die skool voorgekeur was. Hy is deur Sonja Miggels meegedeel dat haar vriendin aangerand was. Miggels het horn na 'n kamer geneem waar hy oorledene aangetref het. Hy tref die toneel aan soos op foto's 5 en 6 van bewysstuk G. Hy het die toneel aan Adjudant Offisier Naude oorgegee. Hy is bekend met die taxi-standplaas in die area en is bewus dat daar baie dwelms daar verkry kan word. Mense word van tyd tot tyd daar vir dwelms arresteer. Shanice Michaels het getuig dat sy 38 jaar oud is en in Uniondale se distrik woonagtig is. Sy en oorledene het gedurende Februarie 2011 na George gekom. Hulle het saam in 'n woonstel op die perseel van Eden Shine Christian Skool in Cradockstraat 72, George gewoon. Sy en oorledene was goeie vriende en het mekaar vanaf 2004 geken. Sy getuig dat foto 1 van bewysstuk H die toegangsdeur na die woonstel is. Die deur kan nie sluit nie. Daar was spykers in gekap wat hulle met 'n draad vasgemaak het. Bewysstuk H van foto 3 is 'n foto van die deurkosyn en spykers. As die deur met die draad vasgemaak was, was dit nie baie stewig vas nie. Tydens oorledene se dood het sy nie meer saam met oorledene gebly nie en was ook nie meer in George nie. Die laaste keer dat sy oorledene gesien het was op 13 Mei 2011 toe sy oorledene kom besoek het. Sy ken Juan Dlamini as die oorledene se gewese kerel en sy weet dat oorledene en Juan goed oor die weg gekom het. Sy het na foto 4 en 5 van bewysstuk H gekyk en bevestig dat sy saam met oorledene daar gewoon het. Sy getuig dat die kamer was egter nooit so deurmekaar nie. Die goed was altyd netjies weggepak. Sy identifiseer verskeie items op die foto's in die fotobundel gemerk bewysstuk H. Foto 26 dui aan oorledene se geruite hemp. Foto's 37 en 38 dui oorledene se beursie aan. Foto 11 en 12 dui 'n pan op die bed aan. Dit is 'n pan wat sy en oorledene gebruik het. Toe sy die pan laas gesien het was dit nie gebreek by die handvatsel nie. Foto 26 dui op oorlede se motorsleutels van haar blou City Golf aan. Foto 52 dui 'n afdrooglap aan. Volgens haar was oorledene baie netjies en goed het nooit so rondgele nie. Die kassie waar messe gebere was, was altyd toe. Adjudant Offisier du Plessis het haar die Maandag na oorledene se dood drie messe te George gewys. Sy het dit uitgeken as messe wat sy en oorledene gebruik het. Foto 18 van bewysstuk L is die betrokke drie messe plus 'n steel. Maandag na oorledene se dood was sy weer in oorledene se kamer en die messe was nie daar nie. Oorledene se selnommer is 076 893 4023. Toe sy die Maandag in oorledene se kamer was, was haar selfoon nie daar nie. Sy het nog die Sondag van oorledene se dood met haar oor haar selfoon gepraat, maar sy onthou nie meer hoe laat dit was nie. Foto 2 en 4 van bewysstuk K is presies dieselfde. Hulle het nooit daar toegang verkry nie omdat dit altyd toe was. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig sy dat daar nooit oor naweke kinders en onderwysers op die perseel was nie. Kinders kom egter normaalweg in die omgewing van die oorledene se woonstel. Tydens herondervraging deur adv. Badenhorst getuig sy dat beskuldigde nie oorledene se begrafnis bygewoon het nie.

Trevor Lindoor het getuig dat hy 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse polisie is. Die oorledene was sy niggie. Hulle het mekaar gereeld oor naweke gesien. Hy ken nie die beskuldigde nie. Hy het die oorledene vir die laaste maal gedurende die aand van 3 Junie 2011 gesien. Hulle was saam by 'n partytjie en sy is ongeveer 11 uur daar weg. Hy het die oorledene nog nooit te George in die geselskap van mansvriende gesien nie. Die Sondag het hy met oorledene ongeveer 12 uur per selfoon kontak gehad op mixit. Hy het ook nooit oorlede in die geselskap van jong blanke mans gesien nie. Hy was bewus dat sy 'n kerel het, maar dat hulle nie meer saam was nie.

Angeline Lindoor het getuig dat sy op die plaas Misgund woonagtig is. Die oorledene Sone Romane Lindoor was haar dogter. Die oorlendene het haar matriek sertifikaat verwerf en daarna kantoorwerk gedoen. Die oorledene het twee kinders wat sy op die plaas grootgemaak het. Sy het al vir Juan Dlamini ontmoet. Sy het die oorledene drie weke voor haar dood laas gesien. Sy het op 6 Junie 2011 saam met familie na George na oorledene se woonstel vertrek. Sy identifiseer foto 26 van bewysstuk H as oorledene se beursie. Sy het die beursie in oorledene se kamer gesien en dit nagegaan en gevind dat daar slegs 5 sent in was. Sy en die oorledene het baie goed oor die weg gekom en daar was geen geheime tussen hulle nie. Oorledene het nooit aan haar genoem dat sy 'n nuwe kerel het nie. Sy is bekend met Juan Dlamini met wie oorledene in 'n verhouding betrokke was.

Hilton van der Westhuizen 'n skolier het getuig dat hy beskuldigde ken en dat hulle saam op Laerskool was. Na Laerskool het hy weer kontak met beskuldigde gehad. Hy en beskuldigde het deur middel van mixit oor selfone gepraat. Die beskuldigde het op sy ma se selfoon gepraat gedurende 'n Saterdag in Junie / Julie 2011. Hy het vir beskuldigde gevra om na horn te kom en vir horn iets saam te bring. In die omgewing van middernag daag beskuldigde by horn op te Pine Glen 33, George met sjokolade. Hy is daarna saam met beskuldigde na Caltex Garage te Courtenystraat George om kleingeld te trek sodat hy beskuldigde kon terug betaal. Hulle is terug na sy huis en beskuldigde is ongeveer 24:15 daar weg.

Corne Stander is 'n Sersant in die Suid-Afrikaanse Polisie. Hy het die foto bundel soos vervat in bewysstuk G opgestel asook die sleutel tot foto's, dit is bewysstuk G2 en die skets gemerk bewysstuk G3. Hy het horn 17:55 op die toneel in oorledene se kamer aangekom. Toe hy op die toneel opgedaag het was Adjudant Offisier du Plessis alreeds daar. Hy bevestig dat hy die fotobundel soos vervat in bewysstuk H afgeneem het, die foto's afgeneem het en die fotobundel voorberei het. Foto's 1, 2 en 3 toon aan 'n stuk draad aan die deur. Foto 3 toon die skroewe aan die deur waarom 'n draad gedraai kan word. Die slot van die deur het nie gewerk nie. Foto 5 dui aan 'n pan op die bed. Foto 17 dui die betrokke pan en 'n forensiese sak aan. Foto 18 dui die steel van die pan aan. Foto 20 toon die toestand van die ander bed. Hy het die foto's geneem en Adjudant Offisier Hamman het bewysstukke versamel op die toneel. Foto 22 is 'n kragrekeningstrokie. Foto 50 en 51 toon 'n baadjie wat agter die televisiestel gele het. Foto 36 dui aan dat bloed op die toneel redelik droog was. Hy bevestig sy verklaring soos vervat in bewysstuk E1 en ook die inligting in die dekbrief gemerk bewysstuk J. Hy bevestig verder dat hy die foto's in bewysstuk K, fotos 1 tot 8 op die perseel van Eden Shine Christian Skool te 32 Cradockstraat George geneem het. Foto's 1 en 2 van bewysstuk K is geneem voor van die straat af. Foto 3 is die regterkant van die woning met die trailer besigheid langsaan. Foto 4 is 'n foto van nader geneem van die hek. Foto 5 is die aangrensende muur tussen Loerie Trailer Hire en die woning. Foto 6 is geneem regs van die deur by die woonstel. Foto 7 dui aan een band langs die hek by die muur. Die hek is links waar die buiteband gestaan het. Hy getuig verder oor bewysstuk L foto's 1 tot 25. Foto 1 dui aan die ingang van Loerie Trailer Hire. Foto 6 toon aan oorledene se kamer kan toegang tot 'n skuifdeur verkry word. Foto 12 en foto 13 is foto's vanaf die afdak rigting na die pad se kant toe. Foto 18 is 'n foto van messe wat hy versend het. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok bevestig hy waar die plante bo-op die muur is soos uitgebeeld op foto 9 en 11 dat daar wel staal driehoek punte is. Hy bevestig dat daar geen bloed teen die muur was wat uitgebeeld word op foto 5 van bewysstuk G nie. Hy kan ook nie se of die oorledene deur die kombers gesteek was nie.

