South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 479
| Noteup
| LawCite
ABSA Bank v Relmar Investments (26514/2010) [2011] ZAWCHC 479 (27 October 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 26514/2010
DATUM: 27 OKTOBER 2011
In die saak tussen:
ABSA BANK …....................................................................................Appellant
en
RELMAR INVESTMENTS ….............................................................Respondent
UITSPRAAK
HENNEY, R:
In die saak van Absabank, die applikant, en Relmar Investments (Edms) Beperk, die respondent, is daar 'n bede dat respondent finaal gelikwideer word. Daar was alreeds 'n voorlopige bevel toegestaan. Voor die bevel finaal gemaak was, was daar 'n aansoek gewees vir die verlenging van die bevel nisi, en het die respondent die aansoek geopponeer. Die bevel was vroeer hierdie jaar deur Traverso, ARP gemaak. Die finale bevel vir die likwidasie van die maatskappy is toe later geopponeer.
Ek is van oordeel dat op die stukke die respondent nie 'n behoorlike saak uitgemaak het oor waarom die finale bevel nie toegestaan moet word nie. Dit is so dat die respondent nie eens in staat is om sy skulde te betaal nie. Daar is al meer as vonnis meer as 'n jaar gelede teen die respondent verleen. Die respondent se argument dat hy deur 'n verteenwoordiger van die applikant bqlowe was dat daar werkskapitaal aan horn verskaf sal word wat nie eerbiedig was nie en as gevolg hiervan die maatskappy in 'n posisie geplaas was om nie behoorlik besigheid te dryf nie, omdat die belofte nie nagekom is nie, was deur die applikant ontken. In elk geval, dit was nooit aangevoer as 'n verweer in 'n verstekvonnis aansoek en ook in 'n summiere vonnis aansoek deur die respondent teen die applikant in hierdie hof wat hierdie likwidasie aansoek voorafgegaan het nie.
Derhalwe word die bevel dat die respondent gelikwideer word finaal toegestaan met koste in likwidasie.
HENNEY, R