Kobus Landman is 'n Kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te George. Hy is die hoof van misdaad inligting te George. Nadat die oorledene op 5 Junie 2011 gevind was het dit tot sy kennis gekom. Sy afdeling woon alle ernstige misdaadtonele by. Hy het die dag na die moord na 'n moontlike verdagte begin soek. Hulle het foto's van beskuldigde gehad soos beskuldigde in bewysstuk C foto's 1 tot 7 en bewysstuk O verskyn. Hy het beskuldigde en beskuldigde se ouers geken. Hy was nie heeltemal seker dat dit beskuldigde was op die foto nie. Hy was egter van mening dat dit moontlik die beskuldigde kon wees. Op 7 Junie 2011 is hy na beskuldigde se woning. Daar aangekom het hy met beskuldigde se pa gepraat. Beskuldigde se pa het vir beskuldigde geroep. Hy het geen foto's by horn gehad nie. Hy het beskuldigde versoek om horn te help om die persoon wat op die motorhawe se kameras is te identifiseer. Hy het beskuldigde se pa versoek om saam te gaan. Beskuldigde se pa het gese dat beskuldigde alleen met horn moet saam gaan. Hy het aan beskuldigde se pa genoem dat daar 'n moord in Cradockstraat gepleeg was. Beskuldigde se pa het aan beskuldigde gevra of beskuldigde iets van die moord weet. Beskuldigde het gese dat hy geen kennis van die moord dra nie. Hy het besef dat daar 'n moontlikheid is dat beskuldigde die verdagte kon wees. Hy het dus aan beskuldigde gese dat beskuldigde se regte voorheen aan horn verduidelik was en dat hy wel 'n reg het om stil te bly. Beskuldigde het horn meegedeel dat hy niks het om weg te steek nie. Die beskuldigde het normaal voorgekom. Hulle is toe na Engen Quick Shop op die hoek van Albert en Cradock Straat. Daar aangekom het hy die personeel versoek om die betrokke bande te speel wat hulle toe gedoen het. Beskuldigde het onmiddellik erken dat hy die persoon is wat op die skerm verskyn het. Beskuldigde het gese dat hy wel daar koeldrank gekoop en daarvoor betaal het. Hy het die beskuldigde na Adjudant Offisier du Plessis, die ondersoekbeampte geneem. Hulle het verby die skool waar die moord gepleeg was gery. Hy het aan die beskuldigde gese dat die moord daar by die skool gepleeg was en aan beskuldigde gevra of hy daar was. Beskuldigde het gese dat hy daar skoolgaan. Hy het na bewering die Saterdag 'n onderwyser daar by die skool gaan soek. Beskuldigde het nie verder verduidelik nie. Hy het beskuldigde aan Adjudant Offisier du Plessis oorgegee. 'n Week later het Adjudant Offisier du Plessis aan horn gemeld dat op die dag van die moord beskuldigde se selfoon wat aan sy ma behoort van horn geroof was. Die roof was blykbaar op dieselfde dag as die moord, maar gedurende die aand gepleeg. Hy wou 'n poging aanwend om die selfoon terug te kry en hy is weer na beskuldigde se huis. Hy het weer met beskuldigde se pa gesels en die beskuldigde was geroep. Beskuldigde se vader het die doos waarin die selfoon aangekoop was aan horn gegee. Die nommer van die selfoon was 084 5377741 en al die besonderhede van die foon was op die doos. 'n Fotostaat van 'n gedeelte van die selfoondoos is as bewysstuk R ingehandig. Dit was 'n Samsung foon met IMEI nommer 358027033556482. Hy het aan die beskuldigde se pa verduidelik dat hy beskuldigde nodig het om die roof op te los. Hy en die beskuldigde is na sy kantoor. Daar het hy gepoog om van beskuldigde te verneem hoe die rowers gelyk het. Die antwoorde was vaag. Hy het aan beskuldigde gese dat hy nie verder na die rowers gaan soek nie omdat die inligting te vaag is. Beskuldigde het later uit sy eie toegegee dat hy wel by die toilet op die skoolperseel was. Beskuldigde het aan horn gese dat hy deur die bestuur van die vulstasie verbied was om die toilet te gebruik omdat hy voorheen dwelms in die toilet gerook het. Hy het beskuldigde terug na sy huis geneem. Hy is daarna terug na die motorhawe waar hy versoek het om weer na die video te kyk. Hy sien toe op die videobeeld dat beskuldigde 'n koeldrank gekoop het en daarna na die toilet toe stap nadat beskuldigde self die sleutel van 'n hakkie afgehaal het. Beskuldigde gee eers die blikkie koeldrank aan die joggie en daarna gaan beskuldigde in die toilet en na 'n rukkie kom hy weer uit.

Op 16 Junie 2011 is hy om 07:30 weer na beskuldigde se woning. Hy het vir beskuldigde se pa meegedeel dat daar aspekte is wat hy met beskuldigde wou uitklaar. Beskuldigde se pa het horn toestemming gegee om beskuldigde saam met horn te neem. Hy en beskuldigde is toe na sy kantoor. Hy het beskuldigde se regte aan horn verduidelik. Die beskuldigde het bevestig dat hy verstaan. Hy het aan beskuldigde verduidelik dat hy net gou na 'n vergadering moes gaan en dat hy verder met beskuldigde wou praat wanneer hy terug kom. Hy was ongeveer 15 meter oppad na die vergadering toe beskuldigde na horn roep. Beskuldigde se dat hy weer nie die waarheid gepraat het nie. Beskuldigde deel horn mee dat hy wel in die toilet van die vulstasie was om te masturbeer. Hy het toe van die beskuldigde verneem waarom vertel hy al die stories. Beskuldigde het horn meegedeel dat hy sleg voel en nie voor mense wou praat nie. Beskuldigde het gese dat hy nie verder iets wil se nie. Hy het beskuldigde na sy huis terug geneem. Beskuldigde het nooit aan horn vertel dat hy 'n seksuele verhouding met oorledene gehad het nie of dat hy enigsins seks met die oorledene gehad het nie. Hy was van oordeel dat daar te min getuienis was om beskuldigde te arresteer en hy het dus beskuldigde terug na sy huis te neem.

Zaida Jacobs het getuig dat sy 29 jaar oud is. Sy was gedurende Mei / Junie 2011 te George by Rigelou woonstelle nommer 2 Meadestraat, George woonagtig. Sy ken die beskuldigde as Juann Swart, alias JB. Sy was gedurende 2011 'n dwelmverslaafde en was aan Heroien verslaaf. Sy weet waar die taxi-standplaas is en het gedurende Mei / Junie 2011 daagliks daarheen gegaan vir dwelms. Sy is nou vyf maande dwelmvry. Op 'n sekere Sondag het sy beskuldigde by die taxi-standplaas ontmoet. Dit was ongeveer 2 uur die middag, maar sy is nie seker van die tyd nie. Die beskuldigde het na 'n persoon GP wat dwelms verkoop gesoek. Die persoon was nie daar nie. Dit het toe begin reen en sy het die beskuldigde na haar woonstel waar sy saam met haar ma gewoon het genooi. Sy het nie ver van die taxi-standplaas gewoon nie. Omdat sy en beskuldigde beide dwelms gebruik het het sy gevoel dat hulle iets in gemeen gehad het. Sy het na bewysstuk C fotos 1 en 2 gekyk en gese dat beskuldigde die dag soos in die foto's geklee was. Aangesien dit die dag gereen het was hul klere nat toe hulle by haar woonstel kom. Beskuldigde het sy baadjie oopgemaak en het geen T-hemp of T-shirt aangehad nie. Beskuldigde het verduidelik dat hy met iemand anders baklei het en sy T-shirt as gevolg van die bakleiery vol bloed geraak het. Hy het die T-hemp weggegooi. Beskuldigde het gese dat die persoon met wie hy baklei het se naam Steve was en dat hulle vroeer die Sondag oor dwelmmiddels baklei het. Dit het vir haar vreemd voorgekom omdat sy Steve geken het en bewus was dat Steve 'n week gelede na Juannesburg vertrek het. Beskuldigde se hande was effens geswel. Hy was kalm maar spraaksaam. Later die aand het sy, haar ma en beskuldigde na Shoprite gegaan. Haar ma is Shoprite binne, maar sy en beskuldigde het buite gestaan. Hulle het gestaan en gesels. Beskuldigde het vrylik en uit sy eie wil met haar gepraat. Beskuldigde was nugter en by sy voile verstand. Sy het geen druk op die beskuldigde uitgeoefen nie. Die beskuldigde het 'n samehangende weergawe gegee. Beskuldigde het haar vertel dat hy jare gelede by 'n woning ingebreek het. Hy het nie iemand tuis verwag nie, daar was egter 'n vrou in die woning en hy het haar aanhoudend gesteek omdat sy nie wou sterf nie. Hy het haar gese om dit 'n geheim te hou. Sy, haar ma en beskuldigde is weer terug na hul woonstel toe. Later die aand het sy en haar ma beskuldigde naby sy ouerhuis per motor afgelaai. By 'n later geleentheid op die volgende Dinsdag na die betrokke Sondag het die polisie by haar woonstel opgedaag. Die polisieman het gese dat beskuldigde beweer dat hy die Sondag by hulle was. Sy het dit bevestig maar nie die polisie vertel wat beskuldigde haar oor die doodsteek van 'n vrou vertel het nie. Gedurende die week wat op die Sondag gevolg het, het beskuldigde weer by haar gekom en gese dat hy verneem dat daar 'n vrou by die skool vermoor is, maar dat hy haar nie geken het nie. Sy het toe vir beskuldigde versoek om nie weer na haar te kom nie. By 'n latere geleentheid het die beskuldigde weer by hul woonstel opgedaag en gese dat hy nie meer 'n verdagte is nie. Sy getuig dat sy nooit saam met beskuldigde verby die huis waar oorledene vermoor is op die betrokke Sondag gestap het nie. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok stel mnr Vlok dit aan haar dat sy in haar getuieverklaring gese het dat toe beskuldigde van die stekery gepraat het, dit ongeveer drie weke voor 5 Augustus, synde die datum van haar verklaring was. Later het sy gese dat sy nie seker is van die datum waarop beskuldigde haar sou vertel het nie. Sy getuig ook dat sy geen bloed aan beskuldigde gesien het nie. Sy getuig tydens kruisondervraging dat beskuldigde gese het dat hy weens die uitslag van DNA toetse nie meer 'n verdagte is nie. Sy onthou nie dat beskuldigde sou gese het dat hy weens 'n gebrek aan vingerafdrukke nie verbind kon word nie. Sy het ook erken dat sy en die beskuldigde saam dwelms by haar woning gebruik het op die betrokke Sondag wat sy die beskuldigde ontmoet het.

Laetitia Cunningham is die hoof van Eden Shine Christian Skool te Cradockstraat 72, George. Sy getuig dat sy die oorledene gedurende 2011 leer ken het. Sy het oorledene en 'n ander dame op die perseel laat woon. Die twee het hier in George kom werk soek. Die oorledene het van die begin van Maart 2011 op die perseel begin bly. Volgens haar was oorledene baie netjies. By geleentheid was sy in oorledene se woonstel en alles was netjies in die woonstel rangskik. Tydens oorledene se dood het sy by 'n vulstasie gewerk. Sy was bekend met Juan Dlamini. Sy het van die verhouding tussen Dlamini en die oorledene geweet. 'n Maand voor oorledene se dood was hulle nog vriende. Sy het Dlamini by twee geleenthede gedurende die dag gesien. Die Eden Shine Christian Skool se ure is soos die van 'n staatskool en begin om 8 uur die oggend tot 1 uur die middag vir graad 1 en sluit 13:30, dit is half past one vir ouer kinders. Die woonstel waar oorledene gebly het is nie sigbaar vanuit haar kantoor nie. Die kinders wat die skool bygewoon het, het geen kontak met ander persone op die perseel gehad nie. Sy het nog nooit gesien dat kinders kontak met die oorledene gehad het nie. Ten tye van oorledene se dood was daar ongeveer 13 kinders en drie onderwysers in die skool. Daar was twee klaskamers. Die kinders se toilet is in die skoolgebou en hulle het nie van die buite toilet gebruik gemaak nie. Op 10 Mei 2011 het die beskuldigde die skool begin bywoon. Beskuldigde het vanaf PW Botha Hoerskool gekom. Toe beskuldigde die skool begin bywoon moes hy sekere diagnostiese toetse slaag voordat hy tot die skool toegelaat sou word. Die beskuldigde was die oudste van die kinders in die skool. Hy was redelik intelligent en was baie skerp. Tydens skoolure kon beskuldigde en oorledene beslis nie kontak met mekaar gehad het nie. Beskuldigde se pa het horn soggens skool toe gebring en in die middae om 13:30 weer kom haal. Oor naweke was daar nooit kinders op die skoolperseel nie. By geleentheid, maar baie selde was daar oor naweke onderwysers by die skool. Sy was bewus dat die deur se slot by die oorledene se woonstel nie in werking was nie. Die oorledene het egter die deur met 'n draad vasgedraai. Sy het na bewysstuk G foto 1 gekyk en verduidelik dat kinders en onderwysers deur die voordeur die skool binnegaan. Die Vrydag voor Sondag 5 Junie 2011 was beskuldigde nie by die skool nie. Geen rede vir sy afwesigheid was gegee nie. Sy het na bewysstuk K foto 7 en 8 gekyk en gese dat sy nie 'n helder herinnering het van die buiteband wat by die muur staan nie. Sy self sny die gras daar en kinders word nie aangemoedig om daar te speel nie. Sy het Sondagaand van oorledene se dood verneem. Sy het Dlamini gebel en het navraag by horn gedoen oor oorledene aangesien sy werk toe moes gaan. Sy het ook na die woonstel van oorledene gegaan en gevind dat Dlamini en die polisie ook daar was. Beskuldigde se gedrag by die skool was soos die van 'n normale skoolkind. Sy het nooit aan beskuldigde voorgegee dat sy die naweek van oorledene se dood by die skool sou wees nie. Adjudant Offisier du Plessis het haar op 7

Junie 2011 versoek om na sy kantoor te kom. Sy het die beskuldigde daar aangetref. Sy het aan beskuldigde gese om die waarheid te praat. Beskuldigde het aan haar gese dat hy nooit so iets sou doen nie. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok het sy die persoon in die foto in bewysstuk DD as 'n foto van die oorledene uitgeken. Sy getuig verder dat beskuldigde na 2 Junie 2011 nie meer na die skool terug gekeer nie. Sy het verneem dat beskuldigde na die skool se perseel was om na mev Silvia te soek. Sy was op 10 Junie 2011 by beskuldigde se moeder om te verneem waarom beskuldigde op die skool se perseel was op Sondag 5 Junie 2011. Sy het getuig dat beskuldigde nog nie formeel as 'n leerder by die skool geregistreer was nie. Volgens haar sou sy nie 'n verhouding tussen oorledene en beskuldigde op die skoolperseel toegelaat het nie. Sou dit gebeur het sou sy oorledene versoek het om die perseel te verlaat. Tydens kruisondervraging getuig sy dat die skool kinders nie toegelaat word om die skool perseel te verlaat nie. Die hekke by die skool was te alle tye gesluit. Sy of Silvia het altyd self 'n ketel by oorledene gaan haal en het nooit die kinders na die oorledene gestuur nie.

Silvia Mulder het getuig dat sy gedurende 2010 / 2011 by die Eden Shine Christian Skool in die administratiewe afdeling werksaam was. Sy bevestig dat die oorledene geen kontak met die leerlinge gehad het nie. Sy was van tyd tot tyd by die oorledene se woonstel om haar ketel te leen. Haar getuienis kom in hooftrekke met die van mev Laetitia Cunningham, die hoof van die skool ooreen. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig sy dat die skool voor oorledene se dood reeds besluit het om beskuldigde nie langer in die skool toe te laat nie. Dit was voorgestel dat beskuldigde tuisonderrig oorweeg. Die besluit het niks met oorledene se dood te doen gehad nie. Die besluit was na oorledene se dood geTmplementeer. Sy bevestig dat die leerlinge geen kontak met die oorledene gehad het nie.

Petro Heyneke het getuig dat sy 'n bestuurder in diens van Vodacom se Forensiese Dienste is. Sy het die verslag oor oorledene se selfoon met selnommer 076 893 4023 opgestel en dit as bewysstuk X bevestig. Sy het verduidelik hoe Vodacom as besigheid funksioneer en rekords van selfone hou. Op bladsy 4 van haar verslag toon dit dat die foon met genoemde nommer aan die oorledene Sone Romainne Lindoor behoort het. Die foon was laas aktief op 5 Junie 2011 tot 13:40. Die rekords toon aan dat oorledene wel aktief op haar foon was deurdat internet data daarop aktief was. Hierdie tipe interne aktiwiteite sluit in aktiwiteite soos Twitter, Mixit en Facebook.

Maryka Neuzel het getuig dat sy en haar man 'n Total motorhawe in Courtenaystraat George bedryf waar oorledene voor haar dood werksaam was. Sy het 'n clocking report ten opsigte van die oorledene vir die tydperk 5 Mei 2011 tot 6 Junie 2011 voorgele as bewysstuk FF. Haar getuienis bevestig die weergawe van Sonja Miggels dat die oorledene nie by die werk op Sondag 5 Junie 2012 opgedaag het nie.

Abigail Lindoor het getuig dat sy 29 jaar oud is en die suster van oorledene was. Sy is woonagtig op die Du Toit plaas te Misgund, Joubertina. Sy was laas in kontak met oorledene, die laaste keer op 5 Junie 2011 om ongeveer 12 uur op mixit. Sy is bekend met die oorledene en Dlamini se verhouding. Dit het vir haar geklink of die oorledene nog op Dlamini verlief was. Die oorledene was baie openhartig oor haar verhoudings en sy het nog nooit met haar van Juann Swart gepraat nie. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig sy dat sy gehoor het dat oorledene met hul moeder praat oor probleme met haar en Dlamini se verhouding. Toe sy die Sondag met oorledene gepraat het, het oorledene niks van 'n nuwe kerel in haar lewe gese nie.

Dr Mariette Hurst het die nadoodse ondersoek op die oorledene uitgevoer. Die hoofoorsaak van dood was veelvuldige steekwonde. Daar was in totaal 60 steekwonde op die oorledene se liggaam. Dr Hurst het getuig oor die posisie van die meer fatale steekwonde. Die wonde was volgens haar min of meer die selfde tyd, kort na mekaar toegedien. Die oorledene het 'n skeur in die anus wat aanduidend is van anale penetrasie. Die fossa navicularis van die oorledene was beseer of gekneus en hierdie besering is nie versoenbaar met gemeenskap met toestemming nie. Daar was semen gevind by die anusring en die vagina van die oorledene. Dit is moontlik dat semen vanaf die vagina kon beweeg tot by die anusring. Haar bevinding is volledig vervat in bewysstuk D1.

Yasir Ijaz het getuig dat hy gedurende Junie 2011 as bestuurder by Vodacom Repair Shop Centre te Knysna Square gewerk het. Hy het na bewysstuk EE gekyk en bevestig dat hy die tweedehandse selfoon aan ene J Oelf op 17 Junie 2011 verkoop het. Volgens horn kom persone gereeld hul selfone daar herlaai en betaal persone vyf rand om 'n selfoon te herlaai. As hulle nie die foon kom afhaal nie, word dit verkoop. Name van persoon wat herlaai word gewoonlik nie geneem nie. Die betrokke foon was nooit afgehaal nie en is uit eindelik verkoop. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig hy dat hulle selfone herstel en dat hulle ook 'n persoon het wat tweedehandse fone aangekoop het.

Adjudant Offisier du Plessis was 'n Adjudant Offisier in die speurtak te George en die ondersoekbeampte in die saak. 5 Junie 2011 ongeveer 17:35 het hy op die toneel waar die oorledene vermoor was aangekom. Adjudant Offisier Naude wie daar teenwoordig was het die toneel aan horn oorhandig. Die deur van die woonstel was oop en die televisie was aan. Dit was 'n eenvertrek woonstel. Daar was twee beddens, een aan die linker en een aan die regter kant in die vertrek. Die oorledene het op een van die beddens gele. Hy het opgemerk dat die oorledene verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad het. Daar was 'n kombers oor haar. Daar was ook 'n gebreekte pan op die bed. Hy het versoek dat foto's van die toneel geneem word. Hy het die oorledene se motor wat op die perseel gestaan het gesien. Hy het verneem dat die oorledene se selfoon vermis is. Hy verneem verder dat 'n werker van Loerie Trailer 'n man oor die muur sien spring het. Hy het toe die werker by Loerie Trailer gaan spreek. Die werker het horn vertel dat hy dieselfde persoon na die vulstasie sien loop het. Hy het na foto's 3, 4, 5 en 6 van bewysstuk G gekyk en getuig dat dit foto's van die oorledene se kamer is. Foto 7 en 8 van bewysstuk G is geneem van die oorledene nadat die kombers van haar liggaam verwyder is. Hy het ook 'n man met die naam van Juan Dlamini by oorledene se woonstel aangetref. Hy het Dlamini se selfoonnommer by horn geneem. Dit is 073 497 8347. Hy het die selfoon se data bekom en dit in die dossier geliasseer. Op 7 Junie 2011 het Kaptein Landman die beskuldigde na sy kantoor gebring. Daar het Kaptein Landman horn omtrent die kameraopname by die vulstasie ingelig. Kaptein Landman het horn ook meegedeel dat hy beskuldigde se regte aan horn verduidelik het. Hy het Eden Shine Christian Skool geskakel. Die hoof van die skool, mev Cunningham en mev Mulder het na sy kantoor gekom. Hy het horn as die ondersoekbeampte aan die beskuldigde bekend gestel. Mev Cunningham het in sy teenwoordigheid van beskuldigde verneem wat hy op die perseel van die skool gemaak het. Die beskuldigde het 'n weergawe as volg vertel en soos die beskuldigde dit vertel het, het hy dit neergeskryf en dit lees as volg: "Hy en sy pa het Vrydag baklei by die huis. Saterdagaand onder die prieel geslaap. Sondagoggend onder die prieel gesit tot 2 uur. Ma-hulle was tuis. Loop rond, gaan skool toe. Spring oor heining en kyk of juffrou daar is. Niemand by huis waar hy skool gaan. Hy het nie plek nie, niemand by skool nie. Spring oor heining en gaan garage toe, kry sigarette. Kry 'n meisie langs die pad. Stap saam met haar na woonstel. Het gereen. Se vir ma hulle het horn uit huis geskop. Oor 23:00 daar weg. Ek slaap onder prieel. Maandag vir ma gese ek het onder die prieel geslaap. Sy se ek moet in huis slaap. Ma was verwittig deur onderwyseres van moord. Hy getuig verder dat hy opgemerk het dat beskuldigde fyn stukkies merkies op sy hande het. Beskuldigde het aan horn verduidelik dat dit veroorsaak was deur oesters. Hy het hierdie verduideliking by beskuldigde se vader opgevolg wie dit bevestig het. Hy het beskuldigde terug na sy huis geneem. Hy het beskuldigde nie aangehou nie. Hy wou eers seker maak of daar wel vingerafdrukke op die toneel was. Vandaar is hy na Zaida Jacobs. Hy het haar meegedeel dat hy 'n moord saak ondersoek. Hy het aantekeninge van die gesprek gemaak. Hy wou eers sy voorlopige ondersoek doen en sou dan later na haar terug gaan as hy meer inligting bekom. Op Donderdag 9 Junie 2011 is hy weer na beskuldigde se pa. Hy het aan beskuldigde se pa gese dat hy bloed van beskuldigde wou laat trek. Beskuldigde se pa het gese dat dit gedoen mag word. Hy en beskuldigde is na die hospitaal na Dr Couzyn. Dr Couzyn het die beskuldigde ondersoek en ook bloed van die beskuldigde getrek. Hy het die vorm waarop Dr Couzyn se aantekeninge gemaak het as bewysstuk S ingehandig. Die bloed was in sy teenwoordigheid verseel. Op 7 Junie 2011 het hy die beskuldigde by die huis opgelaai. Beskuldigde se ma het horn geskakel en 'n brief wat beskuldigde sou geskryf het aan horn oorhandig. Hy het die brief as bewysstuk T ingehandig. Hy het versoek dat beskuldigde die klere soos wat hy in bewysstuk O aangehad het en 'n mes aan horn oorhandig. Dit was ook aan die Forensies Laboratorium gestuur. Op 10 Junie 2011 het hy na Loerie Trailers gegaan. Hy het die getuie Stanford Tshaya gespreek wat blykbaar iets op die dak van 'n gebou aan horn gewys het. Hy het 'n leer gebruik om op die dak te klim en beslag gele op 'n groen Pick a Pay seil drasak. Binne in die sak was drie messe. Dit is een lang hef swart broodmes en twee kleinerige swart broodmessies. Die een mes se lem was af. Die messe wat in foto 17 en 18 as bewysstuk L vertoon word was in die betrokke sak. Die gebou se dak waar die sak met die mes gevind was is agter die Eden Shine Christian

Skool en kon dus vanaf die skool op die dak gegooi gewees het. Beskuldigde was nie met vingerafdrukke met die moord verbind nie. Daar was nie ander verdagtes nie. Beskuldigde was egter op 14 September 2011 gearresteer. Die DNA uitslag van beskuldigde was op 13 September 2011 ontvang. Beskuldigde het nooit voor sy arrestasie van 'n verhouding en gemeenskap met oorledene se toestemming van melding gemaak nie. Hy het ongeveer drie maande na beskuldigde se arrestasie verneem dat daar 'n verhouding sou wees tussen beskuldigde en die oorledene. Op 5 Junie 2011 het hy wel die woonstel van die oorledene deursoek en hy is eers ongeveer 21:00 van die toneel. Onder oorledene se bed het hy 'n pakkie ongebruikte kondome gevind. In die huis buite en in die asdrom was geen gebruikte kondome gevind nie. Hy het 'n sketsplan en lugfoto's van die George area insluitend die misdaad toneel bekom en dit as bewysstuk U ingehandig. Hy het 'n dekbrief opgestel en saam met 'n lys bewysstukke aan sersant Stander oorhandig nadat hy dit verseel het. Dit is ontvang as bewysstuk V. Die sak met die drie messe het hy dieselfde dag aan sersant Stander gegee. Later het hy die uitslag van die messe ontvang en dit was met oorledene se bloed verbind. Hy het die state van Dlamini se selfoon bekom en dit is as bewysstuk W ingehandig. Die slotsom waartoe hy wat Adjudant Offisier du Plessis was gekom het is dat daar geen aanduiding is dat Dlamini se selfoon uit die area waar hy woon tussen 14:00 tot 16:00 op 5 Junie 2011 was nie. Hy het ook die state van die oorledene se selfoon bekom en dit is ontvang as bewysstuk X. Die laaste aktiwiteit op haar foon was ongeveer 13:43 op Sondag 5 Junie 2011. Hy het oorledene se selfoon by Julia Oelf te Geelbos 5, Karatera Rheenendal opgespoor. Hy het 'n beedigde verklaring van die dame bekom wat ingehandig is as bewysstuk Y. Hy het ook oorledene se bankstate bekom. Die partye het ooreengekom dat die bankstate van die oorledene se bankrekening asook mnr Wolmarans se verklaring saam ingehandig word. Die state is dan ontvang as bewysstuk Z1 en die verklaring is bewysstuk Z2. Die bankstate bewysstuk Z1 toon aan dat oorledene die Sondag R40.00 uit haar rekening onttrek het. Slegs oorledene se selfoon en hierdie R40.00 was vermis. Op 17 Augustus het hy Dlamini se bloed vir DNA doeleindes bekom. Dr Oosthuizen van George Hospitaal het die bloed getrek en die verseel. Hy het 'n dekbrief opgestel waaronder die monster per hand na die Forensiese Chemiese Laboratorium versend was. Dit is ontvang as bewysstuk AA. Hy het nog geen uitslag ontvang van die oorledene se damesbroekie nie. Foto 3 van bewysstuk G toon die laai aan waar die messegoed gebere was. Foto 1 van bewysstuk G, dui aan dat die muur van Loerie Trailer hoer is as die hek van die skool en daar is niks wat 'n mens verhoed om daaroor te klim nie. Hy het ook die selfoonstate van beskuldigde se moeder se selfoon vir 5 Junie 2011 bekom soos vervat in bewysstuk BB. Op 3 September 2012 het hy inligting van sy kollegas in die Kaap ontvang. Dit hou verband met 'n leerling van Bosassa Skool in Kaapstad wie blykbaar inligting oor die onderhawige saak het. Die leerder se ma is woonagtig te George en sy naam is Ramon. Hy het beskuldigde se regte in die teenwoordigheid van beskuldigde se ma en pa gelees. Beskuldigde het verkies om te swyg. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig Adjudant Offisier du Plessis dat die baadjie en broek wat beskuldigde op 5 Junie 2011 aangehad het nie met die misdaad verbind kon word nie. Hy het aan Zaida gevra waar sy die Sondagmiddag en aand was. Zaida het by latere geleentheid van die Shoprite storie vertel. Sy het geweet dat hy 'n moord ondersoek. Hy het nie vir haar wat Zaida is gese wanneer die moord gepleeg was nie. Zaida het 'n verklaring by horn afgele 5 Augustus 2011. Adjudant Offisier het dan ook die hof meegedeel dat hy vir Zaida op 'n lasbrief vir winkeldiefstal gearresteer het. Dit was die eerste keer dat Zaida horn vertel het wat beskuldigde aan haar sou gese het Zaida het horn vertel dat dit aan haar gese was ongeveer drie weke voor 5 Augustus 2011. Hy het bevestig dat sy die eerste keer van beskuldigde se verklaring aan haar buite Checkers vertel na haar arrestasie op die betrokke lasbrief. Beskuldigde kon nie deur middel van vingerafdrukke verbind word nie. Hy het verder onder kruisondervraging getuig dat Vodacom het nie dokumentere bewyse het wat aantoon wie oorledene se moeder se foon bekom het nie. Hy het slegs een kondoom in 'n pakkie onder oorledene se bed gevind. Dit was nog verseel. Tydens kruisondervraging bevestig hy dat op 17 Augustus 2011 'n monster bloed van Juan Dlamini wel weggestuur, maar dat die uitslag op daardie stadium nog nie beskikbaar was nie.

Fiorella May het getuig dat sy 25 jaar oud is en 'n Adjudant Offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie is. Sy is verbonde aan die plaaslike kriminele sentrum te George. Sy het haar opleiding, studies en ondervinding volledig voor die hof geplaas. Sy het op 5 Junie 2011 na die toneel waar oorledene vermoor was gegaan. Sy het na identifiseerbare afdrukke gesoek, maar kon geen identifiseerbare afdrukke gelig het nie. Sy getuig dat daar sewe punte van ooreenkoms moet wees voordat 'n afdruk identifiseerbaar aangemerk kon word. Sy het egter geen bruikbare afdrukke gelig nie.

Ramon Heathcote het getuig dat hy 17 jaar oud is. Hy was op 4 September 2011 vanaf Kaapstad na George gebring om in die saak te getuig. Hy gaan by Horizon skool. Sy ma is Amy Philander. Sy oom is Jaydrian Heathcote. Sy oom werk by die polisiestasie en was bekend met die oorledene. Sy familie kom uit die Langkloof area uit en sy ma woon te George. Hy het beskuldigde in Mosselbaai gevangenis leer ken waar hulle saam aangehou was. Gedurende 2011 was hy, beskuldigde en Francois Nel saam in een sel aangehou. Die beskuldigde het vrywillig met horn gepraat. Hy getuig dat dit 'n Sondag was. Hy het vir beskuldigde gevra hoekom hy in die gevangenis was. Beskuldigde het horn meegedeel dat hy daar vir moord aangehou word. Die beskuldigde het vertel dat hy en die meisie 'n verhouding gehad het. Hy het die Sondag na die meisie gegaan om R50.00 vir TIK te kry. Die meisie het horn meegedeel dat sy nie R50.00 het nie. Hulle het hulle kaal gemaak om te seks. Sy het vir horn gese om haar nie seer te maak nie. Beskuldigde het haar keel oopgesny nadat hulle seks gehad het. Beskuldigde het haar keel met 'n mes gesteek. Beskuldigde het verder gese dat hy 'n tuinslang in haar vagina gesteek het om haar skoon te spuit. Volgens die beskuldigde het die mes uit oorledene se huis gekom. Beskuldigde het verder gese dat hy haar vier en vyftig houe gesteek het. Beskuldigde het haar ook met 'n pan geslaan. Beskuldigde het daarna sy hande gewas. Beskuldigde het die goed op die dak gegooi wat blykbaar die goed is waarmee beskuldigde haar sou gesteek het. Beskuldigde het daarna haar foon gevat. Hy het sy hemp in die asdrom gegooi. Die hemp was vol bloed en hy het dit by die vulstasie langs die hof in die asblik gegooi. Beskuldigde het die oorledene se foon by die Taxi rank verkoop om te gaan TIK. Hy weet nie of die meisie ingestem het tot gemeenskap nie. Toe beskuldigde hierdie storie aan horn vertel het, het hy gelag. Hy was die tweede maand van 2012 vrygelaat. Hy het die beskuldigde weer by die hof in George gesien nadat beskuldigde horn geskakel het op sy ouers se selfoon. Beskuldigde het gevra dat hy vir horn Dagga moes bring. Hy het die Dagga toegedraai en vir beskuldigde se ma gegee. Daar was nooit 'n probleem tussen horn en beskuldigde nie. Hy het vir sy oom Jadrian vertel wat beskuldigde horn vertel het. Niemand behalwe beskuldigde het horn van die moord vertel nie. Hy het graad 7 op skool geslaag. Hy het 'n spraak gebrek sedert geboorte al gehad. Sy pa het nie vir beskuldigde se pa gewerk nie. Tydens kruisondervraging is hy gekonfronteer oor sekere inligting in sy verklaring daarin vervat wat hy tydens getuienislewering ontken het.

Francois Nel het getuig dat hy 18 jaar oud is. Hy word tans in Oudtshoorn Gevangenis aangehou en het graag 9 op skool geslaag. Hy ken vir Ramon Heathcote. Hy ken ook die beskuldigde Juann Swart. Ramon, hy en beskuldigde was saam in die Jeugsentrum te Mosselbaai aangehou. Die beskuldigde was by sy voile positiewe en het vrywillig aan hulle vertel hoe hy die meisie doodgemaak het. Hy en Ramon het horn vertel hoekom hulle aangehou was en toe vertel beskuldigde hoekom hy aangehou was. Beskuldigde het vertel dat hy en die meisie 'n verhouding gehad het. Beskuldigde het na die meisie se woonstel gegaan waar hulle seks gehad het. Hy het haar keel afgesny en 'n waterpyp in haar vagina gedruk. Toe is beskuldigde daar weg. Beskuldigde het drie messe afgewas en daar gelos. Beskuldigde het niks verder gese nie. Beskuldigde het ook verder vertel dat hy oorledene se selfoon geneem het en dit in 'n drom gegooi het. Hy getuig ook dat die voorval lank gelede gebeur het en dat hy van die feite kon vergeet het. Toe beskuldigde vertel het, het hy soms gelag en soms was hy ernstig. Die beskuldigde het wel die meisie se naam genoem, maar dat hy nie die naam kon onthou nie. Hy was die oggend voordat hy getuig net by Oudtshoorn gehaal. Tydens kruisondervraging deur mnr Vlok getuig hy dat die beskuldigde gese het dat hy seks met die meisie gehad het en nie dat hy haar verkrag het nie. Mnr Vlok het verneem of beskuldigde iets van 'n pan gese het. Hy getuig dat beskuldigde gese het dat hy oorledene met die pan geslaan het. Hy ontken dat beskuldigde slegs vir hulle genoem het hy 'n verdagte in die moordsaak was. Hy getuig dat die storie wat beskuldigde aan horn en Ramon vertel het ook aan ander aangehoudenes oorgedra is deur die beskuldigde.

Die staat het hierna formele erkennings gemaak soos vervat in bewysstuk JJ en LL en die staat se saak gesluit. Die formele erkennings het grootliks betrekking op 'n semen vlek wat op die oorledene se damesbroekie gevind was. Die semen kon nie met beskuldigde of Juan Dlamini verbind word nie. Daarna het die beskuldigde in sy verdediging getuig. Die beskuldigde ontken enige betrokkenheid by die ten laste gelegde misdrywe. Hy getuig dat hy op 5 Junie 2011 oor die skool se muur gespring het om die oorledene te besoek. Hy is 'n leerling by Eden Shine Christian Skool waar die oorledene agter in die woonstel woon. Hy het die oorledene ontmoet toe hy deur een van die onderwysers gestuur was om 'n ketel te gaan haal. Daarna het hy en die oorledene 'n verhouding ontwikkel. Op 5 Junie 2011 het hy geklop aan oorledene se deur. Sy het horn ingelaat. Hulle het op die bed gesit en praat. Hy kon nie mooi onthou presies waaroor hulle gepraat het nie. Daarna het hulle gemeenskap gehad. Dit was die tweede maal dat hy en die oorledene gemeenskap gehad het. Hy is daarna na die Engen Garage waar hy 'n Coke gekoop het. Hy het helfte van die Coke gedrink en 'n petroljoggie omgekoop om die sleutel van die toilet aan horn te gee deur horn die ander helfte van die Coke te gee. In die toilet het hy dwelms gebruik. Daarna is hy na die taxi rank waar hy sy moeder se selfoon verkoop het. Hy het vir Zaida Jacobs ontmoet en hulle het daar saam dwelms gerook en daarna is hulle na haar woning. Sy het aan horn 'n T-hemp en 'n sweetpakbroek verskaf omdat hy nat gereen was. Hulle het verder by haar woonstel dwelms gerook. Hy onthou geensins dat hy die dag saam met haar en haar moeder na Shoprite gegaan het nie. Hy is laat Sondagaand vanaf Zaida Jacobs se woning af huis toe. Hy het op 6 Junie 2011 verneem van die moord by die skool. Hy bevestig Hilton van der Westhuizen se getuienis dat hy baie laat Saterdagaand by horn was. Nadat hy Saterdagaand vanaf Hilton terug gekeer het is hy na die taxi rank waar hy 'n dwelmvriend opgetel het. Hulle het dwelms gebruik en later het hy die vriend in Pacaltsdorp afgelaai. Hy bevestig dat daar probleme by sy huis was en gevolglik het hy Saterdag en Sondagaand onder die prieel geslaap. Hy en Zaida het gereeld by mekaar gekuier, maar weens 'n argument is die vriendskap beeindig. Hy ontken dat hy ooit by Shoprite aan Zaida sou gese het dat hy 'n vrou vermoor het. Hy bevestig dat hy deur Kaptein Landman na die garage geneem is waar sy beeld op die garage se video verskyn het. Hy erken verder dat hy verskeie leuens aan Kaptein Landman vertel het tydens die ondersoek van die saak. Hy bevestig dat hy op 14 September 2011 in hegtenis geneem. Hy ontken dat hy vir Ramon Heathcote en Francois Nel sou vertel het van sy betrokkenheid by 'n moord op 'n vrou. Hy dra geen kennis van die messe wat op 'n dak agter oorledene se woonstel gevind is nie. Hy dra geen kennis van die oorledene se selfoon nie. Hy het die oorledene geen leed aangedoen nie en sy was dus lewendig toe hy vanaf haar woning af weg is.

Patricia Mbondveni het getuig dat sy saam met oorledene by Total Garage te Courtenaystraat gewerk het. Op 4 Junie 2011 was beide van hulle aan diens. Sy en oorledene was nie baie goed bevriend nie en sy het haar min of meer een maand geken. Oorledene het egter op die dag aan haar 'n mededeling gemaak dat sy advies soek oor 'n verhouding. Oorledene het haar ingelig dat sy in 'n nuwe verhouding was, maar dit blyk dat die persoon nie ernstig is nie. Sy is nie bekend met Dlamini nie. Sy het getuig dat oorledene op die betrokke dag by 'n ATM geld getrek het en vir hulle elk 'n Steri-Stumpie gekoop het. Sy dra geen kennis van enige verhouding, van die persoonlike omstandighede van die oorledene nie, asook nie van enige verhouding wat sy met Dlamini sou gehad het of met die oorledene nie. Adjudant Offisier du Plessis is deur die verdediging teruggeroep as 'n getuie. Hy bevestig die teenwoordigheid van haak en steek draad op die grenslyn ongeveer 2.5m hoog. Dit strek vanaf die palissade tot die grensmuur aan die ooste van die skoolgrond. Die verdedigingsaak is daarna gesluit.

Dit is geykte reg dat die staat die staatsaak bo redelike twyfel moet bewys. Daar is geen bewyslas op 'n beskuldigde nie en in hierdie verband in S v Van As 1991(2) SASV 74 (W) te 82 tot 82 stel Cohen R dit as volg:

"Ek beklemtoon die woorde reasonable possibility en verwys in hierdie verband na die uitspraak van Hiemstra, HR in die saak van S v Letimela 1979(2) SA 332(b) op 338a-b. Daar is geen bewyslas op die beskuldigde om die hof te oortuig dat sy uitleg waar is nie. As hy 'n uitleg gee is die hof nie geregtig om horn skuldig te bevind nie tensy hy oortuig, nie alleen dat die uitleg onwaarskynlik is nie, maar dat dit bo redelike twyfel vals is. As daar 'n redelike moontlikheid is dat die uitleg waar is, is die beskuldigde geregtig tot sy vryspraak." Die hof moet te alle tye kyk na die totaliteit van die getuienis. Na oorweging van al die getuienis moet die vraag gevra word of die beskuldigde se skuld bo redelike twyfel bewys is. In die verband sien die S v Trainor 2003 (1) SASV 35 (A) waar NAVSA AR op paragraaf 9 tot die volgende slotsom gekom het en ek haal aan:

"A conspectus of all the evidence is required. Evidence that is reliable should be weighed alongside such evidence as may be found to be false. Independent verifiable evidence, if any should be weighed to see if it supports any of the evidence tendered. In considering whether evidence is reliable, the quality of the evidence must of necessity be evaluated as must corroborative evidence if any. Evidence of course must be evaluated against the onus on any particular issue in respect of the case in its entirety."

In die S v Chabalala 2003 (1) SASV 134 (A) op 139(1) tot 140(A) is die volgende gese:

"The correct approach is to weigh up all the elements which points towards the guilt of the accused against those which are indicative of his innocence, taking proper account of inherent strength and weaknesses, probabilities and improbabilities on both sides and, having done so, to decide whether the balance weighs so heavily in favour of the State as to exclude any reasonable doubt about the accused's guilt." Die getuienis teen die beskuldigde berus grotendeels op omstandigheidsgetuienis en die hof is dus genoodsaak om die riglyne soos neergele in Rex v Blom 1939 AD 188 op 202 tot 203 toe te pas. By die uiteindelike beoordeling van 'n strafsaak waar die bewyslas soos normaalweg op die staat rus kan 'n feit in geskil deur omstandigheidsgetuienis gewys word slegs indien eerstens, die afleiding wat die staat bepleit met al die bewese feite versoenbaar is. Tweedens, daar geen ander redelike afleiding oor daardie feite gemaak kan word nie. Die hof is dus verplig om die kumulatiewe effek van al die getuienis in ag te neem by die beoordeling van die betrokke maatstaaf. Daar moet dan aan die hand van die genoemde gesag na die getuienis in hierdie saak gekyk word. Ek gaan vervolgens oor tot 'n evaluasie van die getuienis.

Dit is gemene saak dat die oorledene Sone Romane Lindoor se liggaam op 5 Junie 2011 in haar woonstel gevind was. Sy is aanvanklik van die Misgund area en het na George verhuis ten einde werk te bekom en daarna het sy 'n woonstel bekom by die Eden Shine Christen Skool waar sy dan tydens haar dood woonagtig was, agter die skoolperseel. Sy was wreedaardig aangeval en ongeveer 60 maal op verskeie plekke in haar liggaam gesteek. Mediese getuienis dui aan dat daar ook 'n seksuele aanval op haar was deurdat seksuele penetrasie per vagina plaasgevind het en dat die oorledene se fossa navicularis beseer of gekneus was. Verder toon die mediese getuienis dat die oorledene 'n skeur in haar anus het wat aanduidend is van anale penetrasie wat geforseerd was soos wanneer iemand gesodomiseer sou word. Die beskuldigde het formele erkennings gemaak soos vervat in bewysstukke B, C, D en E. Beskuldigde erken dat hy op 5 Junie 2011, dit is Sondag by die woning van die oorledene was. Hy erken verder dat hy en die oorledene op die betrokke dag wel gemeenskap gehad het. Dit is gemeensaak dat die beskuldigde se DNA verbind word met semen wat in die vagina en anusring gevind is op die oorledene. Verder is dit nie betwis dat mnr Stanford Tshaya die beskuldigde tussen een en twee uur op 5 Junie 2011 gesien het waar hy oor die muur spring tussen Loerie Trailers, in die Eden Shine Skool perseel nie. Ongeveer 3 uur sien mnr Tshaya weer die beskuldigde vanaf die rigting van die skool na die garage loop. Die beskuldigde erken dat hy wel vanaf die skool na die garage geloop het. Hierdie gebeure word uitgebeeld in die videobeeld van die Engen Garage wat as bewysstuk by die hof ingehandig is en ontvang is as bewysstuk C en O. Die videobeeld wys hoe beskuldigde die winkel ingaan, 'n Coke koop en later die perseel verlaat.

Dit is gemeensaak dat beskuldigde gedurende Mei 2011 die Eden Shine Christen Skool begin bywoon het vir assessering en moontlike opname. Volgens beskuldigde het hy die oorledene ontmoet toe hy een dag deur die onderwysers gestuur is om 'n ketel te gaan afhaal. Hy en die oorledene het daarna 'n geheime verhouding begin aangesien die oorledene van oordeel was dat die prinsipaal by Eden Shine Christen Skool nie 'n verhouding tussen haar en een van die leerlinge sou goedkeur nie. Beskuldigde ontken dat hy op 5 Junie 2011 die oorledene enige leed aangedoen het. Volgens horn was hy na oorledene nadat hy oor die muur gespring het. Hulle het gemeenskap gehad en hy is teen ongeveer 3 uur daar weg waarna hy na die Engen Garage is. Die video beeld van Engen Garage toon dat beskuldigde ongeveer 3 uur die middag daar ingestap het. Dit is gemene saak dat beskuldigde toe na die taxi rank is waar hy ene Zaida Jacobs ontmoet het. Hulle is uit eindelik na haar woning. Beskuldigde betwis nie dat hy sonder 'n T-hemp by Zaida se woning aangekom het nie. Hy gee egter 'n verduideliking dat hy met 'n vuil T-hemp die aand onder die prieel geslaap het, die Sondagoggend het hy dit uitgetrek en sy top aangetrek. Dit is verder gemene saak dat beskuldigde vir niemand van sy geheime verhouding met die oorledene vertel het nie tot en met sy pleitverduideliking met aanvang van hierdie verhoor nie. Beskuldigde betwis nie dat hy van meet af aan Kaptein Landman leuens vertel het nadat hy homself identifiseer het as die persoon op die Engen beeldmateriaal nie. Aanvanklik het beskuldigde aangevoer dat hy geen kennis dra van 'n moord te Cradockstraat nie. Toe hy meegedeel is dat die moord op die skoolgronde plaasgevind het, erken hy dat hy wel op die perseel was om 'n juffrou te soek. Later verander hy sy weergawe dat hy na 'n toilet gesoek het. Nadat die videobeeld nagegaan is, is vasgestel dat beskuldigde wel by die garage se toilet was. Beskuldigde verander dan sy weergawe dat hy wel by die garage se toilet was om te masturbeer. In die hof getuig beskuldigde egter dat hy dwelms in die toilet gaan rook het. Teen hierdie tyd het beskuldigde nog nie erken dat hy gemeenskap met die oorledene gehad het nie. Dit is duidelik dat beskuldigde sy weergawe hieroor in die hof aanpas omdat dit hoogs onwaarskynlik is dat hy kort nadat hy gemeenskap met die oorledene met toestemming gehad het, kort daarna die nodigheid sou he om na die garage te gaan om te gaan masturbeer. Dit is insiggewend dat beskuldigde ingelig is dat die moord op die skoolperseel plaasgevind het en nieteenstaande dit het beskuldigde glad nie 'n poging aangewend om sy geheime meisie te kontak oor wat daar sou plaasgevind het nie. Sy woon immers op die skoolperseel. Beskuldigde het besluit om nie oop kaarte oor sy beweerde verhouding met die oorledene te speel nie. Eers nadat hy met DNA verbind is aan die oorledene gee hy toe dat hy wel gemeenskap met die oorledene gehad het. Hy getuig dan oor sy verhouding met die oorledene. Hy is egter vaag wanneer hy in fyner detail oor hulle verhouding uitgevra is. Indien hy haar onverwags besoek spring hy oor 'n muur om toegang tot die perseel te kry. Hy was nooit uit met haar nie. Nog nooit by haar werk nie, hy het nie haar selnommer nie en weet nie veel van haar nie. Hy kon geensins 'n koherente en logiese gesprek met die oorledene verduidelik nie. Hy kon ook nie verduidelik hoe hul eerste seksuele ontmoeting plaasgevind het nie, ten spyte daarvan dat hy aanvoer dat hy ten minste twee maal met die oorledene gemeenskap gehad het nie. Verskeie persone na aan die oorledene het getuig. Juan Dlamini met wie oorledene vroeer in 'n ernstige verhouding betrokke was tot aan einde 2011 was op die stadium besig om hul verhouding te hervat. Hy getuig dat hy en die oorledene Donderdag voor haar dood laas gemeenskap gehad het. Geeneen na aan haar dra kennis van 'n beweerde verhouding met beskuldigde nie. Nie haar kamermaat, Shanice Michaels of haar sister Abigail Lindoor, of haar moeder, Angeline Lindoor of haar neef, Trevor Lindoor dra kennis van die verhouding nie. Shanice Michaels, Abigail Lindoor, Juan Dlamini en Trevor Lindoor was gereeld in verbinding met haar op Facebook of Mixit. Die laaste aktiwiteit op haar foon soos getuig deur Petra Heyneke was ongeveer na 2 uur Sondag 5 Junie 2011. Dit is duidelik dat haar selfoon onder verdagte omstandighede in Knysna beland het nadat dit van haar woonstel geneem of beroof was. Mnr Yazir Ijaz getuig dat daar geen rekord is van die persoon wie die foon daar sou gebring het nie. Die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word is dat die persoon wie oorledene vermoor het haar foon op 'n onwettige wyse afgesit het wat gelei het dat dit uit eindelik in Knysna beland het waar dit aan mev Oelf verkoop is. Beskuldigde gee geredelik toe dat hy sy moeder se selfoon by die taxi rank op 5 Junie 2011 verkoop het. Hy ontken egter enige kennis van oorledene se selfoon. Beskuldigde erken dat hy by Zaida Jacobs se woning opgedaag het sonder 'n T-hemp. Volgens Zaida Jacobs het sy onmiddellik onraad gemerk toe beskuldigde haar meedeel dat hy met ene Steve baklei het oor dwelms en volgens haar wat Zaida is nie meer in George was nie. Zaida Jacobs het egter vir die ondersoekbeampte op een of ander stadium vertel van die storie wat beskuldigde haar voor Shoprite sou vertel het voor sy arrestasie. Dit blyk uit die getuienis van Ramon Heathcote en Francois Nel dat beskuldigde aan hulle 'n storie vertel het oor 'n vrou wat hy met 'n mes gesteek het, maar dit was na sy arrestasie. Alhoewel die presiese inhoud van die storie soos oorgedra aan Jacobs, Heathcote en Nel nie presies ooreenkom nie getuig almal dat hulle deur beskuldigde ingelig was oor 'n moord waarby hy betrokke is en dat hy 'n vrou meerdere male sou gesteek het. Heathcote en Nel bevestig dat beskuldigde na bewering sou vertel het dat sy klere vol bloed was en dat hy dit weggegooi het. Dit is dus hoogs waarskynlik dat dit verduidelik waarom beskuldigde by Zaida die Sondag sonder 'n T-hemp opgedaag het. Na my mening strook Nel en Heathcote se getuienis met die feite van hierdie saak. Daar is wel 'n sak op 'n dak gekry wat messe bevat soos deur een van hulle getuig. Dit is wel vasgestel dat daar drie messe was soos deur een van hulle getuig. Daar was 'n gebreekte pan op die toneel gevind soos deur hulle getuig. Die oorledene is verskeie male gesteek en het wel 'n wond in die area van die keel soos deur hulle getuig, en die messe is naby die moord toneel gevind. Daar was wel gei'nsinueer dat Zaida Jacobs valse inligting aan die polisie verskaf het om een of ander voordeel te kry vir 'n diefstalsaak, maar sodanige voordeel was nooit geopenbaar nie. Die hof het nie die indruk gekry dat Jacobs die saak teen beskuldigde wou aandik nie. Inteendeel toe sy gevra was of daar baie bloed aan horn was kon sy dit aangedik het en meer bloed op beskuldigde geplaas het as sy wou, maar sy was eerlik en het getuig dat sy geen bloed op horn waargeneem het nie. Jacobs en die beskuldigde, dit lyk asof hulle 'n goeie verhouding gehad het. Inteendeel hulle het aanvanklik baie goed oor die weg gekom en saam dwelms gebruik. Heathcote en Nel het geen probleme met beskuldigde nie en het geen motief om beskuldigde valslik te inkrimineer nie. Die hof het selfs die indruk gekry dat Nel nie werklik teen beskuldigde wou getuig nie. Hy het sekere inligting slegs tydens kruisondervraging openbaar byvoorbeeld toe hy oor 'n pan gevra is. Dit is hoogs onwaarskynlik dat al drie hierdie storie uit hul duim sal suig. Indien die feite van die saak in geheel geneem word is daar 'n goue draad ingeweef tussen die wat die drie getuig het en die feite soos veral blootgele deur Dr Hurst waar sy getuig het dat die aanval op die oorledene buitensporig en 'n over kill was. Die drie se getuienis verbind die beskuldigde onlosmaaklik met die bewese feite en verbind beskuldigde onlosmaaklik met die aanklagtes teen horn. Daar was nie werklik getuig dat die polisiebeamptes swak getuig het in hierdie saak nie en die hof was ook nie gevra om so 'n bevinding te maak nie, so die hof aanvaar dan die polisiebeamptes se getuienis.

Wat hierdie goue draad van betroubaarheid betref aanvaar die hof die weergawe van Zaida Jacobs, Ramon Heathcote en Franscois Nel. Die beskuldigde was nie 'n goeie getuie nie. Hy het homself telkemale weerspreek. Hy was vaag en ontduikend en het sy getuienis voortdurend aangepas. Beskuldigde was 'n swak en leunagtige getuie.

Ek verwerp sy weergawe as leunagtig en vals. 'n Konspektus van getuienis dui die volgende. Beskuldigde plaas homself op die skool erf op Sondag 5 Junie 2011. Hy betwis nie mnr Tshaya se weergawe dat hy oor die muur gespring het tussen een en twee uur nie. Teen ongeveer 3 uur word hy gesien waar hy vanuit die skool area in die rigting van die garage stap. Beskuldigde betwis nie hierdie feit nie en erken die videobeelde. Oorledene was op Mixit met haar vriende en familie en haar foon was aktief tot ongeveer 2 uur en dit is dus gedurende die tyd wat beskuldigde beweer dat hy by haar was. Tydens die ondersoek word verskeie leunagtige weergawes aan Kaptein Landman gegee. Beskuldigde pas sy weergawe aan soos sy leuens blootgestel word. Nadat hy hoor van die moord op die skool perseel verkies hy om stil te bly oor sy geheime verhouding met die oorledene wie op die perseel gewoon het. Hy staan totaal neutraal teenoor sy geheime meisie en wend geen poging aan om vir die polisie te vra om vas te stel of sy ongedeerd afgekom het nie. Beskuldigde se moeder se selfoon was op Sondag 5 Junie 2011 ongeveer 9 uur die oggend in Pacaltsdorp gebruik. Beskuldigde se eie weergawe was dat hy Saterdagaand met 'n vriend dwelms gerook het te Pacaltsdorp. Hy was dus Sondagoggend tuis op 'n stadium waar die selfoonrekord van sy moeder se foon toon dat die foon in Pacaltsdorp area was. Laastens dui 'n konspektus van die getuienis aan dat beskuldigde vir die eerste keer meer as drie maande na oorledene se dood en nadat hy gearresteer is en DNA toetse horn met die oorledene verbind het openbaar vir die eerste keer dat hy 'n verhouding met die oorledene sou gehad het en dat hy op die dag van haar dood met haar toestemming haar vaginaal gepenetreer het. Beskuldigde se dat sy verhouding was 'n geheim omdat oorledene aan horn gese het dat die hoof van die skool nie so 'n verhouding sou goedkeur nie. Beskuldigde bewaar die geheim totdat hy met DNA verbind was. Dit is egter so dat na die oorledene se dood hierdie geheim van geen waarde was nie en geen impak gehad het op die oorspronklike rede vir sy versuim om dit te openbaar nie. Beskuldigde openbaar aan drie persone dat hy betrokke was by 'n moord op 'n vrou. Die wyse waarop hy aan hulle verduidelik het stem in wese saam of ooreen met die werklike feite in hierdie saak. Na my mening is die beweerde verhouding tussen beskuldigde en oorledene 'n versinsel ten einde 'n verduideliking te gee vir die teenwoordigheid van sy DNA op die oorledene in die area van die vagina en anusring. Beskuldigde het tydens kruisondervraging toegegee dat hy nooit aanvanklik gedink het dat hy deur middel van semen met die oorledene verbind sou word nie. Die mediese getuienis dui oorweldigend aan dat die oorledene aangeval is, etlike male op verskeie plekke op haar liggaam gesteek is, verkrag is en gesodomiseer is. Die omstandigheidsgetuienis teen die beskuldigde is na die hof se mening so sterk dat die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is dat beskuldigde wel die ten laste gelegde misdrywe gepleeg het. Hy het inderdaad die woning van die oorledene op 'n abnormale wyse betree en op 'n abnormale wyse verlaat. Hy het haar daarna aangeval, verkrag gesodomiseer, daarna het hy die R40.00 of wat ookal daarvan oor was gevat asook haar selfoon. Kort na die moord op die oorledene is beskuldigde na die taxi rank om na bewering sy moeder se selfoon te verkoop. Hierdie weergawe van die beskuldigde word as vals verwerp. Die waarskynlikhede dui sterk aan dat beskuldigde se moeder se foon alreeds op 'n vroeer stadium, laat Saterdagaand of die vroegoggendure alreeds verkoop was. Op 'n stadium nadat beskuldigde sy beweerde vriend in Pacaltsdorp sou afgelaai het en dit is dan ook 'n verduideliking en hoogs waarskynlik dat daardie foon dan op hierdie wyse in Pacaltsdorp beland het. Die enigste afleiding wat strook met die bewese feite is dat beskuldigde op die stadium die oorledene se foon by die taxi rank gaan verkoop het en nie sy moeder se foon nie. Hy het vir Zaida Jacobs by die taxi rank bevriend en het horn vir 'n lang tyd van die moordtoneel hierdie brokke dag verwyder ten einde sy betrokkenheid by die misdaad te verdoesel. Hy het sonder twyfel by Zaida Jacobs se woning opgedaag sonder 'n T-hemp wat hy van ontslae geraak het omdat dit bebloed was soos getuig deur Heathcote en Nel. Die videobeeld soos vervat in bewysstuk O dui duidelik aan dat beskuldigde heel waarskynlik 'n wit hemp onder die top aangehad het en dat hy by Zaida

Jacobs opgedaag het sonder daardie wit hemp nadat hy van die Engen Garage na die taxi rank is en haar ontmoet het. Die geheelbeeld van die getuienis dui onteenseglik aan dat die staat wel daarin geslaag het om sy saak bo redelike twyfel
teen die beskuldigde te bewys. Wat die huisbraak klagte betref was daar geen aanvaarbare getuienis wat daarop dui dat die deur van die oorledene sodanig was dat dit inderdaad toe was en dat dit oopgemaak moes gewees het om toegang te
verkry nie. Daar is dus geen getuienis van 'n inbraak nie.
UIT HOOFDE VAN DIE VOORGAANDE IS DIE HOF SE BEVINDINGS AS VOLG OP AANKLAG EEN VAN HUISBRAAK WORD BESKULDIGDE ONSKULDIG BEVIND. OP AANKLAG TWEE, STATUTERE VERKRAGTING WORD BESKULDIGDE SKULDIG BEVIND AANKLAG DRIE, STATUTERE VERKRAGTING WORD BESKULDIGDE SKULDIG BEVIND. OP AANKLAG VIER, ROOF MET VERSWARENDE OMSTANDIGHEDE WORD BESKULDIGDE SKULDIG BEVIND EN OP AANKLAG VYF, VAN MOORD WORD BESKULDIGDE SKULDIG BEVIND.




GOLIATH, R